NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom is ons bang vir die dood as ons weet dat ons geliefdes op ons wag? Om met hierdie wete te sterf, is in werklikheid ʼn wonderlike avontuur!  

AARD-VERWARMING

’N SET VAN SATAN!

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg

" 'Science has spoken: Global warming is a myth' Twee Amerikaanse chemici het bevind dat die aarde ten spyte van hoë koolstof vlakke nie warmer word nie, maar eerder kouer en dat dit vir plante en diere voordelig is.  Meer as 17,000 wetenskaplikes (ook weerkundiges) het hierdie verklaring onderskryf.   Die VN het hom nie hieraan gesteur nie.   Sedertdien het 32,000 wetenskaplikes ’n soortgelyke verklaring onderteken."

Job.38

Daar word deesdae baie oor aardverwarming gepraat.  Baie tyd en geld word aan navorsing, konferensies en bewaringsprojekte spandeer omdat geleerdes vreesaanjaende natuurrampe vir die toekoms voorspel; droogtes en hongersnode wat miljoene mense en diere kan laat sterf.   Gevolglik word die bekamping van aardverwarming as ’n wêreldwye uitdaging gesien, omdat net die mens iets daaraan kan doen.  Altans so word verkondig

Die mensdom het tot onlangs nog geglo dat God die natuur beheer.  Nie meer vandag nie.   Ongelowiges glo dat die natuur die mens se verantwoordelikheid is.   Ja, die mensdom moet inderdaad reg met God se skepping omgaan.  Hy het immers aan hulle ’n kulturele mandaat gegee om namens Hom daaroor te heers. Desondanks is dit God se eiendom: “Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarop woon” (Ps.24:1).

 Waar kom die vrees vir aardverwarming dan vandaan?   Dit kom van die VN wat etlike konferensies daaroor geloods het.  In 1988 het die VN ’n organisasie die Interstaatlike Paneel vir Klimaatverandering gestig. Dit het in 1992 op ’n spitskonferensie (Earth Summit) in Brasilië uitgeloop en in1997 is een in Japan gehou.   Daarna ook een in Denemarke (2009).

Die VN maak daarop aanspraak dat alle toonaangewende wetenskaplikes die gevaar van aardverwarming besef en die uitdaging om dit te bekamp aanvaar. Dis nie waar nie.  Duisende wetenskaplikes stem glad nie met die VN saam nie!

In Desember 1997 het die Wall Street Journal ’n gewraakte artikel geplaas: “Science has spoken: Global warming is a myth” Twee Amerikaanse chemici het bevind dat die aarde ten spyte van hoë koolstof vlakke nie warmer word nie, maar eerder kouer en dat dit vir plante en diere voordelig is.  Meer as 17,000 wetenskaplikes (ook weerkundiges) het hierdie verklaring onderskryf.   Die VN het hom nie hieraan gesteur nie.   Sedertdien het 32,000 wetenskaplikes ’n soortgelyke verklaring onderteken.  Meer as 9000 van hulle het doktorsgrade.

Kort voor die konferensie in Denemarke (2009), het kuberkrakers op een van die VN se navorsingsorganisasies se rekenaars ingebreek en van die vertrouelike leêrs op Internet bekend gemaak.   Die VN het wetenskaplike feite verander om hul siening te pas!    Kort hierna het ’n ongekende snerpende koue die Noordelike halfrond oorval.    Baie gelowiges glo dat dit ’n vingerwysing van God was!

Die aardverwarmingsdebat het ook in sekere kerklike kringe ’n opskudding veroorsaak.  Talle leraars preek graag oor die geestelike gevolge van ekologiese rampe.   Sommige afgodspriesters verkwalik selfs die Christelike geloof vir aandadigheid aan aardverwarming!

Geoff Davies is ’n Anglikaanse biskop en die stigter van ’n plaaslike omgewingsbeskermingsorganisasie.   Hy word Suid-Afrika se groen biskop genoem en werk geesdriftig saam met ongelowiges aan verskeie ekologiese projekte.  Hy het in 2009 selfs ’n toekenning as Omgewingsbewaarder van die jaar ontvang.

Wat sit eintlik agter hierdie aardverwarming vrees?   Die Nuwe Era godsdiens wat ’n ou heiden-godsdiens laat herleef.   Dit wil mense laat glo dat die aarde ’n lewende wese en godheid is.  Hulle aanbid die skepping en nie die Skepper nie!   Die doel is om mense se oë van God af weg te neem en op die aarde te fokus.

Die herlewing van hierdie natuur-godsdiens vergoddelik die aarde en praat van moeder natuur . Moeder natuur is in werklikheid ’n godin (Earth Spirit) wat as Gaia bekend staan.   Die voorstanders van die herlewing van die ou heidense aanbidding van die son, maan, water en grond glo dat die skepper en die skepping nie verskil nie.  God en die natuur is een.  God en die mens is een.  Alles is God en God is alles.  Dis pure heidendom!

In April 1970 is Die Omgewingshandboek uitgegee.  Dis geskryf deur mense wat glo dat die wetenskap of tegnologie die mensdom nie uit ’n ekologiese krisis gaan help nie.  Daar moet eerder ’n nuwe godsdiens gevind word wat mense met die aarde gaan help.   Die Christelike leer is ’n struikelblok wat uit die weggeruim sal moet word.

Luister wat sê hulle : indien ons nie die Christelike leer en lewe verwerp nie, gaan al die voorsiene rampe ons tref!   Geloof in Jesus is dus nadelig vir die mensdom.  Hulle word aangemoedig om ’n Nuwe Era sienswyse van natuur-aanbidding, sosialistiese politieke denke en gesinsbeplanning te huldig.

In 1992 is die Handves van die Aarde as ’n Nuwe Tien Gebooie uitgegee.   Dis op die op die idees van twee Sataniste gegrond.   Toe die VN se wêreldkonfe-rensie oor volhoubare ontwikkeling in 2002 in Johannesburg gehou is, is hierdie handves in ’n ark geplaas en plegtig-eerbiedig die vergadering ingedra!

Baie van die mense wat so met aardverwarming behep is, gee voor om armes en lydendes te help om fondse te verkry ten einde die skade wat ontwikkelende lande die natuur aangedoen het te probeer herstel.  In werklikheid poog hulle om ’n wêreld beheerliggaam daar te stel wat op die ou einde sal besluit hoeveel energie ’n land mag gebruik.  Dis niks anders as wêreld-sosialisme nie; ’n een wêreld regering!

Die mensdom word aangemoedig om die verlore Eden in eie krag terug te vat en sy gevalle aard om te keer.   Die mite van aardverwarming maak mense wys dat hulle kinders van ’n goddelike aarde en derhalwe self goddelik is.

Waarsku gelowiges dringend!  “Wees nugter en waaksaam, want julle teen-stander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind” (1 Pet.5:8).   Laat ons opnuut aan die ou Bybelse waarhede vashou. “...die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word” (2 Pet.2:9).

Die wêreld is baie na aan sy einde en die ryk van die Antichris voor die deur.  Laat dit gelowige harte nie ontstel nie.   Hulle weet dat die aarde aan God behoort.   ’n Engelse liedjie sê: “He has the whole wide world in His hands”

Laat die Woord van God ons opnuut bemoedig: “Die Here het sy troon in die hemel gevestig en sy koninkryk heers oor alles.  Loof die Here, al sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy Woord!  Loof die Here, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!   Loof die Here, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy!  Loof die Here, o my siel!” (Ps.103:19-22).

Die wêreld is in opstand.  Mense wil God onttroon.  “Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?  Die konings van die aarde staan gereed en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Hy wat in die hemel woon, lag: die Here spot met hulle” (Ps.2:1-4).

Dis alles tevergeefs!   Hy laat nooit die werke van sy Hande vaar nie.  Ja, “He has the whole wide world in His hands” En dit maak my bly.  “Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel….Daarom geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede” (2 Pet.3:3,14).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2058 gaste aanlyn