Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gedurige gebed wat opreg is sal ingekleur wees met die purperkleur van smeking – want smeking is die waarmerk van egte, gelouterde menslike weerloosheid.
Die Fariseër se woorde in die tempel in Lukas 18:11,12 was nie dié van iemand wat smekend bid nie maar van iemand wat beuel blaas en spog.
ALMAL IS VERSEKER NIE GELYK!
Ds Andrè van den Berg
“Daar is ʼn ongelykheid tussen mense wat die breë pad en diegene wat die smal pad in die lewe volg. As daar nie was nie, sou daar geen oordeel gewees het nie. Moet u nie laat flous met die mite dat alle mense gelyk is nie! Die mens is so ongelyk as kan kom!”
“ ... Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die HERE is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie” (2 Kon.22:13).
Jesus praat ook van God se toorn: “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh.3:36).
Dit bring ons by ʼn vraag wat baie gevra word: Het God alle mense ewe lief en sien Hy almal as gelyk?
Die antwoord is: Nee!
Die Bybel sê dat Hy sekere mense haat: “Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel ’n gruwel: trotse oë, ’n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, ’n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop, een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai” (Spr.6:16-19).
Hoe rym God se haat met die bekendste Bybelteks: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh.3:16)?
Waaruit bestaan God se liefde vir die wêreld? Dat Hy sy genade aan alle sondaars openbaar. Hy laat hy die son oor regverdiges sowel as onregverdiges skyn. God laat dit op gelowiges sowel as heidene reën. Hy het die mensdom so lief gehad dat Hy in Jesus Christus aarde toe gekom het sodat almal voordeel en seën uit sy Woord en werk kon put. Jesus het mense uitgenooi om van die water van die lewe te geniet. Selfs in die OT lui die uitnodiging: “O, almal wat dors het, kom na die waters ...” (Jes.55:1).
In Joh.4 sê Jesus vir ʼn Samaritaanse vrou: “...maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in Hom word ʼn fontein van water wat opspring tot in die lewe” (Joh.4:14).
God se algemene genade beteken egter nie dat Hy mense ongekwalifiseer so lief het dat Hy niemand hel toe sal stuur nie. Daar is ʼn ongelykheid tussen mense wat die breë pad en diegene wat die smal pad in die lewe volg. As daar nie was nie, sou daar geen oordeel gewees het nie. Moet u nie laat flous met die mite dat alle mense gelyk is nie! Die mens is so ongelyk as kan kom!
Mense is slegs in een opsig gelyk; voor die Wet van God: “Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. ’n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die HERE wees. Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef” (Num.15:15,16).
Benewens gehoorsaamheid aan die Wet kan geen ander gelykheid op mense afgedwing word nie. God kies en verwerp mense uit vrye wil. Gen.5 vertel van Henog wat met God gewandel het. ʼn Paar hoofstukke later lees ons van Abraham wat die Here as vader van God se volk uitverkies het. Hy word selfs God se vriend genoem. Moses het van aangesig tot aangesig met God gepraat. Dawid was ʼn man na God se hart. Johannes was die dissipel vir wie Jesus baie lief was. God het elkeen van hulle uit vrye wil gekies.
God se liefde vereis egter ook oordeel. Jesus maak dit baie duidelik dat daar verskillende grade van oordeel sal wees. So waarsku Hy dat dit vir Sodom en Gomorra in die oordeelsdag beter as vir Kapernaum gaan wees omdat dié Jesus geken, maar nogtans sy genade verwerp het.
Die Bybel sê dat daar verskillende grade van beloning in die hemel sal wees: “...elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen (1 Kor.3:13-15). Moet dit nie met die Roomse dwaalleer van die vagevuur verwar nie.
Elke mens weet diep binne in hom daar is ʼn God in die hemel is. Hoe weet ons dit? Omdat God sy skeppingskrag en karakter aan mense openbaar, hetsy deur die natuur (algemene openbaring) of deur die Woord en die Gees in harte.
En hierdie Woord leer ons dat God genadig is. Sy liefde word juis in sy genade gesien. Hy straf mense nie onmiddellik as hulle sondig nie, maar bied hulle geleenthede om tot bekering te kom. Jesus sê: “Want God het sy Seun in die wêreld gestuur, nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kon word” (Joh.3:37). Petrus skryf: :” ... Hy is lank moedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom” (2 Pet. 3:9).
God se liefde vir die wêreld beteken egter nie dat Hy sonde ongestraf laat gaan nie. Hy is immers ʼn regverdige God: “...aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde” (2 Thes.1:6). Sonde kan nie ongestraf bly nie.
Kom ons vra die vraag: Het God almal of slegs gelowiges lief? God het almal onvoorwaardelik lief in die sin dat Hy genade aan almal bewys. Wat egter waar is, is dat Hy gelowiges op ʼn ander manier liefhet - met ʼn verbondsliefde: “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh.3:36).
Slegs die mens wat tot bekering kom, ervaar God se liefde tot in ewigheid. Wie nie tot bekering kom nie, ervaar Gods se lankmoedigheid net totdat hulle hul laaste asem uitblaas. Daarna volg God se straf op hul onverskilligheid.
Kom ons vra die vraag anders: haat God sekere mense? Ja, beslis! Daarom het Hy selfs stede en dorpe met die banvloek laat tref; alles voor die voet is as uiting van sy toorn uitgewis. God haat opstand teen gelowige leiers want sulke opstand lei tot godsdiensverval. Na Absolom se mislukte opstand teen sy vader skryf Dawid in Ps.11: “Die Here toets die regverdige, maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet” (:5).
Later skryf Dawid in Ps.139: “HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat; en ʼn afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met ʼn volkome haat; vyande is hulle vir my!” (:21,22). Dawid kon sulke mense nie liefhê nie omdat God hulle gehaat het. Sy haat was nie ʼn menslike haat nie maar ʼn heilige haat. Ek kan en sal geen mens wat my Jesus Christus haat, liefhê nie!
In sy liefde draai God nie ʼn blinde oog na sonde nie en stuur Hy onverskillige mense hel toe. Indien Hy niemand hel toe gaan stuur, soos wat sommige mense redeneer, sal dit daarop neerkom dat Hy Sodom en Gomoro met die oordeelsdag om verskoning sal moet vra. En dis ondenkbaar! Nee, God se geregtigheid ken geen universele liefde vir almal nie. Dis ʼn skadelike mite!
Soos ʼn pa liewer vir sy eie kinders as ander mense se kinders is, is God ook liewer vir syne. Joh.1:12 sê dat almal wat Jesus Christus as Verlosser aangeneem het, die voorreg ontvang om kinders van God te wees. En die kind van God kom nie in die oordeel nie. Het God almal ongekwalifiseer lief? Nee! Het God al sy kinders lief? Ja, so lief dat Hy mens onder hulle kom word het!
ALMAL IS NIE GELYK
Ds Andrè van den Berg
“Daar is ʼn ongelykheid tussen mense wat die breë pad en diegene wat die smal pad in die lewe volg. As daar nie was nie, sou daar geen oordeel gewees het nie. Moet u nie laat flous met die mite dat alle mense gelyk is nie! Die mens is so ongelyk as kan kom!”
“ ... Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die HERE is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie” (2 Kon.22:13).
Jesus praat ook van God se toorn: “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh.3:36).
Dit bring ons by ʼn vraag wat baie gevra word: Het God alle mense ewe lief? Die antwoord is: Nee!