Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoor hoe praat iemand uit die hel: “Vader Abraham, ontferm u oor my. Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water kan steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur” (Luk.19:24). Dit was so onnodig vir hierdie jongman. Hy kon dit deur sy bekering afgewend en soos die verlore seun uit sy sonde opgestaan en na sy vader omgedraai het. Hy kon die U-draai gemaak het, maar hy het nie!
DIE GOD VAN JUDAÏSME
Dr Danie Theron
"En die Talmoed voer aan dat die wyse rabbyne meer weet as God en dat God hulle raadpleeg as Hy advies nodig het!"
Ek is oortuig, 99% en meer, dat alle predikante in die Afrikanervolk sal dink ek is versteurd as ek hulle vra om vir my al die gode op te noem van die Judaïsme. Hulle sal selfs dink ek belaster die Jode wat die Judaïsme aanhang en ook die één waaragtige God. Want sien, hulle dink dat die Judaïsme ‘n godsdiens is wat Jesus ontken, maar wel God (dus die Ou Testament) erken en aanbid.
Behalwe dat predikante hopeloos verkeerd is, getuig dit van ‘n skokkende gebrek aan kennis van die Bybel. En dit geld vir meeste professore ook. Dit was vir my skok, maar ook ‘n openbaring om dit agter te kom in die studie wat ek van die Judaïsme gedoen het en ook dit wat predikante oor die Jode en hulle geloof skryf.
Die “slegte” nuus wat ek vir hierdie leraars het en veral diegene wat so graag praat van “Joodse vervolging” – vandag nog!, is dat die Judaïsme self nie eers die Ou Testament as hulle gesaghebbende boek beskou nie. Die rabbyne leer in hulle skole (Yeshivas) dat die Ou Testament ‘n boek is van “myths and fairy tales”.
Die Judaïsme se “lewendige”, allesoorheersende, gesaghebbendste geskrif is die Babiloniese Talmoed en daarnaas die Kabbalah. In die Talmoed het die skrifgeleerdes en Fariseërs asook hulle opvolgers, die rabbyne, die 613 wette en kommentare daarop die “reg” van die Judaïsme gemaak.
Volgens Ruth Bade Ginsburg, die VSA hooggeregshof regter, is die Talmoed die Jode se “guide for daily living”. Sonder die Talmoed sal daar geen Judaïsme wees nie. En die Talmoed voer aan dat die wyse rabbyne meer weet as God en dat God hulle raadpleeg as Hy advies nodig het!
So gesien is dit derhalwe baie duidelik dat die Jode van die Judaïsme hulle eie god en hulle eie messias is. Hulle het God en Jesus nie nodig nie. En weet u, om dit weer te beklemtoon, 99% van ons Afrikaanse predikante het daarvan nie die vaagste benul nie.
En dit is geen verskoning om onkunde daarvoor aan te voer nie. Soos onkunde in die reg (ignorance of the law) geen verskoning is nie, des te meer is onkunde van ‘n ongeloof soos die Judaïsme geen verskoning vir ‘n predikant wat die Woord aan Christene moet verkondig nie.
Waarom sê ek dit? Eerstens is hulle veronderstel om daardie kennis te hê; so dis ‘n hopelose gebrek aan kennis. Maar tweedens verkondig hulle, weens hierdie gebrek aan kennis, die leuen dat ons “Joodse bure” net vertel moet word van Jesus – hulle moet net Jesus by God voeg!
Waarom moet ons (en dis veral prediante wat die Woord van God verkondig) juis dan die Judaïsme ken? Omdat die wortel van alle leuens en haat teen God en Christus sy oorsprong by die Judaïsme het. Maar nie alleen die oorsprong nie, maar ook die siel van die ongeloof (as mens enigsins van ‘n siel durf praat) het Judaïsme as basis.
Dit is nie die Moslems en die Hindoes van hierdie wêreld wat ons groot probleem en gevaar is nie, dit is die Judaïsme. Die Judaïsme het teen Jesus (deur middel van die Fariseërs en toe nog in die kinderskoene) te velde getrek. Die Judaïste wou Hom met alle geweld kruisig, het Hom vals beskuldig, Hom (en God per implikasie) belaster. En dit is hulle, (wie Hy in die eerste plek wou verlos) wat Hom laat kruisig het. Hulle (die Fariseërs) het geweet dat hy die Verlosser is, en hulle onkunde was ‘n selftoegerekende (affected) onkunde.
Deur middel van die Judaïsme is die “Moslem-gevaar” op ons samelewings afgelaai en afgedwing. Daarom die grootskaalse immigrasie van vreemdelinge (Moslems) juis om die Christendom te vernietig.
Die god van Judaïsme is die slang, die duiwel, Satan! - Openbaring 20:2
Hy word hierdie verskillende name genoem om sy goddelose wese en werk aan te dui. Die slang was daar van die begin van die geskiedenis. (Gen 3:1). Die duiwel is die verleier of bedrieër wat hom teen God verset en sy Naam laster, Hy is die aanklaer van God en sy volk (Op 12:10). Satan is die teenstander van God en sy volk (Matt 16:23) wat alles doen om hulle van hul plek te verdring.
U moet besef dat onkunde oor bogenoemde onverskoonbaar is – dit is strafbaar met die dood!
Judaïsme is boos tot in sy kern, dit is korrup, dit is walglik, dit verkondig haat, dit mislei. Dit is Satan in volle werking! Moet dus asseblief nooit weer praat van “Judeo-Christianity” nie want dan verloën u Christus. Judaïsme en Christendom staan teenoor mekaar soos Satan en Christus. Hulle is geswore vyande van mekaar.
Bid eerder dat hierdie mense hulle sal bekeer en bly verder weg van enigiets wat hulle verkondig want wees verseker dis ‘n leuen!