DOEN SLEGS U WIL HEER

Dr JJ Snyman

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Romeine 12:2

Wat is God se wil met my? Ja, met my spesifiek? Dit is ‘n vraag wat by baie van ons spook. Dalk net by tye, dalk jou lewe lank.

Die antwoord op hierdie vraag word in die algemeen gegee in die Bybel, nie in die besonder nie. Die dissipel kry ‘n duidelike opdrag en Paulus kry ‘n duidelike opdrag wanneer Jesus vir Paulus op die pad na Damaskus sê hy moet ophou om teen die prikkels te skop. (Joh 5:39) en dit is hulle tragedie. Hulle ken die Skrif, maar verwerp Jesus.

Hoekom dan so? Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie (Joh 5:42).

Dus, die bestudering van die Bybel en kennis van al die begrippe sonder geloof sal mens niks baat as daar nie ‘n besef is dat dit met toenemende vertroue en afhanklikheid gepaard moet gaan nie.

Hoe dan gemaak? Die Heilige Gees sal ons oortuig om te glo want niemand kan getuig dat Jesus die Christus is sonder die Heilige Gees nie. (1 Kor 12:3). Want die Heilige Gees is die Gees van waarheid wat oor Jesus getuig. (Joh 15: 26,27).

Maar dis juis die probleem, dan nie? Die Heilige Gees se teenwoordigheid in ons voel so ver, so verwyderd. Waarom voel die inlewing en inwerking van die Heilige Gees dan so ver?

Miskien lê die antwoord daarin dat die geloof ontbreek te midde van al die kennis. Geloof is tog ‘n groeiproses. Van ‘n wonder-geloof, ‘n belewenis-geloof, ‘n verstaan-geloof na ‘n oortuigingsgeloof, ‘n Godsgeloof.

Jesus sê immers aan die dissipels, toe hulle vra: “Gee ons meer geloof”, dat as hulle maar net ‘n bietjie geloof gehad het (mosterdsaad), sou hulle berge kon versit. Dus, nie méér geloof nie, maar ‘n lewenskragtige geloof. Dus, ‘n beoefening van geloof. Geloof sonder werke is dood (Jak2:14). Dit was Calvyn wat gesê het geloof is kennis, vertroue, standvastigheid en volharding. Die Dooie See ontvang net, maar gee niks, daarom is dit dood. Geloof moet dus kenbaar word – ons sal geoordeel word volgens ons geloofsbeoefening. (Op 20:12)

Dit was NP van Wyk Louw wat in sy gedig Die Beiteltjie geskryf het dat geloof is wanneer jy hard probeer, slaan dit ‘n klippie aan twee met ‘n bars wat deur die rots en deur die grond gaan, tot deur die planeet en dit loop deur die sterre heen!

As ons dus voel of die Here te ver is omdat ons twyfel en Satan dan vurig begeer om ons soos koring te sif (Luk 22:31) dan mag ons selfs val soos Dawid en Petrus. God is magtig en sal ons van struikeling bewaar (Judas 24). Ons bid “Lei ons nie in versoeking nie”. Dit beteken nie dat ons eers daarin moet beland nie. Dit moet voorkom word. Maar selfs al hét ons en ons voel dat God se genade van ons weggetrek is, dan het ons die blye versekering dat God steeds daar is.

Die wêreld lê in die mag van die bose ( 1 Joh 5:19) en daarom is die geloofspad ‘n worstelstryd. As selfs Dawid en Petrus dus struikel, waarom sal ons nie ook nie.

Die antwoord ken ek. Dit is nie die Here wat ver is van ons, van my nie, dit is ek wat ver afgedwaal het, wat weet wat die antwoorde is, maar nie doen wat ek weet nie. So het mens self die versperring opgerig!

Paulus sê in Handelinge 24 dat hy hom altyd daarin beoefen om ‘n rein gewete voor God te hê. Dus, elke dag, te alle tye. Ja, selfs Paulus. Sy lewe was ná sy Damaskus-ervaring immers volkome aan God gewy. Maar selfs hy moes altyd, deurentyd dit beoefen om ‘n rein gewete te hê.

God is getrou. Hy is onveranderlik. Hy het ons geroep. Net ‘n bietjie van die regte geloof (sonder ál die kennis) is genoeg om sy nabyheid te ervaar.