WIE IS ANGUS BUCHAN?

EN WIE IS DIE ANTICHRIS?

SG Hagen

2 Thes 2:3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van die sonde geopenbaar word die seun van die verderf.

Die Antichris word op verskeie plekke in die Bybel beskryf sonder dat sy naam presies aangedui word.

In 2 Thessalonisense leer ons dat hy:

-          die mens van die sonde is;

-          die seun van die verderf;

-          die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is.

Ons lees ook dat hy in die tempel (die Kerk) van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Die Antichris openbaar hom deur op bonatuurlike wyse, maar nié identies met Satan nie. Hy is Satan se seun. Die Antichris is die werktuig van Satan tot verderf.

Hy is goddeloos, selfverheffend en ‘n godslasterlike teëstander. Hy verhef hom bo God.

In 1 Johannes 2 lees ons weer van die laaste uur en dat die Antichris kom en daar baie antichriste bestaan. Wie is dit? In 1 Johannes 2:22 word hy soos volg beskryf:

Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.

Vir dié wat die gawe van onderskeiding het, ontvang ook die Heilige Gees. Deur ‘n studie van die Bybel te maak is dit maklik om te sien na wie Johannes verwys:

-          teoloë wat beweer dat Jesus maar net ‘n besondere mens was, nie deur die Heilige Gees uit ‘n maagd gebore nie en beslis ook nie die afgestorwe Heer nie.

Hierdie teoloë (van wie daar te veel is!) loë die Seun en die Vader (1Joh 2:23).

In Openbaring lees ons ook van die Antichris en veral die verband tussen Satan, die Antichris en die vals profeet.

Die Antichris is die gees uit die see van die volkerewêreld, die kragtige kneg van Satan. Satan self verleen aan sy ewebeeld, die Antichris, mag, troonskap en groot gesag.

Die seemonster kom soos die Leviatan (Ps 24:14, Jes 27:1) uit die see. Sy doel is om oorlog te voer teen die gelowiges en hulle te oorwin. Die Antichris lyk nie net soos Satan nie, maar is een in wese met Satan.

Die Antichris betower die massas. Die massas begin die anti-Christelike gees, ja die Antichris, aanbid.

Die Antichris is ‘n duiwelse mag wat vervolging teen Christene aanblaas met ‘n godsdienstige aanslag wat van die vals profete kom. Die vals profete bewerkstellig die aanbidding van die Antichris.

Die vals profete is die landmonster. Dit dui op die verval binne die geloofsgemeenskap. Die vals profeet mislei die bewoners van die land en ontvang mag om afgodery tot die volke te laat spreek.

In Openbaring lees ons dan ook dat die sinagoge van die Jode die sinagoge van Satan is. Die vals profeet, die sinagoge,maak dat die duiwelse mag, die seemonster (die Antichris), i’n menslike gestalte aanneem.

Wat spreek mense aan? Die humanisme. Humanisme – menslike aspirasies – is ‘n gees wat in ‘n verskeidenheid gestaltes die mens aanspreek.

Die merkteken of stempel van die Antichris is die Joodse gebedsband wat op die regterhand en voorkop gedra word. Die vals profeet bevorder dit.

Dit verg besondere insig en wysheid om te kan onderskei tussen ware en valse geloof – om te voorkom dat die Satan nie in jouself as die Antichris inkarneer nie.

Dit bring my laastens by die persoon van Angus Buchan. Ek lees dat hy al drie keer deur die Round Table vereer is.

Die Round Table is ‘n afdeling van die Knights Templar, ‘n Vrymesselaars organisasie. Enigiemand wat die Vrymesselaars ken en bestudeer weet dat op die 33e vlak, trou aan Satan gesweer word.

By al die kennis wat Buchan voorgee om van die Bybel te hê en die insig en wysheid wat daarmee gepaard behoort te gaan, is die vraag:

Weet hy dit nie?

Ek betwyfel dit. Verder tree hy op in samewerking met mense soos Rick Joyner wat God en Christus reeds openlik verloën het. Waarom?

So is Rick Joyner byvoorbeeld ‘n lid van die Knights of Malta Templars. Hy sien Jesus slegs as ‘n gees. Aan jou vriende sal jy geken word. Het Buchan dan nie die gees van onderskeiding nie?

Derduisende Christene word nou deur Buchan op sleeptou geneem en word daar in die openbaar gebid. Het Buchan se gebede en voorspellings al enigiets positiefs opgelewer? Is die damme in die Wes-Kaap vol? Is misdaad aan die afneem?

Buchan sê per implikasie dat die kerk in Suid-Afrika misluk het want hulle kon nie daarin slaag om die bose uit ons land te weer nie. Hy belowe inderwaarheid dat hy by magte is om dit te doen.

Is Buchan ‘n vals profeet? Of dalk ‘n reïnkarnasie van die Antichris? Wel, hy het baie vrae om te beantwoord en sou hy hom nie van sekere organisasies en individue losmaak nie, het Christene alle rede om ernstige twyfel oor hom te hê.

Hierdie bestel is boos in sy hele wese. Daar is niks wat Buchan daaraan gaan doen nie. Die bose moet eers uit die bestel gehaal word. ‘n Bestel wat mens-vererend is soos die bestel wat ons nou het. Die humanisme staan in direkte opposisie met God. Jy kan die humanisme nie beter maak of beter bid nie. Dit moet verwyder word.!

Daarbenewens is dit uiters gevaarlik en Godsminagtend om voorspellings te maak oor iets soos droogtes. Daarmee wil Buchan ‘n profetiese kleed aantrek en het hy reeds die toets gedruip. Sy voorspelling was vals.

Waarom moet ons as bekeerdes in die openbaar gaan bid? Om soos die Fariseërs gesien te word? Die Here is nie daarmee beïndruk nie. Het enigiemand die Christene in Rome (in die Bybelse tyd) opgeroep om in die openbaar te bid?

Waar is Buchan se kritiek teen die huidige bestel met sy vergrype? Waar is sy getuienis teenoor die owerheid?

Waarom die ekstase oor ‘n man oor wie daar soveel vrae bestaan? is die Heilige Gees nie meer genoeg om ons innerlike te versterk nie? Is ons kerke nie meer “aanloklik” nie?

Tyd sal leer oor Angus Buchan. Intussen moet gelowiges vashou aan die Woord, in hulle binnekamers bid en vertrou op die Here.

By herhaling moet dit gestel word: Moenie vêr gaan soek vir die Antichris en sy vals profete nie; hulle is in ons midde!