Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is tye wanneer stilte die hardste praat – maak jou mond oop net as jy seker is dit wat jy gaan sê het meer waarde as die stilte.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (4)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
3 Suspects were arrested earlier today on the N12 road in Benoni area for truck hijacking, possession of unlicensed firearms, possession of hijacked vehicles and jamming devices.
Two Metro Police Officers are amongst thirteen suspects arrested on the N12 in Benoni
It is reported that members operationalised intelligence information about a truck hijacking on the N12.
*
BAIE ontleders en kommentators maak die punt dat korrupsie endemies aan die ANC is en dat die gevolge daarvan Suid-Afrika uiteindelik tot by die werklikheid van 'n mislukte staat sal bring.
Maar 'n ander scenario is besig om pos te vat en die elites in Luthulihuis is intens bewus daarvan.
Die ANC is besig om beheer oor groot dele van die bemagtigingsbedryf te verloor waaraan dit histories verbind was, en dit plaas enorme druk op die party se finansiële oorlewing, maar hou ook toenemend 'n politieke bedreiging vir die staat en Suid-Afrika in en verklaar hoekom die Russiese oligarge so 'n noodsaaklike alternatiewe bron van inkomste vir Luthulihuis geword het.
Die mees opsigtelike ontwrigting van die korrupsiewaardeketting was die inwerkingstelling van die Wet op die Finansiering van Politieke Partye in Januarie 2019. Die doel van die wet is om deursigtigheid te bevorder en verantwoordbaarheid as 'n vorm van oorsig in die verhouding tussen politieke partye en die privaat sektor teweeg te bring...
-Piet Croucamp
*
Diegene wat dit al ervaar het, sal vertel dat die beste manier om die vliegervaring te waardeer, is in ‘n ou dubbelvlerk vliegtuigie, soos ‘n Tiger Moth. Natuurlik is die moderne vegvliegtuie ‘n ervaring op hul eie, met die geweldige stu-krag, G-kragte wat op jou inwerk en die gevoel van spoed omring deur elektronika, hiper-moderne toerusting en daarby die wete dat kanonne, missiele en bomme aan jou vingerpunte lê, maar werklik vlieg, is ‘n ervaring op sy eie.
Skeer het nog altyd van sy mooi, fris Mercedes X-klas dubbelkajuit bakkie gehou, die afwerking, vering, stilering en natuurlik die gladde krag van die V6 diesel. En tog… met hierdie ou Land Rover van Arno is dit ‘n ander ervaring, een waarvan hy baie hou. Tipies aan die goed, wat uit aluminium vervaardig is, vasgemaak word met boute, skroewe en pop-rivets, ratel die voertuig. Die deure pas nie perfek nie, so die wind kry oral ‘n plek beet om in te suis, die plekke waar daar gesweis is, is nie afgewerk nie, die oorspronklike sitplekke was slegs daar om ‘n plek te bied om jou boude op te sit, maar nie om gemaklik te wees nie – dis intussen vervang met baie meer gemaklike sitplekke uit een of ander moderne kar. Die windskerm is eintlik té laag vir Skeer se lang lyf en hy moet half onder die bokant daarvan deurkyk.
Arno het die onderstel van die ou Series 2A vervang met ‘n baie meer moderne Dicovery s’n, met kronkelvere, skyfremme op al vier wiele en behoorlike kragstuur, maar tog het daar baie van die ou een se karakter oorgebly, soos die spesiale reuk, die windgeraas, windskerm wat, behalwe te laag, ook in twee gedeel is, die groot spaarwiel op die enjinkap, die beknoptheid van die kajuit, gefluit en rommel van die oorgroot, knopperige bande. Die spasie by die pedale is beperk en hy het nie werklik genoeg plek vir sy nommer 11 skoene om gemaklik te wees nie.
Die moderne, brandstofingespuite 4,6 liter V8 enjin en sesspoed handratratkas is ‘n groot verbetering van die ou vier- en sessilinder kragbronne waarmee die ding oorspronklik uitgekom het en die kraglewering is nie so verfynd as die moderne karre s’n nie. Dit raas as hy die petrol wegtrap, en die ratkierie bewe daarvan. Die meeste van die meters werk lankal nie meer nie, behalwe die toereteller, hittemeter en oliedrukmeter. Die snelheidsmeter het aanvanklik gewerk, maar na ‘n ruk het die ou Smiths-produk begin op en afspring en toe heeltemal gestaak. Met die naaldjie wat nou net effens op en af bons, asof hy aan Parkinsons ly. Skeer het ‘n GPS teen die ruit geplak en slegs daarmee kan hy die sneheid bepaal.
Hy besef skielik dat hy die rit intens geniet. Die spanning in sy rug en nek vloei stadig weg, hy sit so ver agtertoe as wat die spasie toelaat, en aangesien dit buite al sterk skemer geword het, en koel, is hy vir die eerste keer bly dat die kajuit warm is van die nabyheid van die uitlaatstelsel wat naby die vloerborde verbyloop. Hy maak die voorste oplig-flappe – die enigste ding wat effens naby ‘n lugreëling kom – toe en kyk na waar Ezra sit. Die outjie het aan die slaap geraak, met sy kop wat skuins teen die sitplek se kant rus en Skeer gryp net betyds die drom Kentucky, voordat dit uit sy hande val. Die mannetjie het darem vir jou ‘n eetlus!
Die ou, flou hoofligte is vervang met nuwe, LED-eenhede en hy kan gelukkig ver voor hom sien. ‘n Stadiger voertuig doem in die ligte voor hom op en as hy die ratkas twee versnellings laer skakel en die petrol wegtrap, is daar ‘n lekker, onverfynde gevoel van krag wat die ou ding versnel. As jy krag wil ervaar, is dit in so ‘n onverfynde ding en nie in ‘n nuwe, luukse voertuig nie.
Ja, hy geniet dit rit terdeë.
Die beplanning was om die eerste dag tot in Pretoria te ry en daar oor te slaap, maar Skeer draai van die N1 af, ry tot in Bela-Bela (Warmbad) en daar slaap die twee in ‘n gastehuis oor. Na ‘n besonder indrukwekkende ontbyt, waarin Ezra ‘n bord pap, muesli en spek en eiers eet, wonder Skeer hoe hy gaan bekostig om aan te hou om die mannetjie te voer. Net na agtuur is hulle terug op die N1, verby die Kranskop stilhouplek, deur al die baie tolhekke, tot hulle die aanwysingsbord vir Wallmansthal sien.
“Ezra, ons gaan gou hier aftrek, ek wil iets gaan kyk”
Skeer ry teen die afrit op, al kos dit hom ekstra aan tolgeld, klim uit en van die bokant van die oorbrug kyk hy na alle kante. Dan stap hy terug na die tolhek om met die verveelde operateur te praat – daar is nie so baie mense wat hierdie afrit neem nie. Hy klop aan die venstertjie.
“Morning, sir. Can you tell me where the policeman, who was assassinated a while ago, was driving when it occurred?”
“Eh?”
“The man who was shot?”
“Eh. My man, it wasn’t me.”
“Yes, I presumed so, but where did it happen?”
“No, no, no, the police, they say we mustn’t speak.”
Die man maak sy venstertjie toe met ‘n besliste skuif daarvan. Skeer haal sy aanstellingskaart uit en druk dit teen die venster. Na ‘n ietwat onwillige paar minute, waarin die operateur op sy selfoon praat, maak hy die venster weer oop.
“It was Piet, it was he who was on duty that day.”
“And where do I find Piet?”
“Piet, she is dead. Car accident, my man.”
“Okay. Just point to me where it happened, or else I’ll have to arrest you for the obstruction of justice.”
Die man is baie onwillig, maar uiteindelik kom hy by die hokkie se deur uit, loop tien meter boontoe, waar hulle die afrit na die N1 kan sien en wys na ‘n kol op die pad.
“The car went off the road just there. Now, leave me alone.”
Hy loop terug na sy hokkie, met ‘n baie bekommerde uitdrukking op sy gesig. Skeer loop na waar die ou gewys het, met Ezra kort op sy hakke. Hier staan die twee en kyk na waar die skoot vandaan kon kom. Immers, Skeer kyk daarvoor en Ezra kyk net.
“Waarvoor soek ons, Oom?”
“Jong, hier is iemand geskiet. Ek wil kyk of ek nie die plek kan sien waarvandaan dit gebeur het nie.”
Sowat vier honderd meter na die Suide is daar ‘n klein gronddammetjie, met grondwalle en gras bo-op. Die skoot kon uiteraard nie vanaf die Noorde gekom het nie, daarvoor is die op en afrit en die brug self in die pad. Anderkant die gronddam is nie behoorlike skuiling nie. Skeer hou ‘n honderd meter vanaf die oprit stil en loop na die dammetjie toe. Die gras het onlangs gebrand en net hier en daar staan ‘n hardnekkige groen graspol en kort spriete wat uitloop na die reën.
“Waarvoor kyk ons, Oom, Skeer?”
“Na enigiets wat lyk of dit nie hier moet wees nie.”
“Soos bottels en blikke?”
“Nee… weet jy hoe lyk ‘n geweerdoppie?”
“Ja, Oom. Dis blinkerig en geel.”
“So-iets. Kyk of jy iets sien.”
Hulle loop tot by die dammetjie en as Skeer terugkyk na vanwaar hulle gekom het, sien hy dat dit die perfekte plek sou wees vir ‘n skerpskutterskoot. Hy soek vir meer as ‘n halfuur vir enige bewysstukke, maar die veldbrand het alles verwoes, behalwe die gras reg bo-op die damwalle. Gefrustreerd loop hy en Ezra terug na die Land Rover. Dit was in elk geval ‘n kans wat hy gevat het. Enige professionele skut sou gesorg het dat hy geen teken van sy aanwesigheid daar sou laat nie.
Dis stil in die voertuig as hulle aanry. Ezra voel Skeer se frustrasie aan en sê niks. Na ‘n paar kilometer sien Skeer hy speel met iets.
“Wat het jy daar, Ouboet?”
“Dis sommer net ‘n stukkie ysterpypie of iets, Oom.”
“Kan ek dit sien?”
Die “stukkie yster” is inderdaad ‘n doppie, maar swart gebrand van die vuur. Dis dus nie meer helder brons soos ‘n nuwe doppie nie en dit is die rede waarom Ezra nie geweet het wat dit is nie. Natuurlik sal daar geen vingerafdruk meer wees nie, maar dit maak nie saak nie.
Skeer vryf die doppie teen sy broek se pyp so skoon as wat hy kan, en veral die agterkant, aan die onderkant van die doppie. Teen die effense skoon kan hy die inprentings lees: “CAO VII 45”. Hy het hierdie ammunisie al voorheen gesien. Dis ‘n Russiese 7,62X54 Rimmed.
“Uit ‘n Dragunov SVD skerpskuttersgeweer.”
“Wat Oom?”
“Ek sê jy het goed gedoen. Dis presies wat ek gesoek het.”