Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Kundigheid vloei soos ‘n sterk stroom deur ‘n eerbare volksleier se lewe sonder dat hy daarmee te koop loop. Hy dra dit soos ‘n sakhorlosie uit die oog en haal dit net uit as iemand daarna vra.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (2)
KLEINSKEER, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Farm attacks, in South Africa, are unique by nature and deserving of a unique counter-strategy.
Unlike many other types of crime, farm attacks often involve a level of brutality and violence that is above and beyond what might typically be associated with robbery or theft. This isn’t just a case of taking property; it’s often an act of terror, with victims subjected to heinous acts of violence. This sadistic nature sets farm attacks apart from many other crimes and calls for a unique and robust response.
Farms are not just homes; they are vital cogs in the country’s economic machinery.
*
3 Police Sergents arrested for a farm attack. SAPS are attacking farmers imagine that.
*
Political parties have slammed the police for rising crime levels in the country, saying the criminals were in control of the streets, leaving communities living in fear.
*
On Thursday, 2023-08-17, members of Provincial Organized Crime received information that a Flying Squad vehicle was transporting firearms and ammunition in a marked police vehicle. The Flying Squad BMW with three members was located on the N4. A high-speed chase ensued on the Kaalrug road. Detectives noted that bags were thrown out of the police vehicle. When the Flying Squad vehicle refused to stop, shots were fired at the vehicle, the rear window was shot out, and the vehicle came to a standstill. All three members jumped out of the motor vehicle and ran into the field.They were pursued and one sergeant was arrested.
In the bags, six assault rifles and one 9mm Vector pistol was recovered. The rifles consist of the following: Three AK 47 rifles, One R5 rifle, One Dashprot rifle, one DM 4 rifle.
The 9mm Vector pistol still had its serial number on. It was found that this pistol was stolen during the CIT at Malelane on 2023-08-11, as per Malelane CAS 21/04/2023.
Twelve magazines for the different rifles recovered. All magazines full of ammunition. Explosives found, including detonator cord and other explosive materials.
*
Limpopo court interpreter sentenced to eight years imprisonment for corruption
Jail for KZN traffic department official who sold learner’s licenses for up to R1,000
Western Cape abalone syndicate that included government officials sentenced
Seven police officers arrested for allegedly pocketing cash from alleged drug dealer.
*
Skeermes Hugo sit en probeer papierwerk afhandel, voordat hy verlof insit. Dis toe dat hy hoor van die aanval waar hy vir klein Ezra na veiligheid bring. Selfs nou, na vier dae, los die seuntjie hom nie vir ‘n oomblik uit nie. Die sielkundige vertel uiteindelik vir Skeer dis omdat hy wat Skeer is, nie bang was nie, die een rower van die trap af gegooi het en nou voel die kleintjie, in sy angs, veilig by hom.
Hoe gaan hy nou maak as hy hierdie storie wil begin ondersoek? Uiteindelik help hy vir Arno om die Land-Rover se dak en deure terug te sit, en hy maak ‘n kinderstoel vas op die passasierskant.
“Ouboet, is jy lus vir vakansie? Net ek en jy. Ons ry lekker ver, slaap oor by ander dorpe en daarna gaan ons see toe?”
“Ek gee nie om nie, Oom.”
Uiteindelik het Skeer die seuntjie se klere laat haal by die huis en hy koop vir hom warm baadjies, nuwe skoene, ‘n leerbelt, hoed en sy eie slaapsak.
Die begrafnis is somber en hartseer, maar vreemd genoeg, huil die outjie nie baie nie. Miskien verstaan hy ook nie presies wat gebeur nie, totdat die kiste in die graf afsak en hy ‘n handjievol blomme daarop gooi. Eers dan huil hy, selfs as Skeer, nou in volle uniform geklee, handskoene en rouband, hom optel en vashou.
*
“Goed dan, Skeer, ek het mooi gedink aan wat jy ander aand gesê het. Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer dink ek jy het ‘n punt beet. Of jy nou die kat aan die stert beet het, ‘n tier aan syne, of bloot ‘n warrelwind met geen inhoud nie, ek aanvaar jy gaan dit nie net los nie?”
“Nee, ek kan nie.”
“Ek het so gedink. Nou goed, die Gharrie is gediens, brieke is nagegaan, alles werk mooi. Jy sal sien ek het onder die seil agterop, ‘n ou weermagtrommel gebout, met ‘n sterk slot aan. As ek jou ID kan kry, dan sit ek die ding oor op jou naam – ek wil nie hê dit moet na my toe terugkom nie. En as jy eendag klaar is met hierdie snuffelwerk en jy lewe nog, kan jy hom vir my teruggee. Dis nou as jy wil en die kar nog rybaar is. Gaan jy weet deur hekke jaag met hom?”
“Ek hoop nie so nie, maar ek kan ook niks belowe nie.”
“En ja, jy sal ook sien ek het die Lexus enjin en ratkas uitgehaal en dit vervang met ‘n Range Rover 4.6 liter enjin en ses-spoed handratratkas. Moenie eens vra hoeveel werk en geld dit gekos het nie, so indien enigsins moontlik, bring hom in een stuk terug.”
“Ek sê jou wat, Arno, as ek hom nie terugbring nie, of stukkend, dan vat jy my bakkie vir jou.”
“Jou Mercedes?”
“Ja.”
“Hoekom ry jy nie eerder met hom nie?”
“Hy is op my naam en as daar enige gevolge kom vanaf owerheidskant, sal hulle hom maklik kan uitken of opspoor. So, vir tyd en wyl, moet jy nie met hom ry nie. Dit lyk my hierdie ouens skiet eers en vra dàn vrae, maar hier is die sleutels in elk geval.”
Arno sug diep, skud sy kop soos iemand wat in ontkenning verkeer en gee op sy beurt die Land-Rover se sleutels vir Skeer.
“Wat van die klein mannetjie? By wie gaan jy hom los?”
“Ek weet dis nie die regte ding om te doen nie, maar ek het probeer om hom te oortuig om by my niggie te gaan bly tot ek terugkom of alles afgehandel is. Hy wil niks daarvan weet nie, so ek vat hom saam.”
“Dis onverantwoordelik. Ezra, wil jy nie maar hier by hierdie oom bly totdat oom Skeermes terugkom nie?”
Ezra antwoord nie, maar dis baie duidelik dat hy onder geen omstandighede bly nie. Hy hou net met albei arms vir Skeer om die been vas en kyk met groot, gevoelvolle oë na die man.
*
Skeermes sluit die groot geweerkluis oop en kyk vir ‘n paar lang minute na die inhoud. Hy besef dat hy heel moontlik met heelwat bakleiery te doen gaan kry, nie net met die mense wat hy gaan ondersoek nie, maar ook met die algemene bevolking, wat feitlik elke reisiger op die grootpad as ‘n moontlike slagoffer beskou.
In die Suid-Afrika van 2023 kan jy eenvoudig nie bekostig om langs die pad tot stilstand te kom nie. Dis asof daar rowers agter elke bos en sloot skuil om toe te slaan, hetsy vir ‘n paar rand in kontant, selfone, vuurwapens of wat die mense ookal in hulle karre het. Natuurlik word die voertuie self gekaap, en in baie gevalle die insittendes ontvoer of vermoor. Afrika het baie min simpatie. Dis ook een van die redes waarom hy met die Land-Rover wil ry – niemand sal daaraan dink om die ding te wil vat nie.
Nou goed – wat gaan hy nodig kry? Daar is ‘n moontlikheid dat daar op ‘n lang afstand ook op hom, net soos op die Valke se lid, geskiet sal word en dan wil hy kan terugskiet. Die M16 in 5,56 millimeter is te lig in die broek daarvoor, maar die groot .50 BMG McMillan te groot. As die Gharrie gaan staan wil hy nie die swaar geweer rondkarring vir kilometers nie. Uiteindelik besluit hy op ‘n Ruger Nommer 1 in .338 Winchester Magnum. Dit het ‘n goeie VX VIII 6.5-25X56 Leopold teleskoop op en, al is dit ‘n enkelskoot geweer, dit is sonder ‘n magasyn, sal die doel nie wees om baie lood te gooi nie, net een op ‘n slag en so ver en akkuraat as moontlik.
Handwapen? Hy haal elkeen van sy nege millimeters uit, die CZ 75, Browning, Astra, Glock, Walther. Hy weeg elkeen in sy hand, mik op ‘n denkbeeldige kol teen die oorkantse muur en sit hulle een-een terug. Die groot rewolwers ook. Uiteindelik besluit hy op die swaar Desert Eagle in .44 Magnum. Ja, die ding is baie swaar en ongemaklik om te dra, al is hy wat Skeer is 1,95 meter lank en weeg 110 kilogram, is dit steeds ‘n groot stuk yster om saam te dra. Daar is ook net agt rondtes in die magasyn en al het hy drie magasyne, sal dit net vier en twintig vinnige skote beteken, plus die een natuurlik in die loop. Hy sit hom terug, maar na nog oorweging haal hy dit uit en sit die wapen op sy bed. As hy reg is, sal hy groot stukke lood moet gooi op ‘n stadium en die 230 greine teen 1550 voet per sekonde sal werk.
Vir een op sy enkel besluit hy op ‘n Beretta model 84 in 9mm Kurtz. Aan die ander enkel, onder sy kous, in ‘n sagte leersakkie, is natuurlik sy skeermes.
Hy begin die kluis toesluit, maar maak weer oop en haal ‘n R6 uit. Hierdie goed het ontstaan as ‘n Israeli Gallil, wat beskikbaar was in 7,62 millimeter, maar Suid-Afrika het begin om in die jare sewentig dit onder lisensie te bou eers as die R4 in 5,56 millimeter, wat nou nog die weermag se primêre wapen is, maar later verkort en die tweepoot aan die voorkant verwyder as die R5, vir die Lugmag, Vloot, Polisie en ander eenhede, en nog later as ‘n kortloop, kleiner een, die R6, wat nooit amptelik as wapen deur die SANW of SAPD gebruik is nie. Skeer was maar te bly om een te kry.
Hy spandeer ‘n uur en ‘n half om elkeen van die wapens uitmekaar te haal, versigtig skoon te maak en te laai met rondtes uit nuwe pakke ammunisie.
Deur dit alles sit klein Ezra die gedoente en dophou.
“Is dit gunne, Oom?”
“Ja, maar ons noem dit gewere, pistole, en rewolwers. Ek sal jou leer wat die verskil is en eendag hoe om met hulle te skiet.”