Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe lyk iemand wat die Here opreg dien? Ps 112 vertel ons: sy kinders en kleinkinders is ook Godvresend; sy besittings is altyd genoeg al is dit ook min; hy doen uit liefde barmhartigheidswerk; hy is altyd eerlik; sy vertroue op God laat hom alle storms moedig hanteer; hy deel God se liefde met ander; ander mense sien en praat oor sy liefde vir God.
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (11)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Genl. Earle Cocke was in die tagtig- tot 90ger jare aan die hoof van die Nugan Hand Bank se kantoor in Washington. In April 2000 het hy in ‘n verklaring van 67 bladsye sy kennis en betrokkenheid by "Project Hammer" uiteengesit. Tien dae later is hy aan pankreaskanker oorlede. Hy was ‘n betekenisvolle en en hoogs betrokke speler in ‘n wêreld waarmee min van ons bekend is. Volgens hom was Citibank die halfwegstasie vir riskante finansiële transaksies deur "Project Hammer" deur ongeveer 30 rekeninge wat byna almal in een soliede blok in Citibank was.
Teen die einde van die 1980’s was die VSA regering desperaat om van sy grootste banke van insolvensie te red – onder andere Citibank, HSBC, Chase Manhatten en die Bank of New York. "Project Hammer" was dus ‘n desperate onderneming om die reddingswerk te doen. Die idee was om goud en diamante te gebruik as ‘n noodboei vir kwynende banke en om die VSA se ekonomie weer op die spoor te kry. Dus moes Suid-Afrika daarvoor betaal. As hoofgoud- en diamantverskaffer was dit die maklikste en die goedkoopste pad om Suid-Afrika te gebruik om die VSA se banke te red. Die enigste probleem was dat Suid-Afrika in politieke onrus was met die regses wat die NP regering op alle fronte gekonfronteer het.
Die beste rookskerm vir die verskuiwing van groot hoeveelhede geld en staafgoud waaraan Citibank kon dink, was om onstabiliteit tussen die NP en die ANC te skep. Dan kon ‘n politieke vakuum geskep word waar sluwe goud- en diamanttransaksies gemaak kon word sonder dat te veel vrae gevra word. Die totstandkoming van ‘n NP/ANC interimregering was ‘n moontlikheid waar die minimum beheer die geheime beweging van goud en diamante sou vergemaklik. Daar kon biljoene uit Suid-Afrika gemaak word deur die Amerikaners.
In Oktober 1998 het ‘n Duitse intelligensie-operateur in ‘n dokument genoem dat meer as $223 triljoen uit die Suid-Afrikaanse ekonomie deur “swartgoud” transaksies geneem is. Daar word 47 name in die verslag genoem onder andere: FW de Klerk, Hernus Kriel, Chris Stals, Japie Jacobs, Org Marais, Anton Rupert, Johann Rupert, James Cross, Christo Wiese, Dr. Swanepoel, Dr. Groenewald, Mnr. Potgieter, Alwyn Lombard, Jan Lombard, Barend du Plessis, en ander.
In die verslag word gesê dat ons meer as 3 000 ton goud gestoor het in o.a. Switserland, Luxwmborg en London. Amerika wou dit hê. Dis maklik om geld tussen bankrekeninge te verskuif as die groot banke en die regering saamwerk, maar om goud en wapens oor die wêreld te verskuif is nie so maklik nie.
Dis waar die Griek, Tony Giorgiades, in die prentjie kom.
*
Hy draai weer om en begin praat.
“Vorster wou morele hoëgrond hou. Daar was ‘n gefluister onder die kabinetslede oor die geheime fonds van Mulder en Rhoodie. Dit was in die parlement opgehaal deur Van Zyl Slabbert en ons moes vure doodslaan. ‘n Relatiewe jongman, hoogsgeleerd en pliggestrou, met ‘n vlekkelose rekord is aangesê om Switzerland toe te gaan, via Engeland. Ons het staatgemaak op die Switsers om hulle beginsel van uiterse geheimhouding na te kom. Robert Smit is ook ‘n LV pos aangebied in ‘n baie veilige plek, waar die Nasionale Party nog altyd ‘n meerderheid gehad het, naamlik in Springs. Van daar af was sy pad oop om binne enkele jare die Minister van Finansies te word. Ongelukkig het die bank se president, ene Zimmerman, al die geheime uitgelap. Hy het lêers vol geheime rekeninge, met enorme bedrae geld in, aan Smit gegee. Hy het Vorster vooraf daarvan vertel en sou die Saterdag die dokumente aan hom voorlê. Aan sy beslistheid en stemtoon het Oom John agtergekom die man is vasberade om daarna alles te openbaar. Hy het inderhaas vir Lang Hendrik, Vossie en ekself geroep en verduidelik wat aangaan. Ons moes baie vinnig speel. Onder Hendrik se bevel was twee manne, Roy Allen en nog iemand – ek kan nie nou sy naam onthou nie – besig om vir ‘n ander operasie voor te berei op ‘n eiland in die Vaaldam, genaamd ‘RAU TEM’. Die eiland het aan die Randse Afrikaanse Universiteit behoort en is gebruik vir kampe vir nagraadse studente. Dis nou aan die een kant van die eiland. Aan die anderkant was ‘n afgesonderde plek waar ons koverte operasies kon beplan en uitoefen. Maar dit weet julle mos, julle was daar, reg?”
“Ons was inderdaad.”
“Roy Allen was miskien nie die regte man nie. Daarvoor het hy ‘n stukkie te veel onbeheersdheid in hom gehad. Hy het bevele uitgevoer en goed ook, maar soms het hy instinktief sommer net iets gedoen, maar ons moes die ding vinnig op die planke kry en hy was al een wat beskikbaar was. Hy het ook gehou van melodrama. Dis waarom hy die woord ‘RAUTEM’ op die ingewing van die oomblik op die muur en yskas geverf het. Nie regtig om ‘n dwaalspoor te laat nie, maar as gevolg van die opwinding. Hy het ook nie nodig gehad om Jeanne-Cora veertien keer in die rug te steek nadat sy doodgeskiet is nie. Vir hom was dit simbolies van sewe plus sewe – een of ander godsdienstige betekenis. Wat ‘n vinnige uithaal moes wees, het in ‘n grusame fiasko ontaard. Hendrik was woedend. Gelukkig het hy genoeg gesag gehad om die ondersoekspan oor te haal om die spul te kelder.”
“Wat het van die aktetas met die dokumente geword?”
“Ek het geweet jy gaan dit vra, Skeer. Ons sal daarby kom, wees net geduldig.”
“Gedurende 1979 is die Inligtingskandaal, oftewel die Muldergate, soos dit ook genoem is, oopgevlek. Iemand moes die pak vat vir die gemors en Mulder en Rhoodie is as slaglamme aangebied. Ongelukkig het PW Botha en ander die ding uitgebuit vir eie gewin en het Oom John ook geïmpliseer. Botha het genoeg bewyse gehad dat Vorster nie net die hele tyd van die ding geweet het nie, maar dit selfs geïnisieer het. Hy het aangebied dat Vorster bedank en die pos van Staatspresident kry, iets wat maar bloot simbolies was en geen uitvoerende magte gehad het nie. Met Oom John uit die pad, het PW die leisels gevat.”
*
Priester en John Mc Dougal het begin indut. Die dag was baie lank en die opwinding groot. Die gemaklike stoele en die voortduur van Magnus Delport se krakerige stem het te veel geword en al is die gees gewillig, het die vlees ingegee.
“Los hulle. Ons sal later die leë gate vir hulle invul.”
“Dis goed. Gee julle om as ek ‘n klokkie lui, sodat Mevrou Visagie vir ons nuwe eet en drinkgoed kan bring? Veral sterk koffie lyk dit vir my.”
“Gerus. Maar as sy nie alleen is nie, kan dinge sleg verloop.”
Magnus sug dramaties vir die jongman se gebrek aan vertroue, maar lui ‘n klokkie wat langs hom staan. Nella Visagie moes net buite die deur gestaan het, en hoor die gelui, stoot die deur oop en bring ‘n Bay-Marie die kamer binne. Sy haal die deksels af en die geur van heerlike vingerhappies is so aanloklik, dat selfs Priester en McDougal daarvan wakker word. Die koffie is vars en sterk.
“Jammer! Het ons iets belangrik gemis?”
“Help julleself. Gee julle om dat ek aangaan, terwyl julle eet?”
Sonder om vir ‘n antwoord te wag gaan Magnus aan.
“Dit was vir ons ‘n groot slag. PW se hart was by die Afrikaner, maar hy was ‘n los kanon en ons het hom nie vertrou met ons binne-sake nie. Miskien moes ons, dan sou hy nie so baie foute gemaak het nie. Hy het net die dinge op die tafel gesien, gesien hoe die buiteland ons gaan verrinneweer, hoe ons die oorlog gaan wen op die grens en binnelands – die ANC en hulle gewapende vleuel die Mkhonto WeSizwe was glad nie ‘n bedreiging op militêre vlak nie – maar iemand anders gaan die prys ontvang.
“PW het aanvanklik begin met paai-politiek. Om dit aan die buiteland te bewys het hy die 1983-referendum uitgeroep om die Driekamer-Parlement te stig, as julle kan onthou, die Raad van Afgevaardigdes en die Raad van Verteenwoordigdes. Al wat hy uiteindelik daarmee bereik het was om almal kwaad te maak. Aan die een kant was die Regses kwaad, so kwaad dat hulle onder leding van Dr Andries Treurnicht die KP gestig het. Die HNP se ledetal het oornag vervierdubbel en Eugene Terre’Blanche het sy mond oopgerek. Aan die ander kant het die liberales ‘n voet in die deur gekry, maar was nie tevrede dat swartmense nie verteenwoodig is nie. Weereens, soos in die vyftigerjare, was die Afrikaner verdeel en alles het op ‘n menspunt gewankel. Ons moes ons planne in hoogste rat sit.”
“Sê my eers, Magnus,” sê Arno. “Wat was die werklike uitkoms van die 83-referendum?”
“Die nee-stem was meer as sewentig persent. Maar julle moet teen hierdie tyd weet dat die kiesers nie so belangrik is as die stem-tellers nie en die Afrikaners het in daardie tyd nog in geregtigheid geglo.”
“Magnus, ons is al meer as vier ure aan die luister wat jy te sê het. Twee dinge: waarom vertel jy alles nou en hoekom vir ons? Die tweede ding is wie is hierdie ou manne saam met ons?”
“Ek vertel dit deels omdat ek dit van my bors en skouers wil afhê en ook omdat ek nuwe bloed gaan nodig hê om ons saak voort te sit. Wie is hierdie manne? Hier langs my is Lord Maugham. Hy was vir baie jare ‘n vertroueling van Lord Robin Renwick, al was hy een van ons. Julle sal dit op dramatiese wyse ‘n dubbel-agent noem. Langs hom is doktor Francois Verhoef. Hy was saam met ons in Koffiefontein en is ‘n bankier. Dan menere Stiaan van Rooyen en Petrus Verdoorn, beide regsgeleerdes, advokate, regters en oudstryders.”