Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons kan vandag uitbundig lewe met hierdie wete: Soos die geloof, is ook die volharding in daardie geloof 'n genade, 'n weldaad, wat God aan ons skenk. Laat ons dan hierdie geskenk waardeer en gebruik!
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (5)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Roy Allen on the Smit murders: "The news of the Smit murders in 1977 was a bolt out of the blue. Both I and my girlfriend were astounded, as we searched for a motive.... Ida had worked for Dr Smit for about 6 to 8 months in the preceding year, when he was the chief of Santam International. They worked from a two person office in the Johannesburg CBD. I had met him on one or two occasions whilst picking Ida up from his offices. He seemed like a very nice guy.
Before this Ida had worked as a secretary to P.W. Botha when he was Minister of Defence. She had a Top Secret clearance from the Military, which made her suitable for employment in such a confidential post with Dr Smit. She was also later to work as the secretary of Fanie Botha, the then Minister of Labor, before going on to work for Prof Wiehahn when he was conducting the inquiry that became known as the "Wiehahn Commission". She never discussed the nature of her work at any of these "jobs" with me, and was fanatically loyal towards her government bosses.
Try as I might, I could not bring anything into the context of the political set up that existed within the RSA at the time, to work out what the words "RAU TEM" meant. I could only infer that these cryptic letters had meaning for some person/s involved with the Smits - as this was clearly a message or warning of sorts. After a while however, the whole thing passed and receded into history.
At the time I had wondered, could it have been Col Dries Verwey - my commander at the Police Special Task Force? I was thus not totally surprised when his driver asked me in the ensuing days, if I had been involved with Verwey in the murders. This seemed to bear out what I had been thinking. His driver knew Verwey very well. He was also aware that I had conducted extra-judicial operations with him in Cape Town. My suspicions that Verwey could have been involved are NOT founded on any clues at all - for instance there were no 'Smit briefcases' in Verwey's office safe, as has been alleged - rather just a well developed gut feeling/sixth sense.
*
“Voor ek julle antwoord – en wat ek hier het is nie aardskuddend nie – as ons eerlik met mekaar wil wees, het ons net twee sake wat vasstaan: die Broederbond se vingers is in elke poeding en die man agter die sneller van die man agter die sneller is feitlik elke keer Lang Hendrik. My vraag is nou: wie het die Broeders gekaap en wanneer? En as ek reg verstaan het Lang Hendrik definitief geopereer al vanaf drie jaar na die Tweede Wêreldoorlog. Met ander woorde vandat die Nasionale Party aan bewind gekom het, tot en met 1994. Dit beteken deur die bewind van Verwoerd, Vorster, Botha en moontlik gedurende dié van De Klerk. As ons hom beperk tot 1994, wie is verantwoordelik vir die dood van Heyns en Marike de Klerk? Ek is van mening dat iemand agter Van den Bergh en selfs die Broeders kan wees. Ek is nie oortuig dat dit die Rockefellers en Oppenheimers is nie, of selfs iemand onder wie hulle gewerk het nie. As dit so, is, is dit in elk geval ver bokant ons klompie se vuurmaakplek. So, ek dink ons moet by Lang Hendrik en die Broederbond halt roep. Van hier af is dit bokant ons en gaan niemand ons in elk geval glo nie, al het ons die spreekwoordelike rooi hande en rokende geweer om dit te bewys.”
“Dis alles goed en wel, Skeer, maar aan wie behoort die Land Cruiser?”
Skeer haal die gevoude A4 uitdruk uit sy baadjiesak.
• Voertuigregisternommer: CPF 771K
• Lisensienommer: GP 000 AA
• Voertuigindentifikasienommer: ADM2RD85C7666611
• Enjinnommer: 4JJ1528562
• Fabrikaat: Toyota Land Cruiser
• Jaar van eerste registrasie: 2020 – 05 – 06
“En die voertuig behoort aan?”
“Magnus Frederick Delport. Adres: Belvediereweg 339 Waterkloofrif Pretoria.”
“Weet jy wie dit is?”
“Dis ‘n afgetrede Adjunk Minister van Etniese Sake. Volgens sy ID nommer is hy gebore op 1 Junie 1927.”
“Dit maak hom nou vier en negentig jaar oud?”
“Amper. Hy het nog nie verjaar nie. Drie en negentig”.
“Hy kon nie in 1948 al soveel sê in die politiek gehad het, dat hy invloed kon hê nie.”
“Nee, maar hy kon in 1944 op negentien oud genoeg wees om in die interneringskamp op Koffiefontein te wees.”
(RAUTEM)