NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Vandag word samelewings wêreldwyd volgens die beginsels van menseregte georden. Owerhede, kerke, ekonomiese instellings en sosiale instansies word volgens hul handhawing van menseregte beoordeel.  Onderwysinstellings word selfs ingespan om heiden-owerhede te help om ’n menseregte-kultuur te vestig!

DIE UURGLAS LOOP UIT(4)

4. Die oorwinning van die Lam

Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin....”(Openb.17:14).  

Die teksvers bring ons terug by Armageddon waar die sesde skaal uitgegooi en die goddeloses vir die oorlog teen Christus gereed maak. Net voordat dit gebeur, word die sewende skaal in die lug uitgegiet en kom ʼn stem uit die lug wat sê: “Dit is verby! (16:17). Dit laat die goddeloses nie van plan verander nie. Al is die skrif teen die muur, weier hulle om dit te aanvaar en bly hul glo dat hulle gaan wen.

Saam met die uitgooi van die sewende skaal, is daar ʼn aardbewing wat al die berge en eilande laat verdwyn en ontsaglike aardverskuiwings wat oorstromings veroorsaak waarna reuse haelsteneval. Jesus het mos gesê dat die kragte van die hemel geskud gaan word wat die sterre soos najaarvye op die aarde sal laat val.

Wanneer dit gebeur, moet almal besef dat die uurglas leeggeloop het en die aarde nie verder kan voortbestaan nie – die tyd is verby.   Slegs die gelowiges sal dit verstaan en hulle vir die koms van Christus gereed kry. Met die goddeloses is dit geheel anders – hulle trek onder aanhitsing van Satan en sy trawante vir ʼn tevergeefse oorlog teen God saam en weier om die knie voor Hom te buig.

Hierdie patroon is niks nuuts nie. Dit kenmerk die goddelose deur die eeue. Al loop hulle hul teen God te pletter, weier hulle volstrek om hul te bekeer. God het dit vir eers toegelaat maar aan die einde van die tyd verdelg Hy Satan en al sy magte saam met die goddeloses.

Daar is niks nuuts onder die son nie. Ná die sondvloed wou die goddeloses ʼn toring bou wat tot aan die hemel moes reik. Waarom?   Om God te bestorm en Hom te probeer onttroon. Dit het in chaotiese spraakverwarring geëindig. Daarna was daar talle wêreldryke soos die Babiloniese ryk en latere Romeinse wêreldryk.   Laasgenoemde word in Openbaring as ʼn prostituut beskryf met ʼn stad wat op sewe berge lê as bordeelwaar keisers hulleself as gode laat vereer en duisende gelowiges t.w.v. hul getuienis oor Jesus die om die lewe gebring is. Hierdie stad kan net Rome wees; ʼn herlewing van Babilon met godsdiens en al!

Babilon sinspeel ook op Jerusalem waar die Jode Christus se gesag verwerp en die Romeine aangehits het om Hom te kruisig. Al het die Romeinse regsgesag Jesus onskuldig bevind, het die Jode histeries geskreeu:

“Kruisig Hom, kruisig Hom.Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom” (Mt.27:25).

Toe Johannes die Openbaring ontvang het, was Jerusalem reeds meer as 20 jaar in puin en die einde van die Romeinse Ryk voor die deur. Daarom praat Openb.17 van vyf van sewe ryke wat toe alreeds tot ʼn val gekom het. Enkeles sou daarna kortstondig opkom en val. Die Britse ryk is een van hulle.

Die sewende en laaste ryk gaan skrikwekkende afmetinge aanneem. Openb. 17:8 praat van die dier wat uit die afgrond opkom en daarna in die verderf verdwyn. Die laaste wêreldmoondhede ry op hierdie dier. Dit lei tot ʼn skyn-glorie wat die hele wêreld betower. Maar nie vir te lank nie. Dit stuur op ʼn onbeskryflike rampspoed afwant God laat Hom nie laat bespot nie.   Hierdie patroon herhaal hom deur die geskiedenis maar gaan met die wederkoms van Jesus eindig.

Die skynbaar magtige wêreldheerskappy loop, soos met die bou van die toring van Babel, op rampspoed uit. Desondanks bly hulle hul kop teen dieselfde onwankelbare Rots (God) stamp en dra die gevolge van hul dwaasheid.

Die dier uit die afgrond maak hulle waansinnig. Hulle dink nie meer vir hulself nie. Jesus sê van hom dat hy was en nie is nie, alhoewel hy is” (17:8). Die dier voer God se plan onwetend uit – kaf word van koring geskei:

Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woord van God volbring is” (:17).

Dit as sulks is vir gelowiges bemoedigend. Satan gaan nie ongestoord voort nie. God stel aan hom perke en laat dinge net tot op ʼn punt toe. Hierdie perk het alles met sy uitverkorenes te doen. Jesus sê:

“...maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort” (Mark.13:20).

In Openb.17 herinner Jesus gelowiges twee maal van sy uitverkiesing. In vers 8 word van diegene gepraat wat nie uitverkies is nie:

“...dié wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie” en in vers 14 van: “...die wat geroepe en uitverkore en getrou is” en saam met Jesus die goddelose verslaan.

Paulus skryf aan die Tessalonisense dat hulle behoort te weet wat die Antichris teëhou:

En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word (2 Thess.2:6).

God beperk sy mag. Openb.20:3 sê dat Satan vir ʼn lang tyd gebind sou word (simbolies 1000 jaar), sodat hy die nasies nie verder sou verlei nie waarna hy vir ʼn kort tydjie losgelaat gaan word.

God laat die Evangelie eers oor die hele wêreld versprei. As Hy Satan nie aan bande gelê het nie, kon Satan dit verhoed het.   Na hierdie simboliese 1000 jaar word Satan losgelaat. Is hy nou al los? Te oordeel aan al die lande wat van hul Christen-grondwette ontslae geraak het en ʼn kookpot van onheiligheid geword het, is hy beslis los. Suid-Afrika is die jongste op hierdie lys!

Die uitgooi van die sesde skaal is die laaste veldslag wat Jesus gaan voer om al die goddeloses vir altyd uit die weg te ruim:

Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin – want Hy is die Here van die here en die Koning van die Koning”

Dis egter nie al wat hier staan nie. Gelowiges sal saam met Jesus in die vreugde van die oorwinning deel; ʼn wonderlike vooruitsig!

Ten spyte van die onskatbare inligting wat Jesus in Openbaring gee, verstaan die goddeloses niks van hierdie dinge nie. Hulle het geen belang daarby nie en vir hulle te vergesog dat hulle nie daarna wil luister nie. Gogga maak vir baba bang!

Met gelowiges is dit anderste. Al gaan die eindtye hoe moeilik word,het hulle die wonderlike versekering dat Jesus hulle sal dra. Dis immers die hoofgedagte van Openbaring. Hy gaan ons nie voor die tyd in die hemel opraap soos wat dwaalleraars toenemend verkondig nie. Moenie jou ore aan hulle uitleen nie. Hulle lieg vir mense!

Openbaring praat anders. Soos wat Jesus deur die eeue sy bystand herhaaldelik aan gelowiges bewys het, doen Hy dit tot aan die einde wanneer dit die heel nodigste is.   Openbaring bevestig Jesus se laaste woorde:

“En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld” (Mt.28:20).

Wat moet ons as gelowiges in hierdie tyd doen? Groot sorg dra dat die klere van die verlossing wat Jesus as die Lam van God vir hulle verwerf het, nie vuil word nie. Dis in sy bloed skoongewas. Satan wil hê dat dit vuil moet word en jy een van sy volgelinge word. Hou dit skoon. Dis alles meer as die moeite werd!

Dank God opnuut dat Jesus ons nie in die duister hou rakende die tye en geleenthede van sy wederkoms nie. Dit wat ons nodig het om te weet, maar nog nie so mooi verstaan nie, sal Hy deur sy Gees op die regte tyd en oomblik aan ons bekend maak.

Openbaring is ʼn geopende boek wat Hyself vir ons gee met die opdrag om dit nie toe te maak nie, maar oop te hou omdat die einde naby is.As ons Openbaring oop hou, sal die geweldige dinge van die eindtye ons nie soos ʼn dief in die nag onkant betrap nie.   Skep moed en volhard want die uurglas van die wêreld loop leeg!

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1103 gaste aanlyn