NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons mag soos Dawid bid: "Red my van my vyande HERE! ...En vernietig my vyande in u goedertierenheid, en bring hulle almal om... Slinger bliksem en verstrooi hulle; stuur u pyle uit en verwar hulle!...  Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose." Ps 143,144,145.

DIE UURGLAS LOOP UIT (6)

Ds A.E. van den Berg

6. Bordeel of huwelik?

Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. Toe sê hy vir my: Skryf — salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God(Openb.19:7-9).

ʼn Gelukkige huwelik is die naaste wat ʼn mens op die aarde aan die hemel kan kom. ʼn Ongelukkige een is egter ʼn kortpad na die hel. Duisende huwelike het al in of moord of selfmoord geëindig en selfs hoofopskrifte in die media gehaal.

Om ʼn huweliksbevestiging by te woon en gesellig saam te verkeer, is vreugdevol. Openb.19 vertel van die wonderlikste huwelik wat ooit gaan plaasvind - dié van die bruilof van Jesus Christus, die Lam van God met die kerk as bruid. Hierdie bruid bestaan uit al die gelowiges deur die eeue.

God het in sy almag beplan dat Jesus as die Middelpunt van die skepping aarde toe sou kom, ʼn menslike natuur vir 33 jaar aanneem en daarna terug hemel toe is. Hy kom egter weer vir ʼn huwelik – sy eie. God het uit die mensdom sekere mense as sy bruid uitverkies om aan die einde saam te kom en vir ewig by Jesus te wees.

Hierdie bruilofsfees is die hoogtepunt van God se verlossingsverhaal. Om die heerlikheid daarvan te beklemtoon, staan dit in skerp teenstelling met dit wat in die voorafgaande Openbaringhoofstukke geskryf is. Vanaf hoofstuk 17 word ʼn rampspoedige huwelik beskryf - dié tussen die Antichris en die valse kerk wat mense met haar uitspattigheid wêreldwyd betower en so opgewonde maak soos dwergies wat ʼn walvis wil braai!  Desondanks is hierdie huwelik van meet af aan gedoem - alles skyn en oëverblindery. Daar is geen liefde, egtheid of trou nie.

Die Babilon-bruid sit op ʼn gedrog vol lasterlike name in

purper en skarlaken en versierd met kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ʼn goue beker gehad, vol van die gruwels van die onreinheid van haar hoerery” (Openb.17:4).

Die doel van hierdie huwelik is om God te tart. Nou weet ons uit die Bybelse geskiedenis dat God Hom nie laat bespot nie. Daarom eindig hierdie kortstondige huwelik in ʼn nagmerrie. Die bose bruidegom en sy gevolg ontklee die Babilon-bruid en verbrand haar nadat hulle haar vleis geëet het (Openb.17:16). Godsdienstige kannibalisme sal die einde van die valse kerk wees!

In skerp teenstelling met hierdie walglike huwelik, staan die bruilof van die Lam glorieryk uit. Drie kore in die hemel en op die aarde besing uit die diepte van hul harte

die heil en die heerlikheid en die eer en die krag” van God (Openb.19:1).

In teenstelling met die Babilon-bruid se uitspattige bruidsgewaad, is die bruid van die Lam in eenvoudige fyn linne geklee. Dit getuig van die regverdige dade van die gelowiges (Openb.19:8). Die Babilon-bruid klee haarself. Die bruid van die Lam ontvang haar gewaad van God. Sy trek dit net aan.

Dit laat ʼn mens aan die sondeval van Adam en Eva in die Tuin van Eden dink. Toe hulle oë oopgaan en hulle sien dat hulle naak en weerloos was, het God hul geklee:

En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek” (Gen.3:14).

Diere se bloed moes vloei om hulle naaktheid te bedek. So het God Jesus nakend laat kruisig om deur sy bloed vir sy bruid skoon klere te voorsien. Dit maak haar stralend want sy nie met haar eie ontwerp voor die Lam verskyn nie, maar met die een wat Hy vir haar verwerf het.

Jesus het ons sondenaaktheid op Homself geneem en ons volmaakte geregtigheid laat kry. Sonder die bekering tot Jesus kan geen mens deel van die bruid van die Lam van God wees nie. Paulus skryf aan die Efesiërs dat Christus:

die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het, om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees” (Efes.5:25,26).

Niemand kan uit eie krag of verdienste volmaak geklee wees nie. Wie nie so ʼn bruilofsgewaad by die bruilof van die Lam aan nie, staan soos ʼn seer duim uit. Daarom praat Jesus in ʼn gelykenis van ʼn koninklike bruilof waartydens ʼn man sonder ʼn bruilofskleed opgedaag het. Toe die koning hom vra hoe hy daarsonder ingekom het, kon hy nie antwoord nie waarna hy gegryp, gebind en in die buitenste duisternis gewerp is. Die boodskap van hierdie gelykenis is duidelik: Sonder Jesus, kom geeneen in die hemel nie, maar beland in die hel!

Jesus sê by daardie geleentheid dat baie mense geroep, maar min uitverkies is. Almal wat hemel toe gaan, is in die kerk, maar almal wat in die kerk is, gaan nie noodwendig hemel toe nie. Baie mense leer die waarheid ken, maar hou net vir ʼn rukkie en ontval dit weer.

sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listig tot dwaling te bring” (Efes.4:14).

Die bruid van die Lam volhard enduit.

Bruidsuitrustings kos baie geld. Die bruid van Jesus kry dit gratis en moet dit net aantrek. Ons kan nie geestelik naak voor Jesus verskyn nie. Paulus sê in 2 Kor. 5 dat almal in hul aardse tentwoning (die lewe) sug omdat hulle weet dat die verblyf tydelik is. Die dood kan hierdie tentjie enige oomblik wegwaai. Daarom spreek hy die versugting uit:

as ons minstens gekleed en nie naak bevind sal word nie“ (2 Kor. 5:3).

Die skrywer van Hebreërs sê:

hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?(10:29).

Openbaring praat telkens van kosbare geestelike klere.

Wie oorwin, sal beklee word met wit klere” (Openb.3:5). “Ek raai jou aan om van My te koop ... wit klere” (Openb.3:18).

Openb. 6:11 praat van die martelare aan wie daar wit klere gegee is. In Openb.7:14 sien ons die ontelbare skare verlostes:

wat hulle klere gewas en hulle klere wit gemaak het in die bloed van die Lam”.

Wanneer Jesus in Openb.16:15 waarsku dat Hy soos ʼn dief in die nag kom, sê Hy:

Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie”.Openb.19:7-9 praat van die stralende klere van die bruid van die Lam.

Tot op die heel laaste bladsy van die Bybel staan dit nog ʼn keer:

Salig is die wat hulle klere was..” Onthou u die Halleluja-lied “Witter as Sneeu”? Dis hoe die bruidsgewaadwat in die kosbare bloed van die Lam gewas is, lyk. Dis gratis vir elkeen wat tot bekering kom.

Die lewe is nie maklik nie. Daar is sommige hoofstukke wat ons graag sou wou uitsny indien dit ooit moontlik was, maar ons kan nie. Ons kan die lewe nie van vooraf begin nie. Maar weet u wat ons wel kan doen?   Ons kan deur die bekering ʼn ander eindbestemming bereik. Een enkele besluit maak die verskil tussen geklee of naak - hemel of hel. Maak baie seker dat jy die bruidsgewaad aan het want die uurglas loop uit en die Bruidegom is op pad!

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1269 gaste aanlyn