NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wie oorleg en wysheid het, is gewoonlik spaarsaam met sy woorde; iemand wat by jou kom skinder gaan ook van jou skinder – vermy sy skinderpraatjies!

DIE HEMEL IS WERKLIK (26 SLOT)

Todd Burpo

Lees reeks by Die hemel is werklik

EENDAG SAL ONS SIEN

Ek onthou die eerste keer wat ons in die openbaar oor Colton se ervaring gepraat het. Dit was tydens die aanddiens op 28 Januarie 2007 by die Mountain View Wesleyan Church in Colorado Springs. Tydens die oggenddiens het ek gepreek en die boodskap het oor Tho­mas gehandel. Hy was die dissipel wat kwaad geraak het omdat die ander dissipels, en selfs Maria Magdalena, die opgestane Christus gesien het en hy nie. Die storie word in die Evangelie van Johannes vertel:

24 En Thomas *wat genoem word Dídimus, een van die twaalf,

was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie.

25 Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien!

Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie *in sy hande die merk van die

spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my

hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.

26 En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas

saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl *die deure gesluit was,

en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle!

27 Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my

hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie

ongelowig wees nie, maar gelowig.

28 En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God!

29 Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; *salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het. (Joh. 20:24-29).

Ons kry die bekende uitdrukking ‘"n ongelowige Thomas" uit die verhaal. Dis iemand wat nie iets glo voor hy fisiese bewys daarvan gesien het of iets self ervaar het nie. Met ander woorde, iemand sonder geloof.

In my preek daardie oggend het ek oor my eie woede en gebrek aan geloof gepraat, oor die stormagtige oomblikke wat ek in die hospitaalvertrekkie deurgebring het toe ek kwaad was vir God, en oor hoe God deur my seun na my teruggekom en gesê het: "Hier is Ek."

Die mense wat daardie oggend die diens bygewoon het, het hul vriende vertel dat die leraar en sy vrou wie se seun hemel toe was, die res van die storie in die aanddiens sou vertel. Die kerk was daardie aand stampvol. Colton, toe sewe jaar oud, het saam met sy sussie en boetie in die tweede ry banke gesit terwyl ek en Sonja so goed moontlik in net 45 minute van sy ervaring vertel het. Ons het van Pop vertel en van Colton se ontmoeting met sy ongebore sussie. Vir nog 45 minute daarna het ons vrae beantwoord.

Omtrent 'n week na ons weer terug in Imperial was, het ek my e-posse in die kelderkantoor by die huis gelees. Daar was 'n e-pos van die gesin by wie ek, Sonja en die kinders tuisgegaan het gedurende ons besoek aan Mountain View Wesleyan Church. Ons gasheer en -vrou het vriende gehad wat ook die aand van ons praatjie by die kerk was en wat Colton se beskrywings van die hemel aangehoor het. Daardie vriende het via ons gasheer en -vrou vir ons 'n e-pos aangestuur. Dit was 'n e-pos oor 'n storie wat net twee maande vantevore, in Desember 2006, op CNN was en het gehandel oor 'n Litaus-Amerikaanse meisie met die naam Akiane Kramarik wat in Idaho gewoon het. Akiane was 12 jaar oud toe CNN oor haar berig het. Die e-pos het gesê sy het op die ouderdom van vier "visioene" van die hemel be­gin sien. Haar beskrywing van die hemel het baie soos Colton s'n geklink en ons gasheer se vriende het gedink ons sou dalk belangstel in die berig.

Ek het by die rekenaar gesit en op die skakel na die drieminuutsegment geklik. Agtergrondmusiek het begin speel, 'n stadige, klassieke stuk op die tjello. Toe het 'n manstem gesê: "'n Selfgeleerde kunstenaar wat beweer dat haar inspirasie Van Bo' kom. Skilderye wat geestelik en emosioneel is ... en deur 'n 12-jarige wonder kind geskep is" (vertaal uit: Akiane: Her Life, Her Art, Her Poetry. Nashville: Thomas Nelson, 2006).

"Wonderkind" was beslis die regte woord. Terwyl die tjello gespeel het, het die video skildery na skildery gewys van figure wat soos engele lyk, idilliese landskappe en 'n profieltekening van 'n man wat duidelik bedoel is om Christus te wees. Toe 'n skoot van 'n jong meisie wat skilder. Maar die skilderye het nie na die skeppings van 'n jong meisie, of selfs van 'n volwassene wat besig was om te leer skilder, gelyk nie. Dit was gesofistikeerde kuns wat in 'n galery kon hang.

Die manstem het gesê Akiane het op sesjarige ouder­dom begin skilder, maar op vier al haar besoeke aan die hemel aan haar ma begin beskryf.

Toe het Akiane die eerste maal gepraat: "Al die kleure was manjifiek," het sy gesê toe sy die hemel beskryf het. "Daar is honderde miljoene meer kleure waarvan ons nog nie eens weet nie."

Die verteller het verder gesê dat Akiane se ma 'n ateïs was en dat die idee van God nooit in hul huis bespreek is nie. Die gesin het nie TV gekyk nie en Akiane het ook nie 'n kleuterskool bygewoon nie. Toe die dogtertjie dus begin het om haar stories oor die hemel te vertel en dit dan uit te beeld in tekeninge, en later as skilderye, het haar ma geweet sy kon nie hierdie dinge by iemand anders gehoor het nie. Akiane se ma het stadig begin aanvaar dat haar visioene - en dus ook God - eg moes wees.

"Ek dink God weet waar Hy ons kinders plaas, in elke gesin," het mev. Kramarik gesê.

Ek onthou wat Jesus aan sy dissipels gesê het toe hulle die kinders van Hom probeer weghou het omdat hulle nie wou hê die kinders moes Hom "pla" nie. "Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie" (Mark. 10:14).

Akiane se storie het bewys dat God enigiemand van enige ouderdom te eniger tyd kan bereik. Selfs 'n kleuter in 'n huis waar God se Naam nog nooit genoem is nie. Ek het dit in my oor geknoop vir toekomstige preke.

Maar dit was nie die les wat God daardie dag vir my wou leer nie.

Terwyl ek na 'n montage van Akiane se kunswerke op my rekenaarskerm gekyk het, het die verteller gesê: "Akiane se beskrywings van God is so duidelik soos haar skilderye van Hom."

Op daardie oomblik het 'n nabyskoot van 'n skildery van Christus se gesig die skerm gevul. Dit was dieselfde beeltenis wat ek vantevore gesien het, maar die keer het Jesus "direk in die kamera" gekyk, om dit so uit te druk.

"Hy is rein," het Akiane gesê. "Hy is baie manlik, baie sterk en groot. En sy oë is net pragtig."

Sjoe. Amper drie jaar het verbygegaan vandat Colton geopereer is en omtrent twee en 'n half jaar vandat hy Jesus die eerste keer aan my beskryf het die aand in die kelder. Die ooreenkomste tussen Colton en Akiane se beskrywings was merkwaardig: al die kleure in die hemel... en veral hul beskrywings van Jesus se oë.

"En sy oë ... sjoe, Pappa, sy oë is so mooi!" het Colton gesê.

Wat 'n interessante detail vir twee vierjariges om raak te sien. Toe die CNN-berig klaar was, het ek dit teruggespoel na die tweede portret van Jesus, 'n oorbluffend realistiese skildery wat Akiane geverf het toe sy agt was. Die oë was inderdaad treffend - helder blougroen onder donker wenkbroue - en die helfte van die gesig in skadu gehul. En ek het opgemerk dat sy hare korter was as wat die meeste skilders Hom uitbeeld. Die baard was ook anders, voller, meer ... ek weet nie ... informeel.

Uit die dosyne uitbeeldings van Jesus wat ons sedert 2003 gesien het, het Colton steeds nog nooit een gesien wat reg gelyk het nie.

Wel, het ek gedink, ons kan netsowel hoor wat hy van Akiane se probeerslag dink.

Ek het opgestaan van die lessenaar af en by die trappe op geroep dat Colton kelder toe moet kom.

"Ek kom!" was die antwoord.

Colton het afgehuppel by die trap en in die kantoor ingebars. "Ja, Pa?"

"Kyk gou hierna," het ek gesê en na die rekenaarskerm beduie. "Wat is fout met die een?"

Hy het na die skerm gedraai en vir 'n lang ruk niks gesê nie.

"Colton?"

Maar hy het net daar gestaan en die gesig bestudeer. Ek kon nie sy gesigsuitdrukking peil nie.

"Wat's fout met die een, Colton?" het ek weer gevra.

Doodse stilte.

Ek het hom teen die arm gepomp. "Colton?"

My sewejarige het na my gedraai en gesê: "Pa, die een lyk reg."

Omdat ons geweet het hoeveel prente Colton al afgekeur het, het ek en Sonja uiteindelik gevoel of ons Jesus se gesig in Akiane se skildery gesien het. Of ten minste 'n sprekende gelykenis.

Ons was redelik seker dat geen skildery die majesteit van die opgestane Christus kon vasvang nie. Maar na ons drie jaar lank 'n studie van skilderye van Jesus gemaak het, het ons geweet Akiane se weergawe het nie net afgewyk van die tipiese skilderye van Jesus nie; dit was ook die enigste een wat Colton laat vassteek het. Ek en Sonja het ook gedink dit was interessant dat Colton nie geweet het die skildery met die titel Prince of Peace: The Resurrection is deur 'n ander kind geskilder nie - 'n kind wat ook beweer het sy het die hemel besoek.

Om 'n idee te kry van hoe Jesus lyk, was op die ou end nie die enigste interessante nagevolg van ons besoek aan Mountain View Wesleyan Church nie. Dit was ook die eerste keer wat ons besef het hoe Colton se ontmoeting met sy suster in die hemel mense op die aarde sou beïnvloed.

Na die diens daardie aand in Januarie 2007 het 'n jong ma na my gekom, naby aan trane.

"Ek het 'n baba verloor," het sy gesê. "Sy is doodgebore. Sou julle seun weet of my baba in die hemel is?"

Die vrou se stem en liggaam het gebewe. Ek het gedink: Ag, Here, wie is ek om die vrou se vraag te beantwoord?

Colton het gesê daar was baie, baie kinders in die hemel. Maar ek kon hom nou nie juis gaan vra of hy hierdie vrou se spesifieke kind onthou nie. Tog wou ek haar ook nie net so los in haar smart nie.

Op daardie oomblik het 'n seuntjie van omtrent ses of sewe langs die vrou kom staan en aan haar romp geklou. Ek het skielik 'n antwoord gehad.

"Mevrou, glo jy God het my lief?" het ek gevra.

Sy het haar trane weggeknip. "Wel... ja."

"Glo jy Hy het jou net so lief as vir my?"

"Ja. Ja, ek glo dit."

Toe knik ek in die rigting van haar seuntjie aan haar sy. "Glo jy God het jou seuntjie hier net so lief as vir Colton?"

Sy het die vraag oordink en geantwoord: "Ja, natuurlik."

"Wel, as jy glo God het jou net so lief as vir my, en jy glo Hy het jou lewende seun net so lief as my lewende seun, dink jy nie Hy het jou ongebore kind net so lief soos myne nie?"

Die vrou het skielik ophou bewe en geglimlag. "Ek het nog nooit so daaraan gedink nie."

Ek het sag vir die Heilige Gees dankie gesê omdat Hy duidelik vir my "krag afgeskiet" het en 'n antwoord vir die bedroefde vrou gegee het. Ek is verseker nie slim genoeg om self aan so 'n antwoord te gedink het nie.

Dit was ook nie die laaste keer wat Colton se storie my en Sonja in die posisie geplaas het waar ons geweldige vrae moes probeer beantwoord nie. Maar soms is die mense wat saam met ons deur die ervaring gegaan het se eie vrae ook beantwoord.

Soos ek vroeër genoem het, het verpleegsters heeltyd by Colton se kamer in- en uitgestroom voor hy ontslaan is uit die hospitaal in North Platte. Voorheen sou die ver­pleegsters net Colton se polsslag en temperatuur nagaan en goed op kaarte neerskryf. Nou het hulle geen mediese rede gehad om te kom inloer nie. Hulle wou net na die outjie kyk vir wie hulle slegs twee dae vantevore niks meer kon doen nie en wat nou regop op die bed gesit en met sy speelgoedleeutjie gespeel het. Gedurende dié tyd het een van die verpleegsters my eenkant toe geroep. "Mnr. Burpo, kan ek 'n oomblik met jou praat?"

"Natuurlik," het ek geantwoord.

Sy het na 'n vertrek oorkant Colton s'n beduie. "Kom ons gesels hier."

Ek het gewonder waaroor sy wou praat en haar na 'n klein vertrekkie wat na 'n teekamer gelyk het, gevolg. Sy het die deur agter ons toegetrek en omgedraai om met my te praat. Haar oë het gesprankel asof iets nuuts in haar begin blom het.

"Mnr. Burpo, ek werk al baie jare hier as verpleegster," het sy gesê. "Ek is nie veronderstel om jou te sê nie, maar ons is aangesê om julle as gesin geensins hoop te gee nie. Hulle het nie gedink Colton sou dit maak nie. En wanneer hulle vir ons sê iemand gaan dit nie maak nie, dan maak hy dit nie."

Sy het vir 'n oomblik gehuiwer en toe voortgegaan. "Maar om jou seuntjie vandag so te sien, is 'n wonderwerk. Daar moet 'n God wees, want dis 'n wonderwerk."

Ek het haar bedank dat sy dit met my gedeel het.

Toe sê ek: "Ek wil hê jy moet weet ons glo dit was God. Ons kerk het gisteraand bymekaargekom en vir Colton gebid, en ons glo God het ons gebede beantwoord."

Die verpleegster het vir 'n oomblik na die grond gekyk, en toe met 'n glimlag gese: "Wel, ek wou jou net sê."

Daarna het sy geloop. Ek dink sy wou dalk nie 'n preek van 'n leraar hoor nie, maar die waarheid was dat sy nie 'n preek nodig gehad het nie - sy het reeds een gesien.

Wanneer ons van Colton se ervaring in die hemel praat, het mense al vir ons gesê: "Julle gesin is so geseënd!"

In die sin dat ons 'n blik kon kry deur die sluier wat die aarde van die ewigheid skei, is hulle reg.

Maar ek dink ook: Geseënd? Ons moes toekyk hoe ons seun amper doodgaan.

Dis lekker om oor die hemel te praat, oor die troon van God en oor Jesus en Pop en die dogter wat ons gedink het ons verloor het, maar eendag weer sal sien. Maar dis nie lekker om te praat oor hoe ons daar gekom het nie. Ek en Sonja word steeds hartseer wanneer ons terugdink aan daardie vreeslike dae toe ons moes toekyk hoe Colton aan die lewe vasgeklou het vir al wat hy werd was. Die wonderbaarlike storie van Colton se besoek aan die hemel en die storie van hoe ons amper ons seun verloor het, is vir ons dieselfde gebeurtenis.

As kind het ek altyd gewonder hoekom daar so 'n groot bohaai rondom Jesus se kruisiging was. As God die Vader geweet het Hy gaan sy Seun uit die dood opwek, hoe kan dit dan as 'n offer beskou word? Maar nou verstaan ek waarom God Paasfees nie net as die slottoneel, die leë graf beskou nie. Ek verstaan geheel en al. Ek sou werklik enigiets, enigiets, doen om Colton se lyding weg te neem - selfs plekke met hom ruil.

Die Skrif sê, toe Jesus se gees sy liggaam verlaat het, toe Hy leweloos aan daardie Romeinse kruis gehang het, het God die Vader sy rug vir Hom gedraai. Ek is oortuig daarvan dat God dit gedoen het omdat Hy nie dit sou kon deurvoer indien Hy aanhou kyk het nie.

Soms vra mense: "Hoekom Colton? Hoekom dink jy het dit met julle gesin gebeur?" Ek moes al meer as een maal antwoord: "Ons is net gewone mense van 'n stil dorpie in Nebraska. Die beste wat ons kan doen, is om jou te vertel wat met ons gebeur het, en te hoop dat dit jou sal bemoedig soos wat dit ander bemoedig het, soos die verpleegster in North Platte wat dalk nodig gehad het om 'n wonderwerk te sien sodat sy in Iemand groter as die mens kon glo. Of die vrou by Mountain View Wesleyan Church wat 'n sprankie hoop nodig gehad het om haar hartseer te kon verwerk. Of Sonja, wat self vertroosting nodig gehad het na die verlies van 'n baba. Of my ma, Kay, wat na 28 jaar se onsekerheid uiteindelik weet sy gaan eendag weer haar pa sien."

Wanneer jy na die boek van Openbaring en ander Bybelse leringe oor die hemel kyk, is dit maar min. As leraar was ek altyd baie versigtig wat ek van die preekstoel af oor die hemel sê. Ek is steeds. Ek onderrig net wat in die Bybel staan.

Omdat ek baie vrae gehad het waarvoor ek nie die antwoorde geken het nie, het ek nie baie tyd afgestaan om op 'n persoonlike vlak aan die hemel te dink nie. Maar nou het dit vir my en vir Sonja verander. Daar is baie ander wat ook sê dat Colton se verhaal hulle meer aan die hemel laat dink. Ons het steeds nie naastenby al die antwoorde nie, maar nou het ons darem 'n prentjie in ons gedagtes waarna ons kan kyk en kan sê: "Sjoe!"

Ek is mal oor die manier waarop my ma dit saamvat: "Ek dink meer aan hoe dit werklik in die hemel mag wees. Voorheen het ek die beginsel van die hemel aanvaar, maar nou visualiseer ek dit. Voorheen het ek gehoor, maar nou weet ek ek gaan eendag sien."

EINDE

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1450 gaste aanlyn