NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom dink u het God opdrag gegee dat sy volk in Efés 5 onder mekaar met psalms en lofsange moet spreek, in dankbaarheid moet juig? Hy het geweet dat as ons 'n lofprysende lewensingesteldheid het ons nooit depressief en moedeloos sal word nie; solank ons dankbaar is al is dit oor net een dingetjie, sal ons altyd moed hê om op te staan en die wêreld met mening aan te pak! Daarom is die lofprysinge aan Hom gerig: dit is net Hy wat ons die goeie gawes gee.

DIE HEMEL IS WERKLIK (1)

Todd Burpo

Lees reeks by Die hemel is werklik

DIE KRUIP-EN-SIEN

Ons gesinsvakansie, waartydens ons nagmerrie begin het, was veronderstel om 'n viering te wees. Vroeg in Maart 2003 was ek geskeduleer om na Greeley, Colorado, te reis vir 'n streeksraadsvergadering van die Wesleyan Church. Vanaf die vorige Augustus het ons gesin baie teëspoed beleef: sewe maande van rug-aan-rug-beserings en siekte wat 'n versplinterde been, twee operasies en 'n moontlike kankerdiagnose ingesluit het. Saam het hierdie dinge ons bankrekening in so 'n mate getap dat ek amper die suiggeluide kon hoor wanneer die state in die pos opgedaag het. My klein leraarsalaris is nie geraak nie, maar ons finansiële steunpilaar was die elektriese garagedeur-besigheid wat ons besit het. Ons mediese beproewinge het hul tol geëis.

 

Teen Februarie het dit egter gelyk of ons aan die ander kant uitgekom het. Aangesien ek in elk geval moes reis, het ons besluit om die reis na die raadsvergadering te gebruik as 'n tipe merker in ons gesinslewe - 'n tyd om bietjie pret te hê, om verstand en gees te verkwik en die lewe met nuwe hoop tegemoet te gaan.

Sonja het van 'n lekker plek vir kinders net buite Denver gehoor. Dis Butterfly Pavilion genoem en as 'n "dieretuin van ongewerweldes" aangebied. Dit het in 1995 geopen as 'n opvoedkundige projek wat mense sou leer van die wonders van insekte, asook getypoeldiere. Deesdae word kinders buite die dieretuin begroet deur 'n reusagtige, kleurvolle metaalbeeld van 'n hottentotsgot. Maar in 2003 was die reuse insek nog nie op sy pos nie, en die lae baksteengeboutjie omtrent 15 minute van Denver se middestad, het nie juis kindervriendelik gelyk nie. Maar binne het 'n wonderwêreld gewag, veral vir kinders van Colton en Cassie se ouderdom.

Die eerste plek waar ons aangedoen het, was die "Kruip-en-Sien", 'n vertrek gevul met terrariums waarin allerhande gediertes, van besies tot kokkerotte en spinnekoppe, gebly het. Een uitstalling, die Tarantula-toring, het Colton en Cassie soos 'n magneet getrek. Nes geadverteer, was die stapel terrariums 'n toring van glas-habitats met harige dikbeenspinnekoppe in wat jou of gefassineer of laat ril het.

Colton en Cassie het beurte gemaak om op 'n trapleertjie te klim om die inwoners van die Tarantula-toring se boonste verdiepings te kon sien. In een terrarium het 'n Meksikaanse blonde tarantula in die hoek gehurk, sy skelet oordek met wat die uitstallingsbordjie beskryf het as "lieflike" ligte hare. Nog 'n habitat het 'n rooi-en-swart tarantula bevat, inheems aan Indië. Een van die meer vreesaanjaende inwoners was die "skelet­- tarantula", so genoem omdat sy swart bene gesegmenteer is met wit strepe sodat die spinnekop amper soos 'n agterstevoor X-straal lyk. Ons het later gehoor dat die spesifieke skelet-tarantula 'n bietjie van 'n rebel was: Sy het eenmaal dit reggekry om te ontsnap, die habitat langsaan binne te dring en haar buurspinnekop vir middagete te verslind.

Toe Colton op die trapleertjie klim om te sien hoe die spinnekop lyk, het hy na my gekyk met 'n glimlag wat my hart warm gemaak het. Ek kon voel hoe my nekspiere begin ontspan, en iewers binne my het 'n drukklep oopgemaak, die emosionele ekwivalent van 'n diep sug. Vir die eerste keer in maande het dit vir my gevoel of ek my gesin bloot net kon geniet.

"Wow, kyk na daai een!" het Cassie gesê en na een van die terrariums gewys. My sesjarige langbeendogter was effens lomp en so slim soos die houtjie van die galg - iets wat sy van haar ma gekry het. Cassie het na die naambordjie gewys waarop gestaan het: "Goliat-voel- vreter ... die wyfies kan langer as 28 cm word."

Die een in hierdie tenk was net omtrent 15 cm lank, maar sy lyf was so breed soos Colton se gewrig. Ek het na Sonja gekyk en gesien hoe sy haar neus plooi.

Een van die vrywilligers het blykbaar ook haar uitdrukking gesien, want hy het vinnig die voelvreter verdedig. "Die Goliat kom van Suid-Amerika," het hy in 'n vriendelike, opvoedkundige stemtoon gesê, bedoelende Hulle is nie so horribaal soos jy dink nie. "Tarantulas van Noord- en Suid-Amerika is baie mak. Jy kan selfs een daar anderkant vashou." Hy het gewys na 'n ander dieretuinwerker wat 'n kleiner tarantula in sy hand vasgehou het sodat 'n groepie kinders beter kon sien.

Cassie het na die oorkant van die vertrek gehol om te sien wat almal so fassineer, en ek, Sonja en Colton het gevolg. In die hoek van 'n vertrek, versier om soos 'n bamboeshut te lyk, het die dieretuinwerker die onbetwisbare ster van die Kruip-en-Sien ten toon gestel: Rosie die Spinnekop. Rosie, 'n rooskleurige tarantula van Suid-Amerika, was harig met 'n lyf so groot soos 'n pruim en 15 cm lange bene so dik soos potlode. Maar, uit 'n kind se oogpunt was die beste ding omtrent Rosie dat indien jy dapper genoeg was om haar selfs net vir 'n oomblik vas te hou, die dieretuinwerker jou beloon het met 'n plakker.

Nou ja, as jy kinders het, sal jy weet dat hulle by tye 'n mooi plakker bo 'n handvol kontant verkies. En die plakker was spesiaal: wit met 'n prentjie van 'n tarantula in geel, met die woorde: "Ek het Rosie vasgehou!"

Hierdie was nie sommer 'n gewone plakker nie; dit was 'n kenteken van dapperheid.

Cassie het laag gebuig oor die dieretuinwerker se hand. Colton het met wye, blou oë na my gekyk. "Kan ek 'n plakker kry, Pappa?"

"Jy moet Rosie vashou om 'n plakker te kry, my seun."

Op daardie ouderdom het Colton op 'n kosbare manier gepraat: deels ernstig, deels uitasem, in grootoog- verwondering. Hy was 'n slim, snaakse mannetjie met 'n swart-en-wit-uitkyk op die lewe. lets was of pret (LEGO) of nie (Barbie). Hy het of van kos gehou (steak), of dit gehaat (boontjies). Daar was goeie ouens en slegte ouens en sy gunsteling speelgoed was goeie aksiehelde. Superhelde was baie belangrik vir Colton. Hy het sy Spider-Man-, Batman- en Buzz Lightyear-mannetjies oral met hom saamgeneem. Of hy dus vas was agter in 'n karstoeltjie en of hy in 'n wagkamer of op die kerkvloer was, kon hy steeds tonele skep waarin die goeie ouens die wêreld gered het. Swaarde, Colton se gunste­ling wapen om die bose mee te oorwin, was gewoonlik hierby betrokke. Tuis kon hy die superheld wees. Ek sou dikwels die huis instap en Colton aantref bewapen tot die tande toe met 'n speelgoedswaard aan weerskante van sy belt vas en een in elke hand. "Ek speel Zorro, Pappa! Wil Pappa saamspeel?"

Nou het Colton na die spinnekop in die werker se hand gekyk en dit het gelyk of hy wens hy het sy swaard by hom gehad - al was dit dan ook net vir morele ondersteuning. Ek het my probeer voorstel hoe massief die spinnekop moes lyk vir 'n klein outjie wat skaars 'n meter lank was. Ons kind was pure seun - 'n rowwe mannetjie wat al van nader kennis gemaak het met 'n hele klomp miere, besies en ander kruipende gediertes. Maar nie een daarvan was so groot soos sy gesig en het hare gehad wat amper so lank soos syne was nie.

Cassie het regop gekom en vir Sonja geglimlag. "Ek sal haar vashou, Mamma. Kan ek Rosie vashou?"

"Coed, maar wag vir jou beurt," het Sonja geantwoord.

Cassie het agter 'n paar ander kinders in die tou gaan staan. Colton het nie sy oë van Rosie weggeneem terwyl eers 'n seun, en toe 'n meisie die enorme spinnekop vasgehou het en daarna die begeerde plakkers van die werker ontvang het nie. Cassie se groot oomblik het vinnig aangebreek. Colton het hom teen my bene geplant, naby genoeg om sy suster te kan sien, maar hy wou terselfdertyd weghol en het agtertoe teen my knieë gedruk. Cassie het haar handpalm uitgesteek en ons het almal gekyk hoe Rosie, al gewoond aan klein, nuuskierige menshandjies, een harige been op 'n slag lig en vinnig vanuit die werker se hand na Cassie s'n oorklim en toe weer terug na die werker s'n.

"Jy het dit gedoen!" het die dieretuinwerker gesê terwyl ek en Sonja hande geklap en gejuig het. "Mooi so!" Toe het die man opgestaan, 'n groot wit-en-geel-plakker van die rol afgetrek en dit aan Cassie gegee.

Dit het natuurlik sake vir Colton vererger. Nie net het sy suster die kollig gesteel nie, maar hy was nou ook die enigste plakkerlose Burpo-kind. Hy het verlangend na Cassie se prys gekyk, toe terug na Rosie en ek kon sien hoe hy met sy vrees worstel. Uiteindelik het hy sy lippe opmekaar gepers, weggekyk van Rosie en op na my. "Ek wil haar nie vashou nie."

"Oukei," het ek gesê.

"Maar kan ek 'n plakker kry?"

"Nee, al hoe jy een kan kry, is as jy haar vashou. Cassie het haar vasgehou. Jy kan ook as jy wil. Wil jy probeer? Net vir 'n oomblik?"

Colton het weer na die spinnekop gekyk, toe na sy suster, en ek kon sien hoe hy dink: Cassie het dit gedoen. Sy is nie gebyt nie.

Toe het hy sy kop beslis geskud: Nee. "Maar ek wil nog steeds 'n plakker hê!" het hy volgehou. Colton sou oor twee maande vier wees en was uitstekend daarmee om sy man te staan.

"Jy kan net 'n plakker kry as jy vir Rosie vashou," het Sonja gesê. "Is jy seker jy wil haar nie vashou nie?"

Colton het geantwoord deur Sonja se hand te gryp en haar te probeer wegpluk van die dieretuinwerker. "Nee, ek wil na die seesterre gaan kyk."

"Is jy seker?" het Sonja gevra.

Met 'n besliste knik het Colton na die Kruip-en-Sien se deur marsjeer.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2274 gaste aanlyn