NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Het jy geweet dat jou lag, en jou klein bewyse van dankbaarheid, 'n baie sterk invloed op die lewens van jou naaste het? Jy is by magte om sy lewe draaglik en goed te maak, selfs in moeilike omstandighede.

ENGELE IS WERKLIK (12)

Judith Macnutt

Lees reeks by Engele is werklik

Die vorm van engele

Thomas van Aquinas was van mening dat engele enige vorm kan aanneem wat nodig was om hul taak af te handel. Aangesien hulle suiwer gees is en nie oor vorm beskik nie, kan hulle kies om te materialiseer in wat hy "hemelse liggame" genoem het. Ooggetuies se beskrywings van engele verskil geweldig. Sommige se engele is langer as vier meter, ander sê hulle is korter. Sommige verskyn met vlerke, ander daarsonder. Sommige se kledingstukke, velkleur en hare vertoon verskeie kleure.

Ek het al gehoor dat engele se vlerke as "sneespapier" en "deurskynende grys" en "amper vliesagtig" beskryf word. Sommige kenmerke wat gereeld beskryf word, is dat engele as helder, glansende beelde soos weerlig verskyn; dat hulle vol lig is, vurige oë het en stemme wat soos donderweer of bruisende riviere klink. Hulle beskik oor 'n energie of krag wat mense laat flou word asof hulle dood is.

Onthou jy die beeld van Gabriël toe hy aan Daniel verskyn het? Die aartsengel was in linne geklee, met 'n gordel van fyn goud. Sy liggaam het geskitter soos 'n geel edelsteen. Sy gesig was soos weerlig, sy oë soos vlammende fakkels, sy bene het soos gepoleerde brons geblink en sy stem het soos 'n harde dreuning geklink (Dan. 10:4-6). Ná die opstanding het die engele by Jesus se graf blink klere aangehad (Luk. 24:4).

Engele voor In die pad

'n Paar jaar gelede het ek van tyd tot tyd 'n groep engele voor my in die pad gesien terwyl ek ry. Dit het gelyk of hulle langs mekaar staan en hande vashou terwyl hulle bloot in die pad gestaan het. Die eerste keer wat ek hulle gesien het, het ek aangevoel dat hulle my teen iets voor in die pad wou waarsku, en het ek stadiger gery. Toe ek by die plek kom waar die engele gestaan het, het 'n dier die pad oorgesteek.

Ek het hierdie visioen van engele al herhaaldelik gesien - wanneer daar ys op die pad is of ander padgevare. Eenkeer was die gevaar 'n groep sneeumobiele wat voor my ingeskiet het.

                                                                                                                                                                           Anoniem

Gedurende sy ballingskap op die eiland Patmos het die apostel Johannes vir ons nog 'n beskrywing van 'n kragtige engel gegee:

Toe het ek 'n ander engel, 'n sterke, uit die hemel uit sien afkom. Hy het 'n wolk om hom gehad en 'n reënboog bokant sy kop. Sy gesig was soos die son en sy bene soos vuurpilare. In sy hand het hy 'n oop boekie gehad. Hy het toe met sy regtervoet op die see en met sy linkervoet op die land gaan staan en met 'n harde stem uitgeroep soos 'n leeu wat brul. Toe hy uitroep, het sewe donderslae geantwoord. En toe die sewe donderslae praat, wou ek dit opskrywe, maar ek het 'n stem uit die hemel hoor sê: "Hou geheim wat die sewe donderslae gesê het; moet dit nie opskrywe nie."

                                                                                                                                             Openbaring 10:1-4

Sien jy hoe hierdie verslae ooreenstem? Hierdie Skrifgedeeltes gee ons 'n idee van hoe die hemelse wesens lyk.

Engele in die vroeë kerk

In Sesarea was daar 'n man met die naam Kornelius, 'n kaptein in die sogenaamde Italiaanse regiment. Hy was godsdienstig en godvresend, hy en sy hele huisgesin. Hy het baie gedoen om die armes onder die Joodse volk te help en het gereeld tot God gebid. Een middag teen drie-uur het hy in 'n gesig duidelik 'n engel van God na hom toe sien kom wat na hom roep: "Kornelius!" Kornelius het hom verskrik aangekyk en gevra: "Wat is dit, Meneer?" Die engel sê toe vir hom: "God het gelet op jou gebede en op wat jy vir die armes doen, en Hy het aan jou gedink."                                                                                                                                 Handelinge 10:1-4

Die engel het toe vir Kornelius opdrag gegee om die apostel Petrus na sy huis te nooi om die goeie nuus van die evangelie met die nie-Jode te deel. Hierdie bevel om nie-Jode by die kerk in te sluit, was vir Petrus (en Kornelius) onbekende terrein. Voor die mans mekaar ontmoet het, het God Petrus 'n visioen laat sien waardeur Hy Petrus beveel het om dit wat hy voorheen as onrein beskou het, te aanvaar. God het drie keer in die visioen met Petrus gepraat en hom beveel: "Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie" (Hand. 10:15). Hierdie opdrag het so ingedruis teen dit wat Petrus geglo het, dat dit drie visioene geneem het om hom te oortuig.

Toe die visioen verby was, het drie mans van Kornelius se huishouding by Petrus opgedaag en hom gevra om saam met hulle Sesarea toe te gaan. Die Heilige Gees het toe alreeds in 'n ander visioen vir Petrus gesê om die mans te verwag en saam met hulle te gaan. Die volgende dag het hulle na Kornelius se huis gereis. 'n Klein groepie mense was bymekaar om na Petrus se storie van Jesus se lewe, dood en opstanding te luister.

Terwyl Petrus nog praat, het die Heilige Gees op almal gekom wat na die woord geluister het. Toe die Joodse gelowiges wat saam met Petrus gekom het, hoor hoe die mense ongewone tale of klanke gebruik en God prys, was hulle baie verbaas dat die Heilige Gees as gawe uitgestort is ook op mense wat nie Jode is nie.                                                                                                                    Handelinge 10:44-46

Petrus het al die nuwe nie-Joodse gelowiges van Kornelius se huishouding opdrag gegee om in die Naam van Jesus Christus gedoop te word.

Wat my tref omtrent hierdie storie, is dat Kornelius in die eerste plek 'n engel gesien het, die engel geglo het en toe die en­gel se opdrag uitgevoer het. Onthou jy my storie van die engel wat vir my "Stop" gesê het? Engele was vir my so onbekend dat ek gewonder het waar die stem vandaan kom. Toe het ek boonop amper die boodskap geïgnoreer. Dit wil voorkom of die vroeë kerk so gereeld engele gesien het dat gelowiges nie in eindelose debatte betrokke geraak het oor of engele bestaan of nie, wanneer 'n engel verskyn het.

Tweedens was dit God se begeerte om die vroeë kerk uit te brei deur die nie-Jode in te sluit. As gevolg van Petrus se diepgewortelde oortuigings aangaande rein en onrein kos, moes hy drie maal direk van God hoor in visioene voor hy oortuig was om nie-Jode in te sluit, wat as onrein beskou is. 'n Magtige engel van God het die wonderwerk aan die gang gesit wat no­dig was om die vroeë kerk uit te brei.

In die volgende storie laat God 'n magtige engel toe om aan 'n toegewyde man te verskyn wat graag 'n groter bewuswording van die geesteryk wou hê.

'n Man sien 'n engel na hy God gevra het daarvoor

Ek het een aand na biduur huis toe gery en 'n bietjie onthuts gevoel omdat 'n vrou in ons groep, òf die teenwoordigheid van 'n engel gesien het, òf dit ervaar het. Ek het begin dink dat ek iets kortkom. Ek en my vrou is kort tevore met die Heilige Gees gedoop en het in engele geglo, maar hulle nog nooit teëgekom nie.

Later daardie aand het ek en my vrou saam by die voetenent van ons bed gekniel om te bid. Ons het ons gewone gebedslysie gebid, wat beskerming deur engele vir ons huis en gesin ingesluit het. Kort na ons gebid het, het my vrou aan die slaap geraak ter­wyl ek gelees het.

Terwyl ek C.S. Lewis se Screwtape Letters gelees het, het ek bewus geword van nog 'n persoon in die vertrek. Ek was helder wakker toe 'n groot, aantreklike manlike figuur deur die muur inkom. Hy het 'n wit kleed aangehad en het van die grond tot die plafon gestaan - amper 2,4 m hoog. Sy houding het vrede uitgestraal. Hy het stilgestaan en my teenwoordigheid erken deur te knik. Toe het hy deur ons muur verder gestap na ons kinders se slaapkamer. Ek het aan my vrou geskud en gesê: "Het jy dit gesien?"

Natuurlik het sy geantwoord: "Het ek wat gesien?"

Sover ons weet, was daar nie op daardie tydstip enige probleme wat so 'n besoek kon noodsaak nie. God het eenvoudig sy gordyn tussen ons werklikheid en die geesteryk oopgetrek sodat ek een van sy heilige engele kon sien.

                                                                                                                                                   Karl M. Rose

Wanneer engele in hul hemelse gedaante verskyn, word ons geboei deur hul heilige, glansryke teenwoordigheid. Twee dierbare vriendinne van my, Rose Marie en Sue, vertel in die volgende twee stories van hul ervarings toe 'n gloeiende engel in opdrag van God op presies die regte oomblik vir albei vroue opgedaag het.

Glansryke engel van vertroosting

Ek was betrokke by 'n baie pynlike hofsaak. Eendag moes ek ses prokureurs en 'n hofverslaggewer gaan sien om 'n getuieverklaring voor te berei. Ek het geweet die vergadering kon dalk baie spannend wees, en ek het gesukkel met angs en vrees. Gedurende my stiltetyd het ek my vrees aan die Here gegee en Hom herhaaldelik gevra: "Asseblief, help my om nie alleen te voel nie."

Die dag van die vergadering het ek vinnig my oë in gebed gesluit in die konferensielokaal. Toe ek hulle oopmaak, het ek dadelik 'n groot engel gesien wat helder geskyn het. Die engel was eenvoudig pragtig en ek kon nie ophou glimlag nie. Ek het geweet dit beteken dat ek nie alleen was nie. God het ’n engel gestuur om my by te staan. Hy het my gebed beantwoord.

                                                                                                                        Rose Marie Edward

'n Visioen van engele wat 'n vriend tydens sy dood versorg

'n Paar jaar gelede het ek ’n kortstondige maar kragtige ontmoeting met engele gehad. Dit het buite gesneeu en ek het in my kombuis gesit toe ek sonder waarskuwing vier engele “gesien" het. Hulle was lank, baie mooi en het soos mense gelyk. Hulle was geklee in wit en ek kon aanvoel dat hulle my vriend, Leopold by Latrobe Abdy in Pennsilvanië, "verpleeg". Leopold was jare lank my geestelik leier, maar ons het nou in verskillende dele van die land gewoon. Leopold het plat gelê en daar was twee engele by sy kop en twee by sy voete - asof hulle hom vir iets voorberei het. Oomblikke later was die visioen weg. Ek het die abdy geskakel en hulle het gesê dat Leopold pas gesterfhet.

                                        Sue Saint Sing

Engele wat as mense verskyn

Eenkeer het ons sekretaresse ons in Kalifornië gebel, waar ons vir 'n konferensie was, en ons gevra om vir Jim te bid. Hy was die eggenoot van een van die gebedsgroeplede en het 'n baie ernstige hartaanval gehad. Sy het verduidelik hoe kritiek sy toestand was; dus het ons onmiddellik saam gebid oor die foon. Ons het God gevra om Jim se hart met sy genesende krag aan te raak en genesingsengele te stuur om by hom te wees. Ons het ook die konferensiegangers gevra om vir Jim voorbidding te doen.

Wat later daardie aand gebeur het, is 'n kragtige getuienis van God se liefde. Jim was baie siek en het kort-kort sy be­wussyn verloor. In die middel van die nag het 'n glansryke teenwoordigheid in die hospitaalkamer hom wakker gemaak. Hy het gekyk en Francis by sy voetenent gesien - en natuurlik aangeneem dat hy my man sien. "Francis" se arms was uitgestrek oor Jim en hy het ernstig gebid.

Verbaas het Jim geroep: "O, Francis!" Die wese wat hy ge­dink het Francis was, het net na hom gekyk en sy hande uitgestrek gehou in gebed. Jim het dadelik vrede ervaar, en 'n sag­te warmte het sy liggaam gevul. Jim het geweet hy moet rus. Hy het aan die slaap geraak, maar drie keer deur die nag wak­ker geword. Elke keer was "Francis" biddend by die voeten­ent met uitgestrekte arms, en die glansende teenwoordigheid WAS steeds in die vertrek.

Toe die dokters die volgende oggend inkom, het Jim kalm regop in sy bed gesit. Hy het wonderlik gevoel. Die dokters het toetse gedoen en gevind dat Jim 'n normale, gesonde hart gehad het - heeltemal herstel deur God.

Toe Jim se vrou by die hospitaal aankom en Jim rustig sien sit, het sy haar man gevra: "Wat het gebeur?"

Haar man het opgewonde geantwoord: "Francis het die hele nag vir my kom bid."

Sy het gesê: "O, genugtig! Het hy al die pad van Kalifornië af gekom om vir jou te bid?" Sy het ons kantoor gebel en vir ons sekretaresse alles vertel wat die vorige aand gebeur het. Sê asseblief vir Francis dat my man volkome genees is. Ons is oorstelp van vreugde en ons dank God vir sy trou. Sê asseblief vir Francis dankie dat hy al die pad hierheen gekom het."

Ons sekretaresse het geantwoord: "Ek het nie geweet Francis sou hierheen terugvlieg nie." Sy was so verbaas dat sy ons in Kalifornië geskakel het om te hoor of ons nog daar was. Toe ek die hotelfoon antwoord, het sy my gevra: "Het Francis gisteraand Florida toe gevlieg?"

Ek het gedink dis 'n vreemde vraag, maar het geantwoord: "Nee, hy was die hele nag hier."

Ons sekretaresse het gesê: "Wel, hy het heelnag saam met Jim by die hospitaal gebid en Jim is nou volkome genees."

Eers was ek verbaas; toe besef ek wat God gedoen het. Hy het 'n engel gestuur om hierdie baie siek man te bedien en die engel het in die gedaante van Francis verskyn. Ek het begin lag en gesê: "Dit moes 'n engel wees - en een met goeie smaak."

In dié geval het die engel die gedaante van 'n bekende persoon aangeneem, iemand by wie Jim op sy gemak sou wees, en dit was Francis. Jim se vrou het gewoonlik alleen die bidure bygewoon, maar ná Jim se genesing was hy elke week aan haar sy. Hierdie gebeurtenis het Jim se lewe en verhouding met God radikaal verander. "Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves" (Heb. 13:2).

In sommige gevalle sal engele fisiese liggame aanneem om hul take uit te voer en tussen mense werk sonder om raakgesien te word. Hulle kan manlik of vroulik, jonk of oud wees, en van verskillende rasse, tale en kulture. Daar is volop stories van wesens wat as mense verskyn op die presiese oomblik wat nodig was om 'n gevaarlike situasie te verander of ontlont, of 'n lewe van koers te laat verander, of iemand wat rou, te vertroos. Hierdie engele vestig gewoonlik nie die aandag op hul identiteit as engele nie; hulle neig om anoniem te bly. Hulle verdwyn dikwels dadelik wanneer hul taak afgehandel is, en tog is die hemelse voetspoor vir altyd daar.

Drie mans het aan Abraham verskyn toe hy by die ingang van sy tent naby die groot bome van Mamre gesit het. Sy vrou, Sara, en sy diensknegte en veetroppe was saam met hom op reis. Toe Abraham die drie mans gewaar, het hy hulle dadelik genooi om te rus en saam met hom te eet. In die tyd van Abraham was gasvryheid iets wat verwag is, veral teenoor vreemdelinge. Abraham het sy diensknegte beveel om die beste kosse voor te berei. Voor die ete het hy sy gaste se voete gewas.

Aangesien vroue nie saam met mans geëet het nie, het Sara naby die tentopening gestaan en die gesprek afgeluister. Toe een van die mans vra waar sy was, het Abraham geantwoord dat sy naby was. Een van die mans het toe vir hom die goeie nuus gegee dat Sara teen daardie tyd die volgende jaar 'n seun sou hê.

Patrolleer 'n verlate straat

Ek was saam met my dogter in New York en ons het ons hotel te voet probeer vind. Ons het in 'n verlate straat in 'n gevaarlike deel van die stad beland, waar ons twee mans gesien het wat rof lyk. Ons het geweet daar was moeilikheid toe hulle uit hul pad gaan om twee verdwaalde vroue te nader.

Toe hulle naderkom, kon ons hul intense vyandigheid aanvoel. Net toe ons paniekerig raak, verskyn 'n lang polisieman van nêrens en loop reg voor die mans in. Hy het presies tussen ons en die mans gestaan. Die twee mans het weggehardloop. Net so vinnig as wat hy verskyn het, het die polisieman sonder 'n woord verdwyn. Ek glo 'n engel het ons daardie aand gehelp.

-                                                                                                                                                                                       Anoniem

Aangesien Sara en Abraham al oud was en sy nie kinders gehad het nie, het hierdie profesie heeltemal onmoontlik gelyk.

Sara se reaksie was om te lag. Een van die mans het dadelik gevra waarom sy lag, en sy het ontken dat sy gelag het. Tog het God ten spyte van haar ongeloof die wiel aan die rol gesit vir die ontwikkeling van die nasie wat Jesus se familie sou word. Dit het begin by 'n besoek van drie engele wat Isak se geboorte aangekondig het, die geliefde seun van die bejaarde Sara en Abraham. Binne 'n jaar is Isak gebore. Met God is alles moontlik.

In 'n poging om hul engele-identiteit weg te steek, verdwyn engele wat as mense verskyn direk na hul taak afgehandel is. Soms verdwyn hulle voor die toeskouer se oë. Partykeer sal ‘n persoon vir 'n oomblik wegkyk, net om te vind dat die wat as 'n man of vrou verskyn het, eenvoudig soos mis voor die son verdwyn het. Sulke insidente laat mense dikwels deurmekaar en versigtig om hul ervaring met ander te deel. Oor die jare het talle goeie mense in die geheim my raad kom vra oor so 'n engele-ontmoeting. Hulle wil weet of hulle mal word. Na hulle hul storie vertel het, is hulle verlig om te hoor iemand dink dis geloofwaardig. In my ervaring help dit om saam met hulle die gevolge van die ontmoeting te ondersoek. Was dit positief en lewensveranderend? Die meerderheid van die storievertellers reageer positief op hul ervaring met engele en is diep dankbaar teenoor God vir die transformasie wat ná die gebeurtenis plaasgevind het. Die meeste is eenvoudig bekommerd dat ander hulle sal veroordeel of sal spot omdat hulle in so 'n merkwaardige ontmoeting glo.

Hoekom sou 'n engel verkies om anoniem te bly? Ons moet onthou dat 'n engel die lewenstaak het om God se opdragte uit te voer terwyl hy soveel moontlik op die agtergrond bly. 'n Engel wat as 'n mens verskyn, is baie minder vreesaanjaend as 'n glansende, magtige engel met vlammende oë en 'n stem soos donderweer. Sulke kragtig verskynings veroorsaak gewoonlik vrees en onsekerheid. Die fokus kan dan totaal op die engel wees, en nie op die boodskap of die opdrag nie. Wanneer engele in die Bybel op 'n tradisionele manier verskyn (in hul hemelse liggame), reageer mense deur flou te word of plat op hul gesig voor die engel neer te val.

Daar is baie waarskuwings aangaande die menslike neiging om te ver te gaan en engele te aanbid. Hierdie "bo-aardse" wesens ontlok nie net verheerliking en aanbidding weens hul ontsagwekkende voorkoms nie, maar ook weens hul intimiteit met God. Hulle dra God se glorie in hul teenwoordigheid en dus word mense besiel tot ontsag. Paulus het egter die gelowi­ges van die vroeë kerk gewaarsku om nie wesens te aanbid wat deur God geskape is nie. In sy brief aan die kerk in Kolosse belet hy uitdruklik die aanbidding van engele (Kol. 2:18; Rom. 1:25). Hy gaan verder deur gelowiges te waarsku om valse leraars wat valse leerstellings verkondig, te vermy. Engele wys enige verering weg wat aan hulle gerig word. Hulle herinner ons altyd dat slegs God vereer en aanbid mag word.

Dit herinner my aan die reaksie van 'n engel wat 'n vrou uit 'n gevaarlike situasie gered het. Sy het haar waardering teen­oor die engel uitgespreek vir sy hulp, en onmiddellik het die engel gereageer: "Moenie my bedank nie; dank God wat my gestuur het. Ek is net die boodskapper."

Ons liewe vriendin Edna het ons die volgende storie vertel. Toe sy hulp van 'n engel ontvang het, was sy in ons diens as kinderoppasster, iets wat sy 'n jaar en 'n half lank gedoen het. Edna het saam met ons gereis en elke dag na ons huis toe gekom omdat sy geweet het ons het hulp nodig.

Een aand was Edna, wat toe 73 jaar oud was, met die snelweg op pad van Daytona Beach na Orlando in Florida. Hoewel dit nie ver is nie, was dit laat in die nag en sy was bekommerd omdat sy alleen op die snelweg was. Toe sy halfpad na Or­lando was, het sy 'n pap band gekry. Sy het van die pad afgetrek en uit die kar geklim. Terwyl sy gewag het, het sy gebid: "Dierbare Jesus, ek het hulp nodig. Stuur asseblief iemand om my te help."

Binne etlike sekondes het 'n ou bakkie agter haar motor stilgehou. Sy sê sy kon nie glo die bakkie kon nog ry nie. Dit was heeltemal verroes en het vreeslik geraas. 'n Vriendelike lang man in 'n geskeurde denim en gekreukelde hemp het uitgeklim, na haar motor gestap en met 'n glimlag vir haar geknik. Hy het nie 'n woord gesê nie. Hy het net gekniel, die band geruil, opgestaan en weer vir haar geglimlag.

Edna het direk in sy oë gekyk en gesê: "Ek weet wie jy is." Sy het nie gevra: "Is jy 'n engel?" nie. Sy het eenvoudig verklaar: "Ek weet wie jy is." Edna was nog altyd trots op die feit dat sy nie doekies omdraai nie.

Die jong man het nog breër geglimlag, teruggeklim in die bakkie en, sommer net vir die effek, het hy en die bakkie soos ‘n groot speld verdwyn.

Edna het agterna geskree: "Ek het geweet jy is 'n engel wat deur God gestuur is!"

Die engel kon gewag het tot Edna weggery het voor hy sommerso verdwyn het, maar dit lyk of hy 'n bietjie pret wou hê. Uit ervaring weet ons dat engele 'n fantastiese humorsin het en baie vreugde uitstraal. Hier volg nog 'n prettige storie van 'n vrou wat onverwags deur 'n engel gehelp is.

Engele wat in menslike gedaante verskyn, het buitengewone krag, soos die engel wat in die Evangelies die rots wegrol voor Jesus se graf na sy dood en begrafnis. Matteus het geskryf: "'n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit" (Matt. 28:2). Die vroue wat vroeg daardie oggend graf toe is, het mekaar gevra: "Wie sal vir ons die klip voor die ingang van die graf wegrol?" Toe hulle die graf bereik, was die klip nie net weggerol nie, maar ook het die engele op hulle gewag met die vreugdevolle aankondiging: "Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie" (Mark. 16:3,6).

In die volgende storie vertel ons vriendin Norma hoe 'n engel haar by die vulstasie gehelp het.

By die vulstasie

Sommige van julle onthou dalk 'n tyd toe petroljoggies nog petrol gepomp het in Amerika. Ons sou eenvoudig by 'n vulstasie inry en in die kar bly terwyl 'n joggie die tenk vul. Toe joggies uitgedien raak, was daar 'n oorgangsfase waartydens ons moes leer om self ons tenks te vul.

Hoewel dit nou laf lyk, was hierdie oorgang nie vir my maklik nie. Ek het nie geweet watter brandstof om te gebruik of hoe om die pomp aan te skakel of hoe om te pomp nie. My ongemak was nog erger die dag wat ek my man se kar bestuur het. Ek het by 'n vulstasie langs een van die besigste vierbaanstrate in die stad ingery en my gereedgemaak vir die vuurproef. Ek het langs die kar gestaan en na die pomp gestaar. Omdat ek nie geweet het wat om te doen nie, het ek paniekerig geraak. Skielik het 'n ou rammelkar van die besige straat afgedraai en langs my kom stilhou. 'n Man het bestuur en ’n jong meisie het langs hom gesit. Hy het sy venster oopgedraai en uitgeroep: "Jy moet daardie pomp gebruik."

Ek het omgedraai om te kyk na watter pomp hy beduie het en gedink: Hoe weet hy watter pomp ek moet gebruik en hoekom het hy van die besige straat afgetrek om my te help? Ek het teruggedraai om hom te bedank, maar hy was skoonveld - die kar en meisie en al. Ek het daar gestaan en gewonder wat gebeur het. Toe het ek besef hy was 'n engel wat deur 'n liefdevolle God gestuur is om sy dogter in nood te help.

                                                   Norma Dearing

                    Vervolg...

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 891 gaste aanlyn