NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is soveel gapende afgronde elke dag op ons pad van heiligmaking – wat ons nie eers raaksien nie! Ons blindheid veroorsaak dat ons luidkeels teen die Vaderhand wat ons daar wegruk, protesteer.

ENGELE MET ‘N SENDING (2)

Lees reeks by Engele met 'n sending

Ontmoeting

Die mees uitstaande en opwindendste ding wat nog ooit in my lewe met my gebeur het was die besoeke van engele hierdie afgelope twee jaar.

God het dit vir my baie duidelik gemaak dat ek moet vertel wat in my lewe gebeur het, daarom probeer ek vir u beskryf wat ek gesien het, ondervindinge wat ek gehad het, en boodskappe wat aan my gegee is.

God verlig waarhede uit sy Woord op ongeëwenaarde wyses voor die koms van Jesus. Openbarings vind plaas in alle bedieninge wat in die Gees is. In die verband het God my geestesoog oopgemaak vir Johannes 16:12—15: “Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.Dit was Jesus se woorde.

Ek het hierdie ontmoetings en boodskappe neergeskryf bewus van die beperkinge van my eie verstand. Terwyl ek dit gedoen het, het ek verwys na wat die engele gesê het, maar nie met die gedagte om hulle woordeliks aan te haal nie, behalwe wanneer ek dit pertinent so gestel het. As u in gedagte hou dat daar omtrent vyftig ure se samesprekinge met die engele was, wat ek probeer het om in my eie woorde en met my eie begrip, in een enkele boek weer te gee, sal u miskien kan verstaan dat ek moes staatmaak op my menslike vermoë om hierdie waarhede weer te gee soos ek dit verstaan het. Ek het nie iets bygelas of iets van die Woord van God weggeneem nie, maar die Heilige Gees het my oë oopgemaak vir dinge wat ek nie voorheen raakgesien het nie, net soos Hy waarhede aan elke gelowige, wat die Woord van God ondersoek, openbaar.

’n Paar van die baie metodes wat die Gees gebruik om met ons te praat, is die Bybel, omstandighede, ander gelowiges en engele. Hy praat direk met ons op baie maniere — deur drome, visioene, gawes van die Gees, maar dit is altyd dieselfde Heilige Gees wat met ons praat. “Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheidMaar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. (I Kor. 2:7, 10).

Paulus het ook verwys na boodskappe wat hy van God ontvang het toe hy gesê het: “Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan (I Kor. 2:6). Prys die Here! Hy praat vandag nog met ons!

Ek weet dit is ’n risiko om van buitengewone en ongewone ondervindinge soos hierdie te praat. My eerste reaksie was om te probeer om die oordra van die boodskap wat die engel vir my gebring het, te omseil. Ek het aan my geloofwaardigheid gedink en geweet dit sou in skerwe spat. U sal in hierdie boek agterkom dat die Here my gehelp het om van standpunt te verander.

Mense het gevra wat die gevolg was van hierdie boodskappe. Dit is onnodig om te sê dat ek geen metode het om die totale impak vas te stel nie, maar daar is meer as genoeg bewyse dat die Heilige Gees, getrou aan sy belofte, vlerke aan hierdie boodskappe gegee het en hulle is oor die hele wêreld versprei deur middel van kasette. Mense oor die hele wêreld is vrygemaak deur hierdie vars boodskappe uit die hart van God. Duisende het Christus aangeneem. Duisende ander wat wou tou opgooi, is vernuwe. ’n Hele paar leraars wat ek persoonlik ken, het ontmoedig geraak en die bediening verlaat. Vandag, omdat hulle nuwe hoop gevind het, het hulle teruggekeer na hulle plek van diens. Terwyl die Gees wat hierdie boodskappe vergesel, die woorde wat hulle hoor lewend maak, gaan ’n nuwe deur van geloof orals vir gelowiges oop.

Toe hierdie boek geskryf is, was daar al sestien verskillende besoeke van die engele. Al het hulle dikwels gekom, elke tweede of derde week, het ek nie, en kan ek nie aan hulle gewoond raak nie. Daar is so ’n heiligheid en so ’n gevoel van ontsag verbonde aan elke besoek, dat elke keer as ek hulle sien, ek herinner word aan die ewige en onveranderlike God wat hulle gestuur het, sy nabyheid aan ons, en sy intense belangstelling en liefdevolle besorgdheid oor al ons fa­milies.

Elke keer as die engele gekom het, het hulle ’n boodskap van God vir die wêreld gebring. As ek die inhoud van hierdie boodskappe in een enkele sin of frase kon saamvat, sou dit wees: “EK GEE OM!”

Terwyl u lees, wil ek u aanmoedig om verby die besoek na die boodskap te kyk. Hoe verskriklik belangrik moet elke boodskap nie vir God wees nie, so belangrik dat Hy hulle deur ’n “spesiale” boodskapper stuur. Die boodskappe in hierdie boek het ek na elke besoek aan my gemeente gegee. Hulle is nie aanhalings as sulks van die engele se woorde nie, maar ’n weergawe van waarhede wat ’n werklikheid geword het.

Dit mag vir u miskien interessant wees om te weet dat in die twee tot vier ure wat hulle gebly het elke keer as hulle gekom het, daar nie een teksvers aangehaal is nie. In plaas daarvan het ’n lewende pano­rama wat voor my afgespeel het, die waarheid letterlik laat leef. Soms het ek dit wat ek gesien het, self belewe. Hulle het nie eenkeer vertrek sonder om vir my verwysings te gee van waar die gedeelte in die Bybel gevind kan word nie.

As gevolg van die aard van hierdie boek, sal daar mense wees wat na redes sal soek om te weier om dit te aanvaar ... in plaas van om na redes te soek waarom God hierdie boodskappe gestuur het. Vir ander mag dit in konflik wees met aanvaarde geloofswaarhede. Dit is te begrype. God het slegs genoem hoe dinge regtig is, en het geen poging aangewend om enige standpunt of teologie te ondersteun nie, veel meer om sy diep liefde te toon aan ’n wêreld wat sy pad byster geraak het, maar wat dit weer gevind het as gevolg van die offer van Jesus.

Miskien is die vraag wat die meeste gevra word: “Hoe het dit gebeur dat God jou gekies het?” “Het jy ’n diep verlange daarna gehad?” “Was dit deur gebed en vas?” Ek sal eerlik moet sê: “Ek weet nie! Ek skiet te kort op elke gebied!”

Die aktiwiteite van engele sal vir u interessant wees, maar ’n woord van waarskuwing is deur Gabriël van God af gebring: “Moenie na engele soek nie. Soek Jesus! Hy is veel groter as enige engel!”

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 967 gaste aanlyn