NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God openbaar Homself in die Skrif, so duidelik dat Dawid in Psalm 19 jubel oor die wonderbaarlike natuur en die Woord van God. Tog sit groot geleerdes hulle tyd en mors in 'n poging om die geloofwaardigheid van die Skrif verdag te maak. En ons wat weet dat God se Woord waarheid is, wat doen ons met sy Woord; bestudeer ons dit deeglik genoeg om vir Hom te kan opstaan?

DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (7)

Ds Andrè vd Berg

Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing

7. Wêreldbeheer

7.1   Nuwe strukture

Die NAH leer dat hul nuwe wyn nie in die ou sakke van gevestigde kerk- en bedieningstrukture sal deug nie. Gevolglik moet gevestigde handelswyses vernuwe word. Daarvoor meng hulle gedurig in interkerklike verhoudings, finansiering van Evangelisasie, sending en veral teologiese opleidingsentra in.  

Alhoewel hulle na ʼn losgestruktureerde Charismatiese netwerk lyk, is dit die segment wat tans die vinnigste op die internasionale kerktoneel groei. Dit trek mense omdat dit na groei en beweging op ʼn skynbaar stagnante godsdiensakker lyk.   Hulle wen met groot sametrekke baie veld in Suid-Afrika.

7.2 Onderwerping

Die NAH beywer hulle nie vir geestelike hervorming nie, maar eerder vir ʼn magtige kerkregering waaraan aardse regerings hul sal onderwerp. Om daarin te slaag, moet alle kerkregering hervorm word en alle leraars hul aan die opsig van die nuwe apostelsonderwerp. Wagner draai in syboek Church quake (1999) geen doekies hieroor om nie.

Die NAH hou altyd ʼn donker wêreldtoneel aan mense voor en bied dan die enigste reddingsboei aan - die bediening van apostels.   Dis ʼn aanhoudende getokkel op dieselfde snaar!

7.3   Sosio-politieke doelwitte

Die NAH is behep met wêreldbeheer en poog derhalwe om die kerk se aandag van die verlossing in Christus na die fisiese beheer van sosio-politieke strukture te verskuif. Hulle glo vas dat hulle ʼn mandaat van God hiervoor het en dat dit die enigste wyse is waarop sy koninkryk op die aarde gevestig sal word. Kerke moet glo net van hierdie beheermandaat bewus gemaak word en as een groot belangegroep verenig. Hierdie strewe ontbreek aan die nodige Skrifbegronding.

Die kerkgeskiedenis daarenteen leer dat mensemeerderhede selde aan God gehoorsaam is. En so sal dit wees totdat Jesus weer kom.   Daarbenewens het Jesus nooit laat blyk dat Hy na ʼn gekerstende mensdom gaan terugkeer nie. Die teendeel is eerder waar:

“ ... maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?” (Luk.18:8).

Slegs die Antichris gaan die mensdom aan die einde van die tyd beheer:

“ ... En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan” (Openb.13:3).

Gevolglik trap diegene wat hul vir mensebeheer beywer, in die slagyster van die Satan. Jesus waarsku:

Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Mt.7:22,23).

Daar was nog nooit in die kerkgeskiedenis soveel mense wat op goddelike roeping of profetiese optredes aanspraak maak soos nou nie. Hulle skaad nie net die verkondiging van die Evangelie nie, maar besmet ook die Christendom met hersenskimme wat nie van dié van vrysinnige politieke strewes verskil nie.

7.4   Beheer teologie

Die NAH voer drie redes ter begronding van hul beheerteologie aan. Eerstens dat Satan met die verleiding van Adam en Eva in die tuin van Eden, die mens van sy aardse heerskappy ontneem het. Tweedens dat die herstelde kerk God se instrument is om dit te herwin en derdens dat Christus nie na die aarde sal terugkeer voordat dié beheer herwin is nie.

Daarmee beweeg die NAH weg van ʼn passiewe teologie met gelowiges wat op die wederkoms van Jesus wag na ʼn politieke teologie met gelowiges wat beheer van aardse instellings moet neem ten einde die wederkoms te verwerklik. Dis in werklikheid ʼn herlewing van ʼn ou kettery wat mense laat glo dat hemel en die aarde verenigbaar is en in New Age bewegings floreer.   Dis ʼn vorm van futurisme - die geloof dat ʼn mens sy eie toekoms kan skep deur nou sekere dinge te beheer.

Die NAH poog om agter die masker van morele heropbou en met die slagspreuk van red die land meer as net die land te red; hulle wil mense beheer! Gelowiges moet dus nie verbaas wees as sekere okkultiese leerstellings binnekort ʼn vorm van nuwe evangelisasie in sekere kerke word nie. Oral waar utopiese taal van vrede, liefde en harmonie in die kerklike wêreld gehoor word, stuur dit gewoonlik op booshede af. Dis pure wêreldbeheertaal!

Die NAH se ideaal van die verwerkliking van die koninkryk van God deur magsbeheer, is niks anders as ʼn kerklike Djihad (heilige oorlog) nie.   Die Bybel leer nêrens dat die mens regverdigheid op die aarde moet vestig nie. Christus bring dit met sy wederkoms. Die Bybel weet ook nie van ʼn groot eindtyd-herlewing nie, slegs van ʼn wêreldwye godsdiensverval.

7.5 Geestelike oorlogvoering

Die NAH verberg hul bedenklike teologie baie effektief agter die masker van geestelike oorlogvoering. Dit wat hulle leer, strook egter nie met die Bybel nie. Dis eerder die teelaarde vir misleiers wat mense op ʼn ander pad as dié van die waarheid lei. Hulle verkondig ʼn ander lewe, geloof, status, wêreld en Verlosser.

Desondanks roep die NAH kerke onophoudelik op om hulle soos die eertydse kruisvaarders op die geestelike verowering van stede en gebiede toe te spits. Sulke onregstreekse oorlogsverklarings teen regerings, stede en ander instellings is vreemd aan die Skrif. Dis nie gelowiges se taak om bose geeste uit te snuffel en met ʼn magsvertoon uit te ban nie. Jesus het dit nie eers gedoen toe Hy Jerusalem vir oulaas binnegegaan het nie. Hy het wel enkelinge vir hul sonde verantwoordelik gehou.

Die NAH glo egter vas dat demoniese magte die kerk se poging om die wêreld te evangeliseer in die wiele ry en dat daar derhalwe oorlog teen hulle verklaar moet word. Dit stem met die dwaling van die Spadereën ooreen wat leer dat die seuns van God na vore gaan kom om die Christendom te red.

Dwaalleraars wakker mense wêreldwyd met geestelike magslus aan. Dit neem dikwels die vorm van Christen-humanisme aan met mense wat hul geroepe ag om die koninkryk van God sigbaar te laat verwerklik deur hul vir ʼn tipe van hemel-op-aarde bedeling as ʼn teenvoeter vir die ryk van die Satan te beywer.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 810 gaste aanlyn