NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Of ons dit glo of nie, elke mens hou daarvan om eer te ontvang. Die gevaar is dat ons naderhand begin om eer te verwag. Ons raak verwaand en selfgesentreerd. In plaas dat ons saam stry vir God se eer kompeteer ons teen mekaar vir eer.  Maar as jy daadwerklik jou geloof rondom Christus sentreer sal jy spontaan vergeet om aan jouself te dink en besef jy is verlos – daarom is eie eer nie meer belangrik nie.

DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (2)

Ds Andrè vd Berg

Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing

2.   Vernuwing

2.1   ʼn Nuwe keuse

Die NAH is baie sterk op vernuwing ingestel. Hulle verkondig dat daar ʼn tyd was toe godsdienstige mense tussen Roomse Katolisisme en Protestantisme moes kies.   Vandag moet daar weer gekies word. Hierdie keer tussen ʼn tradisionele godsdiens of ʼn nuwe vorm van Protestantisme wat glo nuwe lewe in kerke gaan blaas.

Die vernuwing waarna gestreef word, draai om die as van die herinstelling van die apostel-amp wat as die hoogste vorm van kerkleierskap beskou word.   Daar word toegegee dat die praktiese uitvoering van hierdie leierskapsmodel nie altyd Bybels geregverdig kan word nie, maar dat die doel nogtans die middel heilig. Die Hervorming het wel die grondliggende geloof in Christus herstel, maar klaaglik in gebreke gebly om die bedieningspraktyke ook te hervorm.

2.2 ʼn Foutiewe siening

Wagner glo dat die kerkgeskiedenis ʼn bepaalde verloop het.  Die Hervorming het die grond vir die gesag van die Skrif gelê; Metodisme dié vir persoonlike heiligheid en die Pinksterbeweging dié van die werking van die Heilige Gees. Die NAHherstel weer die bedieningspraktyk van die apostels as die nuwe wyn in nuwe sakke watJesus vir die kerk voorsien het:

“... Niemand sit ’n lap van ’n nuwe kleed op ’n ou kleed nie; anders skeur dit die nuwe ook, en die lap wat van die nuwe af kom, pas nie by die oue nie.En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan.Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word, en altwee word saam behou” (Luk.5:36-38).

Die NAH verstaan baie duidelik nie Jesus se woorde nie. Met hierdie metafoor leer Hy dat die OT en NT elkeen ʼn eie waarde het. Die nuwe verbond van “genade alleen” is anders as die wettiese ou verbond. Ou en nuwe wyn word nie in dieselfde bottel gegooi word nie, maar afsonderlik omdat elkeen ʼn eie waarde het. Die koninkryk van God is met Jesus se koms na die aarde op ʼn nuwe spoor gerangeer - dié van genade alleen. Dit loop nie meer op die spoor van wetsonderhouding nie.

2.3   Hoogmoedig

Die NAH isʼn hoogsgepolitiseerde godsdiensbeweging wat ʼn ketterse kultus as geestelike vernuwing aan mense opdis. Hulle glo dat hul bediening groter as Luther s’n is en selfs die werk wat die Hervormers begin het, gaan beëindig. Ironies genoeg het Luther mense na die Bybel teruggebring terwyl die NAH hulle daarvan weglei!

Met die onverbiddelike klem op die gesag van enkelinge in die kerk, keer hulle die kerklike toneel om en bevorderdie agenda van die Antichris. Hulle poog om die pouslike stem van die Christendom te wees asof die kerk ʼn groter kakofonie van stemme benodig. Daarbenewens word leraars se taak ook heromskryf. Hulle moet soos afrigters van ʼn span te werk gaan, sel-groepe stig en toesien dat die apostels se opdragte uitgevoer word.

2.4 Soos ʼn rekenaar

Om vars te kan begin, moet die kerk soos ʼn rekenaar afgeskakel en daarna weer aangeskakel word. Hulle noem dit rebooting the church en beroep hul op Openb.2:4,5:

“Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie”.

Ironies genoeg is die NAH se kandelaar al lankal verwyder. In plaas van die kerk te reboot het hulle dit met ʼn dodelike virus besmet:

En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid” (2 Thess.2:11,12).

“En die HERE het vir my gesê: Die profete profeteer vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie; hulle profeteer vir julle ’n leuengesig en nietige waarsêery en bedrieëry van hulle hart” (Jer.14:14).

2.5 Magsbehep

Talle van die wêreld se grootste veranderinge het in kerkkringe begin en daarna uitgekring. Die verwagting dat kerke omvangryke vernuwings sou ondergaan is alreeds in die 70er jare geskep. Min daarvan het met geestelike verryking gepaard gegaan. Die meeste was georkestreerde, sistematiese, rewolusionêre pogings om beheer oor mense, gemeenskappe en kulture te verkry.

Vir die NAH is vernuwing niks anders as die vernietiging van konserwatiewe geloofswaarhede nie. Hulle vat behoudende kerke nooit openlik aan nie, maar laat vreemde kerkbeskouings geleidelik in hul midde posvat waarna mense aangemoedig word om die nuwe praktyke te beproef.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1881 gaste aanlyn