NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy die geheim wil weet om jonk en gelukkig te bly, moet jy betyds leer om kreatief te wees in jou denke en werke. Genereer jou eie stimulasie en doen nuwe en interessante dinge sonder om vir ander te wag om jou lewe op te kikker.

ONS AFSPRAAK MORE MET GOD

Jeanette Koekemoer

Die Gelofte

“ My broeders en mede-landgenote, hier staan ons voor die Heilige God van Hemel en aarde om ’n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm, en ons vyand in ons hand gee, ons die dag en datum elke jaar as ’n verjaardag en dankdag soos ’n Sabbat tot sy eer sal deurbring; en dat ons ’n huis tot sy eer sal oprig, waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle daarin met ons moet deel, tot nagedagtenis ook vir ons opkomende geslagte, want die eer van sy Naam  sal daardeur verheerlik word, deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee. Amen”.

Dié herdenking wat ons more op 16 Desember vier is steeds die nakom van 'n afspraak met God en of ons alleen is of ‘n Geloftefees bywoon, die aflê van die Gelofte bly noodsaaklik vir elke kind van die Here.

Die Slag van Bloedrivier was nie sodanig die botsing tussen wit en swart nie as wat dit die verheffingsuur van 'n wordende volk was wat sy hoogste bestaansreg en voortbestaansgeleentheid in die hand van God geplaas het.

Volgens Wet nr 3 van 1910 was 16 Desember as openbare vakansiedag bevestig, en sedert 1952 is dit as Geloftedag bekend, hoewel dit intussen ook die lelike naam Dingaansdag, en ook Dankdag, Wendag, Retiefdag, Voortrekkerdag en nog ander name genoem is.

Na aanleiding van die militêre sukses op hierdie dag teen die Zoeloes, het Geloftedag sedert 1838 'n besondere plek in die Afrikaner se volkslewe beklee. By honderde oorde word elke jaar feeste van uiteenlopende aard aangebied. Al daardie groepe vorm saam 'n ontsaglike Gelofteskaar.

Dit is dan ook betekenisvol dat die viering van Geloftedag die afgelope paar jaar weer meer omvangryk nagekom word as in die negentigerjare, en veel meer as in die negentiende en grootste gedeelte van die twintigste eeu. Die rede vir die afgelope jare se groeiende opkoms is ooglopend die bekommernis oor die stelselmatige uitwissing en voortdurende verknegting van die Afrikaner onder die hiel van 'n swart kommunistiese owerheid. In die negentiende tot die twintigste eeu was daar ook 'n interessante eb en vloed oor die jare maar dit was 'n meer gematigde tyd in ons landspolitiek as tans, met  lae misdaadsyfers, 'n meer stabiele ekonomie en oor die algemeen minder bekommernisse oor die toekoms van ons volk – was dit Paulus wat gesê het wanneer dit met die liggaam goedgaan, dit met die hart sleggaan...

Binnelandse politieke woelinge het deur die jare die goeie gees van Geloftedag beïnvloed, maar die godsdienstige, kultuurhistoriese inslag het darem telkens weer oorheers, soos dit ook die afgelope jare die geval is. Partypolitiek speel nie meer dieselfde rol as vroeër in Geloftedagvieringe nie. Dit blyk al meer dat Afrikaners bymekaar kom om 'n gees van eenheid te soek en te bewerk – 'n gesindheid wat ontstaan as gevolg van die onderdrukking van 'n godlose vreemde owerheid. Die behoefte van die Afrikaners om weer Geloftedag te wil vier blyk duidelik die wyse waarop God besig is om ons volk weer op ons knieë voor Hom te bring.  Die humanistiese lewensbeskouing wat deur lang jare geleidelik die Calvinistiese Christelike uitkyk belemmer het, het sy tol van ons volkseenheid geëis maar die Here is besig om hierdie toestand om te swaai deur middel van die heidense regering wat Hy oor ons toegelaat het.

Op sekere plekke het 'n besondere tradisie in die viering ontstaan, soos by Paardekraal aan die Wes-Rand en die Groote Schuurlandgoed in Kaapstad. Hoogtepunte in die verlede was die Geloftedagvieringe tydens die Tweede Vryheidsoorlog, die feeste van 1915 ná die Rebellie-onrus van 1914-1915, die onthulling van die monument by Klerksdorp in 1920 ter gedagtenis aan die gestorwenes van die konsentrasiekampe, die toenemende feeste daardie tyd by ons buitelandse ambassades sedert 1928, die Eeufeesjaar van 1938 en die onthulling van die Voortrekkermonument in 1949 deur dr DF Malan. 'n Kwartmiljoen mense was om twaalfuur die middag byeen toe die sonstrale op die senotaaf geval het. Daar het 'n krag van die Afrikaner uitgegaan, en talle Engelstaliges het erken dat slegs die Boer so fees kan vier.

Die FAK het vroeër, voordat dit ook deur infiltrasie 'n volksvreemde organisasie geword het, 'n besondere rol gespeel om die viering in die korrekte lig te stel deurdat programvoorbeelde beskikbaar gestel is, toespraaktemas jaar vir jaar voorgestel is en die ware gees van die Gelofte sterk onderstreep het.

Sedert 1949 dateer egter ook die groeiende kritiek op die blanke en hulde aan eie historiese leiers deur veral liberale asook swart politici. Op Geloftedag word daar deur honderde sprekers na verskeie volks- en landskwessies verwys, word daar die afgelope jare reeds van kansels af gepreek oor versoening en die aansporing tot 'n reënboognasie, word die Afrikaner beleuen en verwar oor die posisie wat hy as volk van God beslaan – daardie Godgegewe plek waar Hy self sy volk geplaas het, en word daar steeds in koerante sogenaamd besin oor die doel van Geloftedag. Daarom is dit verblydend dat die oproep vir Geloftevieringe steeds vasstaan, en dat daar weer eendragtigheid onder volksgenote begin kom.

Ek wil ook 'n beroep op elkeen doen dat hulle hul nie deur die media met sy liberale en kommunistiese uitlatings moet laat mislei nie, en dat elke volksgenoot binne homself die saak moet uitmaak en uit die as opstaan om weer vir God die volk te word wat Hy wil hê, sodat Hy weer vir ons die God sal wees soos Hý dit vir ons wíl wees. Dán sal Hy 'n wonderwerk oor ons bring soos ons nog nooit gesien het nie - 'n wonderwerk wat die gebeure by Bloedrivier sal oorskadu, en wat nooit, maar nóóit weer deur enigeen wat dit aanskou vergeet sal word nie.

Geloftedag word nie meer soos vroeër oor 'n hele paar dae lank gevier nie maar dit dien nog steeds as 'n noodsaaklike geestelike wapenskou, as bron van historiese kennis, as oomblik van Afrikaner-volkseenheid, as beeld van die bedreiging en vervaltekens van die eie tyd, en is 'n oproep om gelowig op die Here te vertrou totdat Hy op sy tyd, die enigste regte tyd, ons volk in hierdie land sal herstel.

Op daardie tyd wanneer Hy ons weer vry maak van die verknegters wat ons daagliks vermoor en vermink, sal ons ook 'n nuwe gelofte nodig kry, een waarin al die ou beloftes teenwoordig bly maar waarin ons ook onderneem om ons geliefde vaderland van alle afgodsdienste en onheilige gebruike te reinig sodat ons as volk weer heilig en opreg voor God kan wandel, en nooit, maar nóóit weer, sal omdraai op ons pad van selfvernietiging nie. Indien ons dit nie nakom nie, sou die hele pad van ellende onder 'n moordbende tevergeefs wees.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 834 gaste aanlyn