NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

HERE, U weet beter as ek dat ek ouer word en dat ek eendag oud sal wees. Help my asseblief om nie praatsiek te word nie, en behoed my veral van die noodlottige gewoonte om iets te sê oor elke onderwerp en by elke geleentheid; help my asseblief om eerder te luister en daardeur 'n waardevolle bydrae te lewer.

DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (28)

Frank Peretti

Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu

Verslae kyk Hank en Mary na hulle voordeur. Carmen het die deur letterlik gebreek toe sy daar uit is.

“Jy kan gerus ’n ander hemp aantrek,” sê Mary eindelik. “Joune is flenters.”

“Ja, sowaar. Net reg vir ’n vloerlap. Eina!”

“Wat is dit?” vra Mary besorgd en dan wys Hank haar die plek aan sy arm waar Carmen hom gebyt het. Dis persblou opgeswel met die tandemerke duidelik sigbaar. “Sjoe, ons beter die bytplek skoonmaak. Kom deur badkamer toe.”

Hank stap deur badkamer toe en Mary begin die wond was. “Haai, Hank, sy het jou op vier plekke gebyt. Kyk net hier.” Mary sug en skud haar kop. “Ek het altyd geweet daardie vrou voorspel niks goeds nie.”

Die voordeurklokkie lui en Mary stap om dit te gaan oopmaak. Na ’n paar oomblikke hoor hy haar roep: “Kom hiernatoe Hank, asseblief.”

Twee polisiemanne, ’n oue en ’n jonge, staan in die voordeur. Hank is verbaas om hulle te sien, maar tog nie voorbereid op wat nou gebeur nie. Die jonge hou die stuk van sy hemp wat Carmen afgeskeur het in sy hand en die volgende oomblik haal die ander man boeie tevoorskyn. Voor Hank besef wat aangaan, is sy hande agter sy rug vasgeboei!

“Haai, wat doen julle nou?” vra Mary oorbluf.

“Meneer Busche, ons arresteer jou en waarsku jou dat jy die reg het om stil te bly. Enigiets wat jy wel sê, mag teen jou gebruik word,” se die ouer polisieman.

“Mag ek weet op watter aanklag?” vra Hank, alhoewel hy reeds ’n vermoede het.

“Jy behoort te weet,” snou die ouer polisieman hom toe. “Poging tot verkragting,” voeg die jonger man by.

“Wat!” roep Mary geskok uit. “Luister, u het ’n fout begaan. Dis nie waar nie.”

“Mevrou, bly asseblief uit ons pad uit anders sal ons u moet aankla vir dwarsboming van die gereg.”

“Die gereg!” Sy kyk die twee polisiemans verbysterd aah. “Dis nie reg nie. Noem julle dit regverdig? Hank, wat moet ek doen?”

“Bel ’n paar van ons vriende,” sê Hank.

“Ek wil saamgaan, asseblief.”

“Jammer, Mevrou, u mag nie in die vangwa saamgaan nie,” beduie die ouer polisieman beslis.

Die volgende oomblik sien Mary hoedat hulle Hank agter in die vangwa inlaai, die deur agter hom toesluit en dan wegtrek. Verslae bly sy op die stoep van die pastorie staan.

* * *

Tal en sy krygers weet presies wat gaande is. Hulle is bewus van al die telefoonoproepe wat deur gelowiges gemaak word met die nuus dat pastoor Busche gearresteer is. En natuurlik begin almal bid. Die hele Oorblyfsel in Ashton begin die aangesig van die Here soek.

“Busche het geval,” verduidelik Tal aan sy krygers. “Nou is dit nog Hogan.” Hy wend hom tot Chimon en Mota. “Het Sara die sleutels?”

“Ja,” sê Chimon. “Sy het verskeie afdrukke van sleutels laat maak voordat sy ontslaan is.”

“Hulle is seker nou besig om met haar te gesels,” merk Mota tevrede op.

* * *

Sara, Bernice en Marshall is in Sara se klein kombuisie byeen. Behalwe een lig wat in die eetkamer brand, is die huis donker. Sara is nog ten volle gekleed en dis duidelik dat sy voorbereidings tref om haar huis te verlaat.

“Ek neem alles wat ek in my motor kan indruk en dan ry ek,” fluister sy dringend. “Ek bly nie ’n dag langer as more in hierdie plek nie.”

“Het jy genoeg geld?” vra Marshall besorgd.

“Ek het genoeg vir brandstof om my uit hierdie omgewing weg te kry, maar wat daarna gaan gebeur, weet ek nie en ek dink ook nie daaraan nie.”

“Het Brummel jou geen terugbetalings gegee nie?”

“Nee. Hy moes die gesprek wat ons gehad het, gehoor het. Hy kon nie gou genoeg van my ontslae raak nie.”

Marshall haal twee honderd rand tevoorskyn en oorhandig dit aan haar: “As ek meer gehad het, sou ek dit alles gegee het,” sê hy.

“Baie dankie. Dit sal regtig help.” Sara oorhandig ’n paar sleutels aan hom. “Luister nou baie mooi. Hierdie een is vir die hoofdeur, maar daar is ’n alarmstelsel wat eers ontkoppel moet word.” Fluisterend verduidelik sy presies hoe dit gedoen moet word. “En hierdie sleutel is die een vir Brummel se kantoor. Ek het nie ’n sleutel vir die kabinette nie. Ek glo nie hulle word gesluit nie. Julle sal maar die risiko moet loop.”

“Wat dink jy van ons teorie?” vra Bernice ernstig.

“Ek weet Brummel is baie begaan oor die nuwe kabinette. Vandat hulle installeer is, is ek nooit in sy kantoor toegelaat nie en hy hou sy deur toe. As ek iewers moes soek, sou dit beslis die eerste plek wees.”

“Baie dankie, Sara. Ons moet gaan, Bernice.”

Bernice omhels Sara en fluister: “Hoop dit gaan goed.”

“Dis julle wat die gevaar loop,” sê Sara ernstig. “Wees versigtig.” Die twee figure sluip weg die duisternis in.

Later die nag hou Marshall en Bernice ’n paar blokke van die hofgeboue af stil. Dis ’n leë erf met heelwat bome en struike en bied ’n goeie skuilplek vir die motor. Hulle is albei in swart geklee sodat hulle minder opvallend sal wees en elkeen het ’n flitslig as ook plastiese handskoene.

“Sjoe,” fluister Marshall opgewonde. “Toe ek laas so iets gedoen het, was ek nog maar ’n seun. Ons het vrugte gaan steel.”

“Is julle gevang?”

“O ja, en ons het ’n kwaai loesing gekry.”

“Hoe laat het jy nou?”

“Vyf en twintig minute oor een,” antwoord Marshall en lig met sy flits op sy oorlosie.

Bernice is baie senuagtig en skuif ongemaklik rond. Dis asof nie een van hulle die moed het om tot aksie oor te gaan nie.

“Wel, gaan ons dit waag of nie?” fluister Bernice eindelik. “Ons kan tog nie net hier bly sit nie.”

“Goed dan, weg is ons,” en Marshall maak sy deur oop.

Hulle sluip met ’n agterstraatjie langs tot by die hofsaal waar die polisiestasie ook gesetel is. Gelukkig is daar nie spreiligte buite nie, en dis baie donker.

Bernice is angsbevange. Dis net wilskrag wat haar aan die gang hou. Marshall is ook gespanne, maar tog is daar iets bevredigends in die wete dat hulle daadwerklik teen die vyand optree. Eindelik is hulle oor die oop area van die parkeerterrein en langs die mure van die hofsaal. Dis heerlik donker en vir ’n paar oomblikke voel Bernice veilig.

Sowat tien meter van hulle af is die asdromme. Hulle sien ’n deurtjie in die muur skuins agter houers. Volgens Sara is dit daar waar die alarmstelsel gesetel is. Marshall sluip soontoe, soek die regte sleutel, sluit die deur oop en skakel die skakelaar af. Toe voel hy baie beter. Hy loer om hom heen. Alles is nog veilig. Hulle haas na die voordeur en sluit oop. Dan glip hulle na binne.

Binnekant is alles pikdonker en grafstil. Geen sirenes of alarms verbreek die stilte nie. Marshall kry die volgende sleutel en sluit Brummel se kantoor oop. Alles verloop voor die wind. Hulle is albei in die polisiehoof se kantoor.

Voor hulle staan die kabinette en toerusting wat Brummel so goed bewaak. Sal hulle iets hier wys word? Marshall skakel sy flitslig aan, maar hou sy hand beskermend daaroor sodat die lig nie te maklik van buite sigbaar sal wees nie. Hy maak die linkerkabinet oop. Binnekant is laaie en hy trek een uit . . .

Hulle kan hulle oë nie glo nie. Daar voor hulle is ’n bandmasjien met heelwat bande.

“Ons het dit, Marshall,” fluister Bernice opgewonde.

“Lyk my die bandmasjien skakel self aan ...” Marshall bestudeer alles noukeurig. Bernice het intussen nog ’n deur oopgemaak. Daar is heelwat lêers en katalogusse weggebêre.

“Kyk hier, Marshall,” beduie sy dringend. “Name, datums, gesprekke en ook ’n aanduiding van die band waarop hulle verskyn.”

“Die handskrif lyk vir my bekend.”

“Sjoe, kyk net na hoeveel gesprekke word ingeluister. Dis ongelooflik!”

“Hier is die Basuin se gesprekke aangedui,” beduie Marshall opgewonde. “Die gesprek tussen my en Ted Harmel is op band normmer 5 A opgeneem. Bernice, ons moet kyk of ons die gesprek tussen Susan en Weed kan opspoor?”

“Hmm, ja, ek weet nie op watter dag dit plaasgevind het nie. Weed het nie gesê nie.”

“Waarskynlik het daardie oproep vandag ingekom. Dis waarom dit nog nie aangedui is nie. Dis seker nog op die masjien.” Marshall speel die band terug, en skakel die masjien aan. Hy draai die volume af sodat dit nie te veel lawaai nie. Stemme begin praat, sommer gewone alledaagse gesprekke. Naderhand raak hy ongeduldig en druk die vorentoe knoppie. Weer is dit ander stemme. Dan skielik hoor hy ’n bekende stem — sy eie! Dis ’n gesprek tussen hom en Eldon Strachan. Hy voel kriewelrig om sy eie stem so oor die band te hoor. Daardie mense weet absoluut alles van hom af. Hy druk weer die vorentoe knoppie en toe hy dit los, klink ’n mansstem tot hulle deur.

“Jong, hierdie hele besigheid is ’n gemors.”

“Haai, dis Weed! Ek is oortuig daarvan!” roep Bernice uit.

Marshall speel die band weer ’n entjie terug en skakel dan aan. Daar is ’n oomblik stilte en dan begin ’n gesprek.

“Ja, hallo,” sê Weed.

“Kevin, dis Susan hier,” klink ’n vrouestem.

“Ek luister. Wat moet ek doen?” vra Weed.

“Kevin, vanaand gaan ek hier uitglip, hoe weet ek nog nie. Maar ek gaan.” Susan se stem is gespanne. “Sal jy my more by die Immergroen Padkafee ontmoet?”

“Ja, goed.”

“Probeer om Bernice Kreuger saam te bring. Ek het inligting wat ek aan haar moet toon. Dis alles wat sy nodig het.”

“Jong, hierdie hele besigheid is ’n gemors. Jy moet sien hoe lyk my kamer. Iemand het die plek behoorlik deurmekaar gekrap. Jy moet baie versigtig wees.”

“Ons is almal in groot gevaar, Kevin. Kaseph skuif nou na Ashton om alles te gaan oorneem. Maar ek kan nie langer praat nie. Ontmoet my moreaand om agtuur by die Immergroen. Ek sal sorg dat ek daar uitkom. As ek nie kan nie, sal ek skakel.”

“Goed.”

“Ek moet gaan. Tot siens en baie dankie.” Die geluid van ’n gehoorbuis wat neergeplaas word. Marshall skakel die masjien af.

“Hmm, nie veel nie, maar darem iets. Ek wonder of sy daarin geslaag het om aan Kaseph se kloue te ontkom.”

Skielik hoor hulle ’n sleutel wat in die voordeur gedraai word. Marshall en Bernice beweeg soos blits. Sy plaas al die lêers terug en hy bêre die bandmasjien. Dan maak hulle die deure van die kabinet toe.

In die voorportaal word ligte aangeskakel. Hulle kruip agter Brummel se groot lessenaar weg. Bernice se gesig is wit en haar oë vra duidelik wat hulle nou te doen staan. Marshall beduie dat sy moet stilbly en hy bal sy vuiste om aan te toon dat hulle moontlik sal moet veg. ’n Sleutel word in Brummel se kantoordeur gedraai en dan gaan dit oop. Skielik is die hele vertrek helder verlig. Hulle hoor hoedat iemand na die kabinet toe gaan, die laai ooptrek en die bandmasjien uitskuif. Marshall loer vinnig bo-oor die blad van die lessenaar. Dis Carmen. Sy is besig om die band terug te speel.

Wrewel wel in Marshall se binneste op. Die vermetelheid van die meisie. Kamstig sy sekretaresse!

“Slaap jy dan nooit nie,” se hy hardop en Bernice skrik geweldig. Maar Carmen skrik nog meer. Sy hyg na haar asem en swaai haastig om.

“Wat!” gil sy. “Wat op aarde doen julle hier?”

“Ek dink ons kan dieselfde vraag aan jou stel,” sê Marshall toe hy en Bernice orentkom.

Carmen staar hulle sprakeloos aan. Dis duidelik dat sy heeltemal onkant gevang is.

“Jy is ’n spioen, dis wat jy is, nê Carmen,” gaan hy  voort. “Jy is in ons kantoor geplaas om al ons gesprekke op te neem en nou het jy al ons inligting en bewysstukke uit die Basuin se kantore verwyder.”

“Ek weet nie . .

. . waarvan ek praat nie,” voltooi Marshall haar sin. “Is dit wat julle elke aand hier kom doen, al die telefoongesprekke nagaan en notuleer sodat jou grootbase kan weet wat aangaan?”

“Ek . . . ek . . .”

“En waar is ons dokumente wat jy uit die Basuin se kantore verwyder het?”

Meteens bars Carmen in trane uit: “O . . . jy sal nie verstaan nie ...” snik sy en stap uit na die voorportaal met Marshall kort op haar hakke. Hy gryp haar aan die arm en swaai haar om sodat sy hom aankyk.

“Nie so haastig nie, kindjie. Ons het baie om met mekaar te bespreek.”

“Oooh!” huil sy en dan gooi sy skielik haar arms om Marshall en snik met haar kop teen sy bors. “Ek het gedink jy is ’n inbreker. Ek is so bly dis jy. Ek het hulp nodig, Marshall.”

“En ons soek antwoorde,” kap Marshall kortaf terug. Hy druk haar in Sara se stoel neer. “Toe, jy kan jou trane maar vir ’n ander geleentheid bêre. Dit beïndruk my glad nie.”

Sy kyk hulle albei snikkend aan. Haar grimering loop oor haar wange: “Julle verstaan nie ...” snik sy. “Ek het hierheen gekom om hulp te soek. Ek . . . ek het ’n verskriklike ondervinding gehad. Dis ... dis vreeslik.” Haar hele liggaam ruk. “Ek . . . ek is verkrag.” Sy sak op die vloer neer en snik onbeheersd. Die ander twee kyk mekaar onseker aan.

“O so,” sê Marshall onsimpatiek. “Dit lyk my almal hier rond word deesdae verkrag. Veral deur persone wat jou base hier wil wegwerk. Wie is die skuldige hierdie keer?”

Sy antwoord nie maar snik aanhoudend. Dit word vir Bernice te veel. Sy kom aggressief nader.

“Kyk hoe lyk ek, Carmen! En jy was al een wat geweet het dat ek Kevin Weed sou gaan ontmoet. Dit is dus jy wat die boef aangesê het om my voor te lê en aan te rand.”

Carmen antwoord steeds nie en Marshall gaan weer Brummel se kantoor binne. Hy keer terug met lêers en notas in Carmen se handskrif.

“Hier is dit alles in jou handskrif, Carmen. Jy is ’n spioen.” Marshall probeer haar van die grond af oplig. “Toe, is dit waar of nie?”

Die volgende oomblik sien Marshall dat sy ’n knoppie op die vloer gedruk het, skynbaar nog ’n alarm. Hy skrik hom yskoud. Maar voordat hy iets kan doen, gaan die deur oop en ’n stem roep dringend: “Polisie!”

Verslae steek Marshall en Bernice hulle hande in die lug. Carmen snik nie meer nie, inteendeel, ’n triomfantelike blik verhelder haar besmeerde gelaat. Sy gaan staan agter die twee polisiemanne wat na binne gekom het. Elkeen het ’n pistool wat op Marshall en Bernice gerig is.

“Is dit jou vriende, Carmen?” vra Marshall. Sy antwoord nie maar glimlag net selftevrede. Dan kom Alf Brummel skielik die vertrek binne. Hy is in sy kamerjapon geklee en lyk nog half deur die slaap.

“Wat op aarde gaan hier aan?” vra hy verward en staar van Marshall na Bernice. Dan skielik begin hy glimlag en knik met sy kop. “Ek kan dit nie glo nie, maar dis tog so. Bernice Kreuger!”

Weer gaan die deur oop en Juleen Langstrat kom na binne. Sy het ook ’n kamerjapon aan. Sy gaan langs Brummel staan en die twee van hulle lyk heel ingenome met hulleself so asof hulle ’n groot slag geslaan het.

“Jammer dat ons julle slaap gesteur het,” se Marshall sarkasties.

“O ek sou hierdie geleentheid vir geen geld ter wêreld wou misloop nie,” antwoord Langstrat.

“ Arresteer hulle albei,” beveel Brummel en glimlag sy ‘mondvol tande’ glimlag.

Hulle hou egter nie rekening met Marshall nie. Hy het die situasie goed in oënskou geneem. Brummel en Langstrat het effens voor die polisie ingeskuif en hy besef dat die geregsdienaars nie maklik sal kan skiet nie. Skielik slinger Marshall homself met sy hele gewig teen Brummel en Langstrat vas. Hulle val agteroor op die twee polisiemanne.

“Hardloop Bernie,” gil Marshall. “Hardloop!”

Sy laat nie op haar wag nie. Sy hardloop so al wat sy kan met die lang gang af tot by die agterste deur wat gelukkig maklik oopgaan. Toe is sy buite in die koel naglug.

Marshall is in ’n hewige stryd gewikkel. Hy klou vas aan so baie van die persone as wat hy kan. Hy geniet dit nogal en probeer glad nie om weg te kom nie. Sy doel is om hulle besig te hou sodat Bernice kan wegkom.

Een van die polisiemanne ruk los en hardloop agter Bernice aan. Hy hoor haar voetstappe in ’n agterstraat en sit haar agterna. Arme Bernice kom nou eers agter in watter bedenklike toestand sy verkeer. Haar gekraakte rib pyn vreeslik, maar ten spyte daarvan hardloop sy voort. Sy wens sy het haar bril gehad, want sy sukkel om behoorlik te sien. Ver weg hoor sy die polisieman se stem. Hy beveel haar om te staan, maar sy steur haar nie daaraan nie. Sy swaai skerp na links deur iemand se agterplaas en toe begin ’n hond te blaf. Daar is ’n heining, maar met behulp van twee asdromme slaag sy daarin om oor die heining te kom. Die geluide trek egter die polisieman se aandag en hy sit haar weer agterna.

Skielik bevind sy haarself in ’n varsgeploegde land, dan oor ’n grasperk, en terug na ’n agterstraatjie. Weer klouter sy oor ’n heining en hardloop dan voort. Dit klink asof die polisieman ’n bietjie veld verloor het.

Sy is ontsettend moeg en kan maar net hoop dat haar agtervolger ook begin moeg word. Haar asem kom hygend en die pyn skeur deur haar liggaam. Sy sukkel om asem te kry.

Sy hardloop deur ’n woonerf en die honde begin blaf, dan skiet sy oor ’n straat en in ’n bos in. Die takke krap haar, maar sy sukkel voort. Dan sien sy nog ’n heining naby ’n diensstasie. Sy strompel langs die heining op tot by ’n vullishoop. Daar gryp sy ’n gebreekte bottel en gaan agter ’n bos lê. Sy kan nie meer nie. Haar asem kom hygend.

Die polisieman kom redelik stadig deur die bos aangesukkel. Takke kraak en sy kan hom hoor hyg en mompel. Sy lê doodstil. Meteens word hy ook stil. Hy is seker besig om te luister. Hy wil weet waar sy haar bevind. Sy neem die bottel en werp dit met al haar mag bo-oor die heining tot naby die diensstasie. Dit spat aan skerwe! Die polisieman kom aangestorm en kom naby die diensstasie staan.

Bernice kan hom nie sien nie, maar sy hoor hom asemhaal. Hy luister ’n ruk en dan hoor sy voetstappe. Hy stap in die teenoorgestelde rigting weg. ’n Sug van verligting ontsnap uit haar bors. Hy het haar verloor.

Bernice bly nog ’n geruime tyd net waar sy is. Haar hart voel asof dit uit haar borskas wil spring. Die pyn is erg en sy byt op haar lip. Sy sukkel om asem te haal.

O Marshall, wat gaan hulle met jou doen?

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 938 gaste aanlyn