NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dobbel is ‘n nare ding.  Meer mense verloor as wat hulle wen.  Moenie met die kosbaarste ding in die lewe dobbel nie – jou siel!

DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (23)

Frank Peretti

Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu

"Die man gaan van sy verstand af. Ek moet gaan kyk." "Nee, klim terug in die bed, asseblief."

"Ek kan nie, Kate. Ek kan nie bekostig om hierdie kontak te verloor nie."

"Marshall, ek glo dit nie. Jy moet gek wees!"

Marshall soen Kate op die voorkop en voordat sy mooi besef wat gaa de is, is hy weg. Vir 'n paar oomblikke sit sy op die bed, stomgeslaan. En dan val sy teen die kussings terug, vies en omge¬krap. Sy hoor hoe die motor aangeskakel word en teen 'n hoe spoed wegtrek .. .

Marshall ry noordwaarts deur die dorpie Windsor en dan nog 'n paar kilometer verder. Hy vind dit vreemd dat Harmel nog so naby aan Ashton woon. Die vorige keer toe hy hom ontmoet het, was dit seker twee honderd kilometers verder daar bo in die berge. Die arme man moet gek wees — beslis nie normaal nie.

En tog, hy het regtig desperaat geklink. Marshall weet dat die man wat hom gebel het, bang is — verskriklik bang.

Dis nie so maklik om Harmel se woonhuis te kry nie, want die aanwysings wat hy oor die foon verstrek het, is maar redelik deurmekaar. Toe hy eindelik die huis aan die einde van 'n lang grondpad opspoor, begin dit reeds effens lig word. Marshall kyk op sy horlosie. Dit her hom 'n uur en 'n half geneem om daar te kom. Hy sien Harmel se ou Valiant langs die huis geparkeer. Ja, dit is die regte plek. Die huisie lyk maar eenvoudig.

Die voordeur is oop en die een venster stukkend. Marshall sak op sy hurke agter sy motor neer en bespied die omgewing. Hy voel onrustig. Dis of hy weer Harmel se angsbevange uitroepe hoor. Koue rillings beweeg langs sy rug op en af. Hy besef meteens dat hy bang is, verskriklik, ontsettend bang.

"Ted!" roep hy gedemp. Daar is geen antwoord nie. Dit lyk beslis nie goed nie. Marshall dwing homself om óm sy motor te stap, met die paadjie langs en tot op die voorstoep. Hy luister aandagtig terwyl sy hart met moeisame slae klop. Hy hoor niks nie, behalwe die geklop van sy hart. Glasstukke breek onder sy skoene toe hy op die gebreekte ruit trap. Die geluid laat hom skrik.

"Ted!" roep hy weer. "Ted ... dis ek, Marshall Hogan!"

Geen antwoord nie. Marshall stap na binne. Hy sien Harmel se baadjie wat oor 'n stoel hang en teen die een muur is 'n geraamde voorblad van een van die vorige uitgawes van die Basuin. Ja, dit moet Harmel se huis wees.

Die plek is in 'n verskriklike toestand. Borde en breekgoed lê aan flenters op die vloer. In die woonkamer lê 'n stukkende stoel en 'n stuk pleister het uit die een muur geval. Die gloeilampe is almal stukkend en boeke le die hele lamer vol. Nog 'n syvenster is ook gebreek!

En dan voel Marshall dit weer, daardie verskriklike angs wat hy daardie nag in sy eie huis gevoel het. Hy probeer dit afskud en ignoreer, maar dis onmoontlik. Dit omvou hom soos iets wat klou en kleef. Hy voel die sweet aan sy handpalms en in sy gesig. Hy kyk verward rond op soek na 'n wapen. Al wat hy sien is die vuuryster wat by die kaggel lê. Hy gryp dit en gaan teen die muur staan. Solank as wat hy met sy rug teen die muur staan, kan hy homself verdedig. Met sy een hand voel hy vir die skakelaar, want die vertrek is nog baie donker.

Orals om hom loer geel uitpeuloë en swart vlerke verskuif van posisie. Die hele kamer is vol demone. Hulle klou aan die plafon vas, teen die mure, op die meubels, soos krioelende insekte.

Stadig beweeg Marshall na die lessenaar in die een hoek en met 'n sakdoek oor sy hand om vingerafdrukke te verhoed, maak by die een laai na die ander oop. Hy sien dat alles nog onaangeraak is. Die motief was blykbaar nie diefstal nie.

Hy beweeg deur na die badkamer. Dis een groot chaos. Die spieël is gebreek en glasstukke lê in die bad en op die vloer. Sluipend beweeg hy in die gang af. Honderde pare geel oë hou hom dop. Die geel wasem vorm 'n damp in die vertrek.

In die slaapkamer wag die afgryslike demone hom in. Hulle klou oral vas. Hulle asemhaling klink soos die gesleep van kettings deur 'n modderbad.

Van waar hy staan, kan Marshall net een hoek van die bed sien. Hy kom behoedsaam nader. Dan gaan hy geskok staan. Op die bed lê Ted Harmel, sy kop een bloederige massa en 'n pistool in sy hand! Die muur en beddegoed is die ene bloed!

In daardie oomblik storm talle demone op Marshall af, reg vir sy hart. Die vreeslikste krete weerklink deur die lug. En dan 'n gloeiende vlam, 'n ontploffing en wit lig wat die hele kamer vul. Demone word aan stukke gekerf en die siukke disintegreer eenvoudig en verdwyn. Maar nog ander neem hulle vernietigde makkers se plekke in. Arme Marshall staan angsbevange, onbewus van wat werklik aangaan. Maar om hom staan vier hemelse wesens, swaarde in die hand en hulle vernietig die demone so vinnig as wat hulle naderkom!

Die lug is gevul met die geklank van swaarde, uitroepe, steune en kreune. Nathan, Armoth en twee ander engele, Senter en Cree veg soos helde en kap en sny links en regs. Demone word aan stukke gekerf. Die gloed van hulle swaarde skitter teen die mure en verlig die vertrek.

Nathan kerf een demoon se nek oop en slinger hom deur die dak die nag in. Met sy een hand gebruik hy sy swaard en met sy ander hand vang hy demone aan die enkels en slinger hulle van Marshall af weg. Cree sprei sy vlerke wyd uit en beskerm die verskrikte menslike wese terwyl sy makkers veg so wat hulle kan.

"Stoot hulle terug!" roep Nathan en hy begin 'n klomp demone bo sy kop in die rondte swaai. Hy hoor hoe hulle teen ander vasgeslaan word.

Geleidelik begin die demone retireer. Hulle besef dat hulle met 'n oormag te doen het. Die engele vorm 'n muur rondom Marshall en hou die demone van hom af weg. Naderhand vlieg Senter na buite tot bo-op die dak en van daar af slinger hy bose geeste die afgrond in.

En dan, skielik, is alles verby! Daar is nie 'n enkele demoon oor nie en nie een van hulle het weggekom nie.

Nathan vlieg terug en vou sy vlerke. Die lig om hom, doof uit! "Hoe gaan dit met ons vriend?" vra hy.

"Nie te sleg nie," antwoord Cree. "Net baie verbouereerd. Maar hy sal weer veg."

In stilte betrag die engele Ted Harmel se jammerlike figuur. Opnuut besef hulle dat Rafar op baie verskillende fronte kan aanval. Sy magte is so sterk, terwyl hulle nog so min is.

"Is daar iemand wat Weed bewaak?" vra Nathan skielik bekommerd.

"Ja. Tal her vir Signa gestuur," antwoord Armoth.

Intussen kry Marshall weer 'n houvas op homself. Die verskriklike angs wyk stadig en hy voel weer in beheer van die situasie. Harmel is dood. Dis verby! Hy moet hier wegkom. Maar eers die saak aangee.

Hy gaan na die eetkamer waar die telefoon op 'n tafel staan. Hy gebruik weer 'n sakdoek om sy vingerafdrukke te verwyder. Dan skakel hy die polisie in Windsor. Marshall voel oortuig dat Alf Brummel en sy mense nie hierdie saak reg sal hanteer nie.

"Ek wil 'n skietvoorval aanmeld," sê hy toe die polisie die telefoon beantwoord. "lemand het selfmoord gepleeg." Hy verstrek dieadres, beduie die pad soontoe en sit toe neer sonder om sy eie naam te vermeld. En toe gee hy pad!

Verskeie kilometer verder noord, hou hy by 'n vulstasie stil en stap haastig na die publieke telefoon. Hy skakel Eldon Strachan se nommer, maar daar is geen antwoord nie. Daarna skakel hy die Basuin se kantore. Bernice behoort daar te wees.

"Basuin," sê iemand en hy herken Carmen se stem. "Carmen, dis Marshall hier. Skakel my deur na Bernice, asseblief."

Byna onmiddellik hoor hy Bernice se stem.

"Is iets fout, Marshall? Is jy siek?"

"Wees kalm, Bernie," sê hy. "Hier is belangrike ontwikkelinge."

"Ek is reg. Praat maar."

"Ek kom nou net van Ted Harmel se woning af. Hy het selfmoord gepleeg. Vroeg vanoggend het ek 'n oproep van hom ontvang. Hy was in 'n vreeslike toestand — histeries en deurmekaar. Toe ek daar kom, was hy dood. Maar die hele plek is in chaos. Hy het beslis 'n kwaai worsteling gehad...met iets of iemand."

"Sjoe, dis kwaai. Hoe voel jy, Marshall?"

"Ontsenu, maar dit gaan darem. Ek het die Windsor-polisie gebel, maar ek het myself uit die voete gemaak. Nie my naam verstrek nie. Ek is nou naby Windsor op Hoofweg 38. Ek ry nou uit na Strachan toe om te gaan vasstel hoe dit met hom gaan. Maak jy asseblief 'n draai by Weed. Ek wil seker maak dat ons nie nog 'n skakel verloor nie."

"Dink ... dink jy ons kan meer sulke voorvalle te wagte wees?"

"Ek weet nie. Harmel was ongebalanseerd. Miskien is sy selfmoord iets heel toevalligs. Maar ek moet met Strachan praat en ek wil hê jy moet Weed opsoek. Wees net versigtig, asseblief."

"Reg. Ek sal vandag nog gaan."

'n Uur later bring Marshall sy motor voor Strachan se paashuis tot stilstand. Dit is mos die regte huis! Hy maak die motordeur oop en klim uit. Weer bekyk hy die woning. lets voel vir hom nie reg nie. Waarom blaf die hond nie? Verlede keer was Lady so gou om hom storm te loop. En hy merk dat ruite aan die een kant van die huis gebreek is. Met 'n hart wat vinnig klop, stap hy om agter toe na die parkeerterrein. Daar is geen motor te sien nie. Koue vingers omklem sy hart en onwillllekeurig begin hy bid dat Eldon en Doris tog veilig moet wees.

Hy stap heeltemal om die huis en dan tot op die voorstoep. Die voordeur is gesluit en hy kyk deur een van die stukkende ruite. Binnekant is alles in wanorde. 'n Paar oomblikke aarsel hy, maar dan klim hy deur die stukkende venster na binne. Stoele en meubels is omgekeer, kussings stukkend gesny en 'n pragtige koffietafel uitmekaar gebreek. Feitlik al die lampe is stukkend.

Verslae staar hy om hom heen. Hy besef dat die hele huis deursoek moet word. Dan merk hy 'n vulgêre waarskuwing wat in groot rooi letters op die spieël aangebring is. Sy hart begin dringend klop en hy voel dat sy hande natgesweet is. Maar dis darem nie dieselfde angs wat hy in Harmel se huis ondervind het nie.

'n Deeglike soektog van die hele huis lewer niks op nie! Geen bloed of grusame ontdekkings nie en onderweg ondertoe wonder hy opnuut wat die verband tussen die twee voorvalle kan wees. Dis duidelik dat sowel Harmel as Strachan geterroriseer is .. .

"Bly net daar staan! Polisie!"

Verslae kyk Marshall deur die gebreekte venster en sien 'n polisieman met 'n pistool wat hom stip dophou.

"Wag 'n bietjie," begin Marshall versigtig.

"Steek jou hande in die lug sodat ek hulle kan sien," gebied die man beslis.

Marshall gehoorsaam dadelik en verduidelik: "Kyk, ek is Marshall Hogan, die redakteur van die Basuin in Ashton. Strachan en ek is vriende."

"Bly doodstil staan, meneer Hogan. Ek sal eers jou identiteitsdokument moet sien."

"Wel, dis in my sak. Ek gaan dit uithaal en deur die venster na jou toe gooi," se Marshall. Hy sien dat 'n tweede polisieman by die eerste een aangesluit het en ook die man se pistool is direk op hom gerig. Met kloppende hart gooi hy sy sakboekie deur die venster tot by die voete van die polisie. Die een tel dit op en bestudeer dit.

"Wat doen u hier, meneer Hogan?" vra hy.

"Ek probeer vasstel wat met Strachan se huis gebeur het en ek wil weet wat van hom en Doris geword het!"

Die een polisieman probeer die voordeur oopmaak, terwyl die ander een steeds sy pistool op Marshall gerig hou.

"Hoe het u binnekant gekom?" vra die polisieman.

"Deur die venster geklim."

"Nou goed, meneer Hogan, klim asseblief weer deur die venster en kom hier na ons toe. Maar moet geen verkeerde beweging maak nie."

Toe Marshall buite is, swaai hulle hom om met sy hande teen die muur en deursoek hom.

"Is julle van Windsor-polisiestasie?" vra Marshall.

"Windsor-omgewing," antwoord een en met dié gryp die polisieman Marshall se gewrigte en boei hom.

"U word gearresteer. U het die reg om stil te bly .. ."

* * *

Net nadat Bernice met Marshall gepraat het, skakel sy Kevin Weed se nommer, maar daar is geen antwoord nie. Toe soek sy in haar lêer na die nommer van die Gorst Saagmeule en bel daarheen. Hulle sê dat Kevin nie by die werk opgedaag het nie, en as sy met hom praat, moet sy hom sommer inlig dat hy sy werk gaan verloor as hy nie baie gou aanmeld nie.

Daar is nog een plek waar Kevin moontlik kan wees en dis die Immergroen Padkafee. Sy bel soontoe en die eienaar deel haar mee dat hy wel die oggend daar was.

"Hy was in 'n baie slegte bui — omgekrap en geïrriteerd," verduidelik Danny. "Twee van hulle het in 'n geveg betrokke geraak en ek moes hulle hier uitboender."

Bernice gee Danny die Basuin se nommer en vra dat hulle haar moet kontak indien hy weer daar opdaag. Op die ingewing van die oomblik besluit sy om self Baker toe te ry.

"Carmen," sê sy toe sy haar handsak gryp, "ek sal vir die dag weg wees. Indien Marshall bel, sê vir hom ek volg 'n leidraad op. Hy sal weet wat ek bedoel."

"Reg, Bernice."

Baker is sowat dertig kilometer vanaf Ashton en Weed se woonplek effens nader. Bernice kry die plek maklik — 'n verwaarloosde derderangse affêre. Sy ruik dadelik dat daar fout met die rioolput moet wees.

Sy stap die houttrappe op na bo. Die gebou is donker en neerdrukkend. Sy sien 'n lang gang met baie deure redelik naby mekaar. Dis beslis nie kamers nie, maar wel sluitkaste. Fronsend stap sy verder. Dan hoor sy voetstappe agter haar. Toe sy omkyk sien sy 'n skraal man in klinknaelbroek en 'n leerbaadjie. Hy het 'n baie lelike vel en puisies.

"Wie soek jy?" vra hy.

"Ek het 'n vriend kom besoek," amtwoord sy vinnig en kies koers in die teenoorgestelde rigting.

"Lekker kuier," sê hy en sy voel hoe sy oë haar letterlik middeldeur kyk. Maar sy stap aan en bid net dat die gang nie moet doodloop nie. Met diepe verligting merk sy nog trappe wat opwaarts lei. Haastig stap sy na bo. Weed se nommer is iets oor die 200 en dus behoort dit op die tweede verdieping te wees. Die lig is baie dof en sy sien dat die mure baie jare gelede laas geverf is. Haar voetstappe klink hol op die plankvloere.

In die boonste gang loop sy in die teenoorgestelde rigting op soek na Weed se nommer. Popmusiek weerklink van agter die toe deure. Hier en daar hoor sy stemme wat argumenteer.

Eindelik bereik sy Weed se kamerdeur en klop aan. Daar is geen antwoord nie. Maar die deur is skynbaar nie behoorlik toe nie, want dit gaan stadig oop.

Die vertrek is in chaos en Bernice kyk geskok om haar heen. Geen mens kan in so 'n morsige plek woon nie, nie eers Kevin nie. Maar dan dring dit tot haar deur dat dit vandalisme is. Alles is deurmekaargekrap en rondgegooi. Papier en klere lê oral. Weed se kitaar lê op die vloer, flenters! lemand het daarop getrap. Alle borde en koppies is stukkend en in die kombuis is vulgêre woorde teen die een muur met spuitverf aangebring.

Bernice is bang. Sy staan roerloos en haar liggaam bewe. Wie weet wanneer sy of Marshall so geïntimideer gaan word? Onwillekeurig wonder sy wat Marshall by Strachan aangetref het en toe dink sy skielik aan haar eie woonstel. Miskien lyk dit ook so. Dalk was hulle reeds daar! En dit sal nie help die polisie om Polisie te ontbied nie, want soos dit nou vir haar lyk, werk die polisie in Ashton saam met hulle.

Uiteindelik glip sy by die deur uit nadat sy vir Weed 'n nota agtergelaat her — net ingeval by miskien weer daar opdaag. Dan sluip sy in die donker gang af, terug na die trappe toe. Haar hart klop moeisaam en haar asemhaling is hortend.

Skielik spring iemand uit die halfdonker op haar. Sy sien 'n swart figuur en in daardie oomblik dink sy aan die skraal man met die swart leerbaadjie. Haar tande begin opmekaar klap en sy voel hoe 'n hand haar bloese vasgryp. Die geluid van materiaal wat skeur, klink in haar ore en 'n geweldige hou langs die kant van haar kop laat haar agteroor slinger. Deur 'n waas sien sy die verwronge gelaat.

Sy val en haar liggaam gly langs die muur af. Sy voel hoedat 'n voet haar in die gesig tref. Haar bril spat aan flenters en sny haar gesig! Houe reën op haar neer en sy word lam.

En dan hoor sy voetstappe — en hy is weg!

Dis seker 'n nare droom. Haar kop klop pynlik en sy sien bloed voor haar op die vloer. En die vloer is so naby — sy wil net rus. Met 'n dowwe geluid sak sy op die vloer neer. Trane wel in haar oë op en sy snik roggelend terwyl bloed en speeksel oor haar lippe borrel. Met uiterste kraginspanning probeer sy orentkom, maar sy sak weer terug. Sy probeer gil, maar 'n kreungeluid is al wat oor haar lippe kom.

Dan hoor sy geluide bo-op die trappe. Stemme dring tot haar deur, uitroepe en gille! Sy hoor voetstappe. Skielik kniel mense langs haar. Hande help haar op. Iemand vee haar gesig af. 'n Warm kombers word oor haar gegooi. En dan hoor sy iemand vloek. Sy spoeg die bloed uit haar mond uit.

***

Marshall het besluit om niks te sê nie en hoe die offisier by die Windsor polisiestasie ook al probeer, hy kry geen antwoorde op sy vrae nie.

"Ek hoop jy besef ons praat hier van 'n moord'," sê 'n speurder en kyk Marshall ernstig aan. "Ons het verneem dat jy vanoggend by Ted Harmel se woning was en dis ongeveer die tyd toe by oorlede is. Wat het jy daaroor te sê?"

Marshall swyg. Hy gaan niks sê wat hulle later teen hom kan gebruik nie. Maar wat hom hinder is waar hulle gehoor het dat hy by Harmel was. En die persoon wat dit geweet het, het ook geweet dat hy onderweg na Strachan toe was. 'n Baie eienaardige situasie wat hy fronsend oorweeg.

"Is jy vasbeslote om niks te sê nie, Marshall?" hou die speurder vol. Marshall reageer glad nie. "Wel, gee ons net die naam van jou advokaat. Jy gaan regsadvies nodig hê." Maar Marshall kan nie eers aan een dink nie en daarom bly by stil.

In daardie stadium kom 'n polisieman die vertrek binne en sê aan die speurder: "Spence, daar is 'n oproep vir jou vanaf Ashton." Die speurder tel die gehoorbuis van die telefoon op sy lessenaar op en praat: "Ja, is dit jy Alf? Ja, wat gaan aan?"

Marshall verstyf. Alf Brummel? Is dit moontlik?

"Ja," sê die speurder. "Hy is hier, maar hy wil nie met ons praat nie. Wil jy graag met hom gesels? Goed." Hy hou die gehoorbuis na Marshall toe uit. Oorbluf neem hy dit.

"Ja, Hogan hier."

"Marshall, wat is daar aan die gang?" hoor hy Brummel se skynbaar geskokte en ontstelde stem.

"Ek het geen idee nie."

"Hulle se Ted Harmel is vermoor en jy is die verdagte ... is dit so?"

"Ek het geen idee nie."

"Haai wag 'n bietjie, Marshall," sê Brummel toe hy agterkom wat gaande is. "Ek het gebel om jou te probeer help. Ek is oortuig daar moet iewers 'n misverstand wees. Wat het jy daar by Harmel gaan doen?"

"Geen kommentaar."

"Deksels, Marshall, moenie onnosel wees nie. Vergeet dat ek polisieman is. Ek is jou vriend en ek wil jou help."

"Nou help my dan."

"Ek wil regtig. Sowaar! Kyk, laat ek weer met speurder Nelson praat. Miskien kan ons iets reël." Marshall oorhandig die gehoorbuis aan Nelson en hy en Brummel gesels 'n paar minute. Dit klink asof hulle mekaar redelik goed ken.

"Ja, ek sien geen rede waarom dit nie gedoen kan word nie," glimlag die speurder. "Jy sal beslis meer met hom kan uitrig as ons. Ek sal reël dat hy na julle regsgebied oorgeplaas word." Hy kyk na Marshall en sê: "Alf sal vir jou instaan. Ons sal jou soontoe stuur."

Marshall knik met sy kop. Hy weet maar te goed wat die hele besigheid impliseer. Nou het Brummel hom net waar hy hom wil hê. As daar nie 'n saak teen hom is nie, sal Brummel en sy trawan¬te een fabriseer. Wat sal hulle nou uitdink om hom te elimineer? Miskien dat hy en Harmel 'n kindermolesteringsorganisasie aan die gang gehad het!

Nelson oorhandig weer die gehoorbuis aan Marshall. Oorbluf neem hy dit en hoor Brummel se opgewonde stem aan die ander kant.

"Marshall, 'n polisievoertuig is nou net na Baker uitgestuur. Bernice is blykbaar daar aangerand!"

Marshall voel hoedat sy hele lyf lam word. Hy wens so dat Brummel lieg, maar terselfdertyd weet hy dat dit die waarheid is. Arme Bernice is ook by hierdie verskrikking betrek.

"Wat . . . wat het gebeur?" vra hy hees.

"Ons weet nog nie. Hulle sal my laat weet sodra hulle die toestand geëvalueer het. Dit behoort nie te lank te wees nie. Intussen gaan hulle jou aan my sorg oorlaat. Jy moet so gou moontlik na Ashton terugkeer. Kom sien my so drie-uur."

"Ek sal daar wees, Brummel, daarvan kan jy seker wees." "Goed. Ons sien mekaar drie-uur."

Nelson glimlag vir Marshall en sê vriendelik: "Ons sal jou na jou motor toe neem en dan kan jy self na Ashton terugkeer."

* * *

Die man met die swart leerbaadjie hardloop in Ashton se strate af soos iemand wat van die duiwel besete is. Hy is angsbevange, loer elke nou en dan oor sy skouers asof iets hom agtervolg en snik kliphard. Vyf Bose geeste klou aan hom vas, soos groot bloedsuiers, hulle kloue diep in sy liggaam ingeslaan. Maar eienaardig genoeg is hulle nie in beheer van hom nie. Nee, inteendeel, hulle is self vreesbevange!

Bokant die vyf demone en hulle slagoffer, vlieg ses hemelse wesens, hulle swaarde gereed. Hulle lei die vlugtende jongman in die rigting waarheen hy moet gaan. Die demone sis en spoeg om hulle verontwaardiging te kenne te gee, maar die hemelse wesens is in volle beheer. En die jongman slaan met sy hande asof hy lastige vlieë van hom wil wegkeer!

Hulle bereik die hoek van 'n straat. Die jongman en die demone wil links draai, maar die engele versper die pad en dwing hulle om regs te gaan. Met 'n gekerm en gegil gaan die demone regs. Hulle begin om genade smeek: "Nee! Los ons uit! Julle het geen reg nie."

'n Entjie weg in dieselfde straat stap Hank Busche en Andy Forsythe. Hulle is in diep gesprek gewikkel en by tye bid hulle sommer terwyl hulle voortbeweeg. Langs hulle stap Triskal, Krioni, Seth en Scion. Hulle sien dadelik wat aan die gang is, en is gereed vir die stryd wat kom.

"Toe, kom julle demone," se Triskal en wink hulle nader. Andy sien meteens die jongman wat in hulle rigting naderkom: "0 tog, hier kom probleme . . ."

"Wat bedoel jy?" vra Hank toe hy die onrus op sy vriend se gesig bemerk.

"Hier kom Bobby Gorski! En dit kan net moeilikheid beteken."

Hank gee net een kyk na die verwilderde jongman en besef dan dat hy beslis in die mag van demone is. Met kloppende harte wag hulle hom in.

"Hy mag gevaarlik wees," fluister Andy en Hank knik begrypend. Bobby bemerk hulle en swaai met sy hande asof hy onsigbare vyande van hom wil wegkeer.

"Nee . . . nee!" roep hy uit. "Los ons asseblief. Los ons!"

Die vyf demone in Bobby wil niks met Andy en Hank te doen hê nie. Die hemelse wesens is al erg genoeg. Hulle probeer wegkom, maar die ses engele keer hulle.

Bobby gaan meteens doodstil staan. Hy staar onsiende voor hom uit, sy hande soos kloue voor hom uitgestrek. 'n Onaardse geskreeu kom oor sy lippe en sy oë lyk of hulle uit sy kop wil bars.

"Nee!" skreeu hy. "Los ons uit. Ons wil niks met julle te doen hê nie."

Een van die engele steek met sy swaard na 'n demoon en Bobby gil van pyn en angs. Hank neem beheer van die situasie en beveel die demone in Jesus se Naam om stil te bly. Bobby gil nog eenmaal en Hank herhaal sy bevel. Geleidelik word Bobby stil en begin dan huil. Hy sak op sy knieë op die sypaadjie neer.

"Bobby," se Hank en buig oor hom neer, "kan jy my hoor, Bobby?"

Die demone probeer verhinder dat Bobby Hank se stem hoor, maar deur die leiding van die Heilige Gees, weet Hank hoe om die saak te hanteer. Hy gebied die demone om Bobby se gehoor nie te benadeel nie.

"Bobby," sê hy weer.

"Ja," antwoord Bobby eindelik. "Ek hoor jou, Pastoor."

"Wil jy van hierdie bose geeste verlos word?"

Een van die demone manifesteer dadelik en praat deur Bobby: "Nee, hy wil nie. Hy behoort aan ons."

"Bose gees, bly stil, ek praat met Bobby," sê Hank.

"Ek ... ek het iets vreesliks gedoen," begin Bobby stotterend. "Jy moet my help, Pastoor ..." Hy begin huil en sy skouers ruk. "Ek ... ek kan myself nie help nie ..."

Hank besef dat hulle Bobby na 'n private lokaal moet neem sodat hulle hom kan help. Hy en Andy besluit dat die kerk die aangewese plek is. Gevolglik beweeg die hele groep daarheen.

***

Onderweg na Ashton ry Marshall by Weed se woonplek aan, maar daar is alles stil en gevolglik ry hy deur Ashton toe en direk na die hospitaal. 'n Mediese assistente lig hom in dat Bernice by Noodgevalle behandel word en die ontstelde man haas hom daarheen. Toe hy die vertrek binnestorm, is 'n dokter en twee verpleegsters besig om haar wonde te behandel en te ontsmet. Sy lê op 'n teatertafel en gee kort-kort 'n pyngevulde uitroep.

Toe Marshall haar so sien, is dit of alles vir hom te veel word. 'n Verskriklike uitbarsting kom oor sy lippe. Die woede, frustrasie en angs borrel oor sy lippe en Bernice kyk hom met traangevulde oë aan.

"Ek voel net so," fluister sy deur bebloede en geswelde lippe.

Hy gaan langs die tafel staan en neem haar hand in syne. Verslae staar hy na haar gesig. Haar aanvaller het beslis deeglik te werke gegaan. Sy lyk ontsettend.

"Wie het dit gedoen?" fluister hy hees.

"Die volle vyftien rondtes," probeer sy 'n flou grappie maak.

"Dis nie tyd vir speel nie, Bernie," se Marshall kortaf. "Het jy gesien wie jou so toegetakel het?"

"Stadig, Meneer ..." keer die dokter. "Moet haar nie onnodig vermoei nie ..."

Bernice fluister iets en Marshall kan nie goed hoor nie. Hy leun vooroor om beter te hoor.

"Hy ... hy het my nie verkrag nie," kom oor die bebloede lippe.

"Dank die Here daarvoor."

Bernice is egter nie tevrede met sy reaksie nie. Sy beduie weer dat hy moet naderkom. Toe verduidelik sy stadig: "Hy het my net aangerand. Waarom? Nie verkrag ... niks gesteel ... net aangerand."

"Hmm, ek verstaan," fluister hy terug.

Hulle oorhandig aan haar 'n glas water waarmee sy haar mond kan uitspoel. Nadat sy dit gedoen het, vra sy: "Hoe lyk Strachan se huis?"

Marshall antwoord nie, maar vra of hy 'n paar oomblikke alleen met haar kan gesels. Die dokter sê dat sy vir X-strale moet gaan, maar Bernice pleit vir dertig sekondes alleen met Marshall. Die dokter en verpleegsters stap uit en laat die twee alleen.

"Strachan se hele huis is in chaos, maar van hom is daar geen teken nie. Ek weet nie waar hulle is nie."

"Weed se plek lyk net so — absolute wanorde," rapporteer Bernice. "En daar is 'n vulgêre boodskap op die muur aangebring. Hy was nie vandag by die werk nie en toe hy die Immergroen Padkafee besoek het, was hy baie omgekrap. So sê Danny, die bestuurder van die plek."

"En om alles te kroon, beskuldig hulle my nou van moord op Ted Harmel. Hulle het uitgevind dat ek vanoggend daar was," voeg Marshall by.

"Marshall ..." Bernice kom effens orent, "Susan Jacobson het reg. Daar is 'n luisterapparaat aan ons foon. Daar moet wees. Jy het my na die Basuin gebel om te sê jy was by Harmel en gaan na Strachan toe. Iemand her dit gehoor."

"Ja, ek het ook tot die slotsom gekom. En dit beteken dat die polisie in Windsor ook by die saak betrokke is. Hulle het baie mooi geweet waar om my te gaan soek."

"Brummel en speurder Nelson is kop in een mus."

"Ja, hulle het spioene oral."

"En hulle het geweet ek sou ... e ... alleen by Weed wees." Bernice breek skielik of en dan vervolg sy dringend: "Marshall, Carmen het ook al hierdie dinge geweet."

Marshall word bleek en deins effens terug. Carmen! Sy weet baie, vreeslik baie.

"Marshall," gaan Bernice moeisaam voort," hulle het ons nou die stryd aangesê. Ek dink hierdie gebeure moet as waarskuwing dien."

"Laat ek net my hande op Brummel kry," sê Marshall deur saamgepersde lippe en sy vuiste is langs sy sye gebal.

"Wees versigtig," pleit sy skielik dringend en gryp sy een hand. "Ek bedoel, wees baie versigtig."

Hy buig oor haar en soen haar op die voorkop. 'n Glimlag vorm op sy gelaat. En dan storm hy die vertrek uit soos iemand wat deur 'n vreemde mag aangedryf word.

Marshall is woedend, om die minste daarvan te sê. Toe hy voor die polisiestasie en die Hofsaal stilhou, bewe hy van onderdrukte emosie. Miskien as hy haastig oor die oop gebied stap, sal hy 'n bietjie afkoel, voordat hy Brummel te woord moet staan. Maar dit help niks nie. Toe hy die gebou binnegaan, is hy nog net so kwaad. Die voorportaal is leeg. Sara is nie agter haar lessenaar nie en Brummel is nie in sy kantoor nie! Marshall kyk op sy oorlosie. Dis presies drie-uur.

'n Dame wat hy nog nooit gesien het nie, kom die vertrek bin¬ne. Hy kyk haar verbaas aan.

"Middag," sê hy ongeduldig. "Wie is u?"

"Ek is Barbara, die ontvangsdame," antwoord sy effens uit die veld geslaan oor sy aggressiewe houding.

"Wat het dan van Sara geword?" vra hy.

Sy vererg haar en sê kortaf: "Ek weet nie wie Sara is nie. Maar kan ek u dalk help?"

"Waar is Alf Brummel?"

"Is u meneer Hogan?" Marshall knik instemmend en sy vervolg: "Brummel wag vir u in die konferensiesaal aan die einde van die gang."

Voordat sy nog behoorlik klaar gepraat het, is Marshall reeds onderweg soontoe. Hy stoot die deur oop, reg om die eerste die beste persoon wat hom inwag die waarheid te vertel.

Die kamer is vol mense en Marshall huiwer 'n oomblik. Hy besef dadelik dat Brummel voorbereid is. Hy het sy vriende saamgebring, mense wat bereid sal wees om teen Marshall te getuig. Ongetwyfeld is die meeste van hulle leuenaars en skelms. Brummel self sit agter sy lessenaar en glimlag breed.

"Hallo, Marshall. Maak asseblief die deur toe."

Marshall skop die deur agter hom toe en sy oë beweeg oor die persone wat daar vergader is. Hy sien Oliver Young en regter Baker, die distrikstesourier Irving Pierce, hoof van die brandweer Frank Brady, speurder Spence Nelson van Windsor en nog 'n paar ander wat Marshall nie ken nie. Die laaste persoon wat hy dadelik herken is David Steen, die burgermeester van Ashton.

"Goeiemiddag burgermeester Steen," groet Marshall spottend. "Hoe interessant om u hier aan te tref."

Die burgermeester antwoord nie, maar glimlag net verleë. Hy was nog nooit iemand wat die koerantredakteur juis beïndruk het nie.

"Sit gerus," sê Brummel en beduie na 'n stoel. Marshall beweeg egter nie, maar kyk Brummel ondersoekend aan.

"Is dit die vergadering wat ons twee sou gehad het, Brummel?"

"Ja, dit is. Ek dink nie jy ken almal in hierdie vertrek nie. Laat my toe om jou aan die onbekendes voor te stel." Hy glimlag neerbuigend en beduie na die persoon naaste aan hom. "Ontmoet Tony Sulski, 'n plaaslike prokureur; Neil Wesley, die president van die Onafhanklike Bank. En dis Eugene Baylor van die Kollege en Jimmy Clairborne, verbonde aan die Kommersiële Drukkers." Weer glimlag hy en daar is iets aanstootliks in sy houding. "Sit gerus, Marshall."

"Nee, ek sal nie sit terwyl ek hier deur 'n oormag gekonfronteer word nie."

"Ag nee, Marshall," kom Young tussenbeide. "Ek verseker jou dit sal 'n gemoedelike vergadering wees."

"0 so. En wie van julle het my verslaggewer so verskriklik aangerand?"

"Nou is jy onredelik. Sulke dinge gebeur as 'n mens nie versigtig is nie," maak Brummel beswaar.

"0 nee, Brummel, hierdie besigheid is nie net toevallig nie. Dis met voorbedagte rade gedoen. Sy is beledig en beseer, maar jou polisie het nie 'n vinger verroer nie." Hy gluur hulle almal woedend aan. "Julle is almal kop in een mus. Julle vernietig wonings, dreig mense en tree op soos een of ander Mafia organisasie." Hy wys met sy vinger in Brummel se rigting. "En jy is nie werd om 'n polisiehoof te wees nie! Jy doen jou beroep oneer aan. Jy het jou magte gebruik om mense te intimideer en om jou eie vuil werk toe te smeer."

"Wag 'n bietjie, Marshall . . ." keer Young.

"En jy! Jy noem jouself 'n man van God, 'n pastoor, 'n goeie Christen! Jy het vir my gelieg, al die pad. Jy verkondig al daardie heks Langstrat se gemors en lei mense om die bos. Jy behoort jou te skaam."

Die groep mans sit roerloos en Marshall sit sy tirade voort. Hy ontlaai al die haat en frustrasie van die afgelope weke.

“Julle is almal skurke en selfs Hitler vertoon goed teen julle. Julle het hierdie dorp binnegedring en almal wat nie met julle saamgaan nie, word doodeenvoudig uit die weg geruim. Maar ek waarsku julle vandag: al hierdie dinge gaan in my koerant gepubliseer word.” Weer lig Young sy hand omhoog en sê: “Jy moet seker wees van jou feite, Marshall. Die beskuldigings wat jy hier kwytraak, is ernstig.”

“Moenie daaroor bekommerd wees nie. Ek het al die feite. Ek weet van onskuldige mense soos die Carlucci’s wat hier weggewerk is, om nie eers van die Weight’s, die Anderson’s en die Dombrowski’s te praat nie. Hulle is geïntimideer en vals beskuldig van belastingongerymdhede. ”

“Ag nee, Marshall,” se Young kopskuddend. “Wat wil jy publiseer? Wil jy beweer die Carlucci’s is hier weg omdat hulle huis deur bose magte beset is? Sal iemand jou glo as jy sê hulle seuntjie se hande is deur ’n spook gebreek?” Hy lag spottend.

“Young, jy kan maklik praat! Jy is die man wat die mense om die bos lei met al jou filosofiese en hoogdrawende snert. Jy verkondig al Langstrat se onsin en arme onskuldige mense word deur jou, ’n predikant, mislei en bedrieg.”

Hy kyk vinnig deur die vertrek en vervolg dan met hernieude drif en oortuiging: “Ek sal vertel hoe julle valse getuienis teen mense gebruik het om hulle uit hulle huise en kantore weg te werk. Ek sal bekendmaak hoe julle Law Gregory met ’n verneukspul benadeel het; die kwessie van Whitmore Kollege se finansies kan ook weer opgehaal word!” Hy kyk direk na Eugene Baylor en sê beskuldigend: “Ek weet hoe daar met syfers gegoël is. Julle het Ted Harmel op ’n valse aanklag van kindermolestering uit Ashton weggejaag. Ja, daar is genoeg getuienis om ’n hele uitgawe vol te maak.

“En wat van arme Bernice wat onskuldiglik gearresteer is? Is dit nie ’n sappige nuusberig nie? Net omdat sy ’n foto van Brummel, Young en Langstrat by die karnaval afgeneem het. En wie was die geheimsinnige persoon by hulle? Niemand anders as die berugte Kaseph self nie. En wat sal die mense sê as hulle weet dat julle spul Fasciste die dorp wil oorneem?”

Young skud sy kop en glimlag. Hy lyk besonder kalm.

“Dus wil jy ’n berig oor die Omni Korporasie publiseer,” sê hy.

“Uiteindelik,” sê Marshall met ’n sug. “Wie sou dink dat julle ooit hierdie besigheid sou erken.”

“Nee, my vriend,” vervolg Young bedeesd. “Jy het nagegaan watter eiendomme Omni aangekoop het, maar is jy bewus dat al daardie eiendomme aan Omni oorgedra is omdat die vorige eienaars in gebreke gebly het om hulle belastings te betaal? En dis alles korrek, wetlik, met waterdigte bewyse. Vra vir Pierce, die tesourier. Alles is binne die wet. Een honderd persent.”

Marshall haal diep asem. Sy gesig is bleek. Hy kyk na al die glimlaggende gesigte voor hom. Hoe wens hy dat hy hulle leuens openbaar kon maak! Maar dis waar wat Young sê. Alles is volgens die wet. Hy het hoegenaamd geen bewyse nie.

“En,” gaan Young voort, “niemand sal ontken dat Omni groot verbeterings hier in Ashton aangebring het nie. Ashton is beslis ’n beter plek om in te woon vandat Omni hier betrokke geraak het.”

“Daardie mense het almal hulle belastings betaal,” sê Marshall hees. “Ek het met meer as ’n honderd van hulle gepraat en hulle sweer dat hulle betaal het.”

“Jammer,” se Pierce kopskuddend, “ons het bewyse dat dit nie so is nie. Hulle het in gebreke gebly.”

“En wat die Kollege aanbetref,” val Eugene Baylor skielik in, “ek is nou siek en sat dat almal beweer die Kollege is in finansiële moeilikheid. Dis absoluut onwaar. Whitmore doen baie goed. Hierdie smeerveldtog van Eldon Strachan moet nou end kry. Ons het meneer Sulski aangestel om hierdie valse gerugte nou in die kiem te smoor.”

“Ek het bewyse dat julle miljoene rande verduister het, Baylor.”

“Jy lieg,” sê Brummel sinies. “Jy het geen rekords of bewyse nie.”

“Aha, wag net tot julle sien wat ek het,” sê Marshall en vir die eerste keer is daar ’n triomfklank in sy stem.

“Ons het dit gesien, my vriend,” sê Young en skielik voel Marshall asof hy oor die rand van ’n afgrond stort. Young gaan voort: “Ons weet presies wat jy gedoen het, van die eerste dag af tot nou. Ons is bewus van jou gesprekke met Ted Harmel, Eldon Strachan, Joe Carlucci, Lew Gregory en al die ander. Ons weet dat jy ons persoonlike rekords deursnuffel het.” Hy breek af en vervolg dan met nadruk: “Dit gaan alles nou end kry, Marshall.”

“O so,” grinnik Marshall. “En daarom hierdie vergadering. Watter valse aanklag gaan julle teen my aanhangig maak? Hoe gaan julle my hier wegkry?”

Young staan stadig op en kyk die redakteur ernstig aan: “Marshall jy sal nooit ons motivering kan begryp nie, maar ek wil darem graag die saak aan jou verduidelik. Ons is nie op soek na mag, soos jy blykbaar dink nie.”

“O nee?” sê Marshall sarkasties. “Dis moeilik om te glo.”

“Die mag wat ons nastreef het net een doel voor oë en dis om universele vrede op aarde vir alle mense te bewerkstellig.”

“Wie is hierdie ‘ons’ van wie jy so maklik praat?

“Jy weet dit mos, Marshall. Dis die Vereniging — die Universele Bewussyn Vereniging wat jy so genadeloos ontbloot het.”

“Natuurlik! Die Universele Bewussyn Vereniging! En julle het hier in Ashton ook ’n tak van die ‘vereniging’.”

“My vriend, ons is baie meer as net ’n tak van die Vereniging. Wat jy hier in Ashton blootgelê het, is ’n nuwe wêreldmag wat aan die ontwaak is. Dis ’n mag wat die hele wêreld gaan verander en wat eendag alle mense met mekaar sal versoen.”

“Ongelooflik! Sulke wonderlike ideale, maar julle gebruik sulke onderduimse metodes ...”

“Dis maar net die oudmodiese godsdienstige idees waaraan jy so vashou. Ons lewe in ’n veranderende wêreld. Die mens is nog steeds aan die verander en ontwikkel, maar die godsdiens is ’n belangrike struikelblok. Baie mense is so verblind deur al die godsdienstige idees dat hulle nie die nuwe ontwikkeling wil aanvaar nie. Maar eendag, en ons hoop dit sal nie meer te lank wees nie, sal alle godsdienste uitgewis word en dan sal daar volle vryheid wees — en geen geheime meer nie.”

“Maar in die tussentyd voer julle ’n skrikbewind en dryf mense van hulle huise en besighede af weg ...”

“ Alleenlik as hulle eng en oudmodies is en nie die nuwe ontwikkeling wil aanvaar nie. Begryp tog, Marshall, hulle staan die vooruitgang teë.”

“Kyk, ek raak nou dik vir hierdie redenasies. Julle manne is nou skielik die outoriteite van wat reg en goed is. Komaan Young, waar is jou teologie dan? Waar pas God in al jou redenasies in?” Young trek sy skouers op en sê met ’n sug:

“Ons, my vriend, is God.”

Eindelik lyk dit asof die wind uit Marshall se seile geneem is. Hy sak in die stoel neer. “Iemand is die kluts kwyt — of julle of ek!”

“Ons begryp dis vir jou moeilik om te verstaan. Ons ideale is baie hoog en lofwaardig en dis onvermydelik vir elke mens. Dis die mens se uiteindelike bestemming. Eendag sal almal, ook jy, hulle eie goddelikheid besef en so sal almal tot een geheel saamgesmelt word in een universele bewussyn. Daar is geen ander opsie nie, behalwe die dood.”

“Nou het ek net mooi genoeg gehad. Dis die grootste onsin en ek dink julle is almal van lotjie getik.”

Young lyk skielik teleurgesteld en amper hartseer. Hy kyk van die een na die ander en sug diep: “Ai Marshall, ons het regtig gehoop jy sou inskiklik wees. Ons het gedink jy sou die groot en heerlike waarheid begryp, maar jy is nog so ver van die eindpunt af. . . so baie ver . . .”

“Julle wil die dorp en die kollege oorneem en al julle verwronge idees hier propageer, maar ek het nou lank genoeg na julle geluister.” Marshall draai weg en beweeg in die rigting van die deur. “Ek sal alles in die koerant bekend maak.”

“O nee, Marshall,” sê Young kortaf. “Jy het nie meer ’n koerant nie.”

“Dis wat jy dink!”

“Nee, dis wat ons weet.” Neil Wesley, die president van die Onafhanklike Bank, kyk hom streng aan. “Ons sal op jou besittings beslag moet lê. Dis al agt maande dat jy in gebreke bly om die rente op jou lening te betaal en jy reageer nie op ons aanmanings nie. Ons is so jammer, maar jy laat ons geen keuse nie.”

Marshall voel asof een of ander uitbarsting moet kom. Maar voordat hy nog iets kan sê, praat Irving Pierce die tesourier: “En al jou eiendomsbelastings is agterstallig. Ek kan nie sien hoe ons jou kan toelaat om langer in jou huis aan te bly nie.”

Die woede wat in Marshall opkook, is so fel dat hy maklik ’n moord sou kon gepleeg het — maar aan die ander kant is die magteloosheid nog meer oorweldigend! Wat sou dit help? Hier staan twee polisiemanne wat hom dadelik in hegtenis sal neem en ’n regter wat hom tot lewenslange gevangenisstraf sal vonnis.

“Julle sal nooit daarmee wegkom nie,” se hy eindelik hees.

Toe slaan Jimmy Clairborne die laaste spyker in Marshall se doodskis in. Hy verduidelik verontskuldigend: “So jammer ou vriend, maar jy het jou rekeninge vir die drukkoste van die Basuin ’n geruime tyd nie betaal nie. Ons sien nie kans om meer uitgawes van jou koerant te druk nie.”

“En met ’n moordaanklag teen jou, lyk jou toekoms bra donker,” eindig speurder Nelson kopskuddend.

“Natuurlik sal ons optrede in hierdie verband afhang van jou gesindheid en optrede van nou af aan,” merk regter Baker taktvol op.

“En jou dogter se aanklag teen jou, is ’n verskriklike besigheid,” sug Brummel. “Wie sou kon dink dat jy jou eie kind seksueel sou misbruik? Sy moes regtig vreesbevange gewees het om so lank oor jou wandade te swyg.”

Marshall steier onder die aanslag asof koeëls in sy liggaam vasslaan. Hy het geen woorde meer nie.

* * *

In die Ashton Gemeenskapskerkie is die stryd met Bobby Corsi aan die gang. Triskal, Krioni, Seth en Scion, tesame met nog ses ander hemelse krygers, staan die menslike wesens, Hank Busche, Andy, John Coleman en Ron Forsythe by in die stryd teen die bose geeste wat soos bloedsuiers aan die arme Bobby vasklou. Hank het sy Bybel in die hand en hy het reeds ’n paar teksverwysings gelees sodat hulle kan weet hoe om die geveg voort te sit.

“Ja,” erken Ron kopskuddend, “hy lyk nie goed nie.” Dan praat hy met Bobby. “Haai, onthou jy my nog? Ek is Ron Forsythe!”

“Ja . . . ek onthou jou . . .” antwoord Bobby en staar hom met glasige oë aan. Die demone in hom, begin egter manifesteer. Hulle onthou ook vir Ron en dat hy voorheen in hulle mag was. Hulle gil en gaan te kere.

“Verraaier!” skreeu Bobby skielik en wil homself op Ron werp, maar Andy en Hank hou hom vas. John staan ook nader om te help.

“Staak dit!” gebied Hank en spreek die demone aan, maar hulle antwoord deur Hank te vloek.

“Julle sal almal doodgaan,” roep Bobby uit, maar dis in werklikheid die bose geeste wat deur hom praat.

Dan begin Hank te bid, hardop en met krag. Hy hou sy hande omhoog: “Here God, ons wil hierdie bose magte in Jesus se Naam weerstaan.”

Die bose geeste kerm en kla en begin worstel.

“Nee . . . nee . . .!” roep Bobby angsbevange uit.

“Here, ek bid dat U u engele sal stuur om ons te help ...”

Die tien hemelse krygers staan gereed en wagtend en in die volgende klompie spannende minute word die een na die ander bose mag uit Bobby uitgewerp. Dis Fortuinvertellery, Ongebalanseerdheid, Verwarring, Haat en nog baie ander wat vloekend, skellend en vegtend verplig word om Bobby se liggaam te verlaat. Die jongman huil en spartel — soms lyk dit asof sy oë uit sy kop gaan uitpeul, maar in die Naam van Jesus triomfeer Hank en die hemelse krygers. Eindelik is daar nog een demoon in Bobby oor, maar hy klou vir al wat hy werd is.

“Julle sal my nie hier wegkry nie,” gil hy. “Ek is al jare hier.”

“Wie is jy?”

“Towery!” Die demoon lag. “En ons is baie.”

“Nee, jy is net een.”

“Net een in Bobby, maar ons is miljoene hier in Ashton! Miljoene, hoor julle. Julle sal ons nooit hier wegkry nie.”

“Wat doen julle hier?” vra Andy.

“Ashton is ons dorp. Ashton behoort aan ons. Ons gaan vir altyd hier bly.”

“Ons gaan julle almal in die Naam van Jesus hier uitwerp.”

“Nou goed. Probeer dan,” lag die demoon.

Hank sluit sy oë en bid ernstig. Dan praat hy hardop en sê gebiedend: “Gaan uit, in Jesus se Naam!”

Maar die demoon klou so al wat hy kan. Bobby se hele liggaam bewe en die are in sy nek bult uit.

“Gaan uit!” herhaal Hank bevelend. “In Jesus se Naam.”

“Ek sal nie,” praat die demoon deur Bobby se mond. “Ek sal nie. Hy is myne . . . myne.”

Hank, Andy, John en Ron begin dringend te bid. Hulle vra die Here om Towery uit Bobby uit te dryf. Die demoon word al onrustiger, spring hiernatoe en daarnatoe en arme Bobby slinger soos ’n dronk mens heen en weer. Eindelik begin Towery na asem hyg. “Rafar ...” prewel Bobby. “Rafar ...”

“Wat sê jy?” vra Hank.

“Rafar . . . Rafar ...” roep die demoon deur Bobby se mond. “Wie is Rafar?”

“Rafar is Rafar . . . Rafar ...” praat Bobby terwyl sy hele liggaam ruk en inmekaartrek. Hy praat al stadiger asof hy ’n opgewende grammofoonplaat is wat stadigaan begin afloop. “Rafar . . . Ra . . . far . . . Ra . . . far!”

“Wie is Rafar?” herhaal Andy.

“Rafar regeer. Hy is die heerser.”

“O nee, Jesus is Heer,” se John Coleman beslis.

“Satan is heer,” stry die demoon.

“Jy het gesê Rafar is heer ...”

“Ja, maar Satan is heer van Rafar.”

“Waarvan is Rafar die heerser?”

“Hy heers oor Ashton. Hy is prins van Ashton.”

“Dan sal ons hom ook in die wonderlike Naam van Jesus wegstuur.”

* * *

In die groot droë boom, swaai Rafar om asof iemand hom met ’n skerp voorwerp gesteek het. Hy loer agterdogtig om hom heen. lets eienaardigs is aan die gang.

* * *

By die kerkie gaan Towery nog voort om deur Bobby se mond groot te praat. Die jongman gaan ’n geweldige lyding deur. Sy hele liggaam vertrek van spanning.

“Ons is baie . . . baie en Ashton behoort aan ons. Dis net hierdie biddende man wat ons pla.”

“Dan het die tyd aangebreek dat ons almal begin bid,” sê Andy en opnuut begin die groepie Christene by die Here pleit.

Die demoon begin worstel en spartel. Die krag is besig om te kwyn.

“Nee . . . nee . . . nee . . !” mompel hy.

“Gaan uit hom uit, Towery,” gebied Hank dringend. “Dadelik!”

“Nee,” smeek die demoon. “Asseblief, los my uit. Ek sal hom nie seermaak nie.”

Hank en Andy kyk mekaar bemoedig aan. Die demoon is besig om van strategie te verander. Hy besef sy tyd is min.

“Demoon, ek gebied jou nou in Jesus se Naam, gaan uit Bobby uit,” beveel Hank en kyk stip in Bobby se oë. “Nou dadelik!”

Die demoon begin verskriklik te gil en sy greep op Bobby verslap. Geleidelik word sy kloue oopgeforseer en hy word van die jongman af losgemaak. Onaardse geluide wel in Bobby se keel op terwyl die bose gees sy laaste pogings aanwend. Maar dan meteens is hy uit. En voordat die hemelse krygers hom nog kan gebied om die omgewing te verlaat, is hy reeds onderweg na ’n ander area.

Bobby verslap geleidelik en so ook die vier manne wat by hom is.

“Hoe voel jy Bobby?” vra Andy.

“Beter, dankie,” antwoord die ware Bobby. “Maar daar is nog bose geeste in my. Ek kan hulle voel.”

“Ons sal hulle almal wegkry,” sê Hank beslis.

“Asseblief. Doen dit.”

Op daardie oomblik kom Mary die kerkgebou binne. Sy het gehoor dat hulle besig is om vir iemand te bid en toe besluit sy om ook te kom help. Toe sy egter vir Bobby in sy swart leerbaadjie sien, deins sy verskrik terug. Dis die man by die Supermark . . . die man wat haar gedreig het!

Bobby sien haar ook raak en skielik kom van die oorblywende bose geeste in hom, in beweging. Bobby verander skielik van ’n uitgeputte, moeë jongman in ’n aggressiewe, sensuele gees van verkragting.

“Hallo daar,” sê die stem by monde van Bobby en ’n vulgêre stortvloed woorde spoel oor die jongman se lippe. Hank en die ander besef dadelik wat aan die gang is. Dis nie Bobby wat praat nie, maar nog ’n bose gees wat in hom skuilhou.

“Dis . . . die man wat my by die Supermark gedreig het,” sê Mary verskrik en tree terug.

Die demoon se woordevloed word al erger.

“Bose gees, bly stil!” gebied Hank.

“Is dit jou vrou?” sê-vra die demoon.

“Ek bind jou in Jesus se Naam. Gaan uit Bobby uit!” Bobby krul inmekaar en begin opgooi.

“Verkragting, gaan uit Bobby uit!” herhaal Andy.

Dan tree Mary nader en sê hard en duidelik! “In Jesus se Naam, gaan uit.”

Die bose gees val van Bobby af weg en kom op die grond te Iande. Krioni skep hom op en slinger hom by die kerkdeur uit.

Daar is nog een afstootlike gees in arme Bobby oor. Alhoewel hy bang is, probeer hy hom uitdagend voordoen.

“Ek het vandag ’n vrou aangerand,” roem hy.

“Gaan uit Bobby uit!” beveel Hank.

“Ek het haar geslaan en geskop en geklap ...”

“Gaan weg!” gebied Andy.

Die demoon vloek en skel, maar gehoorsaam dan. Bobby sak op die vloer neer, totaal uitgeput. Maar dan begin hy glimlag, ’n wonderlike glimlag van bevryding en vrede.

“Dank die Here, hulle is weg! Hulle is almal weg.”

Die vier mans tree nader om hom te onderskraag, maar Mary huiwer nog ’n rukkie asof sy onseker voel.

“Bobby,” sê Andy beslis. “Die bose magte is weg, maar hulle sal weer terugkeer, tensy jy die Here Jesus Christus as Heer in jou hart en jou lewe het. Jy moet die Heilige Gees in jou hê, anders sal jy nie kan staande bly nie.”

“O ek wil bevry wees. Ek wil Jesus in my lewe hê.” Bobby praat met diepe opregtheid. “Help my asseblief. Verduidelik vir my en help my. Ek wil Jesus as my Saligmaker aanneem.”

Nadat Hank alles aan Bobby verduidelik het, gee hy sy hart en lewe aan Jesus oor. Hulle bid saam met hom. Toe alles eindelik verby is en hy hulle met dankbaarheid aankyk, sê hy skielik dringend! “Hierdie dorp is in die mag van die bose. Daar is groot probleme. Ek sal julle alles vertel. Ook vir wie ek gewerk het en wat ek gedoen het.”

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1478 gaste aanlyn