NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Elkeen van ons kom soms en heel dikwels by 'n laagtepunt waar ons nie reg weet hoe om te bid nie. Al wat nodig is, is om reguit met die Here te praat: "Here, wat sal ek vir hierdie dag vra? Buiten dat u goeie wil vandag geskied, weet ek nie wat om te vra nie; maar ek sal nie bang wees nie want U is oraloor, en steeds by my. AMEN".

DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (22)

Frank Peretti

Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu

Een Dinsdagmiddag toe toestande in die kantore van die Basuin weer rustiger is, neem Marshall ’n groot kartondoos en met die hulp van Carmen begin hy al die data wat hy en Bernice reeds versamel het, ordelik te rangskik. Hy stel ook ’n goeddeurdagte vraelys op sodat hy gereed is wanneer hy eindelik sy belangrike getuies gaan begin ondervra. Die eerste een is natuurlik Alf Brummel.

Die middag nadat Carmen weg is om ’n tandartsbestelling na te kom, skakel Marshall Alf Brummel se kantoor.

“Polisie Departement,” hoor hy Sara se stem.

“Hallo, Sara, dis Marshall Hogan. Mag ek asseblief met Alf praat?”

“Hy’s op die oomblik nie hier nie, Marshall,” sê sy en dan sug sy diep. “Jong, ek weet nie of jy besef nie maar hy wil nie met jou praat nie.”

“Hmm, ek sien. Maak dit die wêreld vir jou moeilik?”

“Nee.” Sy klink effens ongeduldig. “Al wat ek weet is dat hy my baie definitief ingelig het dat hy nie met jou wil praat nie. En as dit moontlik is, moet ek hom laat weet wat jou planne is of wat jy van hom verlang.” Sy swyg ’n oomblik. “Wat gaan aan, Marshall?”

“Wat bedoel jy?”

“Wel, soos dit vir my lyk, het jy nou Alf se grootste vyand geword. Jy word dikwels in sy kantoor genoem en daar is altyd ’n onaangename klank in sy stemtoon.”

“Met wie praat hy gewoonlik as hy my bespreek?”

“Dis eers jou beurt om ’n bietjie inligting te verstrek.”

“Goed dan. Ons praat ook baie oor Brummel en as alles wat ons tot dusver oopgekrap het waar is, is dit baie moontlik dat ek sy grootste vyand kan wees. Maar sê my nou, met wie bespreek hy my?”

“Met Juleen Langstrat . . . wie sy ook al mag wees.”

“Ja, en wie nog?”

“Regter Baker en verskillende ander lede van die stadsraad.”

“Malone?”

“Ja.”

“Everett?”

“Ja.”

“Preston?”

“Nee.”

“Goldtree?”

“Ja, en ook ander belangrike persone van die omliggende gebiede, byvoorbeeld Spence Nelson van die Windsor-polisie. Sedert die karnaval praat hy baie met hulle. Verskeie van hulle polisiemanne was hier aan diens tydens die karnaval. Het dit iets daarmee te doen? Wat gaan aan Marshall?”

“Jong, ek moet versigtig wees. Dit mag die Basuin in die gedrang bring en dit wil ek verhoed.”

“Dis nie regverdig nie. Jy wil hê ek moet inligting verstrek, maar dan swyg jy.”

“Sara, ek is nie seker aan wie se kant jy is nie,” sê Marshall eindelik. “Dis my probleem.”

“Ek is aan die kant van die eerlike persoon. Alf is ’n sluwe karakter. Maar wat van jou?”

“Jy sal maar self moet oordeel,” antwoord Marshall met ’n glimlag. Sy is beslis nie op haar mond geval nie. “Ek doen my bes om ’n eerlike koerant te publiseer en Bernice en ek het die afgelope tyd ’n baie indringende ondersoek na Alf en ander hoogwaardigheidsbekleers se doen en late ingestel.

“Ek hetnou min of meer met almal gepraat. Daarom wou ek graag hoor wat Alf te sê het.”

“Maar ongelukkig wil hy nie met jou praat nie. Hy is vanoggend hier weg met ’n stapel papiere onder die arm, onderweg na een of ander geheimsinnige vergadering.”

“Beplan hulle om iets aan my of met my te doen?”

“Ja, daarvan kan jy seker wees. Beskou dit sommer as 'n waarskuwing.”

“Dankie, Sara. Maar jy moet ook versigtig wees, asseblief.”

“As dinge moeilik word, sal jy my help om uit die dorp weg te kom, Marshall?” pleit sy skielik.

“Wat bedoel jy?” vra hy bruusk. “Wat het jy aangevang?”

“Ek het niks gedoen nie, maar ek is net doodeenvoudig betrokke,” sê sy sag. “En ek ken Alf Brummel. Daarom wil ek jou as ’n vriend hê.”

“Goed dan. Ek sal jou op hoogte hou. Bly net kalm.”

* * *

Alf Brummel en Juleen Langstrat is in haar kantoor besig om ’n dik leer met inligting deur te kyk.

“Teen hierdie tyd het Hogan genoeg feite om ’n voorblad vol te maak,” sê Alf Brummel ontsteld. “Jy het my gekritiseer omdat ek nie van Busche ontslae geraak het nie, maar dit lyk my jy het nog slegter met Hogan gevaar. Hy het ’n vrye hand.”

“Bedaar, Alf, bedaar,” se Langstrat kopskuddend.

“Hy gaan my nou enige dag kom besoek net soos hy met al die ander gedoen het. En wat moet ek dan vir hom sê?”

“Liewe wêreld, hoe dom van jou,” sê sy met ’n spottende glimlag. “Sê net niks nie. Nie ’n woord nie.”

Brummel loop in die kamer op en af, sy gesig rooi van opwinding en frustrasie. “Al sê ek ook niks nie, het hy reeds genoeg om groot probleme te veroorsaak. Hy weet van die verkope van die eiendom, van die probleme met belasting, hy is bewus van die Korporasie en ook van die finansiële probleme by die Kollege . . . hy het genoeg inligting om my van ’n valse arrestasie te beskuldig.”

“Ai, maar jou spioen het baie goeie werk gedoen,” glimlag Langstrat ingenome.

“Sy het al hierdie inligting vandag gebring. Hy rangskik dit glo nou in ’n lêer. Ek dink hy is amper gereed om tot optrede oor te gaan.”

Langstrat sit al die papiere en informasie bymekaar, plaas dit terug in die lêer en neem plaas op haar stoel. Dan leun sy agteroor en sluit haar oë. Sy sug: “Dis wonderlik.”

Verslae staar Brummel haar aan. Dan skud hy sy kop in ongeloof: “Ons kan verloor, weet jy? Ons kan almal verloor.”

“Ek hou van ’n uitdaging en ’n sterk opponent. Hoe sterker die opponent, hoe meer opwindend die oorwinning.” Sy lag selftevrede: “En ek hou daarvan om te wen. Alf, in ’n stadium het ek aan jou vermoëns getwyfel maar ek dink jy het jou deel gedoen. Ek dink jy verdien die reg om by te wees wanneer Hogan in die strik trap.”

“Sien is glo. Ek wil eers sien.”

“O jy sal, daarvan kan jy seker wees.”

* * *

’n Tydperk van redelike kalmte sak oor Ashton toe. Dis asof almal met hulle eie dinge besig bly. Min word gesê. Bedags werk Marshall en Bernice in die kantoor. Een aand neem Marshall Kate vir ete uit en Bernice bly tuis met ’n mooi roman.

Alf Brummel gaan sy gewone gang en Sara handhaaf ’n lae profiel. Langstrat is siekerig en haar klasse word vir ’n paar dae gekanselleer.

Hank en Mary wonder of hulle telefoon buite werking is. Daar is geen oproepe nie. Die Coleman’s het familie buite die dorp gaan besoek en die Forsythe’s is besig met voorraadopname. Die ander gelowiges is almal met hulle eie sake besig.

Daar is ’n eienaardige stilte oral. Selfs die lug is wasig en die son dof. Die lug is warm en drukkend. Maar die ergste van alles is die stilte — tasbaar en vreesaanjaend. Niemand kan ontspan nie.

* * *

Op ’n heuwel bokant Ashton sit Rafar in ’n hoë boom en staar met sy geel, glurende oë oor die dorp uit. Hy lyk net soos ’n groot swart aasvoël wat gereedmaak om op sy prooi toe te sak. Oral om hom is demone wat hom gespanne dophou. Hulle wag op sy instruksies, maar Rafar sit roerloos. Net sy oë sluip oor die omgewing, wagtend, soekend — uur na uur.

Aan die anderkant van Ashton is Tal en sy krygers ook gereed. Hulle skuil in die bosse sodat die demone hulle nie kan raaksien nie. Hulle wag, bewus van die stilte en die dreigende atmosfeer. Guilo staan langs sy Kaptein, gereed vir enige gebeurlikheid.

“Die stryd kan nou enige oomblik begin,” sê hy sag. “Is ons gereed?”

“Nee,” se Tal kortaf en staar uit oor die dorpsgebied. “Die Oorblyfsel is nog nie almal betrek nie. En dié wat reeds betrek is, bid nie genoeg nie. Ons het doodeenvoudig net nie genoeg gebedsdekking nie. Ons is te min en te swak om hierdie stryd nou te wen.”

“En die donker wolk bokant die Sterkman se skuilplek groei elke dag honderdvoudig aan.”

Tal kyk op na die lug en sug: “Hulle sal hierdie dorp van horison tot horison beset.”

Van waar hulle skuilhou, kan Tal en Guilo vir Rafar in sy boom sien sit. Hulle kyk hom onseker aan.

“Hy is nog net so sterk soos altyd,” se Guilo.

“Hy is gereed vir die stryd en hy kan die tyd en die plek kies. Hy het ook die getalle tot sy beskikking. Hy kan op ’n honderd verskillende plekke aanval.”

“En ons kan nie soveel plekke gelyktydig verdedig nie,” sê Guilo.

Meteens kom ’n boodskapper aangevlieg en sak voor Tal neer.

“Kaptein, daar is ’n roering in die Sterkman se geledere. Die demone begin rusteloos word.”

“Die oorlog begin,” se Tal en die boodskap word na agtertoe aangestuur. “Guilo!”

“Ja, Kaptein!”

“Ek het ’n plan. Ek wil hê jy moet ’n klein groepie met jou saamneem en die vallei gaan bewaak ...”

“Net ’n klein groepie?” vra Guilo verslae. “Om die Sterkman te gaan bewaak. Dit . . . kan tog nie.”

Maar Tal verduidelik verder en Guilo luister, stomgeslaan. Eindelik soek hy ’n paar goeie krygers uit en dan vlieg hulle weg.

Tal ontbied een van die sterk engele. “Gaan neem Signa se plek by die kerkgebou in en stuur hom hier na my toe.” Dan ontbied hy nog ’n boodskapper en sê: “Gaan motiveer Hank en die Oorblyfsel om te begin bid.”

’n Paar oomblikke later staan Signa voor Tal, gereed om te hoor wat sy Kaptein te sê het.

* * *

Hank en Mary het ’n redelike stil middag deurgebring. Mary het so ’n bietjie in die tuintjie gewerk, terwyl Hank ’n gat in die heining herstel het. Terwyl Mary die onkruid tussen haar groente uittrek, hoor sy dat Hank se kappery al minder en minder word. Eindelik hou dit heeltemal op. Nuuskierig kyk sy in sy rigting en sien dat hy plat op die grond sit, hamer in die hand, besig om te bid. “Hank?” vra sy bekommerd. “Is iets fout? Jy lyk ontsteld.”

“Ek . . . ek weet nie wat gaande is nie,” antwoord hy. “Ek voel nie goed nie.”

“Wat is dit? Is jy siek?”

“Nee,” sê hy eindelik. “Ek dink nie so nie. Ek dink dis die Here wat iets wil sê. Ek het die eienaardigste gevoel dat iets gaan gebeur — iets verskrikliks! Ek dink ek gaan die Forsythe’s bel.”

Op daardie oomblik lui die telefoon en Hank beantwoord dit. Dis Andy Forsythe.

“Jammer om te pla, Pastoor, maar ek voel ’n vreeslike gebedslas. Ek weet nie hoe voel julle nie!”

“Net soos julle, Andy. Kom dadelik hierheen asseblief.”

Tot laat in die nag hou die engele wag terwyl Hank en Mary, die Forsythe’s en verskeie ander bid. Rafar sit steeds in sy dooie boom, maar sy gekromde kloue begin beweeg en sy oë begin gloei. ’n Aaklige frons huiwer op sy gesig. Die ander demone begin ook rusteloos word. Hulle wag op Rafar se instruksies.

Die son sak in ’n rooi gloed agter die bergtoppe weg. Rafar sit roerloos — wagtend. En die demone wag ook.

* * *

Juleen Langstrat sit in haar slaapkamer, op haar bed, haar bene onder haar ingevou, besig om te mediteer. Haar oë is toe, haar kop effens agteroor en haar lyf doodstil. Slegs ’n enkele kers brand in die vertrek. Daar in die duisternis het sy ’n ontmoeting met haar Meesters aangevra — die geeste van hoër sfere. Diep in haar binneste, in die skuilhoeke van haar gees, praat sy met die boodskapper.

In Langstrat se verwarde brein, is die boodskapper ’n jong meisie, in wit geklee, met lang, golwende, blonde hare wat feitlik tot op die grond reik. Die hare word voortdurend deur die bries in beweging gehou.

“Waar is my Meester?” vra Juleen.

“Hy wag hier bokant die dorp,” antwoord die meisie. “Sy leermag is gereed. Hy wag op jou bevel.”

“Alles is gereed. Die bevel sal gegee word.”

Die meisie buig en verdwyn dan sierlik soos ’n gazelle, haar hare golwend agterna. Maar die ware boodskapper lyk heel anders, ’n afskuwelike gedrog met yslike swart vlerke. Hy kies koers na Rafar wat nog steeds geduldig wag.

* * *

Die duisternis oor Ashton word steeds dieper en digter. Die kers in Langstrat se kamer is byna uitgebrand, slegs ’n klein, smeulende vlammetjie in ’n poel kersvet. Die digte duisternis kom nader en nader en dreig om ook die oorblywende vonkie lig te verswelg. Dan gaan Langstrat se oë oop. Sy blaas die kers dood en beweeg soos een in ’n beswyming na die woonkamer waar nog ’n kers brand. Die kers staan op ’n foto van Ted Harmel en die kersvet het reeds in strepe oor sy gesig geloop.

Langstrat sak langs die koffietafel op haar knieë neer. Haar kop word hoog gehou en haar oë is toe. Elke beweging is soepel en rustig. Dit lyk byna asof sy deur die ruimte sweef. Haar hande styg opwaarts bokant die kers en terwyl sy soepel handbewegings maak, styg die naam van ’n antieke god na haar lippe. Die naam word oor en oor gesê. Dis ’n gutturale klank wat uit haar keelholte losgebreek word soos klippies wat die een na die ander op die grond neergeskiet word. Elke keer wanneer sy die naam herhaal, word haar beswyming dieper. Die momentum neem toe! Harder en harder herhaal sy die naam. Haar oë gaan oop en sy begin staar. Haar liggaam begin bewe en dan verander haar stem in ’n aaklige kermgeluid.

Rafar hoor elke geluid daar waar hy in sy dooie boom sit. Hy verstyf. Sy asem word harder, hygender en dik, geel wasem kom by sy neusholtes uit. Dan vernou sy oë en sy kloue verstyf.

Langstrat swaai heen en weer, stadig, ritmies. Sy herhaal die naam, oor en oor. Haar oë is op die vlammetjie gevestig. En dan skielik verstyf sy.

Rafar kyk op. Hy luister. Hy wag.

Die tyd staan stil. Langstrat roer nie. Haar arms is oor die kers uitgestrek. En Rafar luister.

Dan begin lug stadigaan deur Langstrat se neusgate infiltreer en haar longe begin vol word, ’n Kreet bars oor haar lippe en haar hande slaan om die kersvlam toe en doof dit uit.

“Gaan!” beveel Rafar en honderde demone skiet die lug in soos fladderende vlermuise.

“Kyk,” sê ’n hemelse wese en beduie na die swart wolk wat in die lug opskiet.

“Hulle gaan noordwaarts,” se Tal. “Weg van Ashton af.”

Rafar kyk sy krygers agerna met ’n grynslag op sy afskuwelike gesig.

“Ek sal jou nog ’n rukkie laat wonder, Kaptein van die Leerskare”, lag hy selftevrede.

Tal gee sy instruksies: “Hou ’n oog oor Hogan en Busche! Roep die Oorblyfsel op tot gebed.” Onmiddellik vlieg een honderd engele om Tal se opdragte te gaan uitvoer.

Tal sien steeds vir Rafar waar hy hoog in die dooie boom sit. “Wat gaan in daardie kop van jou aan, Rafar, prins van Babi- Ion?” fluister hy.

* * *

Die skril gelui van die telefoon wek Marshall uit ’n rustelose slaap. Hy loer op sy horlosie. Dis 3:48 vm. Kate kreun en draai om. Hy gryp die gehoorbuis en druk dit teen sy oor.

“Ja,” mompel hy.

’n Histeriese, wilde, amper desperate geskreeu klink in sy ore. Vir ’n oomblik weet hy nie wat gaande is nie.

“Haai, wie is dit? Kalmeer ’n bietjie. Anders lui ek af.” Dan skielik herken hy Ted Harmel se stem. “Ted? Is dit jy, Ted?”

“Hogan . . .” klink Ted se stem tot hom deur, “hulle is agter my aan. Hulle kom my haal. Hulle is hier!”

Marshall is meteens helder wakker. Hy druk die gehoorbuis teen sy oor vas om beter te kan hoor. As hy net kan verstaan waaroor Ted so tekere gaan. “Wat sê jy? Ek kan jou nie hoor nie?”

“Hulle weet ek het met jou gepraat. Hulle is hier!”

“Van wie praat jy, Ted?”

Ted begin huil en sy krete word heeltemal onverstaanbaar. Die geluide oor die foon laat Marshall ineenkrimp. Hy voel op sy bedtafel vir ’n pen en ’n notaboekie.

“Ted,” gil hy. “Waar is jy? Is jy by die huis?”

Kate hoor die geluide oor die telefoon en dit ontstel haar ook. Sy kyk Marshall verskrik aan: “Wie is dit?”

Marshall kan haar nie eers antwoord nie. Hy het al sy konsentrasie nodig om te probeer ontsyfer wat Ted sê. “Waar is jy, Ted?” roep hy. “Beduie die pad. Jy moet daar probeer wegkom . . .” Verslae luister Kate, maar sy kan nie agterkom wat die persoon aan die ander kant sê nie.

“Luister,” beveel Marshall dringend, “dit gaan my ten minste ’n halfuur neem om daar te kom. Ja, Ted, ek kom. Ek belowe.”

“Wie was dit?” vra Kate vir die soveelste keer.

Marshall gryp sy klere en begin aantrek. “Ted Harmel. Ek het jou mos van hom vertel. Onthou jy?”

“Jy gaan tog nie nou soontoe nie? In die middel van die nag?”

“Die man gaan van sy verstand af. Ek moet gaan kyk.”

“Nee, klim terug in die bed, asseblief.”

“Ek kan nie, Kate. Ek kan nie bekostig om hierdie kontak te verloor nie.”

“Marshall, ek glo dit nie. Jy moet gek wees!”

Marshall soen Kate op die voorkop en voordat sy mooi besef wat gaande is, is hy weg. Vir ’n paar oomblikke sit sy op die bed, stomgeslaan. En dan val sy teen die kussings terug, vies en omgekrap hoor sy hoe die motor aangeskakel word en teen ’n hoë spoed wegry.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1407 gaste aanlyn