NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel." -  Pred. 5:17

DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (4)

Frank Peretti

Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu

Toe Marshall die Basuin se kantore verlaat, is hy dankbaar om te weet dat die Dinsdag-uitgawe van die koerant reeds reg is en die personeel is al aan die gang om die Vrydag-uitgawe gereed te kry.
Na al die omwentelinge van die oggend, verwelkom hy ’n bietjie kalmte. Miskien is ’n klein koerantjie tog die antwoord. En wie weet, dalk kan hy weer die verhouding met sy dogter regkry.

Sandy, hulle enigste kind, is ’n pragtige rooikop, ’n meisie met baie potensiaal. Haar probleem is dat sy die meeste van haar jeugjare amper nie ’n pa gehad het nie. Hy was so besig in New York dat Sandy maar baie aan haarself oorgelaat is, en dit het noodwendig probleme veroorsaak. En Sandy het ook nie ’n geheim van haar teleurstelling in haar pa gemaak nie. Kate sê altyd die twee is te eenders. Sandy se behoefte aan haar pa word altyd op die verkeerde wyse openbaar en gewoonlik is hulle reaksies teenoor mekaar soos dié van kat en hond.

 

Terwyl hy voortry, besluit Marshall dat daar geen verdere gevegte tussen hom en sy dogter gaan wees nie. Nee, hy gaan haar kans gee om haar sê te sê. Hy gaan luister en probeer om haar kant van die saak te begryp. Hy sal haar liefhê en só probeer om die gebroke verhouding weer reg te stel. Dis regtig vreemd hoe sy liefde vir Sandy altyd op ’n aggressiewe manier tot openbaring kom. Hoe meer hy probeer om nader aan haar te kom, hoe verder stoot hy haar van hom af weg. Maar nou gaan dit anders wees. Hy gaan weer probeer.

Whitmore Kollege se kampus lyk soos enige ander Amerikaanse kampus — mooi met statige ou geboue en groot grasperke en wandelgange, rotstuine en welige plante. Dit is ’n goeie kollege, goedgeorganiseer tot met die vyftienminute parkeerplekke vir die haastige besoeker. Marshall parkeer sy motor naby aan Stewart Saal waar die Sielkunde fakulteit gesetel is en stap nader om Sandy te gaan inwag na haar laaste klas vir die dag. Sy is in haar eerstejaar en omdat hulle vanaf New York hierheen gekom het, is haar lesings onderbreek en moes sy somerklasse bywoon om weer op datum te kom.

Whitmore is ’n privaat kollege wat in die twintigerjare ter nagedagtenis aan een of ander belangrike grondeienaar tot stand gekom het. Ou foto’s van die geboue toon duidelik dat sekere dele van die lesingsale nog die oorspronklike rooi stene en witgeverfde pilare van die oorspronklike kollege is.

Gedurende die somermaande is die kampus maar redelik stil.
Marshall vra ’n eerstejaar waar die ingang tot die imposante Stewart Saal is en eindelik maak hy die groot dubbeldeur oop en stap die ruim voorportaal binne. Toe die deur agter hom toeslaan, maak dit ’n oorverdowende lawaai en hy wonder onwillekeurig of hy elke klas in die gebou met sy binnekoms gesteur het.

Stewart Saal is ’n drieverdieping gebou met ongeveer dertig lesinglokale en Marshall besef dat dit moeilik sal gaan om Sandy se klas te vind. Nogtans begin hy in die gang afstap, onseker oor wat hom eintlik te doen staan. Hy stap by ’n spuitfontein en ruskamers verby en bevind hom eindelik voor kamer 101. ’n Goedgemoduleerde vrouestem dring tot hom deur:“. . . kom ons stel dit eenvoudig: ‘Ek dink, daarom is ek’. Dit behoort die einde van die saak te wees, maar om te wees veronderstel nie noodwendig om iets te beteken nie ...”

Marshall sug en skud sy kop. Dis beslis Sandy se klas. Die tipiese onsin wat opgedis word sodat ’n mens ander met jou grade kan imponeer, word deesdae as ‘sielkunde’ bestempel. En tog, wanneer dit by ’n betrekking kom, dan beteken hierdie danige geleerdheid niks nie. As al die sogenaamde sielkundiges maar net met mekaar kon saamstem, sou dit dalk iets beteken, maar elkeen het sy eie idees.
Eers het Sandy haar geïrriteerdheid aan ’n moeilike geboorte toegeskryf, toe weer het sy gesê dis haar opvoeding en more sal dit seker weer iets anders wees.

Hy loer by die deur in en sien ’n groot lokaal wat baie soos ’n teater lyk. Die sitplekke loop al hoër hoe verder ’n mens na agter beweeg en voor op die verhoog staan die professor met ’n groot swartbord agter haar.

". . . en om iets te beteken hoef ’n mens nie noodwendig te dink nie, want sommige geleerdes sê dat die Eie-ek nie in die Verstand gesetel is nie en dat die Verstand soms die Self ontken ...” gaan die professor voort.

Om een of ander rede het Marshall ’n ouerige vrou met ’n bolla en ’n bril verwag en hy is verbaas om die slanke figuur, die lang blonde hare en mooi gesig van die professor op te merk. Een kyk na die groep studente, oortuig hom dat dit wel Sandy se klas is en op die ingewing van die oomblik besluit hy om in te glip en die laaste gedeelte van die klas by te woon. Hy stap geruisloos binne en gaan in een van die agterste leë sitplekke sit.

Maar toe gebeur die onverwagte! Die professor het hom bemerk en haar oë word op hom gevestig, eienaardige, deurforsende oë.
Marshall begin kriewel en bloos. Die studente om hom begin almal na hom kyk. Daar is ’n roering in die klas. En die vrou bestudeer hom, so asof sy hom al iewers gesien het en probeer onthou waar.
En toe skielik verander haar houding. Die blik in haar oë laat hom onwillekeurig ril en hy voel hoe sy maagspiere saamtrek.

“Kan ek u help?” vra sy in ’n koue stem, maar al wat Marshall kan sien, is die deurforsende oë.

“Ek . . . ek wag net vir my dogter,” antwoord hy beleefd.

“Wag dan buite,” kom die bevel, kortaf en finaal.

Die volgende oomblik staan hy buite en leun teen die muur, sy kop lighoofdig van spanning en onsekerheid. Hy kan nie verstaan wat gebeur het nie. Watter vreemde invloed het die vrou op hom uitgeoefen? Waarom het hy hom so laat gebied? Wat gaan met hom aan?

Hoe meer hy terugdink, hoe duideliker word dit vir hom. Dis die vrou se oë. Sy weet wie hy is, daarvan is hy oortuig, maar wat meer is, hy kon aanvoel dat sy hom haat. Haat is ’n harde woord, maar dis presies wat hy gevoel het — koue, dodelike haat. En die haat het ’n vrees in hom wakker gemaak; iets wat hy nie kan beskryf nie, dis ’n vrees wat sy hele wese verlam. Hy het nog nooit tevore in sy lewe weggehardloop nie. Wat het dan nou gebeur?

En toe dink hy aan Alf Brummel se grys oë. Was daar nie ook iets in sy oë nie? Daar het hy ook die aftog geblaas. Waar is die ou Hogan, die man wat vir niks of niemand terugdeins nie?

“Ek het weer ingegee, soos ’n lafaard,” mompel hy. “Ek is ’n ou boom wat van binne uitgehol is.” Moedeloos en teleurgesteld leun hy teen die muur om vir Sandy te wag.

’n Paar minute later gaan die deur oop en die studente kom soos ’n swerm bye by hom verbygestroom. Hulle ignoreer hom heeltemal en vir ’n paar oomblikke wonder Marshall of hy dalk onsigbaar geword het. Maar toe kom Sandy. Hy kom regop en stap nader, ’n groet op sy lippe . . . maar sy loop reg by hom verby. Sy kyk nie in sy rigting nie, glimlag nie, groet nie, maar ignoreer hom heeltemal. Oorbluf staan hy daar en sien hoe sy wegstap.

Toe volg hy haar. Dit voel vir hom asof hy kreupel is. Sy voete voel loodswaar en sy hart voel soos ’n klip. Hy sien hoe sy dogter na buite verdwyn. Die deur gaan met ’n harde geluid agter haar toe en vir hom is dit soos die laaste strooi. ’n Deur wat tussen hom en sy geliefde toegegaan het! Verslae bly hy in die voorportaal staan.

Wat Marshall nie sien nie is die swawelagtige wasem wat op die vloer naderskuif soos stadigvloeiende water. Hy hoor ook nie die vreemde krapgeluide op die vloerteëls nie.

Soos ’n slymerige bloedsuier klou ’n bose gees aan hom vas, die lang arms en gekromde kloue gryp sy bene vas en verlam hom. Die geel uitpeuloë hou hom stip dop en die man se hele wese word verlam en vergiftig.

Hy is hartseer en die pyn skroei deur sy wese. Die bose gees weet dit maar te goed. Hy kan voel dat die man moeiliker word om te beheer. En diep in Marshall se hart begin die liefde en pyn tot desperaatheid oorgaan. lets begin in hom roer. ’n Nuwe begeerte om te veg. ’n Nuwe drang om nie sommer alles gewonne te gee nie.

“Beweeg Hogan, beweeg man, dis jou dogter wat daar wegstap!”

Met elke tree wat hy gee, sleep die bose gees agter hom aan,
klouende en worstelende. Die swaweldampe omgewe hulle. Die gees soek iets om aan vas te gryp, om die man terug te hou. Maar daar is niks nie.

Toe Marshall by die deur kom, drafstap hy en met een beweging maak hy die groot deur oop. Hy hardloop die trappe af en kyk in die pad op en af. Maar sy is weg. Hy soek met sy oë oor die wye grasperke, maar daar is geen teken van haar nie.

Die bose gees gryp hom met hernude krag vas en begin langs sy lyf opklim. ’n Gevoel van wanhoop dreig om die man te oorweldig.

“Hier is ek, Pappa!”

Dadelik val die bose gees op die grond neer, snorkend en protesterend. Die man swaai om. Sandy staan langs die groot deur waar hy so pas uitgekom het. Sy skuil tussen die groen plante so asof sy vir haar klasmaats wegkruip en Marshall kry die ongemaklike gevoel dat sy hom kwaai gaan toetakel. Maar selfs dit is beter as om haar heeltemal te verloor.

“Wel,” begin hy onseker, “dit lyk my jy is skaam vir my!”

Sandy probeer regop staan, maar sy kan hom nie in die oë kyk nie. Skaamte en pyn maak haar selfbewus.

“Dit ... dit was so vernederend.”

“Wat bedoel jy?”

“Die hele episode daar binne.”

“Maar ek is mos so, Sandy. Moet altyd ’n indruk maak ...” probeer hy die spanning verlig, maar haar ontsteltenis is so groot dat hy vervolg: “Hoe moes ek geweet het dat hulle so teen ’n besoeker gekant is. Ek wou maar net luister wat my dogter geleer word. Is daar dalk iets wat ouers nie mag hoor nie?”

“Nee, niks nie. Dit was net ’n lesing.”

“Maar waaroor dan die bohaai?”

“Ek weet nie,” se Sandy stadig. “Tensy sy geweet het wie Pappa is.”

“Dis onmoontlik. Ek het haar nog nooit met ’n oog gesien nie.
Maar waarom maak dit saak wie ek is?”

Sandy lyk meteens soos ’n vasgekeerde. Sy byt op haar lip. “Pappa is die redakteur van die koerant. Miskien wil sy nie hê dat verslaggewers na haar lesings luister nie.”

“Wei ek het beslis nie probeer om ’n nuusberig te kry nie. Ek het net my dogter kom haal.”

“Goed dan, Pappa, kom ons laat dit daar. Ek weet nie wat haar rede was nie. Kom ons vergeet nou die hele besigheid.”

“Maar het ek nie die reg om te weet wat my dogter studeer nie?”
“So, Pappa wou tog uitvind wat aangaan?” reageer Sandy aggressief. En meteens is hulle weer waar hulle al so dikwels in die verlede was. Kat en hond wat stry en baklei. Een deel van hom wil nie redeneer nie, maar hy is so kwaad en ontsteld dat hy homself nie kan beheer nie. En die bose gees huiwer naby, wagtend en hopend.

“Ek het nie kom spioeneer nie,” bars Marshall woedend uit. “Ek wou net my dogter kom haal. Ek het jou gesoek . . .” Hy probeer
homself beheer en druk sy hand oor sy oë. ’n Diep sug ontsnap sy bors.

“En toe wou Pappa my ’n bietjie dophou,” se Sandy bitsig.
“Daar is geen wet daarteen nie, sover ek weet?”

“Kyk Pappa, ek is ’n indiwidu en professor Langstrat is ook een. Elke indiwidu het die reg om te besluit oor sy eie sake. As sy Pappa nie daar wou hê nie, is dit haar prerogatief.”

“En wie betaal miskien haar salaris?”

Sandy ignoreer sy laaste woorde en vervolg: “Wat my aanbetref, wat ek leer, wat ek dink, wat ek doen en wat ek gaan word, is my saak. Pappa het geen sê daaroor nie, tensy ek u hulp vra.”
Marshall is nou so kwaad en al wat hy wens is dat hy Sandy oor sy skoot kan trek en haar ’n goeie drag slae gee. Hy beduie in die rigting van Stewart Saal en vra woedend: “Het sy jou daardie nonsens geleer?”

“Pappa hoef nie te weet nie. U het enige reg wat u op my het,
jare gelede al prysgegee.”

Die laaste opmerking is soos ’n uitklophou! Hy struikel behoorlik en die volgende oomblik glip sy weg — weg van die nuttelose stryery . . . Hy wil haar nog keer, roep iets agterna, maar sy luister nie eers nie.

Op daardie oomblik neem die bose gees sy kans waar. Hy gryp
Marshall vas en die man voel hoedat sy woede en selfregverdiging
in wanhoop verander. Hy het weer ’n gemors van die hele situasie gemaak! Waarom het hy tog weer in ’n stryery betrokke geraak? Waarom kan hy haar tog nie net liefhê en aanvaar vir wat sy is nie? Waarom wil hy altyd verander en voorskryf?

Hy staar die figuurtjie agterna. Sy word al kleiner en kleiner en die pyn in sy binneste word al groter. Dan verdwyn sy om ’n hoek in die verte en meteens is dit asof iets in hom breek. Dit voel asof sy siel wil wegsmelt en op daardie oomblik weet hy dat hy homself heeltemal en volkome haat.

Dit voel asof sy bene onder hom padgee en sy smart word net
te veel om te dra. “Wat help dit tog,” fluister hy gebroke.

Skielik weerklink ’n dawerende kreet vanuit die bosse daar naby. ’n Blou-wit lig glinster en verlig die omgewing en die bose gees ruk soos hy skrik. Hy los Marshall net daar en dan en skiet weg, verskrik en bewend. ’n Ent weg gaan hy gebukkend staan, die uitpeuloë starend en soekend. In sy hand hou hy ’n swart kromswaard — gereed om te veg. Maar dan klink daar skielik ’n opskudding agter die bosse. Dit klink asof daar ’n worsteling aan die gang is. Na ’n rukkie verdwyn die blou-wit lig agter Stewart Saal.

Die bose gees bly roerloos sit. Hy wag en luister. Alles is stil, net die ligte briesie beweeg deur die plante. Dan kruip hy by Marshall verby en loer oral rond. Maar daar is niks nie. ’n Diepe sug van verligting en die geel swawelwasem kom by die bose gees se neus uit. Hy weet wat hy gehoor en gesien het, maar waarom het hulle gevlug?

’n Entjie van die kampus af, daal twee reuse-manne vanuit die
lug na die aarde neer soos gloeiende komete. Hulle reuse vlerke beweeg ruisend deur die lug en gloei soos vuur. Een van hulle is ’n donker, grootgeboude man met ’n pikswart baard. Hy is kwaad en verontwaardig en swaai sy lang swaard dreigend deur die lug. Sy maat is kleiner en kyk voortdurend om hom heen. Hy probeer sy makker tot bedaring bring.

In ’n vlammende spiraal daal hulle agter een van die kollege se koshuise neer en soek skuiling onder ’n paar wilgerbome. Toe hulle voete die aarde raak, is dit asof die glimmende lig wat vanaf hulle uitstraal, begin verflou. Behalwe vir die feit dat hulle so groot is, lyk hulle nou soos twee gewone mans, die een skraal en blond, die ander een fors en donker. Hulle is albei in koperkleurige oorpakke geklee elkeen met ’n breë gordel om die lyf. Elkeen dra ’n swaard en hulle het sandale aan.

“Triskal,” se die groot een hard, maar die ander een beduie dat hy sagter moet praat. Hy laat sy stem sak. “Wat doen jy hier?”
“Sjuut Guilo,” antwoord sy vriend. “Die Gees het my hierheen gebring net soos vir jou. Ek het gister aangekom.”

“Waarom het jy my gekeer toe ek netnou daardie bose gees wou
vernietig? Dis ’n gees van selfvoldoening. Ek kon hom met een hou
vernietig het.”

“Ja, jy kon Guilo. Maar jy het pas aangekom en jy weet nie presies wat aan die gang is nie ...”

“Wat weet ek nie?”

“Ons moet nie baklei nie, altans nog nie,” sê Triskal ernstig.
Guilo neem Triskal aan die arm en se dringend: “Waarom nie? Ek is hierheen gebring om te veg en veg sal ek.”

“Ja, maar net nie nou nie. Die tyd is nog nie ryp nie.”

“Het jy dan bevele . . . bevele waarvan ek nie weet nie?” Hy kyk
sy maat ondersoekend aan. “Bevele van Tal?”

Skemer daal oor Ashton neer en die klein wit kerkie op die heuwel blink in die laat middagson. Op die grasperk voor die kerk is Hank Busche besig om die gras te sny. Hy is haastig om voor aandete klaar te kry. ’n Paar honde blaf in die omgewing en mense wat laat gewerk het, keer terug huis toe.

Triskal en Guilo wat teen die heuwel opbeweeg, is onsigbaar vir die gewone, menslike wesens. Toe hulle die kerk bereik, kom Hank net om die hoek met die dreunende grasmasjien voor hom. Guilo gaan staan en beskou hom aandagtig.

“O so, is hy die een? Is hy die een wat eerste begin bid het?”
“Ja,” antwoord Triskal. “Hy bid al maande lank. En selfs nou is hy besig om te bid.”

“Maar waarom is ek ontbied? Hierdie dorp is so klein en onbenullig. Waarom is Tal ingeroep?”

Triskal antwoord nie, maar trek hom aan die arm. Hulle gaan deur die kerk se muur tot in die binneste heiligdom. Daar vind hulle ’n hele skare hemelse krygsmanne bymekaar. Sommige sit in die banke, ander staan by die vensters om wag te hou en nog ander staan op die verhogie voor. Hulle is min of meer soos Guilo en Triskal geklee, en dis duidelik dat almal uitgesoekte krygers is. Guilo besef dadelik dat hy lank laas so ’n groep op een plek byeen gesien het.

Wat hom egter diep tref, is dat almal stil en amper teneergedruk voor kom. Hy sien baie ou bekendes, vriende wat hy lank laas gesien het. Daar eenkant staan Nathan, die Arabier, die stil een wat min praat maar verwoed veg. Naby hom staan Armoth, die man uit Afrika, wie se oorlogskreet genoeg is om die geeste op die vlug te laat slaan. Guilo en Armoth het by geleentheid ’n verwoede geveg in Brasilië gehad toe hulle ’n sendinggesin daar moes beskerm.

Chimon, die nederige Europeër met die goue hare, dra gevegsmerke aan sy arms en alhoewel Guilo hom nog nooit voorheen ontmoet het nie, het hy al baie van sy dapperheid en uithouvermoë gehoor.

Skielik hoor Guilo ’n diep en bekende stem, die stem van die Ieier van almal, Tal: “Welkom Guilo, ons sterke en getroue vriend.”

Ja, dis Tal, die Kaptein van die Leërskare. Guilo is verslae om hierdie groot krygsman in so ’n eenvoudige geboutjie te sien. Guilo het hom al in die hemelsale in gesprek met Michael opgemerk, maar hier ... dis amper ongelooflik. Hy is so ’n indrukwekkende figuur, met sy goue hare en goue oë wat vuurvlamme uitskiet.

Guilo gaan nader en hy en Tal groet mekaar en in daardie oomblik onthou Guilo die baie gevegte wat hy en sy Kaptein saam beIeef het. Daar is geen ander krygsman wat soos Tal kan veg nie en Guilo en sy Kaptein het al saam hordes bose geeste verslaan en in die diepste duisternis gewerp.

“Vriende, dis ’n ernstige saak wat ons almal hier byeenbring,” verduidelik Tal eindelik. Alhoewel hy met vertroue praat, kan almal aanvoel dat iets dreigends oor hulle hang. Guilo kan die spanning nie meer uithou nie. Met ’n dramatiese gebaar en ’n swaai van sy swaard, roep hy uit: “Drie en twintig van die mees gedugte krygers hier byeen. Waarom? Wie is ons opponent?”

“Rafar, die prins van Babilon,” antwoord Tal stadig en nadruklik.

Almal kyk nou na Guilo se gesig. Hy is geskok en verbyster. Kan dit wees? Is daar nie iewers ’n fout nie? Maak Tal nie net ’n grap nie? Nee, dis die waarheid. Rafar, die gedugte teenstander, het die stryd teen hulle aangeknoop.

Guilo kyk af na sy swaard. Sy hande bewe. Hy probeer dit stilhou, maar dis moeilik. Die swaard is nog vol merke van gevegte wat hulle in die vorige eeue teen Rafar gehad het. Hy onthou hoe hy en Tal vir drie en twintig dae lank teen Rafar geveg het voor die val van Babilon. Dit was ’n verskriklike stryd. Hy onthou nog die pyn en die donker wolk wat hom omhul het. Rafar se boosheid is so intens dat hy sy opponente so maklik verblind. Hy en Tal het ook soos blindes geveg, verwoed, desperaat. Nie een van hulle weet wie die fatale hou geslaan het wat Rafar oor die afgrond laat stort het nie. Al wat hulle kan onthou, is dat die donker wolk weggesmelt het en dit lig geword het.

“Ek . . . ek weet u praat die waarheid,” se Guilo eindelik. “Maar dis tog ondenkbaar dat Rafar na so ’n plek sou kom. Hy’s dan die prins van nasies.”

“Waarom weet ons nie,” antwoord Tal ernstig. “Maar die Gees het ons gewaarsku dat daar iets aan die gang is. Die bose magte is besig om hulle kragte hier te versamel en ons moet gereed wees.”

“Maar ons mag nie veg nie,” se Guilo kopskuddend. “Is dit waar?”

“Ja, nog nie. Ons is te min en daar is te min gebedsondersteuning. Ons mag in geen opsig as aggressors optree nie. Ons moet maar net ’n oog oor die situasie hou. Hulle sal dink ons teenwoordigheid hier is maar net om ’n paar worstelende gelowiges te onderskraag.” Tal swyg ’n oomblik. “Dis ook beter dat niemand weet ek is hier nie.”

Guilo steek sy swaard in sy skede. Hy voel teleurgesteld en vies. Hy wil veg en nie net hier rondkuier nie. “Het u darem ’n plan, Tal?” vra hy.

Buite word die grassnyer langs die kerk verbygestoot en Tal beduie in Hank se rigting.

“Dit was Chimon se taak om te sorg dat hy hierheen beroep word,” sê Tal.

“En hy het geslaag. Die opponente wou ’n ander pastoor laat kom, maar Chimon het dit so gereël dat hierdie man gekom het. Hy is ons beginpunt. Hy is ’n ware voorbidder en dis om hom te help en by te staan dat ons hierheen gestuur is. Ons staan vir die heiliges van God en vir die Lam!”

“Vir die heiliges van God en vir die Lam!” beaam die groep eendragtig.

Tal beduie nou na ’n ander krygsman, ’n lang, donker wese: “Dis Krioni. Hy het Chimon gehelp en saam het hulle gesorg dat Hank een stem meer as die ander benoemde gekry het. Hy is die beskermengel van Ashton en ook van Hank Busche.”

Buite is Hank feitlik klaar met die grasperk. Hy vee die sweet af. Al die tyd is hy besig om te bid, dringend en hardop.

“Die vyande gaan alles in die stryd werp om hom hier weg te werk,” sê Tal.

“Maar hy volhard in die gebed. Hy is een van die min in Ashton wat nog bid.”

“Miskien is hy die enigste een,” verklaar Krioni.

“O nee,” antwoord Tal. “Daar is ’n oorblyfsel iewers in hierdie dorp. Daar is altyd nog die paar wat oorgebly het en wat volhard.

“Ja, daar is altyd ’n oorblyfsel!” roep almal oortuigend uit.

“Ons stryd begin hier, in hierdie kerkie. Ons sal ons mense hier stasioneer en van hier af werk.” Hy roep ’n lang Oosterling agter in die kerk. “Signa, ek stel jou aan om hierdie kerkgebou te bewaak. Kies twee om jou te help. Dis ons basispunt en geen bose gees mag hier naby kom nie.”

Signa gehoorsaam dadelik, kies twee helpers en hulle verdwyn na hulle poste toe.

“Goed Triskal, het jy enige nuus van Marshall Hogan?” vra Tal nadat die drie verdwyn het.

“Tot en met die karnaval het min gebeur, maar sedert Sondagaand word hy deur ’n gees van moedeloosheid en lusteloosheid getreiter.”

“Hmm, dis interessant.” Tal lyk opgewonde. “Miskien is hy besig om wakker te word en nou hou hulle hom juis dop. Hulle probeer hom in toom hou.”

“Die Here wou hê dat hy redakteur van die Basuin moes word,” sê Krioni.

“En ons het dit reggekry. Maar ek weet nie waarom nie. Hy lyk so moeg en sonder enige veggees.”

“Moeg en lusteloos — net ideaal vir die Here om te gebruik. God het vooruit geweet wie Hy wil gebruik.”

“Maar as hy te aggressief word, sal hulle hom vernietig. Hulle hou hom reeds noukeurig dop.”

“Dis waar,” gee Tal toe. “Daarom moet ons uiters versigtig wees. Ons moet hom nie te gou tot optrede aanspoor nie. Daar is baie faktore wat in ag geneem moet word.”

Eindelik is Tal gereed om tot optrede oor te gaan. Hy spreek die hele groep nog een maal toe: “Ek verwag Rafar so teen donker hier. Ons sal dit dadelik aanvoel wanneer hy hier arriveer. En ons weet ook dat hy onmiddellik sy grootste opponent sal probeer keer.”

“Henry Busche,” se Guilo.

“Ja. Daarom moet ons hom ondersteun. Krioni en Triskal, kies vier vegters om julle by te staan en waak oor hom. Hulle sal hom ongetwyfeld probeer toets. Maar nou gee ek ’n moeilike opdrag. Wanneer hy vannag aangeval word, mag julle nie veg nie. Sorg net dat sy lewe nie in gevaar kom nie, maar andersins moet hy die toets deurmaak. Dis absoluut noodsaaklik.”

Alhoewel hulle nie Tal se bevel verstaan nie, is almal bereid om sy opdrag uit te voer.

“Marshall Hogan is die ander belangrike persoon. Ek en Guilo sal hom dophou. Ek is nog nie seker hoe hy sal reageer nie. Hy kan ineenstort en terugtrek, of hy kan tot die stryd opgeroep word en begin veg. Rafar sal natuurlik baie in hom belangstel vanwee sy groot invloed in die dorp.” Tal kyk nog een maal oor sy groep. “Vier vegters sal saam met my en Guilo gaan om oor Marshall te waak en die res van julle moet die oorblyfsel gaan soek. Hier moet nog ander kinders van die Heer in hierdie dorp wees. Soek hulle en bly by hulle.”

Tal trek sy swaard uit en hou dit omhoog. Die ander volg sy voorbeeld.

“Rafar, ons ontmoet weer,” se Tal sag. En dan harder: “Vir die heiliges van God en vir die Lam.”

“Vir die heiliges van God en vir die Lam!” beaam die ander.

Vervolg...

DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (4)

Frank Peretti

Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu

Toe Marshall die Basuin se kantore verlaat, is hy dankbaar om te
weet dat die Dinsdag-uitgawe van die koerant reeds reg is en die
personeel is al aan die gang om die Vrydag-uitgawe gereed te kry.
Na al die omwentelinge van die oggend, verwelkom hy ’n bietjie
kalmte. Miskien is ’n klein koerantjie tog die antwoord. En wie weet, dalk kan hy weer die verhouding met sy dogter regkry.

Sandy, hulle enigste kind, is ’n pragtige rooikop, ’n meisie met
baie potensiaal. Haar probleem is dat sy die meeste van haar jeugjare amper nie ’n pa gehad het nie. Hy was so besig in New York dat Sandy maar baie aan haarself oorgelaat is, en dit het noodwendig probleme veroorsaak. En Sandy het ook nie ’n geheim van haar teleurstelling in haar pa gemaak nie. Kate sê altyd die twee is te eenders. Sandy se behoefte aan haar pa word altyd op die verkeerde wyse openbaar en gewoonlik is hulle reaksies teenoor mekaar soos dié van kat en hond.

Terwyl hy voortry, besluit Marshall dat daar geen verdere gevegte tussen hom en sy dogter gaan wees nie. Nee, hy gaan haar kans gee om haar sê te sê. Hy gaan luister en probeer om haar kant van die saak te begryp. Hy sal haar liefhê en só probeer om die gebroke verhouding weer reg te stel. Dis regtig vreemd hoe sy liefde vir Sandy altyd op ’n aggressiewe manier tot openbaring kom. Hoe meer hy probeer om nader aan haar te kom, hoe verder stoot hy haar van hom af weg. Maar nou gaan dit anders wees. Hy gaan weer probeer.

Whitmore Kollege se kampus lyk soos enige ander Amerikaanse kampus — mooi met statige ou geboue en groot grasperke en wandelgange, rotstuine en welige plante. Dit is ’n goeie kollege, goedgeorganiseer tot met die vyftienminute parkeerplekke vir die haastige besoeker. Marshall parkeer sy motor naby aan Stewart Saal waar die Sielkunde fakulteit gesetel is en stap nader om Sandy te gaan inwag na haar laaste klas vir die dag. Sy is in haar eerstejaar en omdat hulle vanaf New York hierheen gekom het, is haar lesings onderbreek en moes sy somerklasse bywoon om weer op datum te kom.

Whitmore is ’n privaat kollege wat in die twintigerjare ter nagedagtenis aan een of ander belangrike grondeienaar tot stand gekom het. Ou foto’s van die geboue toon duidelik dat sekere dele van die lesingsale nog die oorspronklike rooi stene en witgeverfde pilare van die oorspronklike kollege is.

Gedurende die somermaande is die kampus maar redelik stil.
Marshall vra ’n eerstejaar waar die ingang tot die imposante Stewart Saal is en eindelik maak hy die groot dubbeldeur oop en stap die ruim voorportaal binne. Toe die deur agter hom toeslaan, maak dit ’n oorverdowende lawaai en hy wonder onwillekeurig of hy elke klas in die gebou met sy binnekoms gesteur het.

Stewart Saal is ’n drieverdieping gebou met ongeveer dertig lesinglokale en Marshall besef dat dit moeilik sal gaan om Sandy se klas te vind. Nogtans begin hy in die gang afstap, onseker oor wat hom eintlik te doen staan. Hy stap by ’n spuitfontein en ruskamers verby en bevind hom eindelik voor kamer 101. ’n Goedgemoduleerde vrouestem dring tot hom deur:“. . . kom ons stel dit eenvoudig: ‘Ek dink, daarom is ek’. Dit behoort die einde van die saak te wees, maar om te wees veronderstel nie noodwendig om iets te beteken nie ...”

Marshall sug en skud sy kop. Dis beslis Sandy se klas. Die tipiese onsin wat opgedis word sodat ’n mens ander met jou grade kan imponeer, word deesdae as ‘sielkunde’ bestempel. En tog, wanneer dit by ’n betrekking kom, dan beteken hierdie danige geleerdheid niks nie. As al die sogenaamde sielkundiges maar net met mekaar kon saamstem, sou dit dalk iets beteken, maar elkeen het sy eie idees.
Eers het Sandy haar geïrriteerdheid aan ’n moeilike geboorte toegeskryf, toe weer het sy gesê dis haar opvoeding en more sal dit seker weer iets anders wees.

Hy loer by die deur in en sien ’n groot lokaal wat baie soos ’n
teater lyk. Die sitplekke loop al hoër hoe verder ’n mens na agter
beweeg en voor op die verhoog staan die professor met ’n groot swartbord agter haar.

". . . en om iets te beteken hoef ’n mens nie noodwendig te dink nie, want sommige geleerdes se dat die Eie-ek nie in die Verstand gesetel is nie en dat die Verstand soms die Self ontken ...” gaan die professor voort.

Om een of ander rede het Marshall ’n ouerige vrou met ’n bolla en ’n bril verwag en hy is verbaas om die slanke figuur, die lang blonde hare en mooi gesig van die professor op te merk. Een kyk na die groep studente, oortuig hom dat dit wel Sandy se klas is en op die ingewing van die oomblik besluit hy om in te glip en die laaste gedeelte van die klas by te woon. Hy stap geruisloos binne en gaan in een van die agterste leë sitplekke sit.

Maar toe gebeur die onverwagte! Die professor het hom bemerk en haar oë word op hom gevestig, eienaardige, deurforsende oë.
Marshall begin kriewel en bloos. Die studente om hom begin almal na hom kyk. Daar is ’n roering in die klas. En die vrou bestudeer hom, so asof sy hom al iewers gesien het en probeer onthou waar.
En toe skielik verander haar houding. Die blik in haar oë laat hom
onwillekeurig ril en hy voel hoe sy maagspiere saamtrek.

“Kan ek u help?” vra sy in ’n koue stem, maar al wat Marshall
kan sien, is die deurforsende oe.

“Ek . . . ek wag net vir my dogter,” antwoord hy beleefd.

“Wag dan buite,” kom die bevel, kortaf en finaal.

Die volgende oomblik staan hy buite en leun teen die muur, sy
kop lighoofdig van spanning en onsekerheid. Hy kan nie verstaan
wat gebeur het nie. Watter vreemde invloed het die vrou op hom
uitgeoefen? Waarom het hy hom so laat gebied? Wat gaan met hom aan?

Hoe meer hy terugdink, hoe duideliker word dit vir hom. Dis
die vrou se oë. Sy weet wie hy is, daarvan is hy oortuig, maar wat meer is, hy kon aanvoel dat sy hom haat. Haat is ’n harde woord, maar dis presies wat hy gevoel het — koue, dodelike haat. En die haat het ’n vrees in hom wakker gemaak; iets wat hy nie kan beskryf nie, dis ’n vrees wat sy hele wese verlam. Hy het nog nooit tevore in sy lewe weggehardloop nie. Wat het dan nou gebeur?

En toe dink hy aan Alf Brummel se grys oë. Was daar nie ook
iets in sy oë nie? Daar het hy ook die aftog geblaas. Waar is die
ou Hogan, die man wat vir niks of niemand terugdeins nie?

“Ek het weer ingegee, soos ’n lafaard,” mompel hy. “Ek is ’n ou boom wat van binne uitgehol is.” Moedeloos en teleurgesteld leun hy teen die muur om vir Sandy te wag.

’n Paar minute later gaan die deur oop en die studente kom soos ’n swerm bye by hom verbygestroom. Hulle ignoreer hom heeltemal en vir ’n paar oomblikke wonder Marshall of hy dalk onsigbaar geword het. Maar toe kom Sandy. Hy kom regop en stap nader, ’n groet op sy lippe . . . maar sy loop reg by hom verby. Sy kyk nie in sy rigting nie, glimlag nie, groet nie, maar ignoreer hom heeltemal. Oorbluf staan hy daar en sien hoe sy wegstap.

Toe volg hy haar. Dit voel vir hom asof hy kreupel is. Sy voete
voel loodswaar en sy hart voel soos ’n klip. Hy sien hoe sy dogter
na buite verdwyn. Die deur gaan met ’n harde geluid agter haar
toe en vir hom is dit soos die laaste strooi. ’n Deur wat tussen hom en sy geliefde toegegaan het! Verslae bly hy in die voorportaal staan.

Wat Marshall nie sien nie is die swawelagtige wasem wat op die vloer naderskuif soos stadigvloeiende water. Hy hoor ook nie die vreemde krapgeluide op die vloerteëls nie.

Soos ’n slymerige bloedsuier klou ’n bose gees aan hom vas, die lang arms en gekromde kloue gryp sy bene vas en verlam hom. Die geel uitpeuloë hou hom stip dop en die man se hele wese word verlam en vergiftig.

Hy is hartseer en die pyn skroei deur sy wese. Die bose gees weet dit maar te goed. Hy kan voel dat die man moeiliker word om te beheer. En diep in Marshall se hart begin die liefde en pyn tot desperaatheid oorgaan. lets begin in hom roer. ’n Nuwe begeerte om te veg. ’n Nuwe drang om nie sommer alles gewonne te gee nie.

“Beweeg Hogan, beweeg man, dis jou dogter wat daar wegstap!”

Met elke tree wat hy gee, sleep die bose gees agter hom aan,
klouende en worstelende. Die swaweldampe omgewe hulle. Die gees soek iets om aan vas te gryp, om die man terug te hou. Maar daar is niks nie.

Toe Marshall by die deur kom, drafstap hy en met een beweging maak hy die groot deur oop. Hy hardloop die trappe af en kyk in die pad op en af. Maar sy is weg. Hy soek met sy oë oor die wye grasperke, maar daar is geen teken van haar nie.

Die bose gees gryp hom met hernude krag vas en begin langs
sy lyf opklim. ’n Gevoel van wanhoop dreig om die man te oorweldig.

“Hier is ek, Pappa!”

Dadelik val die bose gees op die grond neer, snorkend en protesterend. Die man swaai om. Sandy staan langs die groot deur waar hy so pas uitgekom het. Sy skuil tussen die groen plante so asof sy vir haar klasmaats wegkruip en Marshall kry die ongemaklike gevoel dat sy hom kwaai gaan toetakel. Maar selfs dit is beter as om haar heeltemal te verloor.

“Wel,” begin hy onseker, “dit lyk my jy is skaam vir my!”

Sandy probeer regop staan, maar sy kan hom nie in die oë kyk nie. Skaamte en pyn maak haar selfbewus.

“Dit ... dit was so vernederend.”

“Wat bedoel jy?”

“Die hele episode daar binne.”

“Maar ek is mos so, Sandy. Moet altyd ’n indruk maak ...” pro-
beer hy die spanning verlig, maar haar ontsteltenis is so groot dat hy vervolg: “Hoe moes ek geweet het dat hulle so teen ’n besoeker gekant is. Ek wou maar net luister wat my dogter geleer word. Is daar dalk iets wat ouers nie mag hoor nie?”

“Nee, niks nie. Dit was net ’n lesing.”

“Maar waaroor dan die bohaai?”

“Ek weet nie,” se Sandy stadig. “Tensy sy geweet het wie Pappa
is.”

“Dis onmoontlik. Ek het haar nog nooit met ’n oog gesien nie.
Maar waarom maak dit saak wie ek is?”

Sandy lyk meteens soos ’n vasgekeerde. Sy byt op haar lip. “Pappa
is die redakteur van die koerant. Miskien wil sy nie hê dat verslaggewers na haar lesings luister nie.”

“Wei ek het beslis nie probeer om ’n nuusberig te kry nie. Ek het net my dogter kom haal.”

“Goed dan, Pappa, kom ons laat dit daar. Ek weet nie wat haar rede was nie. Kom ons vergeet nou die hele besigheid.”

“Maar het ek nie die reg om te weet wat my dogter studeer nie?”
“So, Pappa wou tog uitvind wat aangaan?” reageer Sandy aggressief. En meteens is hulle weer waar hulle al so dikwels in die verlede was. Kat en hond wat stry en baklei. Een deel van hom wil nie redeneer nie, maar hy is so kwaad en ontsteld dat hy hornself nie kan beheer nie. En die bose gees huiwer naby, wagtend en hopend.

“Ek het nie kom spioeneer nie,” bars Marshall woedend uit. “Ek wou net my dogter kom haal. Ek het jou gesoek . . .” Hy probeer
homself beheer en druk sy hand oor sy oë. ’n Diep sug ontsnap sy bors.

“En toe wou Pappa my ’n bietjie dophou,” se Sandy bitsig.
“Daar is geen wet daarteen nie, sover ek weet?”

“Kyk Pappa, ek is ’n indiwidu en professor Langstrat is ook een. Elke indiwidu het die reg om te besluit oor sy eie sake. As sy Pappa nie daar wou hê nie, is dit haar prerogatief.”

“En wie betaal miskien haar salaris?”

Sandy ignoreer sy laaste woorde en vervolg: “Wat my aanbetref, wat ek leer, wat ek dink, wat ek doen en wat ek gaan word, is my saak. Pappa het geen sê daaroor nie, tensy ek u hulp vra.”
Marshall is nou so kwaad en al wat hy wens is dat hy Sandy oor sy skoot kan trek en haar ’n goeie drag slae gee. Hy beduie in die rigting van Stewart Saal en vra woedend: “Het sy jou daardie nonsens geleer?”

“Pappa hoef nie te weet nie. U het enige reg wat u op my het,
jare gelede al prysgegee.”

Die laaste opmerking is soos ’n uitklophou! Hy struikel behoorlik en die volgende oomblik glip sy weg — weg van die nuttelose stryery . . . Hy wil haar nog keer, roep iets agterna, maar sy luister nie eers nie.

Op daardie oomblik neem die bose gees sy kans waar. Hy gryp
Marshall vas en die man voel hoedat sy woede en selfregverdiging
in wanhoop verander. Hy het weer ’n gemors van die hele situasie gemaak! Waarom het hy tog weer in ’n stryery betrokke geraak? Waarom kan hy haar tog nie net liefhê en aanvaar vir wat sy is nie? Waarom wil hy altyd verander en voorskryf?

Hy staar die figuurtjie agterna. Sy word al kleiner en kleiner en die pyn in sy binneste word al groter. Dan verdwyn sy om ’n hoek in die verte en meteens is dit asof iets in hom breek. Dit voel asof sy siel wil wegsmelt en op daardie oomblik weet hy dat hy homself heeltemal en volkome haat.

Dit voel asof sy bene onder hom padgee en sy smart word net
te veel om te dra. “Wat help dit tog,” fluister hy gebroke.

Skielik weerklink ’n dawerende kreet vanuit die bosse daar naby. ’n Blou-wit lig glinster en verlig die omgewing en die bose gees ruk soos hy skrik. Hy los Marshall net daar en dan en skiet weg, verskrik en bewend. ’n Ent weg gaan hy gebukkend staan, die uitpeuloë starend en soekend. In sy hand hou hy ’n swart kromswaard — gereed om te veg. Maar dan klink daar skielik ’n opskudding agter die bosse. Dit klink asof daar ’n worsteling aan die gang is. Na ’n rukkie verdwyn die blou-wit lig agter Stewart Saal.

Die bose gees bly roerloos sit. Hy wag en luister. Alles is stil, net die ligte briesie beweeg deur die plante. Dan kruip hy by Marshall verby en loer oral rond. Maar daar is niks nie. ’n Diepe sug van verligting en die geel swawelwasem kom by die bose gees se neus uit. Hy weet wat hy gehoor en gesien het, maar waarom het hulle gevlug?

’n Entjie van die kampus af, daal twee reuse-manne vanuit die
lug na die aarde neer soos gloeiende komete. Hulle reuse vlerke beweeg ruisend deur die lug en gloei soos vuur. Een van hulle is ’n donker, grootgeboude man met ’n pikswart baard. Hy is kwaad en verontwaardig en swaai sy lang swaard dreigend deur die lug. Sy maat is kleiner en kyk voortdurend om hom heen. Hy probeer sy makker tot bedaring bring.

In ’n vlammende spiraal daal hulle agter een van die kollege se koshuise neer en soek skuiling onder ’n paar wilgerbome. Toe hulle voete die aarde raak, is dit asof die glimmende lig wat vanaf hulle uitstraal, begin verflou. Behalwe vir die feit dat hulle so groot is, lyk hulle nou soos twee gewone mans, die een skraal en blond, die ander een fors en donker. Hulle is albei in koperkleurige oorpakke geklee elkeen met ’n breë gordel om die lyf. Elkeen dra ’n swaard en hulle het sandale aan.

“Triskal,” se die groot een hard, maar die ander een beduie dat hy sagter moet praat. Hy laat sy stem sak. “Wat doen jy hier?”
“Sjuut Guilo,” antwoord sy vriend. “Die Gees het my hierheen gebring net soos vir jou. Ek het gister aangekom.”

“Waarom het jy my gekeer toe ek netnou daardie bose gees wou
vernietig? Dis ’n gees van selfvoldoening. Ek kon hom met een hou
vernietig het.”

“Ja, jy kon Guilo. Maar jy het pas aangekom en jy weet nie presies wat aan die gang is nie ...”

“Wat weet ek nie?”

“Ons moet nie baklei nie, altans nog nie,” sê Triskal ernstig.
Guilo neem Triskal aan die arm en se dringend: “Waarom nie? Ek is hierheen gebring om te veg en veg sal ek.”

“Ja, maar net nie nou nie. Die tyd is nog nie ryp nie.”

“Het jy dan bevele . . . bevele waarvan ek nie weet nie?” Hy kyk
sy maat ondersoekend aan. “Bevele van Tal?”

Skemer daal oor Ashton neer en die klein wit kerkie op die heuwel blink in die laat middagson. Op die grasperk voor die kerk is Hank Busche besig om die gras te sny. Hy is haastig om voor aandete klaar te kry. ’n Paar honde blaf in die omgewing en mense wat laat gewerk het, keer terug huis toe.

Triskal en Guilo wat teen die heuwel opbeweeg, is onsigbaar vir die gewone, menslike wesens. Toe hulle die kerk bereik, kom Hank net om die hoek met die dreunende grasmasjien voor hom. Guilo gaan staan en beskou hom aandagtig.

“O so, is hy die een? Is hy die een wat eerste begin bid het?”
“Ja,” antwoord Triskal. “Hy bid al maande lank. En selfs nou is hy besig om te bid.”

“Maar waarom is ek ontbied? Hierdie dorp is so klein en onbenullig. Waarom is Tal ingeroep?”

Triskal antwoord nie, maar trek hom aan die arm. Hulle gaan deur die kerk se muur tot in die binneste heiligdom. Daar vind hulle ’n hele skare hemelse krygsmanne bymekaar. Sommige sit in die banke, ander staan by die vensters om wag te hou en nog ander staan op die verhogie voor. Hulle is min of meer soos Guilo en Triskal geklee, en dis duidelik dat almal uitgesoekte krygers is. Guilo besef dadelik dat hy lank laas so ’n groep op een plek byeen gesien het.

Wat hom egter diep tref, is dat almal stil en amper teneergedruk voor kom. Hy sien baie ou bekendes, vriende wat hy lank laas gesien het. Daar eenkant staan Nathan, die Arabier, die stil een wat min praat maar verwoed veg. Naby hom staan Armoth, die man uit Afrika, wie se oorlogskreet genoeg is om die geeste op die vlug te laat slaan. Guilo en Armoth het by geleentheid ’n verwoede geveg in Brasilië gehad toe hulle ’n sendinggesin daar moes beskerm.

Chimon, die nederige Europeër met die goue hare, dra gevegsmerke aan sy arms en alhoewel Guilo hom nog nooit voorheen ontmoet het nie, het hy al baie van sy dapperheid en uithouvermoë gehoor.

Skielik hoor Guilo ’n diep en bekende stem, die stem van die Ieier van almal, Tal: “Welkom Guilo, ons sterke en getroue vriend.”

Ja, dis Tal, die Kaptein van die Leërskare. Guilo is verslae om hierdie groot krygsman in so ’n eenvoudige geboutjie te sien. Guilo het hom al in die hemelsale in gesprek met Michael opgemerk, maar hier ... dis amper ongelooflik. Hy is so ’n indrukwekkende figuur, met sy goue hare en goue oë wat vuurvlamme uitskiet.

Guilo gaan nader en hy en Tal groet mekaar en in daardie oomblik onthou Guilo die baie gevegte wat hy en sy Kaptein saam beIeef het. Daar is geen ander krygsman wat soos Tal kan veg nie en Guilo en sy Kaptein het al saam hordes bose geeste verslaan en in die diepste duisternis gewerp.

“Vriende, dis ’n ernstige saak wat ons almal hier byeenbring,” verduidelik Tal eindelik. Alhoewel hy met vertroue praat, kan almal aanvoel dat iets dreigends oor hulle hang. Guilo kan die spanning nie meer uithou nie. Met ’n dramatiese gebaar en ’n swaai van sy swaard, roep hy uit: “Drie en twintig van die mees gedugte krygers hier byeen. Waarom? Wie is ons opponent?”

“Rafar, die prins van Babilon,” antwoord Tal stadig en nadruklik.

Almal kyk nou na Guilo se gesig. Hy is geskok en verbyster. Kan dit wees? Is daar nie iewers ’n fout nie? Maak Tal nie net ’n grap nie? Nee, dis die waarheid. Rafar, die gedugte teenstander, het die stryd teen hulle aangeknoop.

Guilo kyk af na sy swaard. Sy hande bewe. Hy probeer dit stilhou, maar dis moeilik. Die swaard is nog vol merke van gevegte wat hulle in die vorige eeue teen Rafar gehad het. Hy onthou hoe hy en Tal vir drie en twintig dae lank teen Rafar geveg het voor die val van Babilon. Dit was ’n verskriklike stryd. Hy onthou nog die pyn en die donker wolk wat hom omhul het. Rafar se boosheid is so intens dat hy sy opponente so maklik verblind. Hy en Tal het ook soos blindes geveg, verwoed, desperaat. Nie een van hulle weet wie die fatale hou geslaan het wat Rafar oor die afgrond laat stort het nie. Al wat hulle kan onthou, is dat die donker wolk weggesmelt het en dit lig geword het.

“Ek . . . ek weet u praat die waarheid,” se Guilo eindelik. “Maar
dis tog ondenkbaar dat Rafar na so ’n plek sou kom. Hy’s dan die prins van nasies.”

“Waarom weet ons nie,” antwoord Tal ernstig. “Maar die Gees het ons gewaarsku dat daar iets aan die gang is. Die bose magte is besig om hulle kragte hier te versamel en ons moet gereed wees.”

“Maar ons mag nie veg nie,” se Guilo kopskuddend. “Is dit waar?”

“Ja, nog nie. Ons is te min en daar is te min gebedsondersteuning. Ons mag in geen opsig as aggressors optree nie. Ons moet maar net ’n oog oor die situasie hou. Hulle sal dink ons teenwoordigheid hier is maar net om ’n paar worstelende gelowiges te onderskraag.” Tal swyg ’n oomblik. “Dis ook beter dat niemand weet ek is hier nie.”

Guilo steek sy swaard in sy skede. Hy voel teleurgesteld en vies. Hy wil veg en nie net hier rondkuier nie. “Het u darem ’n plan, Tal?” vra hy.

Buite word die grassnyer langs die kerk verbygestoot en Tal beduie in Hank se rigting.

“Dit was Chimon se taak om te sorg dat hy hierheen beroep word,” sê Tal.

“En hy het geslaag. Die opponente wou ’n ander pastoor laat kom, maar Chimon het dit so gereël dat hierdie man gekom het. Hy is ons beginpunt. Hy is ’n ware voorbidder en dis om hom te help en by te staan dat ons hierheen gestuur is. Ons staan vir die heiliges van God en vir die Lam!”

“Vir die heiliges van God en vir die Lam!” beaam die groep eendragtig.

Tal beduie nou na ’n ander krygsman, ’n lang, donker wese: “Dis Krioni. Hy het Chimon gehelp en saam het hulle gesorg dat Hank
een stem meer as die ander benoemde gekry het. Hy is die beskermengel van Ashton en ook van Hank Busche.”

Buite is Hank feitlik klaar met die grasperk. Hy vee die sweet af. Al die tyd is hy besig om te bid, dringend en hardop.

“Die vyande gaan alles in die stryd werp om hom hier weg te werk,” sê Tal.

“Maar hy volhard in die gebed. Hy is een van die min in Ashton wat nog bid.”

“Miskien is hy die enigste een,” verklaar Krioni.

“O nee,” antwoord Tal. “Daar is ’n oorblyfsel iewers in hierdie dorp. Daar is altyd nog die paar wat oorgebly het en wat volhard.

“Ja, daar is altyd ’n oorblyfsel!” roep almal oortuigend uit.

“Ons stryd begin hier, in hierdie kerkie. Ons sal ons mense hier stasioneer en van hier af werk.” Hy roep ’n lang Oosterling agter in die kerk. “Signa, ek stel jou aan om hierdie kerkgebou te bewaak. Kies twee om jou te help. Dis ons basispunt en geen bose gees mag hier naby kom nie.”

Signa gehoorsaam dadelik, kies twee helpers en hulle verdwyn na hulle poste toe.

“Goed Triskal, het jy enige nuus van Marshall Hogan?” vra Tal
nadat die drie verdwyn het.

“Tot en met die karnaval het min gebeur, maar sedert Sondagaand word hy deur ’n gees van moedeloosheid en lusteloosheid getreiter.”

“Hmm, dis interessant.” Tal lyk opgewonde. “Miskien is hy besig om wakker te word en nou hou hulle hom juis dop. Hulle probeer hom in toom hou.”

“Die Here wou hê dat hy redakteur van die Basuin moes word,”
se Krioni.

“En ons het dit reggekry. Maar ek weet nie waarom nie. Hy lyk so moeg en sonder enige veggees.”

“Moeg en lusteloos — net ideaal vir die Here om te gebruik. God
het vooruit geweet wie Hy wil gebruik.”

“Maar as hy te aggressief word, sal hulle hom vernietig. Hulle hou hom reeds noukeurig dop.”

“Dis waar,” gee Tal toe. “Daarom moet ons uiters versigtig wees. Ons moet hom nie te gou tot optrede aanspoor nie. Daar is baie faktore wat in ag geneem moet word.”

Eindelik is Tal gereed om tot optrede oor te gaan. Hy spreek die hele groep nog een maal toe: “Ek verwag Rafar so teen donker hier. Ons sal dit dadelik aanvoel wanneer hy hier arriveer. En ons weet ook dat hy onmiddellik sy grootste opponent sal probeer keer.”

“Henry Busche,” se Guilo.

“Ja. Daarom moet ons hom ondersteun. Krioni en Triskal, kies vier vegters om julle by te staan en waak oor hom. Hulle sal hom ongetwyfeld probeer toets. Maar nou gee ek ’n moeilike opdrag. Wanneer hy vannag aangeval word, mag julle nie veg nie. Sorg net dat sy lewe nie in gevaar kom nie, maar andersins moet hy die toets deurmaak. Dis absoluut noodsaaklik.”

Alhoewel hulle nie Tal se bevel verstaan nie, is almal bereid om sy opdrag uit te voer.

“Marshall Hogan is die ander belangrike persoon. Ek en Guilo sal hom dophou. Ek is nog nie seker hoe hy sal reageer nie. Hy kan ineenstort en terugtrek, of hy kan tot die stryd opgeroep word en begin veg. Rafar sal natuurlik baie in hom belangstel vanwee sy groot invloed in die dorp.” Tal kyk nog een maal oor sy groep. “Vier vegters sal saam met my en Guilo gaan om oor Marshall te waak en die res van julle moet die oorblyfsel gaan soek. Hier moet nog ander kinders van die Heer in hierdie dorp wees. Soek hulle en bly by hulle.”

Tal trek sy swaard uit en hou dit omhoog. Die ander volg sy voorbeeld.

“Rafar, ons ontmoet weer,” se Tal sag. En dan harder: “Vir die heiliges van God en vir die Lam.”

“Vir die heiliges van God en vir die Lam!” beaam die ander.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1798 gaste aanlyn