NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Volgelinge van Jesus sit hulself neer maar tel ook iets op - ’n kruis.  “….As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” Eers neersit, dan optel.

DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (3)

Frank Peretti

Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu

Na ’n paar kilometer wes van Ashton, spoed ’n groot swart motor deur die landelike  omgewing. In die agterste sitplek sit ’n gesette, middeljarige man met sy sekretaresse langs horn. Sy is lank en skraal met swart hare en ’n baie bleek gelaatskleur. Die man is besig om te dikteer en sy neem alles in snelskrif af. Skielik onderbreek hy sy woordevloed en sê nadenkend: “Ek dink nou net daaraan. Die professor sê sy het aan my ’n pakkie gestuur — ’n tydjie gelede. Ek kan nie onthou dat ek dit ooit ontvang het nie.”

“Wat se soort pakkie?”

“’n Klein pakkie. lets persoonliks. Maak tog seker of so ’n pakkie op die plaas aangekom het.”

Die sekretaresse maak haar notaboekie oop en skryf oënskynlik iets neer. Maar in werklikheid skryf sy niks nie...

Vir die tweede keer op een dag besoek Marshall die hofsaal en polisiekwartiere. Sara, Alf Brummel se sekretaresse, het hom geskakel en gereel dat hy Brummel om twee-uur moet kom sien.

Dit is vir Marshall ’n bemoedigende teken. Miskien wil Brummel self die saak aanroer voordat die stryd regtig in alle erns begin.

Toe hy voor die hofsaal stilhou, klim hy uit en staar ’n paar oomblikke nadenkend in Ashton se hoofstraat op. Baie tekens van die karnaval is nog sigbaar en dit tref hom weer dat daar ’n gees van moedeloosheid, frustrasie en depressie oor die hele dorp neergesak het. Die strate lyk verwaarloos. Verskeie vensters is met hout toegeslaan, vuilgoed en afval is oral sigbaar en baie parkeermeters is stukkend of buite werking. Verskeie besigheidsmense is met opruimingswerk besig, maar dis tog asof Marshall weet dat die innerlike probleme nog onopgelos is. Daar is ’n stygende kriminele element, onderlinge vertroue tussen bure bestaan nie meer nie — oral is daar agterdog en skinderpraatjies en ’n verborge vrees.

Hy stap na die hofgeboue. Daar is twee netjiese geboue op dieplein, met ’n parkeerterrein tussen hulle. Aan die een kant is die hof self met die polisiestasie en selle onder. Drie polisiemotors staan voor die gebou geparkeer. Aan die anderkant is die stadsaal, met ’n vooraansig van glas. Die burgermeester se kantoor is daar gesetel, en ook die kantore van die stadsraad. Marshall stap nou na die hof toe.

Hy gaan die polisiekantoor binne. Die ontvangsarea is leeg. Hy hoor stemme vanuit die aangrensende vertrekke, maar van Sara is daar geen teken nie — of altans so dink hy. Maar dan hoor hy ’n gesteun en gehyg by die kabinet. Hy leun oor die lessenaar en  kan ’n glimlag nie bedwing nie. Daar is Sara, op haar knieë, worstelend en steunend, besig om ’n laai van die kabinet te probeer oopkry. Dit het skynbaar vasgehaak. Sy is papnat gesweet en duidelik ongeduldig soos ’n verergde vloekwoord getuig. Arme Sara is aan die verloorkant en haar sykouse is aan flarde.

Dan bemerk sy Marshall wat agter haar staan. ’n Verleë blos kleur haar wange.

“Hallo, Marshall . .

“Lyk of jy in ’n oorlog was,” groet Marshall. Gelukkig ken hulle mekaar en dus voel Sara gou op haar gemak.

“Hierdie kabinette sal my nog grys hare gee. Hierin is al Alf Brummel se berugte lêers. Hy het onlangs nuwe kabinette aangekoop, maar hierdie oues moet hier in my kantoor bly. Nugter alleen weet waarom.”

“Hulle is seker te lelik vir sy kantoor.”

“Ag wel, miskien kan ek hulle ’n bietjie opknap.” Die skakelaar op haar lessenaar gaan skielik aan en sy lig die spreekbuis. “Ja, Meneer.”

Brummel se stem kraak oor die interkom: “Wat gaan aan? My sekuriteitsliggie flits aan en af.”

“Jammer, Meneer. Dis ek. Een van die kabinette se laaie het vasgehaak.”

“Ek sien. Probeer om sake in orde te kry.”

“Reg, Meneer. Meneer Hogan is hier om u te sien.”

“Stuur hom in, asseblief.”

Sara kyk na Marshall en skud haar kop. Sy sug diep. “Jy soek nie dalk ’n sekretaresse nie.” Dan verduidelik sy: “Hierdie kabinette word deur ’n veiligheidsisteem beheer. Elke keer as ek ’n laai oopmaak, gaan al wat ’n alarm is af. Wat ’n toestand!”

Marshall stap na binne. Alf Brummel het opgestaan en hy hou
sy hand na sy besoeker uit. ’n Breë glimlag vorm op sy gesig.

“Dag, Marshall.”

“Hallo, Alf.”

Nadat hulle gegroet het, maak Brummel die deur toe. Hy is ’n man van ongeveer dertig, ongetroud, iemand wat oënskynlik ver bokant sy vermoë lewe. Oor die algemeen is hy ’n aangename persoon, maar om een of ander rede kon Marshall nog nooit regtig ’n vat aan hom kry nie. Miskien is dit omdat sy vriendelikheid soms regtig oordrewe is.

“Sit gerus, my vriend, sit gerus.” Brummel is die gemoedelikheid self. “Lyk my ons het hierdie naweek  ’n ongelukkige flater begaan. Nogal lagwekkend sou ek sê.”

Marshall dink nie Bernice se nag in ’n sel saam met prostitute is juis snaaks nie. “Dit kos my vyftig rand,” se hy kortaf.

“Natuurlik. Dis waarom ek hierdie ontmoeting gereël het — om die hele saak op te klaar.” Hy maak ’n laai oop en haal ’n tjek tevoorskyn. “Hier is jou geld terug. En ons sal ’n offisiële brief aan Bernice rig om haar om verskoning te vra. Ek is regtig so jammer. As ek net daar was, sou ek die flater kon verhoed het.”

“Maar Bernice sê jy was daar.”

“Ek! Daar! O nee, ek was die hele nag by die polisiestasie ...”
“Sy sê jy was by die karnaval.”

Brummel glimlag nog breër. “Dis een of ander fout. Ek weet nie wie sy gesien het nie, maar dit was beslis nie ek nie. Ek was besig hier op kantoor.”

“Sy sê die oomblik toe sy gearresteer is, het sy jou daar sien staan,” hou Marshall vol. Hy het nou lus vir ’n geveg.

Brummel maak asof hy nie die laaste opmerking gehoor het nie.
“Maar vertel my alles, asseblief. Ek moet hierdie saak grondig ondersoek.”

Om een of ander onverklaarbare rede, tree Marshall terug. In stede van sy aanval voortsit, gaan hy op verdediging. Hy verduidelik alles wat die aand gebeur het, maar laat alle intimiderende inligting weg. Terwyl hy verduidelik, bestudeer hy Brummel se kantooruitleg, waar elke meubelstuk staan — elke detail word waargeneem.
Deur die jare het hy, as verslaggewer, geleer om baie fyn waar te neem en dit word vir horn duidelik dat Brummel ’n presiese en netjiese persoon is. Daarvan getuig sy skryftafel wat blink gepoleer is.

Teen die een muur waar die lelike kabinette voorheen gestaan het, staan nou ’n nuwe stel kabinette en laaie,  uit eikehout vervaardig en blink gepoleer met glasdeure en koperhandvatsels.

“Dit lyk my jy maak geld, Brummel,” se Marshall en beduie na die kabinette.

“Nogal mooi, né?”

“Baie mooi. Waarvoor is hulle?”

“O, ek het maar die oues vervang. Dit wys maar net wat ’n mens kan doen as jy spaarsaam lewe. Daardie ander kabinette was vir my regtig ’n frustrasie. My kantoor moet darem ’n sekere standaard hê.”

“Ek sien. En jy het nou jou eie dupliseerder . . .”

“Ja, en ekstra boekrakke en pakplek.”

“En ’n ekstra telefoon?”

“’n Telefoon? Wat bedoel jy?” Brummel frons.

“Nou waarvoor is daardie draad wat daar uit die muur uitkom?”
“O dit!” Brummel glimlag. “Dis vir ’n koffiemaker. Maar wag,
ons het nou afgedwaal van die onderwerp.”

“Ja, ek was besig om jou van Bernice se ondervindings te vertel.” Marshall sit sy vertelling voort, maar sy geoefende oog lees Brummel se kalender op die lessenaar voor hom. Dadelik tref dit horn dat geen afsprake vir Dinsdagmiddae gemaak word nie, alhoewel dit nie Brummel se afdag is nie. Op een Dinsdag is daar tog ’n afspraak aangeteken en wel met pastoor Oliver Young, om twee-uur.

“Aha, ek sien jy het moremiddag ’n afspraak met my predikant.”

Brummel lyk verbaas en geïrriteerd en is beslis ontsenu. Hy skuif ongemaklik rond en sê: “O ja, Oliver Young is mos julle predikant.”

“Ken julle twee mekaar?” vra Marshall.

“E . . . wel . . . nie eintlik nie. Ons het al een of twee keer professioneel ontmoet, maar ...”

“Jy behoort mos aan die ander kerkie, die een bo-op die heuwel?”

“Ja, die Ashton Gemeenskapskerk.” Brummel verander die onderwerp. “Maar vertel nou eers verder van Bernice.”

Marshall kan sien dat Brummel gespanne is. Iewers is iets fout, maar hy sal nie nou verder op die saak ingaan nie. In stede daarvan, vertel hy hoe Bernice gearresteer is en hoe omgekrap sy was.
Brummel kyk voor horn op die lessenaar, en vroetel met papiere wat voor hom lê.

“Wie is die onnosele polisieman wat Bernice gearresteer het?” vra Marshall. “En waarom wou hy haar nie die geleentheid gee om haarself te identifiseer nie?”

“Ongelukkig is hy een van die besoekende polisiemanne wat net ingeroep is om tydens die karnaval te kom help. As Bernice my sy nommer kan gee, sal ek horn voor stok kry. Ons manne hier in Ashton ken Bernice baie goed.” Hy knipoog skelm.

Marshall is nie tevrede nie. “Maar waarom het jy haar nie hierheen laat kom om jou verskoning persoonlik aan te hoor nie? Dis tog sy wat verkeerdelik toegesluit is.”

Brummel lyk meteens baie ernstig. Hy leun vooroor en kyk Marshall dringend aan: “Ek het gedink dis beter om met jou te praat,” sê hy vertroulik. “Die arme kind het al genoeg die afgelope ure deurgemaak. En haar hele agtergrond bemoeilik sake. Jy weet seker daarvan?”

“Waarvan?” vra Marshall fronsend.

“Haar hele agtergrond . . . ek bedoel. . . waarom sy eintlik hierheen gekom het.”

“Nee, ek weet nie waarvan jy praat nie. Vertel my gerus.”
Marshall wonder onwillekeurig wat die polisiehoof alles oor Bernice te sê gaan hê.

“E . . . ja . . . wel. . .” begin Brummel gespanne. “Ek het gedink ek moet jou die hele verhaal vertel. Jy sien, sy het ’n paar maande voor jou hier na Ashton gekom. ’n Paar weke voor haar aankoms het haar suster wat hier aan die Kollege studeer het, selfmoord gepleeg. En Bernice het met een doel voor oë hierheen verhuis — om uit te vind waarom haar suster so iets gedoen het.” Hy sug diep.
“Dis maar een van daardie tragedies wat soms gebeur en waarop niemand ’n antwoord kan gee nie.”

Marshall sit roerloos. Eindelik sê hy: “Ek het dit nie geweet nie.”
“Sy is oortuig dat daar iets meer agter die gebeure skuil,” gaan Brummel ernstig voort. “En sy het kom ondersoek instel.”

“Wei, sy’s die regte een daarvoor. Sy is ’n goeie verslaggewer.”
“Ja, dis waar. En dis om die rede dat ek jou liewer laat kom het.
Ek dink nie sy wil graag weer die binnekant van hierdie gebou sien nie.”

Marshall voel skielik moeg en onseker. Dis asof die aggressie uit sy gestel wegsypel. Hy weet nie meer wat om te glo nie. Tog kan hy Brummel nie vertrou nie. Daar is iets in die man wat hom hinder. Was hy by die karnaval of was hy nie daar nie? Hy laat sy kop op sy hande sak.

“Marshall?” Brummel klink simpatiek.

Marshall kyk op in Brummel se grys oë. Hy voel soos iemand wat droom.

“Ek hoop jy verstaan nou my situasie,” gaan die polisiehoof voort.
“Ek het werklik gedink dis beter om met jou te praat.”

“Hmm . . . ja. Alf, ek dink ek begryp,” sê hy eindelik.

“Ek wil so graag die saak tussen ons skik,” gaan Brummel voort.
“Vergeet daarvan. Dis nie so erg nie,” se Marshall, maar selfs terwyl hy praat, twyfel hy aan die waarheid van sy eie woorde.
Brummel glimlag breed: “Ai, ek is bly om dit te hoor, ou vriend.”
“Maar ek dink tog jy kan Bernice skakel. ’n Persoonlike verskoning sal vir haar baie beteken.”

“Ek sal dit doen, ek belowe.” Brummel leun vooroor en Marshall besef skielik dat die man se grys oë hom stip en amper deurborend aankyk. Hy voel onseker.

“Maar kom ons gesels ’n bietjie oor jou koerant,” gaan Brummel voort. “Ek is regtig bly dat jy die Basuin oorgeneem het. Jy het die regte benadering en ek is seker jy sal die koerant baie goed beheer. Dis so belangrik dat ’n koerant die hele gemeenskap moet dien, net soos ons almal hier.” Hy breek af en vryf deur sy hare. “Verstaan jy wat ek wil sê?”

“Nee.”

“Wei, die feit is, dis ’n klein gemeenskap en elke probleem, hoe klein ook al, affekteer feitlik die hele groep. Die vorige redakteur het dit nie goed begryp nie. Hy was ’n regte sensasiesoeker! Hy het die inwoners se vertroue in hulle plaaslike besture en staatsdepartemente heeltemal vernietig. Dit het seergemaak. Hy het mense se vertroue in mekaar vernietig. Eindelik moes hy toe die omgewing verlaat omdat hy ’n twaalfjarige dogter gemolesteer het. Ons het die saak maar stilweg probeer skik, op voorwaarde dat hy nie weer sy gesig hier in Ashton wys nie. Natuurlik was hy baie dankbaar. Nogtans het dit ’n geweldige invloed op die gemeenskap uitgeoefen.”

Brummel swyg ’n paar oomblikke. Marshall hou hom fronsend dop.

“Om daardie rede wou ek so graag gehad het dat ons ’n goeie verhouding met mekaar moet hê. Ek is jammer oor die gebeure met Bernice. Ek voel ons moet saamwerk tot voordeel van die hele gemeenskap. Ons het eensgesindheid in hierdie dorp nodig. Ek hoop ons kan op jou steun staatmaak?”

Marshall sit roerloos, bewus van die grys oë wat hom ondersoekend dophou. Hy wonder onwillekeurig of Brummel opreg is. Wat bedoel hy met hierdie toespraak? Is dit dalk net ’n metode om hom om die bos te lei? Miskien het Bernice tog op iets afgekom, wat Brummel graag toegesmeer wil hê.

Die groot man vind dit ontsettend moeilik om te konsentreer.
Dis of sy gedagtes dwaal. Sy verslaggewer is onskuldig in die tronk gesmyt en nou lyk dit of die polisiehoof haar tot leuenaar wil maak en hy wat Marshall is, eet alles vir soetkoek op.

Maar hy voel so moeg. Waarom het hy in die eerste plek na Ashton gekom? Was dit nie om die druk van die groot stad af te skud nie? Hy wou rus en vrede vir hom en sy gesin bekom. Miskien is dit nou die tyd om op te hou veg en om maar net rustig voort te gaan. Miskien moet hy ophou om dieper motiewe agter elke gebeurtenis te soek. Waarom soek hy na dinge wat net verdere probleme kan oplewer?

Skielik en teen sy beterwete, besluit hy om die strydbyl te begrawe. Die dinge wat gebeur het, was net ’n ongeluk. Bernice se films sal niks oplewer nie. Brummel is ’n eerbare man en daar is geen bymotiewe in sy optrede nie.

“E . . . luister Brummel, ek is regtig moeg om te argumenteer en te baklei. Wat ek nou wil hê is rus en vrede. Jy hoef nie bekommerd te wees nie.”

Brummel is duidelik verlig en hy staan dadelik op, ’n glimlag op sy gesig. Hy steek sy hand na Marshall toe uit. Terwyl hulle hande skud, voel Marshall skielik asof hy ’n lafaard is. Wat gaan met hom aan? Miskien is hy net moeg.

Toe hy hom weer kry, staan hy buite voor Brummel se deur.
Die onderhoud is verby.

Toe die deur agter Marshall toegaan, sak Brummel verlig in sy stoel terug en staar nadenkend voor hom uit. Een moeilike onderhoud is verby, maar die een wat voorlê gaan heelwat moeiliker wees.
Hy haal diep asem en probeer moed bymekaar skraap. Dan reik hy na die telefoon en skakel ’n nommer.

Hank is buite besig om die laaste verfwerk aan die muur te doen, toe Mary hom roep.

“Hank, dis Alf Brummel,” sê sy.

Hank gaan haastig na binne om die foon te beantwoord. Alf Brummel praat in ’n fluisterstem alhoewel hy alleen in sy kantoor is: “Hallo, Hank. Ek het gedink ek moet jou skakel om te hoor hoe dit gaan . . . na gisteraand.”

“Redelik, dankie,” antwoord Hank onseker. Hy voel soos ’n muis in ’n kat se bek. “Dit kan seker beter gaan.”

“Het jy die saak ’n bietjie oordink?”

“Ja, ek het. Ek het baie daaraan gedink en baie gebid ook. En ek het die Woord van die Here ook nagegaan . .

“Jy het dus nie jou opinie verander nie?”

“Nee, tensy die Woord van die Here verander, kan en mag ek ook nie verander nie.”

“Jy besef ons het Vrydagaand ’n gemeentevergadering. Dit mag moeilik gaan.”

“Ek weet.”

“Ek wil jou graag help, Hank. Ek wil nie sien dat jy jou toekoms vernietig nie. Maar ons moet regtig eensgesindheid in die gemeente probeer kry. Hierdie onenigheid sal die gemeente in twee skeur.”
“Wie se skuld is dit? Wie het die gemeentevergadering byeengeroep. Dis jy, Sam en Gordon. En Lou het seker ook ’n hand in die saak. Ek wonder net wie die slagspreuk op my huis se muur geverf het.”

“Ons is almal besorg oor jou. Jy is besig om die gemeente te skeur.”
“Nee, dis nie waar nie! Maar het jy gehoor wat ek gesê het?  Iemand het ’n aaklige slagspreuk teen die muur van ons huis geverf.”
“Wat? Wat sê jy?”

Hank vertel die hele verhaal en Brummel klink werklik geskok:
“Dis verskriklik. Iemand wat so iets doen, is beslis nie reg nie.”
“Kan jy dink hoe ek en Mary voel?”

“Hank, as ek in jou posisie was, sou ek my hele benadering heroorweeg. Jy kan sien wat gebeur. Jou houding wek antagonisme en netnou is die hele gemeente teen jou. Dit beteken die hele dorp gaan binnekort teen ons kerk gekant wees. Ons moet mense nadertrek en nie wegstoot nie.”

“Nee, Alf. Ek is hier om die evangelie van Jesus Christus te verkondig. Dis my taak en my opdrag en dis wat ek sal doen.”

“Wat het met die vorige pastoor gebeur?” vra Brummel en sy stem styg. Dis duidelik dat hy ongeduldig word. “Kyk wat het met hom gebeur!”

“Ek weet baie goed en ek het juis geleer uit wat met hom gebeur het. Ek kan sien julle wil hê ek moet die waarheid verswyg, en kompromie aangaan en net die dinge sê wat almal graag wil hoor. En dit kan ek nie doen nie. Wat dan van Jesus? Hy het nie probeer om almal tevrede te stel nie. As Hy wou, kon Hy seker die vrede bewaar het. Maar Hy het die waarheid gepraat en Hy moes sterf.”

“Wil jy dan ook sterf?”

“Ek wil mense na Jesus toe lei. Ek wil verlore sondaars help om die weg na God te vind. En ek wil gelowiges opbou in hulle geloof. As ek dit nie doen nie, wag ’n baie groter straf op my.”

“Ek dink nie dis die weg van liefde nie, Hank.”

“Alf, ek het jou lief en dis waarom ek die waarheid met jou en al die ander moet praat. En dis ook die rede waarom ek teen Lou opgetree het.”

“Weet jy dat Lou jou kan dagvaar?”

“Nee, ek het nie geweet nie,” se Hank na ’n paar oomblikke stilte.

“Hy kan jou dagvaar vir naamskending, laster en nog baie ander dinge.”

Hank haal diep asem en in daardie oomblik roep hy tot God om wysheid en insig.

“Die probleem is,” begin hy eindelik, “dat mense vandag nie meer die waarheid wil hoor nie. Niemand staan meer by hulle beginsels nie. Hulle gaan saam met die stroom. So het Lou ook in ’n maalstroom beland en sy vrou en kinders diepe leed aangedoen. Maar die ergste is dat almal altyd die skuld op iemand anders wil plaas.”

“Wei, ons sal maar Vrydag verder moet gesels,” se Brummel met ’n sug. “Jy sal daar wees.”

“Ja, ek sal. Ek moet ’n persoonlike gesprek met iemand voer, maar ek sal daar wees. Het jy al ooit met iemand oor die Here gepraat?”

“Nee. Nie soos jy bedoel nie.” Brummel klink geïrriteerd.

“Dis nogal ’n belewenis om iemand te help om by die volle en enigste waarheid uit te kom.”

“Ek het ander dinge wat my aandag vereis,” sê Brummel en plaas die gehoorbuis neer. Hy vee die sweet van sy voorkop af. Sy hande bewe....

...Die klein gedierte wat bokant die dorp heen beweeg, lyk soos ’n reptiel, maar tog ook nie. Sy liggaam is knoetserig, grotesk en dit lyk asof hy alle lig absorbeer, maar self gitswart en donker bly.
Hierdie bose gees is vir die mens onsigbaar — ’n eienaardige donker wese wat deur wapperende vlerke aangedryf word. Hy is hoogsgespanne, half-mens, half-dier en volkome demoon. Die twee groot, gelerige, uitpeuloë dartel heen en weer op soek na prooi. Sy asem is hygend, swawelagtig en laat ’n geel waas agter. Die bose gees hou sy prooi stip dop — die man wat ’n groot Buick onder in die strate van Ashton ry.

Vervolg...

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 870 gaste aanlyn