NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jaloesie is 'n perd wat deur die duiwel gery word. Dit kyk altyd deur 'n vergrootglas wat nietige dingetjies groot laat lyk – dwergies word reuse en in jou sieke jaloesie glo jy jou agterdog is die waarheid.

PINKSTER 2015 (6)

Die Onse Vader

Ds Andrè van den Berg

Mt.6:9-13

6 . “En vergeef ons ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe” (:12)

Christene verlang na 'n heilige lewe.  Desondanks is baie van hulle versigtig vir die woord heilig weens 'n algemene misverstand oor wat dit beteken.  Die Bybel is oor een ding baie duidelik– alle wedergeborenes is heilig.   Let op aan wie die meeste van die skrywers van die NT briewe, hulle briewe rig – aan die heiliges.

Wanneer ons die woord heilig hoor, dink ons aan al ons tekortkominge en sondigheid en diskwalifiseer ons onsself. “Hoe kan die Here my as heilig beskou, terwyl ek eintlik so onheilig is?” Was die gelowiges in die NT dalk 'n geestelike trappie hoër as ons en meer volmaak?   Nee, let op die gelowiges in Korinthe.  Al was daar redelik chaos in die gemeente weens ʼn wanbegrip oor die Heilige Gees, word hulle nogtans as heiliges aangespreek.

Die Grieks vir heilig is hagios en beteken nie om volmaak te wees nie, maar opsygesit of eenkant geplaas.  Dis waarom God self die Heilige is, omdat Hy van alle sonde, onreg en onreinheid afgesonder is.   Die rede waarom alle gelowiges ook in beginsel heilig is en heiliges genoem word, is omdat God hulle as beklee met Jesus sien.

Jesus het deur sy kruisdood óns heiligheid in ons plek geword (1 Kor.1:30).  Daarom is 'n verloste mens letterlik met Christus geklee (ingesluit).  'n Christen is dus heilig vanuit die hoek waaruit God self na hom kyk.    Soos wat Jesus alle gelowiges aan die kruis met God versoen het, het Hy hulle ook aan die kruis geheilig en vir Hom opsygesit.

Volgens Heb. 10:10 is gelowiges deur Jesus se offer eens en vir altyd vir God afgesonder (geheilig).  Desondanks word hulle telkens opgeroep om in die daaglikse lewe heilig te word (1 Pet.1:16).   Gelowiges word opgeroep om dit te word wat hulle in beginsel reeds ís!   Watter sin maak dit?  Dit wat ons reeds het, kan ons mos nie verloor nie omdat dit rotsvas in Christus staan.   Hierdie oproep dui op die gelowige se verpligting tot voortdurende sondebelydenis.  Dit word heiligmaking genoem; iets wat slegs sigbaar word in die daaglikse oorwinning oor sonde.

Sommige mense sukkel om dit te verstaan.  Hulle redeneer dat as Jesus jou deur sy bloed versoen het, is sondebelydenis mos nie meer nodig nie.   Gelowiges is mos van die ewige lewe verseker.  Om dan nog sondebelydenis te wil doen, is ʼn mosie van wantroue in die Here se vaste belofte dat die gelowige sy kind is!  Nee, dis waar dat sonde in ʼn kind van die Here se lewe nie veroorsaak dat hy sy saligheid verloor nie.  Maar sonde is ʼn baie ernstige saak vir die Here want dit bedroef Hom en vertroebel gelowiges se verhouding met Hom.

Die versoening wat Christus deur sy bloed bewerk het, kan inderdaad nooit deur sonde tot niet gemaak word nie.   Hy het immers gesweer dat Hy sy belofte in hierdie opsig gestand sal doen (Heb.6:17).  Dit verskraal egter nie die erns van sonde nie.  Juis omdat Christus so ʼn duur prys vir ons redding betaal het, maak ons sonde Hom  hartseer.  Juis omdat Hy van die begin af so naby ons kom staan het, is dit vir Hom onaanvaarbaar as ons eiesinnig en ongehoorsaam is.   Ja, sonde vertroebel ons verhouding met Hom.   Let wel: Dit verbreek nie die verhouding nie, maar vertroebel dit.   En, soos in enige ander verhouding, word vertroebeling slegs deur berou en skuldbelydenis uit die weg geruim.

Waar sien ons dit duideliker as in die Gelykenis van die Verlore Seun?   Hierdie jongman was altyd in sy pa se huis en het van kleins af in sy rykdomme gedeel.   Toe vertroebel hy willens en wetens die verhouding.  Let wel vertroebel. Hy het dit nie gebreek nie.   Met sy terugkeer het hy nie na sy pa gaan soek nie.   Sy pa het reeds vir hom gewag.  Sy skuldbelydenis was egter noodsaaklik om die verhouding te herstel.   Sy pa het vergewe en daar is fees gevier.

God wonder nooit of Hy sy kind moet vergewe nie.   Die volle vergifnis van alle sondes is reeds op Golgota afgehandel.   En telkens wanneer ons na Christus kom, tree hierdie vergifnis weer in werking.  God huiwer nooit om te vergewe nie.

So moet ons ook optree.  Dis waarom Christus ons leer bid: "En vergeef ons ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe.” Dit klink amper asof God se vergifnis van ons menslike vergifnis afhanklik is.  Nee, die hele Bybel getuig van die teendeel - God vergewe uit vrye guns en nie weens ons toedoen nie.

Vergifnis is belangrik vir God.  Hy laat dit selfs in die Onse Vader tot ons deurdring dat ons nie sy vergifnis moet verwag indien ons nie ons medemens wat verkeerd teenoor ons opgetree het, wil vergewe nie.  Ons vonnis so ʼn mens as’t ware tot tronkstraf en weier om die tronk oop te sluit soos wat Christus vir óns oopgesluit het toe Hy sy lewe aan die kruis gegee het.

Onvergewensgesindheid vertroebel ons verhouding  met God en ons naaste.  Is dit die moeite werd?  Is die lewe nie te kort vir sulke negatiewe, afbrekende dinge nie?  Omdat ons alreeds aan die kruis vergewe is, moet ons heiligheid najaag deur o.a. baie erns met sonde en sondebelydenis te maak.   Ons moet wakkerlê oor vertroebelde verhoudings met God en ons medemens en, soos Jesus, onvoorwaardelik kan vergewe.

Gelowiges vergewe met 'n wilsdaad en in gehoorsaamheid aan God en omdat Hy ons deur Jesus se kruisdood vergewe het.   God was my barmhartig en het my sonder verdienste gered.  Sal dit nie vermetel wees om onvergewensgesind te wees nie?

Die gevolge van vergifnis is heerlik – dis ʼn feestelike lewe soos die Verlore Seun ervaar het.  Die Here gebruik nie net een woord om hierdie vergifnis te beskryf nie, maar talle woorde omdat dit so belangrik is. God lig die las van ons af  (Ps.38:4-6).   Hy bedek ons sonde (Ps.85:2).  Hy vee dit weg (Jes.43:25).   Hy werp dit in die dieptes van die see (Miga 7:19).  Hy dink nie weer daaraan nie (Jer.31:34).

In Rom. 8:1 skryf Paulus dat God ons oortredings so ver van Hom verwyder soos oos en wes van mekaar verwyder is.  Dieselfde gedagte word ook in Ps.103:12 gevind.   Hy werp al ons sondes letterlik agter Hom weg waar sy oë nie kan sien nie (Jes.38:17).   Ja, Hy hou geen beskuldiging teen ons nie (Hand.7:60).   Dis soos 'n rekening wat gekanselleer is (Kol.2:13).   Dis soos 'n reinigende waterbad (Eseg.36:25).

Daar is drie doodsvyande wat ons aanmoedig om nie te vergewe nie - Satan, die wêreld en ons ou natuur.   Hierdie drie spesialiseer in begeerlikhede en die eie-ek (selfsentrering).  Weens die oorblyfsels van sonde en die aanvalle van die drie doodsvyande kan geen gelowige uit eie krag weerstand bied nie.   Enige gelowige het die moontlikheid om te val.  Wie nie daagliks uit die geloof lewe nie, kán deur die doodsvyande uitoorlê word.   Voorbeelde in die Skrif is volop.

Die gebedsgedeelte “lei ons nie in versoeking” beteken nie dieselfde as “lei ons nie in stryd nie.”   Ons het ʼn duidelike verantwoordelikheid om te waak én te bid. Wees waaksaam en vlug as dit moet!  Daar is slegs een manier om buite bereik van hierdie doodsvyande te bly: om gedurig ons krag buite onsself te soek.  As ons dit nie doen nie, is die doodsvyande die wenspan!

God belowe uitkoms.  Nogtans sukkel baie gelowiges om te glo dat die belofte van die Evangelie werklik vir hulle bedoel is.  Ons probeer op eie bene staande bly, daarom is baie van ons stryd nie teen die doodsvyande nie, maar teen ons eie ongeloof in die Here se goedheid. Mag God ons versterk en bemoedig in die najaag van 'n heilige lewenswandel deur daagliks baie erns met sondebelydenis en vergifnis te maak asook die oorwinning in die stryd teen versoekings en die misleiding deur Satan.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2008 gaste aanlyn