Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy in 'n donker vertrek sit gee jy tog nie die duisternis van die nag die skuld nie. Nee, jy sorg dat daar 'n lamp is. Steek 'n lamp op oral in jou lewe waar dit donker is.
SATANISME – 'N REALITEIT (9)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
Satanisme – die ontstaan en groei
As daar vandag na satanaanbidding en heksery gekyk word, gaan hierdie twee verskynsels op baie terreine hand aan hand. Die mense se belangstelling in die super-naturalistiese magte gaan steeds terug tot die prehistoriese mens van die bo-Palcolistiese tydperk (ongeveer 15 000 vC). Reeds jare gelede het satanaanbiddery en heksery mekaar sterk aangevul. Sedert die vroegste tye het mense in Egipte, die semitiese wêreld en in Delphi die slang aanbid.
In die 2e eeu na Christus het 'n soort gnostiese sekte, die Ophiete bestaan wie 'n groot agting vir Satan gehad het. Hulle het hul volgelinge geleer dat God die kennis van die mense weggeneem het en dat die duiwel die ware bevryder van die mensdom is aangesien hy teen God gerebelleer het. Satan kan dus op die eerbied en diens van die mens aanspraak maak.
Daar bestaan vandag nog 'n sekte in Mesopotanië wat Satan vereer onder die naam "Iblis" (duiwel), Daar is navorsers wat die ontstaan van satanisme terugvoer na die afgodiese aanbidding van Diana. Die Bybel vertel ook van haar en haar volgelinge (lees Hand. 19:25). Ander navosers meen dat satanaanbidding eers werklik ná die ontstaan van die Christendom begin het. Ná Christus se opstanding het duideliker tekens na vore gekom dat Satan geëer word as die vors van die duisternis en as 'n goddelike wese met dieselfde status as God. Baie mense het ook aanhangers van 'n groot aantal duiwels en geeste geword. By ander was daar weer net agting en eerbied.
Aan die begin van die vorige eeu het Karl Kellner, 'n ryk industrialis, en sy vriend Theodor Reuss, die "Ordo Templi Orientes" (O.T.O.), 'n okkultiese sekte tot stand gebring. Sedert 1884 het die Duitse belangstelling in die okkulte hewig gegroei. Madame Blavatsky se Teosofiese Vereniging het 'n groot bydrae tot die oplewing gelewer.
In 1818 is 'n seun in Duitsland gebore wat 'n Christelike agtergrond met 'n Joodse oorsprong gehad het. Hy het , soos hy groot geword het, 'n bittere haat jeens alle Christene, Jode en Duitsers ontwikkel. As jongman het hy in aanraking gekom met 'n satanistiese okkulte groep en is ook later geïnisieer in daardie groep. Sy naam was Karl Marx – bekend vir sy kommunistiese ideologie. Karl Marx het dieselfde haarstyl begin dra wat die volgelinge van die sataniese priesteres Joana Southcott gedra het.
Marx het ook gedurende daardie tydstip 'n brief aan sy vader geskryf met die woorde: "A curtain had fallen. My Holy of holies was rent asunder and new gods had to be installed."
In 'n gedig het Marx ook sy onnatuurlike begeertes uitgespel:
I wishto build for myself a throne
It's peak should be cold and huge
It's bulwark should by human shudder
It's marshal, gloomy pain
Toe hy 23 jaar oud was het hy ook 'n klein drama getiteld "Oulanem" geskryf. Die eerste sin het soos volg gelui: "Till I go mad and my heart is utterly charded, see the sword – the prince of darkness sold it to me."
George Jung, 'n vriend van Marx, skryf die volgende van hom in daardie jaar: "Marx will surely chase God from his heaven and will even sue Him." Selfs Marx se een seun Edgar, skryf aan hom in 1854 waar hy sy pa aanspreek as "My dear devil".
Marx het ses kinders gehad. Twee dogters en 'n skoonseun het selfmoord gepleeg. Twee ander kinders sterf weens uithongering.
In 1898 verskyn 'n sterk man met 'n breë growwe gesig by die Trinity College in Cambridge vir studies. Sy belangstelling in die misterieuse was groot en om meer te leer sluit hy by die okkulte "Orde van die Goue Dagbreek" in Londen aan. Hy was Aleister Crowley – reeds van jeugjare af 'n rebel. Sy eie moeder het hom as die Dier met die getal 666 van Openbaring, die Antichris in lewende lywe beskou.
Crowley het 'n studie van die okkulte gemaak en het ook dwlmmiddels begin gebruik. Hy het ook na die Ooste gereis waar hy Joga, die sekskunste van Trantisme, Buddhisme en die Chinese 1 Ching leer ken het.
In 1904 het hy "The Book of the Law" geskryf nadat hy 'n 'openbaring' deur sy vrou gekry het.
In 1920 behaal hy die hoogste graad in die hiërargie van towenaars (Magus). Crowley beweer dat hy sy kennis van die ou Egiptiese gode Isis, Osiris en die kind Horus verkry het. In dieselfde jaar stig hy 'n satansklooster van Thelema in Sicilië. In daardie klooster het hy gepoog om demoniese magte te bekom deurdat hy gebruik gemaak het van dwelmmiddels, towerkunste en perverse orgies.
Die satanistiese rituele het diere-offers ingesluit asook die oproep van demone. Sy aanhangers het hom ook "satan" genoem. Dit het so erg gegaan dat hy in 1923 uit Italië verban is.
Cowley is na Frankryk waar sy heroïenverslaafdheid hom weer na Duitsland gedryf het. In 1947 sterf hy 'n eensame dood as sielsieke in Hastings, Engeland. Talle navorsers beskou Aleister Crowley as die sleutel tot moderne satanisme. Crowley het geglo dat die mens kan doen net wat hy wil. Hy het alle gesag buite die mens ontken. Hy het hom ook self as die personifikasie van Satan beskou waar geen gebod gegeld het nie. Sy rituele was oud maar ook modern. Hy was 'n mensgod by uitnemendheid, die Dier met die 666 – die Antichris.
Dit was nie lank na Crowley se afsterwe toe nog 'n bose figuur op die horison verskyn het nie. Hy was 'n musikant, 'n sirkus-assistent en 'n gedagteleser se assistent. Hy was die kind van Duits-Romeense sigeunerouers van San Francisco. Word daar na die sataniese bybel se agterblad gekyk bly Anton Svandor La Vey se gesig wat daarop is, as 'n prentjie in mens se gedagtes vassteek.
In sy jeugjare vorm La Vey 'n opinie oor die Christelike kerk wat sy lewe totaal beïnvloed het. Hy maak daarvan melding op bl een van die sataniese bybel:
"On Saturday night I would see men lusting after half naked girls dancing at the carnival, and on Sunday morning when I was playing the organ for tent-show evangelists at the other end of the carnival lot, I would see these same men sitting int he pews with heir wives and children, asking God to forgive them and purge them of carnal desires. And the next Saturday night they'd be back at the carnival or some other place of indulgence. I knew then that the Christian Church thrives on hypocrisy and that men's carnal nature will out..."
La Vey voltooi sy skooloopbaan in San Francisco en toon groot belangstelling in die okkulte. As 'n jong getroude man sluit hy as fotograaf by San Francisco se polisie aan. In die drie jaar as plisieman aanskou hy moorde, verkragtings, aanranding, diefstal, prostitusie, dwelmverslawing en byna elke denkbare perversiteit in San Francisco se misdaadwêreld.
Gedurende 1960 het hy en sy vrou met 'n studiegroep oor die okkulte begin met die aandag spesifiek op satanisme gerig. Op 30 April (Walpurgisnacht) 1966 het La Vey sy kop kaalgeskeer en die "First Church of satan" gestig. La Vey is aangestel as die kerk se leier waarna hy onderneem het om die satansbybel te skryf en 'n konstitusie vir die kerk op te stel. Sy kerk het vinnig gegroei tot 'n gemeente van 10 000. Getalle is daarna geheim gehou. La Vey het gespog dat God dood verklaar is en het baie aansien geniet. Hy het selfs tegniese advies voorsien vir die verfilming van Rosemary's Baby. Die Kerk van Satan word deur 'n Raad van Nege beheer waarvan La Vey die hoof is.
Ons kyk volgende keer na die grade van lidmaatskap in die Kerk van Satan...