NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jesus Christus, die Vredevors, is die Vredemaker by uitstek. Die vrede wat Hy tussen God en ons bewerk het, moet nou ook in ons werk. Daadwerklike pogings om onmin uit die weg te ruim word van ons geëis. Mense wat vyandskap aanblaas word volgens Jesus uitgewerp waarteenoor vredemakers as erfgename van God aangeneem word. Bid dat die vrede van God in en ook déur jou werk en bid vir 'n wêreld vol vrede.

SATANISME – 'N REALITEIT (3)

Kobus Jonker

Lees reeks by Satanisme

Die New Age-beweging se belangrikste mikpunt op die agenda is om 'n eenwording tussen mense en die kosmiese magte daar te stel. Daar word dus baie aandag gevestig op die Kosmiese Bewussyn.

Sekere hulpmiddels word aanbeveel en gebruik om so 'n bewussynsverandering te bevorder. Dit is:

  • Kristalle met kosmiese strale, piramides en amulette word om die nek en arm gedra.
  • Boeddhabeelde word as fokuspunte vir die verspreiding van kosmiese energie gebruik.
  • Mistiese ervaring deur dwelmmiddels.
  • New Age-Musiek - ("heavy metal" rock musiek ingesluit)
  • Naaktheid as aantrekkingskrag vir demone te gebruik.

Die New Agers glo ook dat kosmiese energie vrygestel kan word deur belangrike fokuspunte regoor die wêreld te identifiseer. Op hierdie hoë punte kan hulle dus mediteer vir die nuwe wêreldorde. Talle plekke is reeds in die wêreld geïdentifiseer, o.a. Tafelberg in Kaapstad, Stonehenge in Engeland, die Egiptiese piramides, die Olimpusberg in Griekeland, berg Fuji in Japan, die Ganges rivier in Indië, Central Park in New York en 'n paar belangrike berge in Noord- en Suid-Amerika en Australië.

Die New Age-beweging het meer as 60 000 vredespale regoor die wêreld geplant en hulle poog om in die toekoms een in elke stad te plaas.

  Kaapstad se pale is op 24 Augustus 1989 geplant. Groot konfrontasie het plaasgevind op 12 November 1989 toe die New Agers nog 'n vredespaal op Tafelberg wou plant. Die "Table Mountain Celebration Group" het verklaar dat die pale 'n simbool van vrede was terwyl die Christene wie in hulle massas geprotesteer het, verklaar het dat die pale verbind word met demoniese aanbidding.

Shekum Foundation het 'n kennisgewing oor die "Table Mountain Activation Day" versprei waarin die volgende opgeteken was: "For Table mountain is a major planetary focal point for the inbeaming energies of Aquarius and New World Consciousness. It is the manifestation in time and space of the first of three sacred driver wheels in the energy distribution system of earth." In die middel van die Kaapstadse botsing tussen die New Age-lede en wedergebore Christene het 'n burgemeester opgeduik.

Die Christelike groep het die verduideliking verwerp en aangevoer dat die New Age-beweging 'n valse geloof is wat die wêreld voorberei op die antichris se koms.  Pastoor Paul Daniel van die Lighuis Christelike Sentrum, het sy kommer uitgespreek oor die gebeure rondom die vredespale. Hy het ook met verbasing gemeld dat die 13de energiesentrum in Moskou geleë was.

'n Port Elizabethse kinderarts wat agt jaar lid van die beweging was, het gemeld dat die plant van die vredespale waarskynlik deur die New Age Movement gereël is om die mensdom daarvan bewus te maak dat "ons een groot wêreldfamilie is". Hy het ook gemaan teen die karakter van die New Age Movement.

Dr Jannie Malan, toe Moderator van die sinode van Suid Transvaal, het in die Kerkbode van 7 Julie 1989 lesers gewaarsku teen die New Age-beweging in Suid-Afrika.

Dr Willie Botha, predikant in diens van die Algemene Sinode vir Leer en Aktuele Sake van die N.G. Kerk  het gemeld dat daar in die begin van November 1989 aan hom opdrag gegee is om 'n verslag oor die New Age-beweging saam te stel.

Dr James van Zyl, hoof van die Christelike Sentrum, Stanger, Natal is van mening dat die New Age Movement 'n stelsel is wat uit Satan se hart gebore is en wat se spesifieke doel is om hierdie aarde en sy bevolking vir die Antichris voor te berei.

U en ek moet ons egter voorberei vir die koms van Jesus Christus op die wolke  (Open. 21:7).

New Age gebed:

Aanhangers van die New Age Movement het die volgende gebed wêreldwyd versprei om gereeld deur hulle gebid te word – let op hoe God uitgehaal word:

From the point of Light
within the Mind of God
Let Light stream forth
into the minds of men.
Let Light descend on Earth.
From the point of Love
within the Heart of God,
Let love stream forth
Into the hearts of men.
May Christ return to Earth.
From the centre where the
Will of God is known
Let purpose guide
the little wills of men -
The purpose which
the Masters know and serve.
From the centre which we call
the race of men.
Let the Plan of Love
and Light work out.
And may it seal the door
where evil dwells.
Let Light and Love and Power
Restore the Plan on Earth.

Wanneer die bogenoemde gebed ontleed word blyk dit op die beginsels van Panteïsme, Psigiese magte, Die Universele Christus, meditasie, kosmiese kragte die Plan van Liefde en Lig te berus.

Wêreldfamilie

Die New Agers streef na universele norme. Daar word gepoog om alle rasse en kulture te laat vermeng. Die eie waardestelsel van die rasse moet ook prysgegee word sodat almal onder een wêreldregering ingeskakel kan word. Hulle moet dus wêreldburgers wees ("Planetary citizens").

Die finale strewe bly dus om almal op aarde in een groot wêreldfamilie te laat funksioneer ("Global village").

'n Veranderde Ekonomiese Beleid

Alle huipbronne in die New Age moet deur een wêreldregering beheer word. Alle rykdomme van mense moet dus ook herverdeel word. Daar word ook gestreef om elektroniese beheer oor handeltransaksies uit te oefen, sodat niemand sonder 'n rekenaarnommer sal kan koop of verkoop nie. Die nuwe persoonlike identiteitsnommers wat aan mense toegeken word sal deur die getal 666 geïntegreer word.

Die geldgod, "Mammon", sal deur miljoene mense gedien en aanbid word. Die duiwel is die god van hierdie wêreld en beheer reeds miljoene mense wat die duisternis liewer het as die lig. Jesus het op 'n geleentheid gesê: "Julie kan nie God en Mammon dien nie" (Mattheus 6:24). (Lees ook Lukas 16: 9,11,13).

Die Nuwe Wêreldgodsdiens

Die New Agers beywer hulle vir die vestiging van 'n universele, oop godsdiens wat slegs diegene insluit wat in 'n persoonlike god buite die mensdom, asook in 'n verlore christus glo. Persone wie die fundamentele Christen met sy geloof in 'n hemelse God verwerp, is ook in die New Age-beweging welkom. Hulle resorteer dus onder Boeddhiste, Shintoïste, humaniste, towenaars, hekse, panteïste en sataniste. In hierdie nuwe godsdiens is die gemeenskaplike doelstelling om die mens te verheerlik. In hierdie wêreldgodsdiens geld die volgende beginsels en strategieë:

  • Elkeen moet die god binne hulself ontdek en na hoër vorms van goddelikheid streef. Hier word die oerleuen van Satan in die paradys, nl. "Julle sal soos God wees" sterk gepropageer.
  • Elkeen is inherent goed. Indien probleme ontstaan moet die oorsprong daarvan buite die mens gesoek word.
  • 'n Kosmiese Christendom moet gekweek word; d.w.s. alle probleme en siektes moet hulle weg vind na die kosmiese magte. Daar moet gereeld tekens en wonderwerke plaasvind.
  • 'n Ekumeniese gesindheid moet by alle mense gemanifesteer word sodat alle gelowe onder dieselfde universele god resorteer.
  • Alle pogings aangewend moet word om die fundamentele Christendom te vernietig. Christene moet in 'n swak lig gestel word sodat hul geloof in Jesus as die enigste weg, eng en liefdeloos lyk.
  • Die Christene moet onder 'n wanindruk gebring word van 'n mensgemaakte Utopia, dus moet daar 'n evangelie van voorspoed verkondig word.
  • Die sosialisering en politisering van die verskeidenheid godsdienste sodat dit deel kan word ooreenkomstig die beginsels van die nuwe wêreldorde.
  • Die totale ontkenning van die duiwel se bestaan. Om dit reg te kry moet die duiwel deur positiewe denke geïgnoreer word, of in 'n put uit ons leefwêreld uitgesluit word. Hierdie beginsel geld ook by die beskouing van 'n persoonlike Antichris.  Word hierdie denke uitgeskakel, is die weg oop om die nuwe valse christus voor te stel en Lucifer as die god van hierdie wêreld te kroon.

Permissiwiteit

Die New Age-beweging se lede leer ook die humanisme se permissiwiteit ongebonde vryheid as lewenswyse aan. Aangesien die huwelik beperkinge op mens se vryheid plaas, word alle tradisionele sieninge daaroor bevraagten.  Aborsie en saamwonery word goedgepraat.  Ook homoseksualiteit het 'n plek in New Age. Daar is selfs New Age-predikers in "Christelike" Kerke wat verhouding tussen mans as 'n wonderlike nuwe manifestasie van die Liefde van Christus beskou.

New Age en die Bybel

Die New Age Movement maak 'n onderskeid tussen "Christus" en "Jesus". Hulle  ontken die unieke godheid van Jesus en sê dat Christus deur 'n man genaamd gespreek het. Daar word ook gesê dat daar geen verskil tussen Jesus en die alle normale mense bestaan nie. Hulle bevestig dat Christus se Gees ook teenwoordig was in Boeddha, Mohammed, Krishna, ens.

Hulle leer dat God 'n onpersoonlike "krag" is wat 'n weg van manifestering en bestaanservaring daarstel. Daar word egter geleer dat elke menslike wese manifestasie van God is en dus alle verskille tussen die skepsel en Skepper uitwis.

Sulke stellings lei na die onvermydelike slotsom waar daar deur hulle gesê word

"These men and woman are not running around playing god. They are ' God".

Die New Agers maak ook 'n groot fout as hulle sê dat: "The idea of 'original sin' is totally false... The High Religion has nothing to do with sin, only the spiritual development of man". Waar daar dus geen sonde is nie, is daar nie 'n Redder nodig nie. Die Bybel verklaar egter dat almal van ons gesondig het.

"Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God" (Rom. 3:23).

"Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie". (Rom. 3:10)

Een van die voorste New Age-skrywers, Alice Bailey, het die Christene skerp aangeval as die oorsaak van die wêreld se probleme. In haar boek "The destiny of the Nations" pp 34-35 (1949) het sy die volgende geskryf "The world problem is essentially a religious problem and behind all strife in every department of world thoughts today is to be found the religious element".

In die geloofstelsel van die New Age Movement verwys hulle na die gemelde stelsel as die "Plan". Bewaar die persoon wie nie met hulle plan akkoord gaan nie. Alice Bailey sê ook in dieselfde boek dat as enige Christen die oordeel van God en die godheid van Jesus Christus aan ander leer, veral wanneer daar gesê word dat dit nie menslik is nie, hy of sy 'n vyand van die mensdom is en vernietig moet word.

David Spangler, een van die New Age-leiers het 'n baieinteressante verklaring gemaak. Hy sê: "I see the New Age not just as a vision but as a very real spirit". Hy is beslis reg — die gees van die New Age is niks anders as Satan, die antichris, self nie. Ons moet vandag elke gees toets of so nie word ons na die ewigheid in die hel getrek.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 807 gaste aanlyn