NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Miskien het jy vir my gebid; miskien het jy net stil gesit. Miskien het jy terwyl jy werk gehoop ek word weer sterk. Maar altyd is jy iewers daar waar jy vir my 'n tydjie spaar. Met groot verstaan en woorde min bly jy maar my GOUDVRIENDIN.

HEMELVAART DIE HERSKEPPING VAN DIE 'ONS'

 VERLATE OM TE VERLOS

Dr Johan Celliers

Op DONDERDAG 5 Mei is dit weer Hemelvaart  en herdenk ons Christus se opvaar na die hemel ná sy kruisiging en opstanding. Vir ons beteken Hemelvaart die terugkeer van Jesus na Vader in die hemel. Lees gerus die Lukas-evangelie  asook Handelinge waar die gebeure vertel word hoe Jesus ná die Opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge  verskyn  het, en ná veertig dae na die hemel opvaar terwyl sy volgelinge toekyk hoe Hy in die wolke onsigbaar word.

Dat Hemelvaart vir ons as Christene soos 'n Sondag deurgebring moet word, is ongelukkig iets waaroor nie genoeg gepraat word nie. Ons ouer lesers sal onthou dat ons wel vroeër jare hierdie dag as 'n Christelike dag deurgebring het. Dit is tyd dat ons weer ons besighede sluit en aan ons Vader die dank en eer vir hierdie groot gebeure bring. Kom ons bring Hemelvaart hierdie jaar só deur dat ons voorbeeld vir die talle ongelowiges daar buite as hoeksteen van die Christelike geloof vas en duidelik staan.

Met Hemelvaart keer die Seun terug na die Vader wat Hom gestuur het, en word sy Gees uitgestort op alle mense (Hand. 2:17) wat ons in 'n nuwe samelewing inbind waar ons deur die Goddelike 'Ons' herskep word as 'ons'. Maar dit was nie so eenvoudig nie – vóór die hereniging met die Vader was Jesus van mens en God verlate sodat ons van ons verlatenheid verlos kon word deur 'n ewige lewe saam met God-Drie-enig.

Met Jesus se kruisdood is die mensverlatenheid oortref deur die Godverlatenheid wanneer Jesus uitroep: "My God, my God, waarom het U My verlaat?" (Mark. 15:34).

Ons kan ons nie indink wat hierdie uitroep alles ingehou het nie maar ons weet Jesus kom uit die volmaakste gemeenskap naamlik die Drie-eenheid waarin daar géén ruimte vir eensaamheid is nie; waar daar 'n ewige vloei, 'n stroom van liefde is, altyd Een is wat liefde gee en Een wat liefde ontvang.

Wat het gebeur toe Jesus aan die kruis – as't ware mens én God – van God verlate was? In hoe 'n mate het dit die 'Ons' van die Drie-eenheid aangetas? Mag ons glo dat God, in wie daar die ewige gemeenskap is, daarmee self tog 'n stuk eensaamheid ondervind het? Martin Luther het op 'n keer uitgeroep: "Gott von Gott verlassen – Wer kann das Fassen?" Dit beteken God van God verlaat – wie kan dit verstaan? Ons kan nie, maar ons weet dit was vir ons, sodat ons nie in die hel van eensaamheid hoef weg te sink nie; nie ons roeping as beelddraers van die Drie-enige God hoef mis te loop nie; nie as eensames wantrouig van 'n afstand na ander eensames hoef te loer nie maar eerder in die vreugde van die gemeenskap met my medemens mag deel. Jesus was verlate om ons te verlos – van die sonde ja, maar daarom juis ook vir mekaar.

Binne die Drie-Eenheid lê ook die geheim van menswees – menswees na die beeld van God. Eensaamheid tussen en in mense skree teen hierdie wese van Drie-eenheid, teen die Skepper wat mense as medemense gemaak het. God is die oorspronklike 'Ons' wat ons as 'ons' gemaak het, soos in die Genesisverhaal: "Kom... Ons maak die mens as verteenwoordiger, ons beeld..." Durf ons enigiets anders wees as 'ons'?

Intussen vier eensaamheid hoogty! Oral rondom ons is gebroke gemeenskappe, selfliefde, hoogmoed. En in dit alles probeer ons om God se plek in te neem – hierin lê ook die wese van sonde.  Maar ons misgis ons totaal want God is nie die soort God wat ons wil wees nie; Hy ly nie aan hoogmoed nie; sy selfliefde is nooit selfsugtig nie.

'n Samelewing is veronderstel om presies dit te wees: 'n samelewing. Hierin word diegene wat in die Drie-enige God glo, dit wil sê wat deel van sy kerk uitmaak, op 'n besondere manier geroep om voorgangers te wees, om in 'n eensame wêreld te demonstreer dat ware gemeenskaplikheid moontlik is, 'n werklikheid is omdat God dit skenk. Die tragiese is egter dat ons dikwels die egoïstiese karakter van die wêreld aanneem, selfs op die voorpunt van selfsug met ons eiesinnige motiewe en strewes is.

Waarom kla so baie mense dat die kerk "onpersoonlik" is? Waarom kan jy soms in 'n kerk sit, omring deur honderde ander gelowiges, en jy bly die eensaamste onder die eensames? Niemand kyk na jou nie. Niemand weet van jou nie. Niemand wil by jou en jou probleme betrokke raak nie. Trouens, jy kon net so goed uit die kerk weggebly het, en geen enkele mens sou daarvan geweet het nie.

Waarom is dit so? Omdat ons hoogmoedig is. Omdat ons "God" wil speel. Omdat ons die ware God en sy evangelie nie verstaan of wil verstaan nie.

'n Tyd gelede het die volgende beriggie in 'n koerant verskyn:

DIE DRAMA VAN ALLEENWEES

MONZA (Italië) – 'n  Vrou van hier is sewe jaar gelede – toe sy 47 was – laas lewend gesien, waarna sy glo van haar familie vervreem is en na 'n ander stad getrek het. Sy is as vermis aangemeld. Maar toe haar man en dogter 'n hofbevel kry om haar woonstel te deursoek vir 'n moontlike verkooptransaksie, is haar oorblyfsels in haar bed gevind. Omdat nooit oopgemaak is as iemand haar deurklokkie lui nie, het haar familie geglo sy het getrek.

Met Hemelvaart toe die Heilige Gees uitgestort is, is ons almal deur die Goddelike 'Ons' as 'ons' in 'n nuwe samelewing saamgebind en herskep. Daarom móét ons nou protesteer teen elke vorm van verlatenheid in die kerk en in die samelewing, teen elke vorm van die verskeuring van hierdie 'ons'. Niemand mag ooit weer eensaam in 'n kerk sit nie. Niemand mag sewe jaar dood in 'n bed lê nie.

Niemand. Ons mag dit eenvoudig nie meer toelaat nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1577 gaste aanlyn