NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gister is verby. More het nog nie gekom nie. Ons het net vandag. Laat ons begin.

GELOFTEDAG- REEKS (6)

BESINNING EN BEMOEDIGING

Dr PE van der Dussen

Lees reeks by Geloftedagreeks dr PE vd Dussen

"Tans word die Afrikanervolk weer deur die hordes bedreig. Sy toestand is in sekere sin gevaarliker as dié van die mense in die laer van Bloedrivier omdat die hordes wat hom nou bedreig nie net vegtende impi's is nie. Die Afrikaner word vandag ideologies deur die rewolusiegees en die Kommunisme bedreig wat baie moeiliker is om raak te sien en te skiet. Maar in sy stryd vind hy versterking in die Gelofte. Die Afrikaner staan in sy benoudheid oor die toekoms van land en volk steeds voor God. Deur aan die Gelofte getrou te wees en die dag van die oorwinning jaarliks as 'n dankdag te gedenk, erken hy dat die God wat sy vaders gered het, hom ook kan red!"

Na die berugte Rooi Vrydagtoespraak van F W de Klerk op 2 Februarie 1990 het 'n gevoel van mismoedigheid en onsekerheid die Afrikanervolk, ja die hele land oorspoel. Die stryd was verby en die werklikheid het voor almal gestaan dat 'n Swart Kommunistiese bedeling voorlê.

In daardie omstandighede het veral die Herstigte Nasionale Party onder leiding van mnr J A Marais dit nodig geag om 'n veldtog van bemoediging te voer wat die opwekking van 'n gesindheid van volgehoue verantwoordelike voortsetting van verset ingesluit het. Die paar artikels in hierdie hoofstuk is in Die Afrikaner geplaas en later wyer versprei. Die derde artikel spruit voort uit sover bekend die enigste byeenkoms wat die sterwe van die Republiek van Suid-Afrika die aand van 26 April 1994 ingewag het...

I. Dag van Versterking

Honderd-twee-en-vyftig jaar gelede het 464 Afrikanermanne voor die heilige God van hemel en aarde 'n Gelofte aan Hom gemaak, 'n gelofte gebore uit nood en benoudheid. Tien maande tevore het die Zoeloehordes verraderlik 'n groot deel van die leierskorps van die Voortrekkers uitgewis toe hulle op bevel van Dingaan Piet Retief en sy manne vermoor het. Daarby het dit nie gebly nie. Met ongekende barbaarsheid het die hordes op die weerlose waens toegesak en man, vrou en kind grusaam om die lewe gebring. Kindertjies se koppe is teen die wawiele papgeslaan. Vroue is aanhoudend met assegaaie deurboor. Wat verniel en vernietig kon word is vernietig. 'n Totale aanslag is op die trekkende Afrikanervolk geloods met die oog op sy vernietiging. Voorwaar rede tot benoudheid!

Almal is egter nie doodgemaak nie en baie het wonderbaarlik en deur soms ongelooflike heldedade die aanslag oorleef. Maar die skade was groot, stoflik, maar veral vanweë die letsels wat op die gemoedere van die oorlewendes ingebrand is. 'n Gevoel van reddeloosheid en radeloosheid móés ontstaan, veral omdat die beskikbare leierskap nie in staat was om die toestand behoorlik in die hand te neem nie.

Tog staan een ding vas: 'n Algemene en georganiseerde terugkeer na die Kolonie het nie plaasgevind nie. Die teenoorgestelde het gebeur. Pogings is aangewend om Dingaan en sy hordes te straf. Die eerste pogings het misluk en op die dood van nog mense uitgeloop. So is Piet Uys, een van die min oorgeblewe leiers, in 'n hinderlaag gelok en gedood, maar nie voordat sy seun Dirkie 'n heldedood gesterf het wat tot vandag toe besielend onder die volk weerklink nie. Nie terug na Britse oorheersing nie, eerder strydend tot die dood toe om die nuutverkreë vryheid te bewaar!

Potgieter, 'n sterk leier, het vroeër verder die binneland ingetrek tot in Transvaal – so ver van die see en die Engelse af as wat hy kon. Daar het hy Silkaats se mag gebreek, hom verjaag en in 'n kort tyd die hele Transvaal getem. Nie terug nie – nog verder weg van die oorsaak van hulle ellende! Die Afrikaner se vryheidsdrang was sterk.

Tog het in Natal die benoudheid toegeneem ten spyte van die vasberadenheid om nie terug te gaan nie. Daar het 'n noodroep na Andries Pretorius uitgegaan om te kom help. Pretorius het gekom, met vaste hand die leiding geneem en begin om sy strafkommando te bou. Dit was duidelik dat daar geen vrede sou wees voordat die verraderlike en barbaarse Dingaan se mag gebreek was nie. Maar net so duidelik was dat sy mag sterk was en uit goedgeoefende en gedissiplineerde impi's bestaan. Pretorius het dit raakgesien en besef dat net 'n goedgeordende kommando hom sou kon verslaan.

Teen die einde van 1838 het die kommando uitgetrek met sy waens, sy osse en sy perde, sy voorraad lewensmiddele, twee klein kanonnetjies, voorlaaiers en ammunisie. Die bewussyn oor die getalle-oorwig van die Zoeloes was daar, maar ook die vasberadenheid om die nuutgevonde vryheid te behou.

Tog was die benoudheid ook daar. Dit het stellig toegeneem namate die dae verbygaan sonder dat die stryd aangeknoop kon word. Uit die benoudheid is die gedagte aan 'n gelofte gebore, 'n gelofte om by die Heilige God van hemel en aarde hulp en redding en uitkoms te soek. Op Sondag 9 Desember 1838 is die Gelofte die eerste keer deur Sarel Cilliers as deel van sy gebed tydens die aanderediens afgelê. Daarna is dit ses dae lank herhaal, en ook op die oggend van die agste dag, Sondag 16 Desember 1838, toe die vyand op die lig en die son gewag het om die klein laer met 464 man met 'n oormag van 14000 impi's te oorweldig. Dit het nie gebeur nie. Inteendeel is die magtige Zoeloeleër verslaan en die mag van Dingaan gebreek. Vrede het in Natal neergedaal wat eers veertig jaar later deur die koms van die Engelse versteur is. Baie sal sê dat dit deur die Trekkers se beter bewapening moontlik gemaak is. Die gelowige Afrikaner weet egter dat dit die antwoord van die Heilige God van hemel en aarde was op die noodroep van 'n klein maar dapper Gideonsbende.

Uit hierdie wete word Geloftedag vir die Afrikaner 'n dag van versterking. Deur hom jaar vir jaar opnuut aan die Gelofte te bind láát hy hom deur die Gelofte bind. Deur hierdie binding word hy net so versterk as wat die Trekkers met die aflê daarvan versterk is. Die Afrikaner van vandag het egter die voordeel dat hy kan terugkyk en die gebeure met geloofsinsig kan beoordeel. So wéét hy vandag dat die aanloop tot Bloedrivier van Sondag tot Sondag geduur het wat sekerlik geen toeval is nie. Daaruit kan hy nog meer versterking put omdat hy weet dat dit deel is van die antwoord van die Heilige God van hemel en aarde op die noodroep van sy vadere!

Tans word die Afrikanervolk weer deur die hordes bedreig. Sy toestand is in sekere sin gevaarliker as dié van die mense in die laer van Bloedrivier omdat die hordes wat hom nou bedreig nie net vegtende impi's is nie. Die Afrikaner word vandag ideologies deur die rewolusiegees en die Kommunisme bedreig wat baie moeiliker is om raak te sien en te skiet. Maar in sy stryd vind hy versterking in die Gelofte. Die Afrikaner staan in sy benoudheid oor die toekoms van land en volk steeds voor God. Deur aan die Gelofte getrou te wees en die dag van die oorwinning jaarliks as 'n dankdag te gedenk, erken hy dat die God wat sy vaders gered het, hom ook kan red! Menslik was dit onmoontlik dat 464 Trekkers met voorlaaiers en twee outydse kanonnetjies die magtige Zoeloeleër van 14000 man kon oorwin. Tog het dit gebeur op 'n wyse wat die toeskouers en die nageslag verstom, sonder dat een enkele Trekker, een enkele Gelofte-aflegger gesneuwel het. Laat daar dan nie twyfel wees dat dit ook vandag nog kan gebeur nie. Die God wat die Zoeloes met ondeursigtige mis verwar het kan sekerlik ook die hedendaagse hordes teen alle menslike begrip in verwar.

Word daarom deur die Gelofte en die viering van Geloftedag versterk. Hulle wat die Gelofte eerste afgelê het, het dit gedoen in die verwagting van wat nog moes gebeur. Dit het hulle tot die stryd versterk. Daarom kan die Afrikaner van vandag des te meer versterk word omdat hy kan terugkyk op wat gebeur het.

Hier staan ons in 1990 voor die Heilige God van hemel en aarde. As ons glo soos ons vadere kan ons ons stryd voortsit – versterk deur Geloftedag 1990.


II. Behou die Geloof!

Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Daar sal weer huise en grond en wingerde in hierdie land gekoop word – Jeremia 32:15.

Met die koms van die jaareinde is dit gepas om 'n terugblik en 'n vooruitskouing oor gebeure te maak. Ook oor ekonomiese sake. Veral waar dit meer as 'n halfeeu lank ekonomies nie so sleg as nou gegaan het nie, is hierdie behoefte sterker omdat dit die geleentheid daarstel om miskien 'n ligpuntjie vorentoe te ontdek. Oor die korttermyn is daar weinig vooruitsig op verbetering. Inteendeel sal die slegte gevolge van wat die afgelope jaar gebeur het, eers met die verloop van tyd voelbaar en sigbaar word.

Afbraakbeleid

Die huidige toestand spruit uit 'n doelbewuste beleid van ekonomiese afbraak en verarming van die Blanke, 'n beleid wat deur die Vorsterbewind begin, deur die Bothabewind verstewig en deur die De Klerkbende voltrek word. Sedert 1981 toon die ekonomie weinig groei en die laaste 30 maande toon 'n volgehoue afwaartse neiging. Kapitaalvorming vind feitlik nie plaas nie, opleiding gaan ernstig agteruit, en daar is geen enkele faktor wat op 'n verbetering dui nie. Werkloosheid is so hoog as wat dit nie sedert 1933 was nie en selfs professionele mense sit sonder werk. Inderdaad is die ekono-mie vinnig op weg om in 'n Afrika-ekonomie te ontaard.

So 'n toestand lei maklik tot terneergedruktheid. Dit is immers geen gemaklike saak as ‘n mens se wêreld ineenstort nie. Wanneer dit 'n hele volk raak en boonop die gevolg van 'n doelbewuste verraderlike aanslag op die volk is, verdiep die gevoel van vooruitsigloosheid en moedverlorenheid.

Swart Kommunistiese regering.....

Die algemene gevoel van kommer word gevoed deur die begin van onderhandelinge oor 'n nuwe grondwet vir Suid-Afrika wat tot 'n Swart Kommunistiese regering sal lei. Vir baie Blankes en Afrikaners lyk dit of alles verlore is, hulle werk, hulle land, hulle eiendom, hulle vryheid, hulle trots. En dié gevoel is geloofwaardiger omdat die verraderlike proses deur mense bedryf word wat hulleself òòk Afrikaners noem, die NP-regering en by name die De Klerkbende. Volgens hulle besit ons nòg die land nòg die bewind. Hulle het reeds eiendomsreg in Blanke gebiede aan Swartes gegee en moedig die Swartes met raad en daad aan om Blanke grond en huise te koop en so die Blanke se besitreg op sy land te ondermyn. Daarom voel talle Afrikaners dat hier geen toekoms meer is nie.

.....teenoor Geloftedag

Die Afrikaner het egter iets wat geen ander volk het nie en wat hierdie terneergedruktheid te bowe kan kom: Geloftedag! Hierdie dag is 'n dag van afsondering en afgesonderdheid, terugkyk en verootmoediging, maar ook 'n dag van geloof! En wat is geloof? 'n Vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‚n bewys van die dinge wat ons nie sien nie (Hebreërs 11;1). En die vertroue en hoop berus op ‚n gewisse kennis van dit wat reeds gebeur het.

Wat beteken dit vir die Afrikaner? Gedryf deur Afrikanervolksliefde kan hy nie anders as om te erken dat dit wat in sy geskiedenis gebeur het, geen toeval is nie. Dit kom letterlik van God, en geen ander gebeurtenis toon dit duideliker as die Slag van Bloedrivier nie. Daar het God op 16 Desember 1838 duidelik en ondubbelsinnig geantwoord op die Gelofte toe Hy in 'n militêr-hopelose situasie oorwinning gegee het. Saam met die ander groot dade in die geskiedenis is dit 'n magtige houvas vir die Afrikaner.

Sy gewisse kennis daarvan laat hom klein word, maar onverbiddelik sterk. Dit is die grond vir sy vaste vertroue op die dinge wat hy hoop, op die trou van God aan Sy beloftes, wat aan hom bewys dat die onsienlike toekoms hoopvol is. Die God van Bloedrivier is die Verbondsgod van Abraham, Isak en Jakob. Sy werke staan vir ewig vas, en daarom mag en kan en moet die Afrikaner hom telkens weer op die Gelofte van Bloedrivier beroep. Dit beteken natuurlik nie dat hy altyd voorspoed sal ervaar nie (Jesaja 43). Hy kan dalk nog groter moeite en stryd moet deurgaan as wat hy tot dusver beleef het. Maar hy weet daarby dat sy hoop onverganklik is en dat die lig daarom na die donkerte weer sal kom!

Koopbrief

Die voorbeeld van die profeet Jeremia staan voor die Afrikanervolk. Die Babiloniërs van Nebukadnesar het Jerusalem omsingel en Jeremia moet in opdrag van die HERE aan koning Sedekia sê om oor te gee. Daarvoor is Jeremia gevangegeneem. Terwyl hy in die paleis aangehou word, kom sy neef Hanameël na hom toe met die opdrag van die HERE dat Jeremia die grond van sy oom Sallum in Anatot moet koop. Jeremia doen dit. Hy doen nog meer: Hy teken die koopkontrak en die afskrif en laat beide in erdepotte verseël sodat dit lank bewaar kon word, sewentig jaar, tot ná die Babiloniese ballingskap. Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Daar sal weer huise en gronde en wingerde in hierdie land gekoop word.

Dit beteken nie dat die oordele van die HERE nie oor Israel voltrek is nie. Selfs Jeremia is weggevoer en het in die vreemde gesterwe, maar sy erfgrond is vir sy nageslag behou! Solank die Afrikaner ongehoorsaam is, sal hy óók die gramskap van die HERE oor hom bring en sal hy ook deur dieptes van vernedering en verdrukking moet gaan. Maar mét Jeremia kan hy rustig wees dat ook in sy land sy nageslag weer huise en plase sal koop. Daarom moet ook sy koopbriewe in gehoorsaamheid aan God verseël en bewaar word sodat sy kinders en kindskinders hulle erfenis sal behou!

Erfgrond

Op grond waarvan doen die Afrikaner dit? Op grond van die Gelofte, in gehoorsaamheid aan die God van die Gelofte! Want in die Gelofte is die geoepenheid van die Afrikanervolk vervat om die Evangelie met Woord en daad in Afrika in te dra. Die Afriakner kan regtens verklaar dat die toekoms van sy volk en hulle geslagte in hulle koopbriewe vasgelê is - hulle kaart en transport oor hulle erfgrond op grond van die oorwinning van die Christendom oor die heidendom, die oorwinning wat die Drieënige God volgens Sy Raadsplan gegee het! Die gelowige Afrikaner se hele hart en hele troos en hele geloof lê daarin! En wee diegene wat dit misken dat Suid-Afrika deur God aan die Afrikanervolk toevertrou is, die volk wat Hy hier totstandgebring en tot dusver bewaar het!.

In die woorde van Totius word die Afrikaner toegeroep: Hou vas wat u het! Bewaar die pand wat aan u toevertrou is. Bewaar die erfgoed. Moenie die geloof daarin verloor nie. Bewaar u reg daarop deur u briewe te verseël. Gee u geld, u goed, u gelowige arbeid  daarvoor. Ander mag ons ou briewe as waardeloos weggooi in hierdie tyd van omwenteling, waarin goed wat enkele jare gelede nog waardevol was, nou geminag word. Maar laat óns soos Jeremia gehoorsaam wees, bewaar wat ons het en dit hoogskat. Dan toon dat ons 'n onwrikbare geloof besit; ons boesem vertroue in; ons dwing mekaar, soos Jeremia vertroue getoon het in die toekoms van die volk deur sy geld in dié vir daar-die oomblik waardelose grond te belê.

Mag dié kragtige boodskap van Geloftedag 1991

en van elke toekomstige Geloftedag tot ons uitgaan:

DIÈ LAND IS ÒNS LAND!

Ons koopbrief daarvoor is verseël in die kruik van die Gelofte van Bloedrivier! Wie hierdie geloofsekerheid minag, sal met die God van die Gelofte en van die Verbond te doen kry!

III. By die Sterfbed van

Die Republiek van Suid-Afrika

Op 27 April 1994 het 'n nuwe bedeling oor Suid-Afrika gekom. As teken daarvan is die Oranje-Blanje-Blou, simbool van Dietse Christendom, om middernag op 26 April 1994 gestryk en met die New Age-vlag van Roelf Meyer (NP-liberalis) en Cyril Ramaphosa (ANC-Kommunis) vervang. So het die Afrikaner die tweede keer in minder as 'n eeu sy vryheid en die gesag oor sy Godgegewe land verloor. Om die sterfbed van ons vryheid nie ongemerk verby te laat gaan nie en mekaar in die oomblik te onderskraag, het enkele Afrikanergesinne om halfses die middag van 26 April 1994 aan huis van Pieter en Anna van der Dussen te Brandwagstraat 81, Silverton vergader. Nadat hy Psalm 121 uit die Bybel voorgelees het, het die aanwesiges Psalm 130 vers 1 en 4 gesing. Daarna het hy 'n kort gepaste woord gespreek, wat met die sing van Psalm 68 vers 1 en 9 en gebed deur ds Sarel Cilliers gevolg is. Ten slotte het die aanwesiges die vierde vers van Die Stem van Suid-Afrika gesing wat ons Volkslied blý, soos die Oranje-Blanje-Blou ons vlag.

Die volgende Afrikaners het die byeenkoms bygewoon:

  • Ouma Ada van der Dussen (84 jaar oud)
  • Oom Flip en Tant Sarie Koen
    • Ds Sarel Cilliers (regstreekse nakomeling van Sarel Arnoldus Cilliers), Louisa en hulle kinders Jaco, Gert-Louis, Louise en Lydia
  • Koos en Johanna Hough en hulle kinders Jac, Chris en Willem
  • Thys en Marié Basson
  • Elsa Fourie
    • Gys en Hanlie Vermeulen en hulle kinders Jacques, Werner, Rachelle en Francois
    • Karel en Trien Vahrmeijer en hulle seun Hannes
    • Pieter en Anna van der Dussen en hulle kinders Nico, Elmi, Pieter en Adrian (Leonard was uitstedig)

Die oorwinning staan vas!

Vir die Afrikanervolk was 1994 'n donker jaar. Miskien wil ons dit graag uit ons gedagtes verban. Of anders wil ons in moedeloosheid en swakheid verval. Of soos Eli en Hiskia in willose berusting die einde sien asof ons lot die wil van die HERE is.

Maar Goddank! Ons staan nie net aan die einde van 'n donker jaar in ons volksgeskiedenis nie. Ons staan by Geloftedag, 16 Desember in die jaar van onse Here 1994. Dit laat ons vorige donker jare in ons geskiedenis sien, maar ook ligtye van oorwinning. Geloftedag dwìng ons gedagtes na die benoudheid én die oorwinning van Bloedrivier; na Paardekraal én Majuba; na die lydingsweg van Vereeniging op 31 Mei 1902 én die vreugde van Kerkplein op 31 Mei 1961. Deur dieptes en oor hoogtes loop die goue draad van die onwrikbare geloof dat die God van hemel en aarde ons tot volk in hierdie Suid-Afrika geroep het.

Ons het die stryd gestry so hard ons kon, maar die uitslag was nie in ons guns nie. Ons het biddende gestry, en tog het ons ons vryheid verloor. Het die HERE, die God van Bloedrivier, ons dan nie gehoor nie? Ja, tóg het Hy. Want Hy het Sy ewige Verbond met alle gelowiges gesluit, en daarom ook met die Afrikaner-gelowiges. Die Afrikanervolk het bowendien vanuit die Gelofte deur die oorwinning van Bloedrivier 'n gebonde volk geword: Deur 'n dure belofte gebind om die Enige God te eer.

Nee, die HERE het ons nie vergeet nie. Hy hoor en vérhoor ons tòg, en Hy vergeet nie Sy Verbond nie. Ook nie die Gelofte nie. Maar dit lei ons langs hoogtes én dieptes, uit die diepte van Wasbank na die hoogte van Bloed-rivier; van die hoogte van Majuba na die diepte van Vereeniging; uit die diepte van die Rebellie na die hoogte van Republiekwording; en nou na die diepte van verslawing deur vreemde geeste in ons eie land. Geeste wat die NAAM wat oor hierdie land uitgeroep is misken en uitstoot, soos hulle Geloftedag uitstoot.

Maar juis wanneer die gelowige in die diepte is, ervaar hy dat sy gebede tòg verhoor word. Dan staan hy in sy hulpeloosheid en vra: Waarom, HERE? Dan spreek die Woord van God tot hom in Psalm 121: Ek slaan my oë op na die berge; waar sal my hulp vandaan kom? Uit die diepte sien hy die bergspitse wat uittroon. Hy sien die lig van die son terwyl hy in skadudonkerte verkeer. Terwyl hy sy oë na die bergspitse opslaan, kyk hy bo hulle uit na die Bron van die Lig en roep uit: My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het! In sy swakheid en die erkenning daarvan is die gelowige sterk.

Gelowiges tot stryd geroepe

Ons is as gelowiges, as kinders van die Reformasie, deel van hierdie aarde van ons Suid-Afrika. Oor hierdie aarde is die NAAM van die HERE op 6 April 1652 uitgeroep, is dit deur die trekboer verbrei tot in die diep binne-land, het dit die lig van die beskawing op Donker Afrika gevestig. In hierdie aarde het Hy die Afrikanervolk geplant, natgemaak met Sy Woord, bemes met die toevoeging van Hugenoot, Duitser en Skot, laat groei en gedy - en die Afrikanervolk ook kasty tot ons beswil. Wie die geskiedenis met die geloofsoog beskou, sien dat die Afrikanervolk teen alle menslike gedagte in ontstaan het, teen alle menslike oorwegings en optrede bly bestaan het. Ons volk bestaan ten spyte van die wêreld en van Engeland.

Teenoor hierdie Goddelike daad deur ons hele volksbestaan het ons niks om voor Hom te bring nie. Nogtans mag en moet die gelowige Afrikaner tot Sy Troon nader en Hom om Sy genade smeek. Ons is nie gelowiges son-der aardse binding nie. Soos alle gelowiges is ons in ons vaderland geanker in ons aardse tentwoning. Aardse vaderland én aardse tentwoning word afgebreek, maar albei is ewe werklik as en ewe noodsaaklik tot voorbereiding vir die Ewige vaderland!

Die gelowige is by uitstek geroepe en verplig om die stryd van volk en vaderland te stry. Dit mag nie anders as in die NAAM van die HERE geskied nie. Laat ons raaksien dat God se Verbondsbelofte aan Abraham 'n aardse vaderland en 'n aardse volk as nageslag ingesluit het! Josua het Kanaän vir die Israeliete verower en moes die inwoners van die land op God se bevel uitroei. Gideon het in die NAAM van die HERE Sy aardse volk van sy aardse vyand bevry. Die Here Jesus het oor Jerusalem gehuil. Wie dus beweer dat die gelowige nie vir die behoud van sy volk, sy vaderland en sy vryheid mag en moet stry nie, selfs met die wapen as dit nodig is, is dwaas. Dit is 'n aantasting van die Vyfde Gebod, 'n gebod met die belofte van 'n aardse vaderland.

Afrikanervolk: Geroepe, verbonde, gebonde

Die gelowige se volkstryd gaan om die eer van die HERE. Ons sien dit in ons geskiedenis. Die eerste vryburgers is deur Jan van Riebeeck vrygemaak om die aarde beter te bewerk en te benut. Die grensboere wou vry wees om hulle Calvinistiese erfenis en lewenswyse te beskerm. In hulle vryheidstrewe het hulle die binneland oopgemaak en tot bloei gebring, die mag van die heidendom gebreek en die weg vir die verbreiding van die Evangelie geopen. Die stryd teen Brittanje het, soos die Trekleier Hendrik Potgieter dit duidelik gesien het, vóór én ná 1900 gegaan om die wese van die Afrikaner, sy Protestantse erfenis, te bewaar, én om die grond en vrug van die land tot opbloei van die land en tot voordeel van sy inwoners te behou. Dit is vrugte van die Afrikaner se lang vryheidstryd.

Die gelowige Afrikaner se verbintenis tot die vryheidstryd is selfs sterker as by ander volke. Terwyl die gelowiges uit alle tale en volke en nasies die Verbondsvolk van die HERE is, is die Afrikanervolk deur die Gelofte 'n gebonde volk. As gelowiges én as Afrikaners mòèt ons daarom die stryd om volk en vaderland voer. As ons dit vergeet, vergeet ons ons gebondenheid aan die HERE, die God wat ons as volk by Bloedrivier aan ons dure belofte gebind het. Dan sal Hy Sy gebondenheid aan ons ook vergeet, soos die profeet Joël ons waarsku.

Ons hét gestry – en verloor. Of hét ons verloor? Nee! Want die oorwinning is in die stryd self geleë. Wie stryd voer, is bereid om homself te verloor. Wie in die geloof stryd voer, red homself omdat hy die geloof behou. Dan is hy méér as 'n oorwinnaar, ongeag die uitslag van die stryd. Geloof eis dat ons van alles afsien behalwe ons onvoorwaardelike en oorgegewe vertroue in God. Geloof gee ons die krag om die onsienlike te sien. Die onsienlike werklikheid van die ewige paradys, en die werklikheid van opkomende aardse geslagte. Hulle moet die aardse stryd voortsit wat elke taal en volk en nasie teen die dier uit die aarde moet voer, die antichris en sy magte.

Godsgesag misken

Op 27 April 1994 is die Oranje-Blanje-Blou neergehaal. Dit is die vlag waaronder Willem van Oranje en sy Geuse vir die vryheid van die Nederlande geveg het. Dit is die simbool van die stryd van die ware Protestantse leer teen die aardgerigte Roomse Pous. Dit is die banier waaronder Jan van Riebeeck die NAAM van die HERE oor hierdie land uitgeroep het. Die neerhaal van dié vlag is veel meer as 'n politieke daad. Dit is die miskenning van die gesag van God oor hierdie land! Dit sal Hy nie gedoog nie! Dit roep ons op om te stry om hierdie vlag weer oor ons vaderland te laat wapper!

Ons is diep bedroef aan die einde van 1994. Alles wat vir ons dierbaar is, is van ons weggeneem en word stelselmatig vernietig. Selfs ons Christelike Godsdiens en ons kerke word van ons vervreem. Tog durf ons nie in sak en as terugsit en gaan lê nie! Ons mòèt die stryd voortsit. Ons moet dit doen in die NAAM van die HERE, die Drie-Enige God van hemel en aarde. Hy sal ons die weg toon, vir elkeen op sy weg bring wat sy hand sal vind om te doen.

Die stryd sal selfs in die geloof nie maklik wees nie. Groot opofferinge gaan meer as tot dusver van ons gevra word, ja, moontlik selfs die offer van goed en bloed. Ons sal in trane moet stry, die korrels van die saad van vryheid en reg uitstrooi. Maar wie in die geloof saai, sal op die gesette tyd sy sekel met blydskap in die graanland insteek (Psalm 26).

Die oorwinning staan vas!

Laat ons op Geloftedag 1994 treur. Treur oor dit wat verlore is, treur oor ons ontrou, treur oor ons volk waarvan sovele van die ware weg afgedwaal het. Maar laat ons in die Naam van Jesus Christus ons trane afvee en ons stryd voortsit. Ons kàn dit doen omdat die oorwinning vasstaan deurdat Hy die Satan oorwin het. Laat ons mekaar bemoedig en ons dáárin verbly dat ook die Afrikanervolk in sy uitverkorenes vir ewig voor die Troon van God sal staan! Aan hierdie onsienlike werklikheid kan geen SAKP of ANC, geen VVO of Brittanje, geen Roomse Pous en geen boeddha, geen mag in die ganse skepping, geen verraaier iets doen nie. Daarvan verseker die Heilige Gees ons in Romeine 8:31:39. Net so min kan enige mag die oordeel afweer oor dié wat die uitverkorenes van God vervolg.

Laat ons dan, in die vaste wete dat die oorwinning aan ons behoort,

ons voor die God van ons vaders verootmoedig,

ons opnuut tot die Gelofte verbind,

en voor die hele wêreld getuig dat ons vry is

omdat ons Knegte van die Allerhoogste God is.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1899 gaste aanlyn