NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

... Ek het dit teen die profete wat my woorde steel... wat leuenagtige drome profeteer, dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en grootpratery terwyl Ek hulle nie gestuur het nie... en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie...  – Jeremia 23

OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (14)

Ds Andrè van den Berg

Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede

Laodicea, die louwarm gemeente

Openb.3:14-22

  1. 1. Die stad Laodicea

Laodicea was in die streek Frigië, 72 km vanaf Filadelfia (160km van Efese) op die kruising van twee sleutelroetes in Klein Asië.  Daar was drie stede in hierdie streek; Kolosse, Hierapolis en Laodicea.  Laodicea is in 253vC gestig en deur koning Antiochus II na sy vrou Laodike vernoem.   Dit het in 133vC in Romeinse bewind gekom en was vir tekstielware van swart wol en ooghospitaal bekend.   Laodicea is in 60nC deur ʼn groot aardbewing getref.

Die stad het gereeld watertekorte ondervind.  Water moes met ʼn 10km pypleiding na die stad herlei word.   Die Romeinse veelgodedom het in Laodicea floreer, veral die aanbidding van Zeus en Apollo.  Daar was ook ʼn sterk Joodse bevolkingsgroep en vermenging van die Joodse en heidense godsdienste.

2.   Die gemeente

Die gemeente is waarskynlik deur Epafras tydens Paulus se drie jaar verblyf in Efese gestig (Kol.1:7; 4:12,13).  Die gemeente het in die huis van Nimfas vergader (Kol.4:15).  Dit ontvang egter geen positiewe wense of lof nie, maar word wel bestraf.  Die gemeente het net soos die stad in selfversekerdheid en gevolglike louheid verval, ʼn selftevredenheid weens hul stoflike rykdom.

3.   Die briefboodskap

Die gemeente was selfversorgend.  Nogtans sê Christus dat hulle lou asook arm, blind en naak is.   Christus stel homself as die Amen voor.  In die OT is dit die gebruik om met ʼn brief of gebed af te sluit.  Dit staan hier eerste om gesaghebbende Goddelike uitsprake aan te dui.  Voorts is Christus die betroubare getuie.  In Openbaring word getuiesgereeld met martelaarskap verbind.  Christus het die hoogste prys in sy getuienistaak betaal!

Dis geheel en al in teenstelling met Laodicea wat geestelik afgekoel en tot ʼn louheid oorgegaan het wat net uitgespuug kon word.  Christus word ook die begin van die skepping van God genoem.  Hy is in die begin van die skepping om die gemeente te herinner dat Hy saam met sy Vader in volle beheer van die wêreld is.

4.   Die aanklag

Christus is ten volle vertroud met die geestelike situasie in die gemeente.  Hulle is nie koud of warm nie, maar lou.  Dit verwys ook na die watersituasie van die stad.  Tien kilometer noord van Laodicea was die stad Hierpolis geleë en vir sy warmwaterbronne bekend.   Tien kilometer noord was Kolosse wat vir sy vars kouewaterbronne bekend was.   Omdat Laodicea oor geen waterbronnebeskik het nie is ʼn pypleiding van Kolosse af na die stad gebou.  Dit het oor ʼn kalkkrans gestort en louwarm in Laodicea aangekom. Die kalkinhoud het die water ondrinkbaar gemaak.  Die feit dat Christus op die punt gestaan het om die water uit te spuug, dui daarop dat die gemeente nog ʼn kans gekry het om hul geestelike huis in orde te kry.   Hulle moes vir die saak van Christus weer kook!

In vers 17 bespreek Johannes die oorsaak van hul louheid – weens hul stoflike rykdom het hulle selfvoldaan en selftevrede geword.  Hulle het niks kortgekom nie.  Toe die stad in puin gelê is, het hulle sonder Rome se bystand die stad opgebou; nog beter as tevore. Net soos wat die stad Rome se hulp weggewys het, het die gemeente God se hulp weggewys – onafhanklik van God!   Hulle het nie besef dat hulle geestelik ver te kort skiet nie.  Ellendig is die hoogste vorm van ongelukkigheid.   Bejammerenswaardig is die teenoorgestelde van welgesteldheid.

5.   Die drie beskrywings

Laodicea was geestelik arm en moes goud koop wat deur vuur gelouter is.  Die gemeente moet ʼn totaal nuwe premie op die geestelike warmte van die saak plaas. Goud word in die sin van geloof gebruik.  Die onsuiwerhede moet weggebrand word.  Dan groei die liefde vir Christus uit ʼn gesuiwerde geloof.

Laodicea is in die oog van Christus kaal.  Hulle moes wit klere koop om hul naaktheid te bedek.  Laodicea was bekend vir swart wolstof, beeld van hul sonde.  In die Joodse kultuur is naaktheid as ʼn groot skande beskou (Jes.20:1-4).  Dit het ʼn mens oneer aangedoen en was ook strafbaar.   Wit klere spreek van eerbetoon en het die simboliese betekenis van geregtigheid, verlossing en oorwinning (Openb.6:11; 7:9,13-14).  Die raad om wit klere te kry, dra die betekenis van bekering.

Laodicea was geestelik blind en moes oogsalf koop om te kon sien. In Laodicea was ʼn lonende aptekersbedryf waar oogsalf van verpoeierde Frigiese sandsteen gemaak is.  Dit het die mense van Laodicea blind van selfvoldaanheid gemaak.  Hulle het hul geestelike verval nie raakgesien nie.   By Christus was die genesende salf te koop – bekering.

Al het die gemeente in louheid verval, bestraf Christus hulle omdat Hy hulle liefhet (:19).  Hulle moes nie daaraan twyfel dat Hy hulle hartstogtelik liefhet nie.  Dis die liefde wat hul op die regte pad moes teruglei.  Christus bestraf en tug elkeen wat Hy liefhet en  herinner aan Spr.3:11,12.   Om te bestraf, is om iemand op ʼn probleem te wys en te oortuig om iets daaraan te doen.   Tug is om iemand op die korrekte spoor te plaas (2 Tim.2:25; Hebr.12:6,7,10).  As die gemeente dit ernstig opneem, sal hulle ywerig wees om hul te bekeer.  Hul ywer sal in hul bekering sigbaar word.  Hul geesdrif moet van eie gewin na Christus-gewin verander.

6.   Die Goddelike uitnodiging

In vers 20 volg ʼn goddelike uitnodiging – Christus staan by die deur en klop.  Hy dwing niemand om oop te maak nie.  Hy stel Hom slegs beskikbaar.   Tafelgemeenskap by ʼn fees was teken van hartlike deelname en teken van versoenende deelname in mekaar se lewe (Mt.11:16-19).  Dink ook hier aan die finale Messiaanse feesmaal (Openb.19:6-9).  Om met Christus by ʼn feesmaal aan te sit, is die hoogste vorm van beloning denkbaar!  Wie oorwin, sal saam met Christus op sy troon sit.   Die oproep om te luister na die Gees dui op ʼn ontdaning van die louheid en ten doelstelling van geesdriftige diens aan Christus.  Laodicea moes tot inkeer kom en haar van die basiese dinge in die koninkryk vergewis en opnuut haar liefde vir Christus in die regte dade bewys.

7.   Die latere lot van die sewe gemeentes

Van die sewe gemeentes bestaan drie vandag nog – Smirna, Thiatire en Filadelfia.  Dis groot stede met nuwe name.  Van die res is slegs ruïnes oor.   Laodicea het die langste bestaan.  Dit was die geldhoofstad van Klein-Asië.   In 361 nC is ʼn groot sinode ook daar gehou.   Dis egter in die Middeleeue tydens die Moslem oorloë vernietig.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 954 gaste aanlyn