NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geloof is nie die gevolg of die rede vir die uitverkiesing nie, maar die BEWYS daarvan dat ons weet God het ons uitverkies tot die ewige lewe.

HOE LYK DIE GROOT VERDRUKKING?

Lees meer by Aktuele vrae

WEGRAPING EN MERK VAN DIE DIER

Ds AE vd Berg

“En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei” (Mt.24:11)

Waarom is daar soveel dwaling in die wêreld?  Jesus antwoord diè vraag in Mt.22:29 wanneer Hy vir die kerklui van sy tyd sê: “Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie....” Dis een ding om ‘n klomp Bybeltekste te kan aanhaal, maar ‘n ander saak om die Skrif te ken.  Wie die Skrif nie ken nie, sien die leuen maklik vir die waarheid aan.

Dwaalleer is ‘n set van die Satan.  Hy wil dat mense die oog van die waarheid moet wegneem en die leuen glo.  Waarom?  Om die Bybel kragteloos te probeer maak. Die Bybel is ‘n kragtige instrument in God se hand:  Luister wat sê Paulus daarvan: “Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo....” (Rom.1:16).

Satan weet dat die Evangelie ‘n ongekende krag is.  Dit beroof hom van mense as hulle tot bekering kom.  En hy wil dit verhoed!   Daarom doen hy alles in sy vermoë om dit van krag te ontneem.  Hy maak veral van twee metodes gebruik – vervolging en dwaallering.  Dwaallering is die suksesvolste, soos bv. die leer van die wegraping.

Mense wil weet wat in die toekoms en veral aan die einde van die tyd gaan gebeur.

By geleentheid het die dissipels na Jesus gekom en vir Hom gevra wat hulle aan die einde van die tyd moes verwag (Mt.24:3).  Jesus het sonder ‘n omhaal van woorde gesê dat die laaste gelowiges en die Antichris terselfdertyd op die aarde sal wees.  Dit as sulks trek ‘n streep deur die leer van die wegraping!   Dwaalleraars verkondig al meer as ‘n eeu lank die teenoorgestelde nl. dat  God sy uitverkorenes vòòr die verskyning van die Antichris na die hemel sal oppluk.  Dis hoegenaamd nie wat Jesus in die Skrif vir ons sê nie!

God sal wel by geleentheid al sy uitverkorenes op aarde bymekaar maak: “En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan” (Mt.24:31).  Dis hulle wat deur die Groot Verdrukking gegaan het.  Feit bly staan dat hulle terselfdertyd op die aarde as die Antichris sal wees en NIE voor die tyd weggeneem word nie.   Hoe hierdie dwaling by kerkgangers aanklank kan vind, gaan ‘n mens se verstand te bowe!

Voorstanders van hierdie dwaling praat van ‘n verdrukkingperiode; ‘n tyd wat verby sal gaan en dan deur ‘n ander een opgevolg sal word.  Dis Bybels nie korrek nie.  Laasgenoemde praat net van die Groot Verdrukking.  Dis nie ‘n sekere periode wat verbygaan nie, maar die slothoofstuk van die mensdom op aarde.  Daarna volg niks verder nie.  God se oordeel is afgehandel!

Wat ‘n ontnugtering wag daar nie op hulle wat hul hoop op die illusie van ‘n wegraping plaas nie!   Hulle glo wel dat daar groot verdrukking gaan plaasvind, maar dat hulle dit nie sal beleef nie.  God sal hulle in die hemel oppluk voordat die slegte dinge op die aarde gebeur.  Dis so onskriftuurlik soos die kommunistiese Handves!  Nêrens in die Bybel word gelowiges so ‘n iets belowe nie!

Die dwaling van die wegraping doen ‘n baie lelike ding – dit skep valse hoop en sus misleide mense aan die slaap.  Terwyl die donker onweerswolke van die laaste dae sterk opsteek, steur dwaalgeeste hul nie veel daaraan nie want hulle gaan dit mos nie beleef nie!    Dit gaan ‘n ontnugtering met droewige gevolge afgee!   Jesus sê dan so duidelik in Joh.16:33: ”In die wêreld sal julle verdrukking hê...”  En in Mt.24 sê Hy dat die gelowiges van die laaste dae ‘n konfrontasie met die Antichris moet verwag.

Die leer van die wegraping skep ‘n magdom van ander probleme omdat dit nie op die waarheid gegrond is nie.   Dis nie Skriftuurlik verdedigbaar nie want dit staan nêrens in die Skrif nie.  Dis ‘n set van die Satan, die vader van die leuen (Joh.8:44)!

Dis hartseer dat soveel goedgelowige mense in die bek van die leeu inloop maar nogtans dink dat hulle op ‘n verebed die hemel ingedra sal word.   As hulle maar net Mt.24 aandagtig wil deurlees!   Hierdie hoofstuk sê vir ons as gelowiges alles wat ons oor die eindtyd moet weet.  Jesus sê gelowiges sal deur die groot verdrukking gaan. Dwaalgeeste sê: Hulle sal nie en verkoop miljoene boeke daaroor!

Hulle optrede weerspieël dieselfde optrede as diè van die Satan, die vader van die leuen.  In Gen.3 kom Satan by Eva in die tuin van Eden en vra haar of God hulle verbied het om van sekere bome te eet.  Nadat sy bevestigend geantwoord het, sê die Satan vir haar: “Julle sal gewis nie sterwe nie” (:4).  Dis hoe Satan te werk gaan; hy sê presies die teenoorgestelde as wat God sê.   Met die leer van die wegraping, soos met alle dwaalleer, is dit ook so.

Waarom doen die Satan dit?  Om mense net soos Eva te mislei.  Hoeveel miljoene mense in die wêreld word nie mislei deur op die leuen van die wegraping staat te maak nie; mense wat glo dat hulle weggeneem gaan word voordat enigeen van die slegte dinge op aarde gebeur!   Dink u vir een oomblik in wat gaan gebeur as die wegraping nie plaasvind nie?  Want dit gaan nie!   Dink aan die ontsettende verwarring, teleurstelling en ontnugtering!  Dit gaan so groot wees, dat hierdie ontnugterdes die merk van die dier gaan aanvaar!   Ek kan nie help om te glo dat dit in werklikheid is wat agter die leer van die wegraping sit  nie - sataniese misleiding!

In Mt.24 waarsku Jesus duidelik teen valse profete wat wondertekens sal verrig en baie mense gaan meevoer.  “En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat”  (:10).  Dit gaan gebeur wanneer miljoene kerkgangers tot hul skok gaan besef dat die verebed uit die hemel nie neergedaal het om hulle te kom haal nie.  Daar gaan ‘n geloofsafval soos nog nooit tevore wees nie!

Daarom het ons in die AP Kerk een van die grootste evangeliese geleenthede wat daar nog ooit was.  Ons moet al hierdie mense wat angstig op hierdie leuen wag, waarsku dat dit ‘n leuen is.  Want almal wat aan die Antichris gaan oorgee, gaan, om dit reguit te stel, hel toe.  Ons het dus ‘n reuse sendingveld reg voor ons deur!  Ons hoef nie China of Japan toe te gaan om mense tot bekering te lei nie, ons kan dit ‘n klipgooi van ons af doen!   Noem dit maar ‘n eindtyd-sendingveld.

Eseg.33 sê dat gelowiges soos wagte op ‘n stadsmuur is en betyds alarm moet maak as gevaar dreig.  Oral waar die Satan werk, is daar gevaar, want hy is ‘n mense-moordenaar van die begin af (Joh.8:44).  Daarom moet ons praat en waarsku!  Dis wat God wil hê.  Daarom het ons Mt.24 in die Bybel met al sy eindtyd beskrywings.

Let ook daarop dat Jesus dit vir ons in volgorde gee om mense te help om hulle reg voor te berei vir die Groot Verdrukking.  Die tyd net voor die wederkoms van Jesus  begin met (i) oorloë en gerugte van oorloë (ii) hongersnode, pessiektes en baie aardbewings (iii) daarna volg Christenvervolging en martelaarskap (iv) daarna volg ontstellende natuurverskynsels soos die son wat donker en die maan wat rooi word en sterre wat op die aarde val (v) Dan word die laaste basuin geblaas en kom Jesus sigbaar op die wolke!  Hierdie selfde orde word net so in Openb.6 herhaal.

Daar is geen wegraping nie, slegs ‘n bymekaarmaak van gelowiges reg aan die einde van die tyd, reg oor die hele wêreld om vir ewig saam met Jesus in die Nuwe Jerusalem te woon.  Laat ons nie onverskillig teenoor ‘n verlore-gaande wêreld staan nie, veral nie misleide kerkgangers nie.  Hulle is besig om in ‘n see van leuens te verdrink en het die reddingsboei van die waarheid nodig!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1428 gaste aanlyn