NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dit geld ook vir die Afrikanervolk wanneer die HERE in Jer 6 sê: "...as jy jou verfoeisels van my aangesig verwyder, hoef jy nie rond te swerwe nie... keer terug, o afkerige kinders, want Ek is heer oor julle... en Ek sal aan julle gee herders na my hart, wat julle sal oppas met kennis en verstand." Is herders en leiers met kennis en verstand dan nie wat ons volk nou dringend nodig het nie?

AS 'N ENGEL VERVEER (9)

Ds AE van den Berg

Lees reeks by As 'n engel verveer

ABIGAIL

"Ek is jammer om my heer so vroeg wakker te maak" maak Mésalag verskoning.

"Ek hoop nie jy bring slegte tyding nie?" sê Dawid en kyk sy wapendraer vraend aan.

"Dis ongelukkig so, my heer.  Die ou profeet is nie meer met ons is nie" sê Mésalag bedroef.

"Wat? Is Samuel dood?" vra Dawid geskok.

"Die ou profeet is laasnag in sy slaap oorlede" sê Mesalan en vee trane af.

"Dis nou vir jou 'n ding!" sê Dawid ontsteld.

"Wat gaan nou van die profeteskool word?  Wie kan by Samuel oorneem?" vra Dawid.

Dis voorwaar slegte nuus!

"Daar sal nie weer iemand soos hy wees nie.  Die ou profeet was nie net 'n leermeester nie, maar ook 'n raadgewer soos Israel nog nooit gehad het nie" sê Mésalag.

"Ek gaan hom baie mis" sê Dawid diep bedroef.

Mense het van heinde en verre na Rama gekom om 'n laaste eer aan die ou profeet te betoon.  Saul en 'n paar van sy hooggeplaastes was ook daar.  Israel het lank oor sy laaste rigter getreur.  Samuel was die volk se gewete.

'n Paar dae later vertrek Dawid en 'n klompie van sy manskappe na die woestyn Paran.  Israel se ekonomiese insinking het Saul genoodsaak om baie van sy beroepsoldate af te lê; so ook dié van Dawid wat hy in diens geneem het.

Dawid het egter van 'n sekere Nabal te hore gekom.  Hy was skatryk en het 'n uiters winsgewende boerdery in Paran bedryf.  Miskien sou hy hulle toelaat om vir ‘n paar maande op sy grond te vertoef.  In ruil daarvoor kon hulle hom teen woestynrowers beskerm.  Daarom het Dawid van sy manskappe geneem en na Paran vertrek om met Nabal te gaan onderhandel.

"Ek gaan 'n paar van julle môre na Nabal stuur om met hom te gaan kennis maak.  Ek weet niks van hom af nie.  Al wat ek weet, is dat hy baie ryk is en groot grond besit.  Hoe sy hart vir die volksaak klop, weet ek nie.  Gaan som hom vir my op" beveel Dawid.

o0o

"Wie is julle en wat soek julle op my grond?" vra Nabal toe die gesantskap by hom opdaag.

Hy is onvriendelik en onbeskof.

"Ons kom namens ons heer Dawid kennis maak.  Hy wil u graag kom spreek" sê Jokam.

"Hy soek natuurlik geld!  Net ‘n lafaard kom praat nie self nie maar stuur skuim soos julle na my toe!  Hy moet liewers hier wegbly.  Sê vir hom dat as hy sy pote op my plaas sit, maak ek hondekos van hom!" skreeu Nabal en vloek op hulle.

"Kom ons gaan maar liewers" sê Jokam baie ontsteld.

Nabal se swak maniere laat die gesantskap se bloed kook.  Nog nooit het iemand hulle so sleg ontvang nie!

“Dink julle ons moet vir Dawid sê wat Nabal kwytgeraak het?" vra Jokam terwyl hulle terugry.

"Beslis!” sê Resan en spuug op die grond van verontwaardiging.

Die ander twee knik instemmend.

Toe die gesantskap later die oggend terugkeer en vir Dawid van hul nare ondervinding met Nabal vertel, besluit Dawid om die saak nie daar te laat nie.  Nabal moet 'n les geleer word.  Sommer die volgende oggend nog.  Dawid laat nie so met hom of sy manne praat nie!

o0o

"Ek is jammer om u middagslaap te versteur, maar hier kom drie ruiters aan" sê Jokam toe hy Dawid wakker maak

Dawid loer by sy tent uit.

“Wie sou hulle wees?” vra hy.

"Ek het geen idee nie, my heer" sê Jokam.

Toe die ruiters stilhou, merk Dawid dat dit 'n vrou en twee slawe is.

"Ek is Abigail, die vrou van Nabal" stel sy haarself voor.

Dawid staar haar sprakeloos aan.  Sy is die mooiste vrou wat hy ooit gesien het!  Kan sy werklik die vrou van die buffel wees wat sy gesantskap so lelik weggejaag het?

"Wat is die doel van u besoek?" vra Dawid nuuskierig.

"Ek kom verskoning maak vir my man se swak gedrag vanoggend.  Hy praat dikwels voordat hy dink.  Ek pleit dat u nie teen hom sal optree nie" smeek Abigail.

Die pragtige vrou met haar betowerende sagte groen oë en goedversorgde lang bruin hare maak ‘n gunstige indruk op Dawid.  Sy is verstandig, ellegant en welsprekend.  Dawid kan nie glo dat die woestyn so 'n mooi blom oplewer nie.  Haar wens sal enige man se bevel wees!

"Jy het so pas jou man se lewe gered. Hy het my mense soos drek behandel en ons was van plan om met hom te gaan afreken" erken Dawid.

"Dan is ek dankbaar dat ek betyds gekom het" sê sy en glimlag.

Dawid voel duiselig.  Hy begeer haar met alles wat in hom is, laat Moses maar sê wat hy wil!

"Ek verstaan nie wat jy in Nabal se huis maak nie.  Jy verdien darem ‘n beter man as hy!" sê Dawid.

"Ek het geen ander keuse gehad nie.  My vader het jare gelede uitgeboer en Nabal baie geld geskuld.  Omdat hy dit nie kon terugbetaal nie, het Nabal my as vrou in ruil daarvoor geneem" sê Abigail.  Dawid is geskok oor haar openlike onthulling.  Hoe kan ‘n vader dit aan sy dogter doen?  Is sy dan ruilgoed?

o0o

"Waar kom jy vandaan?" vra Nabal bars.

"Ek was by Dawid om vir jou lewe te pleit" sê Abigail reguit.

"Jou slet!  Jy het hom seker iets in ruil daarvoor gegee; iets wat elke man wat sy oë op jou lê, begeer!" ontplof Nabal in woede.

"Nee, beslis nie!" verweer Abigail haarself.

"Was dit lekker om Dawid in jou te voel ingaan?  Ek is mos nie meer goed genoeg vir daardie plesiertjie nie!" gil Nabal en vloek onbedaarlik.

Abigail swyg.  Nabal sal haar tog nie glo nie.

"Ek sal jou wys wat met 'n slet soos jy gedoen word!  Slette soek mos net een ding!" skreeu Nabal en storm op haar af.

"Hy gaan my weer verkrag!" flits dit deur Abigail se verstand.

Nabal het haar al een maal verkrag toe sy hom omgang geweier het en so seergemaak dat sy dae lank in die bed moes bly om te herstel.  Daarna het sy uit vrees vir 'n herhaling van die pyn telkens aan hom toegegee, maar elke oomblik daarvan gehaat.

Wanneer Nabal op haar afstorm, kyk Abigail rond vir iets waarmee sy haar kan verdedig. Daar is niks byderhand nie.  Nabal druk haar hardhandig teen die muur vas en begin om haar klere al vloekende van haar lyf af te skeur.  Hy is buite homself en abnormal sterk

Meteens verslap sy greep. Nabal gryp na sy kop en stort ineen.  Die diensmeisies help haar om Nabal op die bed te tel en maak sy gesig nat met water.  Dit bring geen verligting nie.  Hy is bewusteloos. Daardie nag sterf Nabal sonder om sy bewussyn te herwin.

Toe Dawid die volgende dag van Nabal se dood verneem, is hy bly dat Abigail van die bullebak ontslae is.

"Wat is jou toekomsplanne?" vra Dawid haar na die begrafnis.

"Ek weet nog nie.  Nabal se dood was te skielik” antwoord Abigail koel.

“Is jy spyt dat hy nie meer daar is nie?” vra Dawid reguit.

“Nee, ek is nie. Eintlik is ek baie verlig” antwoord Abigail baie eerlik.

“Miskien moet jy vir ‘n rukkie weggaan en jou toekoms rustig beplan” doen Dawid aan die hand.

"Ja, ek is van plan om by my suster in Karmel te gaan kuier" sê Abigail.

"Jy moet maar sê as ek jou met iets kan help" bied Dawid hulp aan.

"Dankie vir die aanbod” sê Abigail. “Die voorman het alles onder beheer en die slawe weet wat om te doen".

"Hoe lank gaan jy nog hier vertoef? “ vra Abigail belangstellend.

"Ons gaan nog 'n rukkie hier bly en dan terug Gibea toe" antwoord Dawid.

"Dis nou my grond.  Julle kan hier bly solank as wat julle wil” sê Abigail.

Dawid aanvaar die aanbod.

"Jy moet my nou verskoon; ek wil 'n bietjie gaan lê “ maak Abigail verskoning.

Dawid groet en staar haar droomverlore agterna.

o0o

"Waarom lyk my heer so neerslagtig?" vra Samgar bekommerd.

"Wat laat jou dink dat ek iets makeer?" vra Dawid die jong soldaat met die wakker bruin oë.

"Ek kan sien my heer verlang na ‘n vrou. Kan dit die weduwee van Nabal wees?" vra Samgar met 'n ondeunde glimlag op sy gesig.

Dawid kyk Samgar verbaas aan.  Die jong soldaat lees hom soos ‘n boek.  Ja, hy verlang na Abigail.  Hy sal wat wil gee om haar as vrou te neem.  Sy hart klop onstuimig.

"Abigail hou baie van my heer.  Sy kuier tans op ons buurplaas" merk Samgar terloops op.

"Wat?  Weet jy tog nie waar sy is?" vra Dawid verbaas.

"Ja, my heer, ek het in die Karmeldistrik grootgeword.  Ons familieplaas is minder as twee dae te perd hiervandaan.  Ek kan altyd vir Abigal 'n boodskap neem?" bied Samgar hulp aan.

"Ja, doen dit gerus; ry sommer dadelik en hoor by haar of sy 'n huwelik met my sal oorweeg" versoek Dawid die jong soldaat opgewonde.

Dawid se huwelik met Migal het van meet af aan nie gevlot nie.  Dit was te gedwonge.  Hy het nie ‘n ander keuse gehad as om Saul se huweliksaanbod met sy dogter te aanvaar nie.  Dit sou 'n klap in die koning se gesig wees indien hy dit sou weier.  Van ware liefde was daar geen sprake nie.  Daarbenewens moes Dawid gedurig vir Saul vlug.  Die huwelik kon nooit ontluik nie.

Toe Saul hoor dat Dawid vir Abigail as vrou geneem het en nie van plan was om na Gibea terug te keer nie, was hy woedend.  Hy het Dawid se huwelik met Migal ontbind en haar drie maande later aan een van sy landvoogde as vrou gegee.  Nou was hy nie meer familie van Dawid nie.

o0o

"Waarom dink jy wil Dawid nie na Gibea terugkeer nie?  Ek het hom laat weet dat ons militêre begroting klop en dat hy en sy manskappe weer in diens geneem sal word.  Waarom aanvaar hy nie die aanbod nie?" vra Saul vir Kotamas.

"Ek weet regtig nie, my heer.  Wat dink u?" vra die gryskop-sekretaris.

"Ek weet nie.  Noudat hy nie meer familie is nie, vertrou ek die vrede nie.  Dit sal my nie verbaas indien hy met verkeerde dinge besig is nie" sê Saul en snork verontwaardig.

"Ek hoop nie hy beplan so ‘n iets nie" sê Kotamas en frons.

"Ek wonder of dit nie nou die regte tyd is om hom eens en vir altyd op sy plek te gaan sit nie" sê Saul en spuug op die grond .

o0o

Nadat die gebiedsverspieders Saul oor Dawid se bewegings ingelig het, het hy met ‘n leër na die woestyn Sif vertrek om na Dawid te gaan soek.  Toe hulle die woestyn ‘n paar dae later bereik, het hulle by die heuwel Hagila laer opgeslaan, onbewus daarvan dat Dawid se verspieders hulle toe dophou.

Daardie nag het Dawid en Abisai, een van sy dapperstes, na Saul se laer gesluip.  Die wagte was almal in droomland.  Saul het hy met sy spies by hom gelê en slaap.  Dawid het die spies geneem en ongemerk die laer uitgesluip.

Kort voor dagbreek het Dawid 'n paar honderd meter van Saul se laer af teen 'n hoogte gaan sit en hard na Saul geroep.

"Waarom roep jy so vroeg na my?” vra Saul vererg toe hy uit sy tent kom.

"Ek wil u graag iets wys" sê Dawid en hou die spies omhoog.

Saul herken onmiddellik sy spies.  Hy bewe soos 'n riet.

“Waar kom jy daaraan? Wie het dit vir jou gegee?” vra Saul ontsteld.

“Ek het dit laasnag by u afgeneem” antwoord Dawid ewe gedweë.

“Jy kon my dus doodgemaak het” sê-vra Saul.

“Ja, ek kon. En baie maklik ook!” sê op dieselfde trant.

"Waarom het jy my nie doodgemaak nie?  Jy het dan die kans gehad!?” vra Saul ontsteld.

"Omdat ek die gesalfde van die Here nooit leed sal aandoen nie" antwoord Dawid kalm.

"Kom gerus nader, my seun, dat ek voor God kan sweer om jou nooit weer enige kwaad aan te doen nie” sê Saul bewoë.

Wanneer Dawid voor sy koning staan, omhels Saul hom en sweer om hom voortaan met rus te laat.  Daardie aand vier Dawid en Saul se manskappe soos ou vriende groot fees.   Toe Saul vroeg die volgende oggend na Gibea vertrek, bly Dawid in die woestyn agter.

o0o

"Ek het so pas berig omtvang dat die Filistyne op die grens saamtrek, my heer" sê Jaben ontsteld.

"Ek het lankal so 'n iets verwag" sê Saul vies en spuug op die grond.

"Die ellendelinge wil maar net nie 'n les leer nie!" sê Jaben en trek 'n suur gesig.

"Dan is dit hoog tyd dat hulle weer ‘n les leer" sê Saul en slaan met sy vuis in sy hand.

"Sal ons wag totdat hulle die grens oorsteek?" vra Jaben.

"Nee, laat ons hulle die keer eerste die stryd aansê.  Miskien skrik hulle as hulle ons getalle sien" sê Saul hoopvol.

“Kom ons hoop maar so” sê Jaben ietwat wantrouig.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1720 gaste aanlyn