NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Weet jy wat die sin van jou lewe en jou Geestesgawe is?   As jy nie seker is nie, fokus op Jesus.   Die res kom vanself.   Fokus op die Gewer en nie op die gawe nie.  Bid die Here dat Hy jou plek in die lewe aan jou duidelik sal maak sodat jou lewe sin kan maak.

(3 - SLOT) BEGRAFNIS OF...

...LIGGAAMSVERBRANDING?

Ds Hendrik Hefer

Lees reeks by Begrafnis of liggaamsverbranding?

BEGRAFNIS IN DIE LIG VAN DIE SKRIF

"Ons behoort nie aan onsself nie - daarom kan ons nie met ons liggame doen wat ons wil nie. Ons behoort aan die Here. Hy is ons Skepper."

Die voorbeeld van die volk van God

In die lig van die Bybelse gegewens oor "nie-begrawe" en liggaamsverbranding is dit nie vreemd dat die volk van God in die Ou-Testamentiese bedeling hul ontslapenes begrawe het nie. Lees ons die geskiedenis van die aartsvaders is dit opmerklik dat hulle hul geliefdes begrawe het. Abraham koop eiendom by die Hettiete en begrawe sy vrou, Sara, met groot sorg. Toe Abraham sterf begrawe sy seuns, Isak en Ismael, hom by sy vrou in die Makpelatgrot. In Genesis 35 lees ons dat Debora, Ragel en Isak na hul afsterwe begrawe is. Hoofstuk 47 vertel hoe Jakob vir Josef beveel om hom nie in Egipte nie, maar by sy voorvaders te begrawe en in hoofstuk 50 lees ons dat Josef sy broers opdrag gee om sy liggaam saam te neem wanneer God hulle uit Egipte verlos. Uiteindelik is Josef in Sigem begrawe.

Blaai ons verder deur die Ou Testament vind ons dieselfde patroon. Josua, Mirjam en Aaron is begrawe. Simson, Gideon en die ander Rigters en hul familielede en Samuel, is begrawe. Die konings is begrawe. Daar kan geen twyfel wees dat die OuTestamentiese gelowiges, nadat hulle gesterf het, deur hul begrafnis by hul volksgenote (hul vaders) versamel is nie. Dit is ook duidelik dat dit met die goedkeuring van God plaasgevind het!

Die klem op die versorging van die dooie liggaam en op begrafnis (en die verwerping van die praktyk van liggaamsverbranding) is betekenisvol as in ag geneem word dat die Wet van Moses die onreinheid van 'n dooie liggaam beklemtoon, en dat die klimaat van Palestina die ontbinding van dooie liggame verhaas het.

Die Nuwe Testament verkondig dieselfde boodskap as die Ou Testament. Nadat Johannes die Doper deur Herodes vermoor is, het sy dissipels sy liggaam gaan haal en begrawe. Wanneer die seun van die weduwee van Nain, Lasarus (die broer van Maria) en Stefanus sterf, word hulle begrawe. Selfs Annanias en Saffira, wat sterf omdat hulle vir die Heilige Gees gelieg het, word begrawe.

Begrawe, begrawe, begrawe - dit was die gebruik onder die volk van God. Die lewelose liggame is behoorlik versorg - gewas, in skoon linne toegedraai, met speserye gesalf - en begrawe. Van liggaamsverbranding was daar onder die volk van God geen sprake nie! Nêrens word dit selfs as moontlikheid genoem nie. En reeds omdat begrafnis die algemene gebruik was kon Nehemia na Jerusalem verwys as die stad waar sy voorvaders begrawe is.

Twee betekenisvolle begrafnisse

Iemand sou kon redeneer dat die feit dat begrafnis die algemene gebruik onder die volk van God is, nog nie genoeg bewys is dat God die gebruik goedkeur nie. Daar is egter twee begrafnisse wat alle twyfel uit die weg ruim. Die eerste is die begrafnis van Moses.

Volgens Judas vers 9 gebruik die Here die aartsengel Migael om die duiwel te verhinder om die liggaam van Moses in te palm. Moses behoort aan die Here. Hy sou Moses self begrawe. In Deuteronomium 34:5-6 lees ons:

"5. Toe het Moses, die kneg van die HERE, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van die HERE.
6. En Hy het hom in die dal in die land Moab, teenoor Bet-Peor, begrawe; en niemand het tot vandag toe sy graf geken nie".

Die tweede begrafnis is dié van Jesus Christus. Reeds in die Ou Testament verkondig die profeet Jesaja dat die Kneg van die Here begrawe sou word. Hierdie profesie is vervul toe die liggaam van Jesus Christus in die graf weggelê is. Die Heilige Gees het daarvoor gesorg dat sy begrafnis breedvoerig in die Heilige Skrif opgeteken is. So het dit deel van die Evangelieboodskap geword. Daarom skryf Paulus in 1 Korintiers 15:3-4:

"3. Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterfhet volgens die Skrifte;
4. en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;..."

Die feit dat God self die liggaam van Moses begrawe het en dat Jesus Christus begrawe is, behoort vir ons genoeg bewys te wees dat die gebruik om te begrawe, sy goedkeuring wegdra.

Ons liggame behoort aan die Here

Onder inspirasie van die Heilige Gees, skryf Paulus:

"7. Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie.
8. Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
9. Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers".

"19. Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?
20. Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort".

Op grond van hierdie en ander Skrifgedeeltes bely ons dat ons met liggaam en siel, in lewe en in sterwe, aan die Here behoort. Ons behoort nie aan onsself nie - daarom kan ons nie "met ons liggame doen wat ons wil nie". Ons behoort aan die Here. Hy is ons Skepper. In die moederskoot het Hy ons aan mekaar geweef. Hy is ook ons Verlosser. Ons is duur gekoop - Christus het op Golgota gesterf om ons liggaam en siel van die sonde te verlos. Ons liggame is tempels van die Heilige Gees. Daarom moet ons God verheerlik, ook deur die manier waarop ons ons liggaam versorg. Ons mag nie ons eie of ons medemens se liggame doelbewus of deur nalatigheid beseer of skend terwyl ons op aarde lewe nie. Ook na ons dood bly ons lewelose liggame die eiendom van die Here. Daarom mag ons dit ook nie skend of vernietig nie. In lewe en in sterwe moet ons God verheerlik deur die wyse waarop ons ons liggame hanteer. Anders gestel - ons moet ons liggame hanteer in ooreenstemming met sy Wil soos Hy dit in sy Woord geopenbaar het.

Begrafnis as onderwerping aan die beskikking van God

Die dood is 'n daad van God. Hy het die mens gewaarsku dat ongehoorsaamheid tot die dood sal lei. Ten spyte van sy waarskuwing het hulle gesondig en deur die sonde het die dood die wêreld binnegedring. Keer op keer herinner die Here ons deur sy boodskappers dat die mens wat sondig moet sterwe. Die loon van die sonde is die dood.

Nie net die dood nie, maar ook ons dood is 'n daad van God. Hy knip die silwerdraad van die lewe op die dag wat Hy bestem het. Dit was sy besluit dat ons liggame na ons dood deur 'n lang proses "na die aarde" sal terugkeer. Deur ons liggame aan die aarde toe te vertrou, onderwerp ons ons ook in ons dood aan sy Wil soos Hy dit in die natuurwette vasgelê het. Begrafnis is dus nie vir ons 'n betekenislose handeling nie - dit is 'n daad van gehoorsaamheid, 'n daad waardeur ons ons volkome onderwerp aan sy beskikking oor ons liggame.

Liggaamsverbranding, daarenteen, is 'n daad waar die mens "reg in eie hande" neem en 'n liggaam wat aan die Here behoort, op 'n gewelddadige en grusame wyse vernietig. Die argument dat die ontbinding van 'n lewelose liggaam in 'n kis ook "grusaam" is, dra geen gewig nie. Die kernvraag wat beantwoord moet word, is die vraag of die mens die reg het om die besluit van God, dat die liggaam van die mens na sy dood deur 'n proses van ontbinding na die aarde moet terugkeer, omver mag werp?!

Begrafnis as evangelieverkondiging

In 1 Korintiers 15:1-4 vat Paulus die evangelie wat hy verkondig so saam:

"1 Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,
2 waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.
3 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; 4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;..."

Daarna verduidelik hy dat die opwekking van Christus die waarborg is dat ons ook uit die dood opgewek sal word. Wanneer ons begrawe word, word ons sterflike liggame in die grond gesaai. Die dood het egter nie die laaste sê nie - Christus het die dood oorwin! Wanneer Hy op die wolke verskyn sal ons met onverganklike liggame opgewek word:

"42 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;
43 daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.
44 'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek    
53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning".

Dit is veelseggend dat die Nuwe Testament die uitdrukking "ontslaap"of "ontslapenes" gebruik wanneer daar na mense wat gesterf het, verwys word. Ons lees in twee aparte hoofstukke dat Jairus se dogtertjie, en dan ook Lasarus aan die slaap geraak het. Paulus skryf:

“Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so dié wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal voor wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde".

Geen wonder dat die vroeë Christene hul begraafplase "koimeteria" (tydelike slaapplekke) genoem het nie. Ons deel hul geloofsoortuiging en daarom weet ons dat ons geliefdes wat In Christus gesterf het, "tydelik aan die slaap geraak  het. Daarom treur ons, maar nie soos die ongelowiges wat geen hoop het nie. In ons hart leef die verwagting dat die wat gesterf uit die dood opgewek sal word. Die verwagting troos ons wanneer ons by 'n oop graf staan. Die verwagting is ook ons troos wanneer ons die doodsvallei betree. Ja, ons enigste troos is dat ons met liggaam en siel, in lewe en in sterwe, aan Christus behoort - die Christus  wat ons deur sy sterwe en opstanding met God versoen en van die dood verlos het.

'n Begraafplaas is dus 'n saailand waarin ons liggame soos koringkorrels gesaai word totdat die Seun van die Mens ons op die oordeelsdag uit die grafte roep:

"2S Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor
29 en sal uitgaan; dié wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en dié wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling".

Wanneer ons ons geliefdes se liggame aan die aarde toevertrou, verkondig ons die oorwinning van Christus oor die dood - Sy oorwinning nie net oor die liggaamlike dood nie, maar ook oor die geestelike dood. Die Skrif gebruik die beeld van begrafnis immers ook om ons opstanding uit die geestelike dood te verduidelik. Paulus sê dat ons deur die geloof met Christus verenig is - dat ons saam met Hom gesterwe het, saam met Hom begrawe is en saam met Hom opgewek is tot 'n nuwe lewe. Ons lewe word nie meer deur ons sondige natuur beheers nie - ons leef nou onder leiding van en in die krag van sy Gees. Daarom roep elke begrafnis ons nie net op om in die verwagting op die wederkoms te lewe nie, maar ook om te leef soos mense wat uit die geestelike dood opgewek is.

Begrafnis as ons geloofsbelydenis

Die feit dat dit ons oortuiging is dat ons ná ons dood begrawe moet word, beteken nie dat ons die almag van God bevraagteken nie. Natuurlik is Hy in staat om ook hulle wie se liggame deur diere verskeur, in die see verdrink of deur vuur vernietig is, op te wek. Hy sal dit ook doen! Nie net die aarde nie, maar ook die see sal op die oordeelsdag "die dooies wat daarin is, terug gee". Dit was (en is!) loutere dwaasheid van die vyande van Christus om te dink dat hulle sy volgelinge van die ewige lewe kan beroof deur hul liggame te verbrand. Dit is kwaadwillig om hulle wat hul liggame wil laat begrawe van ongeloof te beskuldig. Dit gaan nie oor die vraag wat God "kan doen" nie, maar oor die vraag wat die Here wil hê dat óns "moet doen" - met ander woorde hoe ons ons liggame ná ons dood moet versorg. Ons oortuiging dat ons liggame begrawe moet word, het niks met ongeloof of kleingeloof te doen nie. Inteendeel, die feit dat ons ons laat begrawe, is 'n geloofsbelydenis! Omdat ons die Evangelie van harte glo, bely ons deur ons begrafnis dat:

  • Die Here God ons Skepper en Verlosser is en dat ons, liggaam en siel, aan Hom behoort.
  • Ons God in lewe en in sterwe wil verheerlik, ook deur die manier waarop ons die liggaam wat Hy aan ons geskenk het, ná ons dood laat versorg.
  • Jesus Christus uit die dood opgewek is en deur sy opstanding die dood oorwin het.
  • Ons, deur God se genade, in die oorwinning van Christus deel.
  • Christus by sy wederkoms ook vir ons uit die grafte sal roep en ons vernederde liggame sal verander om aan sy verheerlikte liggaam gelykvormig te wees. Dan sal ons, na liggaam en siel na sy Beeld verander, tot in ewigheid op die nuwe aarde tot sy Eer lewe.

Dit is egter 'n wesenlike vraag of liggaamsverbranding, al is dit onwetend en onbedoeld, nie 'n "ongeloofsbelydenis" is nie. Daar moet ook verder gevra word of gelowiges wat hulle liggame laat verbrand nie 'n struikelblok is vir gelowiges wat uit die afgodediens tot bekering gekom het nie. Vir hulle is die praktyk van liggaamsverbranding 'n integrale deel van die afgodediens waaruit hulle hul bekeer het. Behoort ons ons nie van hierdie praktyk te weerhou ter wille van ons broers en susters vir wie dit tot struikeling kan wees nie? Is die bevel van die Here deur die apostel Paulus dat ons niks moet doen wat ons medegelowiges se geloof kan skaad nie, nie ook in hierdie saak van toepassing nie?

WAT SAL ONS DAN VAN AL HIERDIE DINGE SÊ?

Ons staan voor 'n keuse - begrafnis of liggaamsverbranding? Kies ons liggaamsverbranding, maak ons 'n keuse vir 'n praktyk wat:

  • Die liggaam van die oorledene gewelddadig, meedoënloos en grusaam vernietig.
  • Nooit deur die gelowiges in Bybelse tye beoefen is nie.
  • In sy oorsprong met afgodery, bygeloof en ongeloof besmet is.
  • In die Heilige Skrif 'n teken van die oordeel van God is.
  • Deur die kerkgeskiedenis simbool van vyandskap teen die Evangelie was.
  • Vandag nog met humanisme en humanistiese filosofieë besmet is.

Kies ons begrafnis, kies ons 'n gebruik wat:

  • Konsekwent deur die skare geloofsgetuies wat die wedloop voor ons voleindig het, met goedkeuring van God beoefen is.
  • In die Heilige Skrif met die seën van God verbind word.
  • In die kerkgeskiedenis simbool was van die verspreiding van die Evangelie en die oorwinning van die Woord van God oor die leuen.
  • Deur die Heilige Gees in diens geneem is om die Evangelie te verkondig.
  • 'n Uitdrukking is van ons onderwerping aan sy Beskikking oor ons liggaam na ons dood, van ons geloof in Christus en sy Oorwinning oor die dood.

Wanneer ons begrafnis kies, spreek ons nie 'n oordeel uit oor diegene wat hulle liggame laat verbrand het nie. Ons sê nie direk of indirek dat hulle verlore is nie. Ons getuig wel dat die Skrif ons oortuig het dat dit die wil van die Here is dat gelowiges begrawe moet word. Daarom wil ons, soos die volgelinge van Christus deur die eeue, ons Meester se volmaakte voorbeeld volg. Terwyl ons op aarde lewe wil ons die wil van die Vader gehoorsaam. Ons lewe met die vraag: "Here wat wil U hê moet ons doen?" op ons lippe. Wanneer ons die doodsvallei betree, vertrou ons ons liggame aan die aarde toe om volgens die beskikking van God, tot stof terug te keer. Ons volg Jesus Christus se voetstappe tot in die graf, in die verwagting dat ons deur Hom opgewek sal word. Daarom kan ons nie anders nie as om ook ons stemme by dié van Johannes Calvyn te voeg en in ons testament te skryf: "Verder is dit my wens dat my liggaam na my afsterwe op die wyse wat in hierdie kerk en hierdie stad gebruiklik is, aan die aarde toevertrou moet word totdat die geluksalige opstandingsdag aanbreek".

Calvyn se wens dat sy liggaam in die aarde weggelê moes word totdat die stem van die Seun van die Mens die dooies uit hul grafte roep, is 'n verwoording van die eeue-oue oortuiging van die volk van God dat dit sy Wil is dat hulle begrawe moet word.

"Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!" -  Open 22:20.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 655 gaste aanlyn