NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Kry jou kop reg as jou liggaam uitmekaar wil val.  Al is ons aan uiterlike aftakeling onderworpe, kan ons innerlik sterk bly.  Jy kan nie die veroudering van jou liggaam keer nie, slegs die veroudering van jou gees.

VERTROU OP HOM MET ‘N VOLKOME HART

Hannes Ollewagen

2 Kron. 16:

“...want die Here — sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.”

Ons sien hier in die lewe van koning Asa ’n verskynsel wat in ons lewens seker ook dikwels sy verskyning maak. Hy word koning en met ’n opregte en ootmoedige hart soek Asa na God, vra na sy insettinge en streef dit na. Hy stel ook sy vertroue op God en in hierdie toestand van afhanklikheid teenoor en diensbaarheid aan God is hy ’n kragtige instrument in God se Hand waardeur God se Naam verheerlik word.

Ons lees in 2 Kron. 14 waar Serag, die Kusiet, met ’n leërmag van ’n miljoen teen koning Asa optrek. “En Serag, die Kusiet, het teen hulle uitgetrek met 'n leër van 'n miljoen met driehonderd strydwaens; en hy het gekom tot by Marésa.” (2 Kron. 14:9). Dit moes inderdaad ’n groot bedreiging en benoudheid gewees het. En hoe hanteer Asa hierdie bedreiging? Hy stel sy vertroue volkome op God:

“En Asa het die Here sy God aangeroep en gesê: Here, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, Here onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; Here, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.” (2 Kron. 14:11). Maar dan kruip hierdie oorwinnings en voorspoed wat Asa behaal onder sy vel in en broei dit ’n verkeerde trotsheid en selfversekerdheid uit. Asa tree dan nie meer in diensbaarheid teenoor God op nie, maar met vertroue in homself, sy eie en ander mense se ondersteuning en vermoë. “En in dié tyd het die siener Hanáni, na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die Here u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak.Was die Kusiete en die Líbiërs nie 'n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die Here gesteun het;” (2 Kron. 14:7&8).

Wanneer die siener vir Asa hieroor aanspreek, verootmoedig en bekeer hy hom nie van sy verkeerde handeling nie. Hierdie sonde van trotsheid en eiewaan het sy hart verhard en hy vererg hom eerder vir die siener wat hom hieroor durf aanspreek. “Maar Asa het hom vererg vir die siener en hom in die gevangenis gesit, want hy was hieroor woedend op hom; ook het Asa in dieselfde tyd sommige uit die volk verdruk.”  En hoe hartseer is dit nie dat dieselfde koning wat met soveel ootmoed en vertroue op God die roemryke oorwinning oor ’n leër van ’n miljoen met God as sy Aanvoerder behaal het, dan eindelik op sy sterfbed nie die vrymoedigheid het om God om hulp te vra nie. En dit omdat hy in sy eie trotsheid verstrengel is. “En in die nege-en-dertigste jaar van sy regering het Asa gely aan sy voete; sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy die Here nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere.” (2 Kron. 16:12).

Ons moet versigtig wees om nie met ’n selfvoldane houding oor Asa te spreek en te wonder hoe dit is dat hierdie man só kon struikel nie. Hierdie toestand kry myns insiens in baie van ons se lewens vandag nog ’n stewige vastrapplek. Ons verstaan om in tye van beproewing en swaarkry ons voor God te verootmoedig en ons tot Hom te wend om hulp, redding en leiding. Maar hoe maklik wil ons nie in tye van beterskap, voorspoed en sukses die leisels uit sy Hand neem om self in beheer van ons lewe te wees nie. Hoe maklik vergeet ons nie in hierdie toestand dan van diensbaarheid aan Hom nie omdat ons fokus van die Redder en Oorwinnaar verskuif na die suksesse en oorwinnings wat behaal is. En daar waar ons maar eintlik net die instrumente in sy Hand was waarmee Hy gewerk het, oortuig die Satan ons dat ons uit onsself hierdie wonderlike hoogtes bereik het. En mettertyd oortuig die Satan ons dat ons deur ons eie kundigheid, verstand, vaardigheid, rykdom of welke gawe ookal ons eie heil kan bewerk en God nie meer nodig het nie. Ons kan nou self regkom, want ons het nou genoeg ervaring, genoeg geld, die beste medies en versekering en kan met ons geld die beste kundiges se raad en hulp bekostig. En wat ’n bedreiging is dit vir ons sieleheil, want as ons Hom nie vir hierdie lewe vertrou nie – hoe sal ons ons vertroue op Hom vir ons ewige saligheid stel?

Dit is vir my opvallend uit ons gelese gedeelte dat die Woord stel dat God se oë die hele aarde deurloop om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is. Let wel, nie wie se hart op Hom gerig is nie, maar wie se hart onverdeeld op Hom gerig is. Hy vra van ons volkome vertroue. Die beklemtoning hiervan is ook vir ons uit Spreuke 3:5 duidelik. “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.” Hy is nie die hulpmiddel wat ons kan nadertrek om die klein bietjie aan te vul waar ons eie krag ontbreek nie. Hy is nie die alternatief wat ons kan nadertrek nadat ons eie pogings misluk het nie. Hy is nie die rugsteun om te gebruik wanneer my vertroue op ander mense teleurgestel het nie. Nee, Hy is die enigste Almagtige God op wie ons vir ons hele lewensbestaan volkome moet vertrou. Hy het nie ons of ander se hulp of bystand nodig om sy beloftes gestand te doen of om sy beloftes van hulp en redding te vervul nie. Hy is volkome in staat om uit Homself oor enige situasie te triomfeer. En alhoewel Hy tot ons hulp, bystand en redding gereedstaan, eis Hy van ons die nodige dank en eer wat Hom toekom. “Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie;want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende. Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My. As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid. Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink? Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.” (Ps. 50:9-15).

Hierdie volkome vertroue van mense in God word vir ons in die lewe van al die geloofshelde openbaar. Dink maar aan Dawid wat die reus Góliat verslaan het. Hierdie man wat geen ondervinding van oorlogvoering het nie sê ’n ervare baasvegter die stryd aan. En dit boonop met geen behoorlike wapenrusting of beskermende kleredrag nie! Maar hy gaan hierdie stryd tegemoet met ’n hart wat volkome op God vertrou en daarom verslaan God hierdie reus voor Dawid. “Verder sê Dawid: Die Here wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die Here met jou wees!” (1 Sam. 17:37). En omdat hierdie man met so ’n gesindheid van ootmoed en afhanklikheid van God geleef en regeer het, het hy tot aan die einde van sy lewe staande gebly – sy foute en sondigheid ten spyt. En hoe volkome was die vertroue van Daniël se drie vriende nie in God terwyl die koning gedreig het om hulle in die brandende vuuroond te gooi nie. Hierdie manne probeer die koning nie van hul onskuld oortuig of op enige wyse om hul eie lewe te red of hul heil te bewerk nie, maar stel hul vertroue volkome op God. “Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop 'n antwoord te gee nie. As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.” (Dan. 3:16-18). En is die woorde van onse Here Jesus Christus in sy uur van nood nie ’n luidkeelse getuienis van ’n hart wat volkome op die volkmaaktheid van sy wil vertrou nie? “...Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!” (Luk. 22:42).

Mag hierdie woorde ons vandag ook tot besinning roep om ons eie hart en gesindheid weer te ondersoek sodat ons opnuut daarna sal streef om God nie maar net uit gewoonte of tradisie, vrees of in nastrewing van ons eie behoeftes of eer te dien nie, maar dat ons Hom sal liefhê en dien met ’n volkome hart. Dit is wanneer ons Hom op hierdie wyse dien dat sy Naam deur ons lewens verheerlik word.

“En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle handel in die vrees van die HERE, met getrouheid en met 'n volkome hart.” (2 Kron. 19:9).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2954 gaste aanlyn