NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

En Ek sal hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart – Jeremia 24:7

ONDERWERPING AAN GESAG

Hannes Ollewagen

Rom. 13:1-7

“LAAT elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.” (:1&2).

Die chaos wat in die Westerse samelewings heers, is duiselingwekkend. Dit is nie alleen in Suid-Afrika waar betogings, geweldpleging, beskadiging van eiendom, minagting van wet en orde en algehele wetteloosheid die botoon voer nie – hierdie is ook al ’n algemene verskynsel in talle Westerse lande in Europa. Daar is dan ook inderdaad sommige van hierdie opstande wat plaasvind wat vanuit ’n Christelike wêreldbeskouing heeltemal geregverdig is. Dit is egter in die huidige wêreldklimaat baie belangrik dat ons met nugterheid en insig na hierdie saak kyk.

Waar sal ons begin? As gelowiges is ons vertrekpunt altyd veronderstel om dieselfde te wees – by God en sy Woord. Ons leer uit die Woord van die HERE dat God ’n God van orde is. “...want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.” (1 Kor. 14:33).

En dit is natuurlik waarom God dit só bepaal het dat daar verskillende gesagstrukture in die Skepping sal wees, omdat dit noodsaaklik vir goeie orde in ’n samelewing is. Dit is dan ook duidelik in ’n samelewing dat daar waar die nodige gesagstrukture ontbreek, onsekerheid en chaos nie uitgesluit is nie. En wanneer ek sê dat gesagstrukture ontbreek, bedoel ek dat hulle hetsy glad nie bestaan nie óf dat diegene wat die posisies binne hierdie gesagstrukture beklee nie die verantwoordelikheid daarvan met erns opneem en nakom nie. In laasgenoemde geval kan dit ook maar beskou word asof die nodige struktuur ontbreek, want dit bestaan maar net in naam, maar ontbreek in wese. Laasgenoemde veroorsaak dat ’n voorbeeld van gehoorsaamheid aan gesag by kinders ontbreek en wanneer hulle dan boonop in skole beland waar daar ook nie behoorlike gesag en dissipline toegepas (kan) word nie (omdat die owerheid dit soms met wetgewing bemoeilik) sal hierdie belangrike instelling van God nie behoorlik by hulle vasgelê word nie.

Wanneer ons oor die afgelope ongeveer ses dekades terug kyk, is die aanslag van Satan op gesagstrukture duidelik. Satan het met welslae sy dienaars ingespan om die gesagstruktuur van ’n gesonde regering te vernietig. Ja, hierdie struktuur wat uit Godvresende, verantwoordelike mense saamgestel moet word, is vervang met ’n misgeboorte van ’n sisteem waarin die mees geslepe, skaamtelose mense met die dikste velle hulself in die “gesagsposisies” kan inverneuk. Watter behoorlike mens kan hiervoor respek hê? En deur so ’n verwronge idee van die gesagstruktuur te skep, maak jy so ’n nodige instelling irrelevant. Verstaan u waarom ek dit onomwonde stel dat die mense wat hieraan meewerk dienaars van Satan is – omdat hulle tot die verwoesting van ’n gesonde instelling van God meewerk.

Satan was natuurlik nie tevrede met die blote vernietiging hiervan nie. Nee, hy wil so veel as moontlik skade aan God se Skepping aanrig. En daarom het hy sy dienaars ingespan om die gesagstruktuur van die kerke ook te vernietig en dan is huwelike met die afsondelike rol van man en vrou hierin natuurlik ook ’n groot fokuspunt. Die emansipasie van vrouens wat eerder mans se gelyke wou word as om te wees dit waartoe God hulle verordineer het, het ’n groot bydrae in die verwoesting van huwelike gespeel. En so is die baie, baie belangrike gesagstruktuur van die huwelik ook behoorlik verwoes. Maar hierdie sterk struktuur moet met mening aangeval word, daarom dat die ammunisie van onsedelikhede soos saamblyery buite die huwelik, verhoudings tussen mense van dieselfde geslag en selfs meer skandelinge dinge as hierdie ook hierteen ingespan is. Hierdie struktuur wat orde, sekerheid en vastigheid binne God se Skepping gee, moet deur die vyand vernietig word. Daarsonder sal kinders leer om hul ouers nie te eerbiedig en te gehoorsaam nie. Omdat die Godgeskape instelling en gesagstruktuur hiervoor ondermyn en vernietig is, is kinders nou in opstand teen alle gesag.

Die Woord van God leer ons om ontsag vir gesagsposisies te hê. “HERINNER hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk;” (Titus 3:1). En dit word aan ons duidelik gestel dat ons posisies van gesag moet respekteer omdat dit uit God is. Ja, onse Here Jesus Christus self was vir ons ’n voorbeeld in die onderwerping aan gesag. Ons behoort daarom nooit die belangrikheid van gesag, as ’n instelling van God, te onderskat of te vergeet nie.

Die respekbetoning van gesag beteken egter nie dat ons alle menslike instellings klakkeloos moet navolg nie. Onthou, Satan het met welslae sy dienaars in gesagsposisies vasgenestel en daarom sal ons toenemend sien hoedat daar wetgewing ingestel word wat die gesag van God verder ondermyn. Ons moenie in sulke situasies onsself probeer troos dat ons hierdie verkeerde wetgewing moet aanvaar omdat die regering van die dag dit voorskryf nie en omdat alle gesag uit God is en daarom gehoorsaam moet word nie. Ja, die instelling van gesag is uit God, maar alle mense wat in gesagsposisies beland, is nie dienaars van God nie! Daar is vir ons as gelowige kinders van God geen, maar géén gebod groter as dié van God nie. Die Woord is hieroor baie duidelik. “En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.” (Hand. 5:29). Hierdie manne het lynreg teen ’n bevel van die gesag oor hulle gehandel, maar net omdat hierdie bevel lynreg teen God se opdrag aan hulle was en hulle Hom wou gehoorsaam.

Dit is in die huidige klimaat baie belangrik dat ons deeglik oor sake moet besin. Wêreldwyd is daar soveel opstande, betogings en wanorde omdat mense geen respek meer vir die instelling van gesag van God het nie. En alhoewel sommige van hierdie opstande moreel geregverdig kan wees, is die meeste hiervan gewoon net ’n verdere vernietiging van die instelling van gesag. En by so iets behoort ons as gelowiges nie vir een oomblik betrokke te wees nie, geliefdes. Ons behoort die tyd veel eerder uit te koop om te probeer om mee te werk om die stukkende gesagstrukture binne ons volkshuishouding te herstel. Maar hoe doen ons dit? Natuurlik deur te bid en te werk, geliefdes. Ons moet die HERE bid om ons volk se hart weer na Hom te wend en ons te herstel. Ons moet ook bid dat Hy binne ons volk, mense in die regte posisie sal stel wat vir ons volk met ware Godsvrees, opregte liefde en in ootmoed leiding sal gee eerder as om dag na dag kosbare tyd en geld in ’n mishoop van ’n regeringstelsel waar daar vir God geen ontsag en ruimte is nie, te gaan verkwis. En dan moet ons werk. Daar waar ons in gesagsposisies is, soos ouers, onderwysers, leraars, bestuurders en so meer, behoort ons mee te werk om gesag te beskerm, op te bou en vir ander ’n voorbeeld te wees in die respekbetoning hiervan.

Kortom – mag ons altyd vir God as die hoogste vorm as gesag die nodige respek toon. Dit sal ons help in hierdie saak om gesagsinstellings wat teen sy Woord, en derhalwe teen sy gesag indruis, teë te gaan en gesagsinstellings wat in lyn met sy Woord is, te gehoorsaam.

“Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;” (Kol. 2:9&10).

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 642 gaste aanlyn