NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Pyn en siekte is meestal nie 'n straf van God nie maar 'n geleentheid wat Hy aan ons gee vir verskeie redes. Soms is dit net om weer na liggaam en gees te herstel tot daar waar ons weer tyd maak om Hom te loof en tyd te maak vir ander dinge wat gedoen moet word.

DIE KRAG VAN SY WOORD

Hannes Ollewagen

Heb. 4:1-12                                                       

”Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.” (:12&13).

Daar is ‘n spreekwoord wat lui: “Die pen is magtiger as die swaard.” En sien ons nie die waarheid hiervan ook in ons tyd nie? Ja, ons sien hoedat mense deur propaganda in hierdie of daardie rigting gestuur word. Mense kan deur woorde met soveel vrees belaai word dat dit maklik is om hulle optrede vandaar te manipuleer. En dit geld ook in ons eie lewens, geliefdes. Ons kan deur ons woorde ander opbou en ongelukkig ook diegene naby aan ons baie seer en leed aandoen. En die HERE leer ons in duidelike taal van die krag van ons woorde.

“Net so is die tong ook 'n klein lid en beroem hom op groot dinge — kyk hoe 'n groot hoop hout steek 'n klein vuurtjie aan die brand.” (Jak. 3:5).

Ons wil egter nie vandag op die woorde van mense fokus nie, geliefdes. Ons wil fokus op die lewende en kragtige Woord van God. Hierdie Woord wat meer krag as enige menslike woorde het. Hierdie Woord wat lewend is, geliefdes. Hierdie Woord wat elke een van ons reguit oor ons lewens kan aanspreek. Hierdie Woord wat deur gewrigte en murg dring en so fyn sny dat dit tussen siel en gees kan skeiding maak. Hierdie Woord wat selfs die diepste van ons hart se geheime aanspreek en ons sodoende laat besef dat alles waarlik oop en bloot is voor die oë van Hom met wie ons te doen het. Ja, Dawid getuig ook hiervan in Ps. 139:3&4.

“U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U, Here, U ken dit geheel en al.”

Geliefdes, waarom lyk dit egter asof die Woord van God Sy krag verloor het in die tyd waarin ons leef? Dit is nie dat die Woord van God sy krag verloor het nie, maar eerder dat die mens van ons tyd die krag daarvan verloën, geliefdes! “MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.” (2 Tim. 3:1-5). En sien ons nie die swaar tye wat dit tot gevolg het nie!

Die mens is mos deur die propaganda van die afgelope dekades afgerig om te glo dat hyself eintlik ‘n god is. Daar is baie min tot niks foute in sy eie lewe nie en alles wat in hierdie lewe verkeerd loop is aan eksterne faktore toe te skryf – enigiets van toeval tot ander “miderwaardige mense” se verkeerde optrede. En dit het tot so ‘n mate ons samelewing besmet dat die krag van God se Woord selfs in baie kerke verloën is. Wanneer die kragtige, lewende Woord van God ons oor ‘n spesifieke sonde aanspreek, sal die “geleerdes” een of ander verskoning bied waarom hierdie sonde nie veroordeel moet word nie. Dit is dalk ‘n Ou Testamentiese insetting. Tye het mos verander en ons kan nie meer ons lewens hiervolgens inrig nie, word gesê. Of, ons mag nie oordeel nie. Ons mag maar God se opdrag dat ons mekaar moet vermaan sodat ons nie juis deur die sonde verhard word nie ignoreer.

“ Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.” (Heb. 3:13).

Maar ons moet wel gehoorsaam wees aan die gebod dat ons nie mag oordeel nie.  En daar sal eerder gewerk word om die Woord van God te verander met ‘n nuwe “vertaling” (verdraaing) van die Bybel as wat hierdie ywer aangewend word om die krag van God se Woord in my lewe te laat seëvier. En omdat die krag van God se Woord verloën word, word daar van mense swakkelinge gemaak wat geen weerstand teen Satan bied en hom probeer weerstaan nie.

“Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” (Jak. 4:7).

Ja, mense word slawe van die sonde gemaak. Dit is mos veel makliker om aan mense te vertel dat die duiwel selfs nie eers bestaan nie. Kan u glo dat daar só skaamteloos deur predikante vir mense gelieg word, geliefdes? En dit gebeur in Gereformeerde, Afrikaanse Kerke! En mense bly daar sit – seker omdat hulle alreeds so lank die krag van God verloën het dat hulle nie meer die krag het om selfs vandaar pad te gee nie.

Ons het in hierdie week weer die Gelofte van Bloedrivier gedenk, geliefdes. En hierdie Gelofte moes ons sekerlik laat besin het oor ons onderneming om as ‘n volk voor die Aangesig van God hier in ons Vaderland te leef? Dit vereis tog sekerlik dat ons daarna sal streef om in sy krag te leef, geliefdes? En dit is beslis nie op hierdie stadium die geval in ons volkslewe nie. Ons is nie alleen aan ‘n heidense regime onderwerp nie, maar tot ‘n groot mate is ‘n groot hoeveelheid van ons volksgenote aan die slawerny van sonde onderwerp. En hierdie slawerny is die gevolg van ‘n verloëning van die krag van God se Woord.

Ek wil u daartoe maan om met ywer daarna te streef om in die krag van God se Woord te leef, geliefdes. Ja, dat ons Godsdiens nie alleen uit gewoonte sal bestaan nie of dat ons net na daardie gedeeltes in God se Woord sal soek wat vir ons aangenaam is nie. Nee, mag ons na die vermaninge van God uit sy Woord soek en dit in nederige ootmoed ter harte neem sodat die krag van God se Woord ook in ons lewens kan werk! Dit mag dalk die HERE behaag om weer die gees van hierdie verpletterde volk tot eer van sy Naam te laat herleef. Al begryp ons in ons menslikheid nie die werklike krag van God en die krag van sy Woord nie, moet ons as gelowige kinders van Hom steeds daarin glo. Hy vra nie dat ons moet verstaan nie, maar dat ons moet glo. En hierdie geloof lei menigmaal daartoe dat ons dinge sien wat vir ons ongelooflik is selfs wanneer ons dit sien! Hy openbaar nie sy krag aan diegene wat verstaan nie, maar aan diegene wat glo en Hom in geloofsgehoorsaamheid volg!

Geliefdes, ek sluit vir ons af met die gebeure uit die profeel Eségiël se lewe. Hy is deur die HERE gebring na ‘n laagte vol bene. Daar was geen lewe in hierdie bene nie. Maar die HERE gee aan hom die opdrag om die Woord van die HERE oor hulle te profeteer. En deur die krag van die Woord van die HERE het hierdie bene lewend geword! Waalik, die Woord van die HERE is lewend en kragtig!

“DIE hand van die Here was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die Here en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene. En Hy het my by hulle laat verbygaan na alle kante toe; en kyk, daar het 'n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor.Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: Here Here, U weet dit. Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die Here! So spreek die Here Here tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.” (Eség. 37:1-5).

Amen.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1278 gaste aanlyn