NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons maak so maklik geloftes teenoor die HERE. Soms is daardie geloftes onverskillig soos Jefta in Rigters 11. Hy het groot hartseer veroorsaak omdat hy nie deeglik gedink het wat hy die HERE belowe het nie. 'n Gelofte is so 'n ernstige saak dat ons baie seker moet wees hoe God daaroor oordeel sodat ons in ons gewete verseker is dat ons niks onbesonne aanpak nie – die breek van 'n gelofte teenoor God bring ernstige gevolge.

STREEF NA DIE WELGEVALLE VAN GOD

Hannes Ollewagen

Rom. 14:13-23

“Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.” (:17&18).

Geliefdes, is een van die grootste begeertes wat ons as gelowige kinders van God moet koester nie om te doen wat voor God welgevallig is nie? Wanneer ons sê dat ons Hom werklik liefhet, bo alles liefhet, behoort ons mos daardie dinge te doen waarin Hy ‘n behae het. En ons behoort onsself te weerhou van dié dinge waarvan Hy ‘n afsku het. Dink maar hoedat u uself van sekere optrede weerhou wat u weet vir u geliefdes tot aanstoot is. En dit doen u bloot omdat u hulle liefhet. U wil hulle nie deur u optrede seermaak nie. Maar om een of ander rede dink ons as mense dat God maar daarmee tevrede moet wees wanneer ons dinge doen en op ‘n wyse optree wat vir Hom aanstoot gee. Geliefdes, die bloed van Christus is ‘n kosbare kleed wat ons sondes en ongregtighede volkome bedek wanneer ons dit voor God bely en opreg daaroor berou het. Maar die bloed van Christus is beslis nie ‘n vloerlap waarmee ons al die gemors in ons lewens kan probeer opvee nie.

“...hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?” (Heb. 10:29).

Ons leer vandag uit Romeine 14 van verskeie dinge wat voor God welgevallig is. Hierdie dinge lyk ook dalk ‘n bietjie anders as dit wat deesdae in vele oppervlakkige teologieë voorgehou word. Daar word mos deesdae in soveel kerke ‘n teologie van voorspoed verkondig dat mense die idee gevorm het dat ‘n mens deur jou uiterlike vertoon en voorspoed God sal beïndruk. Ja, wanneer dit met my goed en voorspoedig gaan kan ander mense mos sien dat die HERE my seën. Ja, watter goeie mens is ek tog nie, né?! Lieflik vir die mens – hierdie tipe “godsdiens” waarin die mens meer na sy eie eer as na die eer van God soek. En diegene wat hierdie tipe van “godsdiens” navolg, het duidelik ‘n gebrek aan kennis van God se Woord.

“...Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.” (1 Sam. 16:7).

Geliefdes, en terwyl mense hulself daarmee besig hou om ander rondom hulle te beïndruk, laat ons na om dit wat voor God welgevallig is na te jaag. En laat al hierdie vleeslike begeerlikhede wat die mens najaag nie ook ‘n maerte in ons siel ontstaan nie!

“En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis.Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel 'n maerte gestuur.” (Ps. 106:14&15).

Die vervulling van een vleeslike begeerte lei gewoonlik nie tot versadiging nie, maar net tot die ontstaan van ‘n volgende, groter begeerte.

Wanneer ons as gelowige kinders na die welbehae van die HERE streef, sal ons nie begeer om die begeerlikhede van die vlees te versadig nie. Nee, geliefdes, ons sal eerder honger en dors daarna om geregtigheid te doen.

“Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.” (Matt. 5:6).

Ons hoogste strewe na vrede sal nie wees om met alle ander mense in vrede te leef nie, geliefdes. Dit klink dalk edel, maar is gewoon on-Bybels. Alle ander mense is nie gelowiges nie. Inteendeel, daar is miljoene mense wat God totaal verag en dit sal nie vir ‘n opregte kind van God moontlik wees om met sulke mense vrede te sluit en in volkome vrede met hierdie mense te leef nie. Ons strewe sal egter wees om in vrede met God te leef, geliefdes. Ja, ons moet najaag om daardie vrede wat deur Christus Jesus tussen ons en ons hemelse Vader bewerk is te koester.

“OMDAT ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;” (Rom. 5:1).

En ons moet dit najaag om hierdie vredesverband te beskerm deur die welbehae van die HERE te doen en geregtigheid na te jaag.

Wanneer ons geregtigheid najaag en die vrede tussen ons en God koester, sal ons ook leer wat ware blydskap is, geliefdes. Ware geluk, ware blydskap is nie iets wat verkry word deur uiterlike faktore nie. Ware blydskap word nie verkry omdat al jou vleeslike begeertes altyddeur bevredig word nie. Ware blydskap spruit vanuit die hart van die mens. Blydskap in die Heilige Gees word verkry wanneer ons in ‘n gesonde verhouding met die HERE staan. Ja, dit word verkry wanneer daar vergenoegdheid in ons harte is, wanneer daar vrede met God in ons hart is. Ons verkry hierdie blydskap wanneer ons ons vreugde en ons blydskap in die HEREeerder as in verganklike dinge van hierdie wêreld soek. En God het ‘n welbehae hierin dat ons ons in Hom sal verbly. Dit is waarom Hy hierdie opdrag aan ons gee.

“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” (Fil. 4:4).

Geliefdes, mag ons vandag opnuut in ons lewens besin na dit wat ons in hierdie lewe nastreef. Streef ons na die welbehae van myself, na die welbehae van ander mense? Of streef ons as gelowige kinders van God in opregtheid daarna om sy welbehae te doen? Streef ons ywerig daarna om te doen wat die HERE welgevallig is? Mag ons opnuut geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees nastreef, want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig.

Amen.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 280 gaste aanlyn