NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Pyn is nie altyd God se straf op sonde nie.  Dis dikwels sy manier om ons geloof te verdiep.  Geloofsdiepte lei altyd tot Godsverheerliking.

WEES GETROU EN VERTROU!

Hannes Ollewagen

Ps. 37:1-40

“Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.Bet. Vertrou op die Here, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. Gimel. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;” (:1-5).

Geliefdes, wat ‘n kosbare les wat God aan ons deur die mond van koning Dawid in hierdie Psalm gee. En wel ‘n baie belangrike les waarop ons moet ag slaan. Dit word selfs in Ps. 73 deur die mond van koning Asaf weereens aan ons gegee. En in die mond van twee of drie getuies sal ‘n saak vas staan, nie waar nie? U verstaan nou beter waarop soveel dinge in die Woord van God deur verskillende mense herhaal word – om die onveranderlikheid en belangrikheid daarvan by ons vas te lê.

Ons word in hierdie Psalm van Dawid gemaan om nie diegene wat onreg doen te beny en toornig op die kwaaddoeners te wees nie. Hy maan ons verder daartoe om ons fokus te behou. Ons moet ons fokus daarop rig om aan die Here gehoorsaam te wees, ons in Hom te verlustig en op Hom te vertrou eerder as om te fokus op die verkeerdheid van die goddelose en soms hulle goddelose voorspoed te beny! Ja, ons struikel tog so maklik hierin. Ons kyk na ander mense en begin dan eerder fokus om die Here se regverdigheid te beoordeel as om te fokus om aan Hom gehoorsaam te wees. Soms kyk ons na ander mense en fokus om ook te probeer om so voorspoedig as hulle te wees. Ons jaag dan na hierdie voorspoed eerder as om geregtigheid, gehoorsaamheid aan die Here, na te jaag.

Geliefdes, en dit is wanneer ons na daardie voorspoed of geluk van ander jaag dat ons struikel. Dit is wanneer ons op ons eie krag en ons eie insig begin steun eerder as om na God se leiding te vra en op Hom te vertou. En dit is gewoon ongehoorsaamheid aan die Woord van die Here. Dit is om sy woorde in Spreuke 3:5 te ignoreer.

“Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.”

Dit is ‘n baie verwaande handeling, geliefdes – ‘n mens wat op sy eie krag groter vertroue as in die krag van God stel. Die mens wat homself hieraan skuldig maak, maak van homself sy eie god. Die Woord van die Here bestempel die mens wat op homself vertrou as ‘n dwaas!

“Wie op sy eie hart vertrou, hy is ‘n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered.” (Spr. 28:26).

Geliefdes, vertroue is sekerlik een van die grootste vorme van respek wat ‘n mens kan betuig. En God het ‘n geweldige groot behae daarin wanneer ons Hom op sy Woord neem, wanneer ons Hom glo, wanneer ons Hom vertrou. Hy het ‘n behae daarin dat ons hierdie respek wat Hom ongetwyfeld toekom, bewys!

“Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.” (Jer. 17:7).

Ja, dink maar aan die groot behae wat die HERE in koning Dawid gehad het.

“En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Ísai, gevind, ‘n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.”

En dink maar hoedat Dawid met sy hele hart op die HERE vertou het.

“Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar ék vertrou op die HERE”.

Ons lees ook van Daniël wat in sy dae ‘n man was wat groot in God se oë was. Hierdie man het dan ook met ‘n volkome hart op die HERE vertrou. Ja, selfs daar in ‘n vreemde land waar hy saam met sy volk in ballingskap weggevoer is, het hy volgehou om op die HERE te vertrou. Terwyl hy ‘n hooggeplaaste was, het sy hart nie afgewyk agter die voorspoed of geluk van die heidene rondom hom nie. Maar Daniël het getrouheid beoefen en geregtigheid nagestreef. Hy het steeds sy vertroue in God gestel en nie in homself of in ander mense nie.

“...So is Daniël dan uit die kuil opgetrek sonder dat daar ‘n letsel aan hom gevind is, omdat hy op sy God vertrou het.” (Dan. 6:24).

Geliefdes, mag ek en u opnuut bewus gemaak word van ons posisie voor God. Ja, mag ons met ootmoed bewus wees van sy verhewendheid bo ons en ook ons afhanklikheid en nietigheid voor Hom. En mag ons daardeur aangespoor word om Hom in getrouheid te probeer dien. Ja, mag ons fokus wees nie op die lewe en oortredinge van die goddelose nie, maar eerder op ons eie gehoorsaamheid aan God. Mag Hy ons verlustiging en vertroue wees.

Amen.

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2161 gaste aanlyn