NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Al weet ons nie wat in die nuwe jaar vir ons wag nie, weet ons vir seker dat wat ookal gaan gebeur, deur God bepaal is en deel vorm van sy raadsplan en heilsplan – ook vir jou.

SAL ONS DIE REG BEWAAR?

Hannes Ollewagen

Ps. 106:1-48

“Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.” (:3).

Geliefdes, hoeveel mense ken u wat werklik die reg bewaar? Hoeveel mense ken u van wie u kan sê dat dit waarlik mense is wat geregtigheid doen? Ja, hoeveel van ons mense, ons volkgenote, Afrikaner-mense, Christen-mense, is nog werklik mense wat die reg bewaar en mense wat ‘n lewe van geregtigheid najaag? Ja, ek wonder hoeveel mense nog ‘n gesindheid koester soos waarvan ons in Ps. 119:11 lees.

“Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.”

Hoe sal ons geregtigheid kan oefen wanneer ons nie die Woord van die Here ken en in ons harte bewaar en koester nie?

Hierdie woorde van die Here in Ps. 119 sluit só mooi aan by die gelykenis wat Christus uit Lukas 8 aan ons gee. Hy leer ons hier dat die duiwel hom ywerig daarop sal toelê om die woorde van die Here uit ons hart te kom steel.

“Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God.Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.” (Luk. 8:11&12).

En Hy leer ook aan ons dat ons die woordevan die Here in ons hart moet bewaar ten einde ‘n godvrugtige lewe voor Hom te lei. Ja, ons moet die woorde van die Here in ons hart bewaar indien ons ‘n lewe van geregtigheid nastreef.

Dit is ongelukkig so dat die meerderheid van ons mense veels te maklik toelaat dat die duiwel hierdie saad van God se woorde uit hul lewens kom steel. Hulle laat toe dat die duiwel hierdie kosbare gawe van hul roof en is tevrede om hul harte eerder met die begeerlikhede van hierdie wêreld te vul. En daarom dat mense se strewe deesdae veel groter is om ander mense te beïndruk as om die Here te behaag. Ja, want dit is die dinge waarvan die hart vol is – wêreldse begeerlikhede, eer en roem. Dit verklaar waarom die gesiene mense in ons samelewing die mense met rykdom en besittings is eerder dat ons na mense wat in God ryk is, opsien. Ja, ons word eerder deur mense se weelde en besittings as deur hul onkreukbare en Godvresende karakter en lewenswandelbeïndruk. En so sit ons met ‘n volkshuishouding wat uiterlik dalk nie sleg vertoon nie, maar in sy siel besig is om totaal bankrot te speel!

“...want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.” (Matt. 23:27&28).

Beswaarlik sou ons die Afrikanervolk vandag as welgeluksalig kan beskryf. En ewe min sal ons die Afrikanervolk vandag in waarheid kan beskryf as ‘n volk wat die reg bewaar en altyd geregtigheid doen. Ja, wanneer armoede onder ons toeneem, gesinne verbrokkel en die swaard onder ons verteer kan ons nie maar ons kop in die sand druk en dink dat alles sommer net vanself sal beter raak nie. Geliefdes, ons behoort ons lewe voor God te bedink en onsself te vra waarom ons volk wat op ‘n stadium die guns en goedertierenheid van die Almagtige in oorvloed ontvang het nou met soveel teëspoed geteister word. Ons wil onsself graag deur dwaalleraars laat vertel dat ons ons eie situasie beter kan spreek. Ons moet mos net positief wees. Ja, asof ons God sou kon dwing om ons teën sy sin in te seën. Ja, hoe verwaand is so ‘n gedagte nie – asof ons besluit en God op ons bevel moet optree. Ons mag hiervolgens die duiwel toelaat om die woorde van die Here uit ons harte te steel, maar ons moet hom bestry wanneer hy ons “seën” wil wegneem. Hoe oppervlakkig! Asof die ware Evangelie nie die grootste seën is wat enige sterfling kan ontvang en bo alles moet bewaar nie!

Geliefdes, maar laat ons wat die Here aanhang en na sy wil soek, noukeurig na die woorde uit Psalm 106 luister. Die Here stel dat hulle wat altyd geregtigheid doen welgeluksalig is. Ja, nie alleen wanneer dit met ons goed gaan of wanneer die meerderheid van ons volk of samelewing geretigheid doen nie. Nee, hulle wat altyd geregtigheid doen. Ons moet dus nie toelaat dat die duiwel die woorde van die Here uit ons harte kom roof met die leuen dat almal reeds hierdie skat prysgegee het nie. Laat ons ons daarop toelê om ongeag wat almal dalk doen steeds daarna te streef om die woord van die Here in ons harte te bewaar en mense te wees wat altyd geregtigheid doen! Ja, mag ons kinders van die Here wees wat ook in hierdie uitdagende tye teen die duiwel waak wat met soveel ywer ons van die kosbare skat van die Here wil beroof. En mag ons met volharding sy Woord bewaar en geregtigheid doen.

“MAAR pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.” (Luk. 21:34&36).

Amen.

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2406 gaste aanlyn