NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moenie van jou geleenthede probleme maak nie, maak eerder van jou probleme geleenthede.  En daarvoor moet jy miskien nie te ver vorentoe kyk nie.  Dit kan jou straks neerslagtig maak.  Kyk liewers boontoe en onthou dat die toekoms so helder soos God se beloftes is.

SY HEERSKAPPY IN MY LEWE

Hannes Ollewagen

Psalm 19:1-15

“Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan salek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.” (:14).

Hoe kosbaar is Dawid se versoek nie? Hy vra die Here om hom as nietige en sondige mens te help om vir Hom wat God is na behore te eer. Hy vra dat die Here hom daartoe sal help om daardie sondes in sy lewe waarvan hy bewus is te oorheers en te oorwin. Hy vra die Here om hom te help om nie aan hierdie ongeregtighede toe te gee nie, maar om daarteen weerstand te bied. Hy vra die Here om hom te help om nie die knie voor die heerskappy van ongeregtigheid te buig nie, maar om ‘n lewe van geregtigheid te lei.

Dawid maak nie soos talle mense vandag nie. As koning oor Israel ag hy homself nie so heilig en onaantasbaar en ontken dat daar enige sonde in hom is nie. Nee, geliefdes – hy besef dat daar in sy lewe dinge is wat die Here mishaag en hy verkies om daarteen te stry. Hy ontken dit nie. Hy praat die nie goed nie. Hy ignoreer dit nie as iets wat onbelangrik is nie. Dit is nie maar God se probleem as Hy nie daarvan hou of nie daarmee tevrede is nie. Hy soek nie verskonings daarvoor dat die tye dalk verander het of dat hy as ‘n vors onder God se volk nie God se insettinge hoef te onderhou nie. Nee, geliefdes – omdat Dawid se liefde vir God so groot was, was dit vir hom uiters belangrik om God te behaag. Hy het ‘n diepe begeerte gekoester om aan God gehoorsaam te wees, om Hom te eer en sy welbehae te doen. Ja, God lewer self getuienis van hierdie kosbare begeerte in die hart van koning Dawid.

“…het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van ĺsai, gevind, ‘n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.” (Hand. 13:22).

Daar is min dinge so uitdagend en uit tartend as moedswilligheid. Dink maar hoe die moedswillige optrede van ‘n kind of ‘n werknemer u op die oomblik humeurig kan maak. En tog dink ons dat ons moedswillige optrede teenoor God vir Hom aanvaarbaar sal wees. Maar wat is moedswilligheid? Is dit dat ek vanoggend opstaan en besluit dat ek vandag teen God gaan sondig? Is dit nie veel meer en anders as dit nie? Dalk om te weet dat hierdie of daardie saak in my lewe nie God se goedkeuring wegdra nie, maar tog laat ek dit nie staan nie. Of ek besluit dalk nie pertinent om vandag hierdie of daardie te doen waarmee God ontevrede sal wees nie. Maar ek besluit ook nie om hierdie of daardie te laat staan waarmee ek weet God al so lank in my lewe nie tevrede is nie! Dit is tog ook maar ‘n moedswillige voortsetting van ‘n sondige optrede nie waar nie?

Daar is soveel mense wat begeer om eendag by God in die hemel te wees. Daar wil hulle onder sy gesag en in sy teenwoordigheid leef. Maar tog verkies baie van dieselfde mense om nie onder sy gesag hier op aarde te leef nie. Hulle verkies om eerder die begeerlikhede van hierdie wêreld, die begeerlikhede van die vlees, te gehoorsaam. Dit kan nie so werk nie, geliefdes. Ons moet kies onder welke heerskappy ons wil staan. Die heerskappy van die vlees en die satan of die heerskappy van God. Ons kan nie in twee bome gelyk klim nie. Dit is of die een of die ander.

“...want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.” (Gal. 5:17).

Die Here stel dit vir ons duidelik in sy Woord dat ons onder die heerskappy staan van daardie koninkryk aan wie ons ons gehoorsaamheid bied. Ons staan onder God se heerskappy in gehoorsaamheid aan Hom, of ons staan onder die heerskappy van ongeregtigheid in ongehoorsaamheid aan God.

“Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie – òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?” (Rom. 6:16).

Hoe kan dit wees dat ons begeer om hier op aarde onder die een heerskappy te staan, maar vir ons ewige lewe begeer ons ‘n ewigheid onder die teenoorgestelde heerskappy?

Geliefdes, daardie kosbare begeerte van koning Dawid om in gehoorsaamheid voor God te leef en Hom nie met sondige optrede te vertoorn nie is gewek deur sy opregte en diepe liefde vir God. Dit was hierdie ware liefde wat hy vir God gekoester het wat hierdie pragtige begeerte voortgebring het. Ons sien egter die waarskuwing van Christus Jesus uit Matt. 24:12 in ons tyd bewaarheid word.

“En omdat die ongeregtigheid van vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.”

Ja, geliefdes, omdat die mens se liefde tot God al minder word, sal die ongeregtigheid ook toeneem. ‘n Gebrek aan liefde vir God het noodwendig ‘n gebrek om sy welbehae te doen tot gevolg. Waarom sou dit vir my belangrik wees om een te behaag vir wie ek niks omgee nie? Dit verklaar waarom dit vir die mens van vandag belangriker is om verskonings te soek om God nie te gehoorsaam nie as om homself in ootmoed aan God se verordeninge te onderwerp.

Mag ek en u daarin volhard om die Here te volg en mag ons ware en opregte liefde vir Hom ons voetstappe in sy weë anker.

“Maak my voetstappe van in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.” (Ps. 119:133).

Geliefdes, mag ons volharding in die navolging van Hom en ons gehoorsaamheid aan Hom ‘n getuienis van ons liefde tot Hom aan die wêreld lewer. En mag dit aan hierdie wêreld duidelik wees onder Wie se heerskappy my en u lewe staan.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 944 gaste aanlyn