NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moed is om dié ding te doen waarvoor jy bang is. Daar kan nie sprake wees van moed sónder vrees nie, maar dis die wete dat iets ánders belangriker is as vrees.

DIE OES VAN ONS LAND

Hannes Ollewagen

Lukas 8:4-15

“En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!” (:8).

Dit is weer daardie tyd van die jaar wat die boere hier in die Vrystaat met ywer hul lande bewerk. Die reëntjie wat ons tot dusver ontvang het, het die meeste met groot opgewondenheid vervul. Dit wek by die mens sommer ‘n groot verwagting. Daar word hard gewerk, lande word voorberei en saad word geplant, want die huidige stand van sake wek ‘n vooruitsig van ‘n goeie opbrengs. En hierna wag die landbouers op die opbrengs van hul handewerk soos wat ons in Jakobus 5:7 lees.

“…Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het.”

Hierdie opgewondenheid en verwagting onder ons mense laat my dink aan die woorde van die Here by monde van die profeet Jesaja.

“En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke; en Hy het ‘n toring daar binne-in gebou en ook ‘n parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe voortgebring.” (Jes. 5:2).

Ja - al daardie moeite en dit tevergeefs! Hoe groot is daardie teleurstelling nie. Al die werk, al die moeite en waarvoor – wat is daar om daarvoor te kan wys?

Geliefdes, ek vra u dan om saam met my te dink aan hoe die oes van God in die akker van ons volk lyk. Die wonderwerke en kragtige werk van God om ons hier te vestig en te versorg. Die wonderwerkende krag van God by Bloedrivier. Die wonder en onverklaarbare beskikking van God om sy Woord deur die eeue heen behoue te laat bly en na ons te bring – nog boonop in ons eie taal! Die talle verkondigers van sy Woord wie se harte Hy deur die jare heen opgewek het om te waarsku, te onderrig, te berispe, te smeek, te pleit, te stry ja en soms ook hard te bestraf om ‘n opbrings van hierdie land te kan afhaal.

Die gelykenis van Christus Jesus uit ons teksgedeelte van vanoggend laat ons oor die oes van ons volk besin. Die saad is in gereelde hoeveelhede in ons volk se geskiedenis mildelik gesaai. Dit was vir sommige mense so waardeloos dat hulle gewoon hierdie kosbare saad vertrap het. Dit het vir hulle geen waarde gehad nie en hulle het nie weerstand teen die satan gebied wat dit maklik van hulle kon kom roof nie. Ja, by ander het hierdie saad darem in hul harte geval, maar dit was vir hulle nie kosbaar genoeg om dit te versorg nie. Daar was vir hulle nie tyd om hierdie saad te besproei en te versorg nie. Ja, hulle tyd is eerder aan die begeerlikhede van die wêreld afgestaan. Dit was belangriker om sport te beoefen, duur vakansies te hou en die vermaak van Hollywood aan te hang as om die saad van God wat in hul lewens geval het te versorg. Ja, soveel tyd moes afgestaan word in die najaag van rykdom en genietinge van hierdie lewe sodat die oes wat wel opgelewer sou word deur die sorge van hierdie wêreld verstik is.

Geliefdes, hoe klein is daardie groepie nie wat met volharding probeer vrug dra nie? En tog verwag ons dat God moet aanhou om oor ons seën te gebied en vir ons te ywer. Die valse leraars verkondig mos dat God alleen liefde is. Hierdie brak, vrugtelose aarde sal Hy aanhou bewerk sodat dit kan dorings en distels oplewer. Hulle beledig God om te impliseer dat Hy tevrede is met ‘n onheilige, vrugtelose, goddelose volk wat geen vrug oplewer nie. Hulle besluit vir Hom, namens Hom, dat Hy nie vernieling en verderf sal aanrig nie. Hulle besluit seker vir God dat Hy nie regtig bedoel wat Hy in Jesaja 5:5&6 sê nie?

“Laat My julle dan nou te kenne gee wat Ek met my wingerd gaan doen: Ek sal sy doringheining wegneem, sodat dit verwoes word; Ek sal sy muur stukkend breek, sodat dit vertrap word. En Ek sal dit ‘n wildernis maak: dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie.”

Geliefdes, kan u sien dat hierdie dwaalleraars dienaars van die satan is wat die saad wat gesaai word kom wegsteel sodat dit geen vrug sal oplewer nie!

Ek kan u plegtig verseker dat God nie met ‘n onheilige, vrugtelose opbrengs tevrede sal wees nie, geliefdes. Dit word vir ons duidelik gestel in Christus se gelykenis van die onkruid dat die koring, die goeie opbrengs, by Hom versamel sal word, maar dat die onkruid daarenteen met vuur verbrand sal word.

“…Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.” (Matt. 13:30).

Ek en u behoort te bedink wat God se uitspraak sal wees indien Hy op hierdie oomblik die opbrengs van ons lewens moet kom beoordeel. Sou Hy uitsien na ‘n mooi en belowende oes?   Of sou Hy met teleurstelling moet kyk na ‘n land wat braak lê – ‘n land waaraan soveel arbeid spandeer is, maar dalk ook vergeefs? Geliefdes, sou Hy moet besluit om hierdie boom wat die grond onvrugbaar maak te laat uitkap?

“Toe sê Hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?” (Luk. 13:7).

Of sou die saad wat Hy in ons harte kom plant het vir Hom tot ‘n verblyding en sieraad wees?

“…Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man neem en in sy land saai; wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat al die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.” (Matt. 13:31&32).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1826 gaste aanlyn