NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In ons land sedert 1994 het ons geleer hoe lyk goeie sekuriteitsheinings om ons huise om misdadigers uit te hou, maar ons kan nie heeltyd daarbinne bly nie. God se evangelie werk ook so: dit beskerm ons terwyl ons daarbinne bly maar Hy wil hê ons moet dit uitdra, nie vir onsself hou nie.

DIE NAAM VAN DIE HERE SY GELOOFD!

Hannes Ollewagen

Job 1:1-22

“Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond gevalen gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd! By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie.” (:20 – 22).

Daar is soveel te leer uit die Godvresende lewensvoorbeeld van Job. En hoe kosbaar sal hierdie lesse nie ook vir ons in hierdie tyd wees nie. Daar is talle mense wat in die afgelope week deur vernietigende brande op hul plase in groot ellende gedompel is. Mense wat ook seker soos Job voel om hul klere te skeur en in magteloosheid op die grond neer te val!

Ons word as gelowiges nie teen beproewing gevrywaar nie. Dit is vir ‘n gelowige nie ‘n skande om ook in hierdie lewe te struikel of selfs te val nie. Die wyse waarop ons val is egter van kardinale belang.

“Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.” (Spr. 24:16).

Ons kan in woede en magteloosheid val en God vir ons omstandighede verwyt en stukkend en verpletterd bly lê. Ons kan daarenteen met ‘n geweldige harde slag die aarde tref, maar die aarde op ons knieë tref en in diepe afhanklikheid tot God roep. Ons kan daar verpletterd op ons knieë val, maar steeds ons oë tot Hom ophef van Wie ons hulp vandaan kom!

“…Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.” (Ps. 121:1&2).

Die verlies wat Job gely het was groot, geweldig groot. Maar die geloof en vertroue wat hy in God gekoester het, was groter! Die liefde wat hy vir God gekoester het, het ook die toets van beproewing deurstaan. Hy kon selfs na afloop van sy geweldige verlies steeds aan God lof toebring en Hom as die alwetende God oor die heelal erken!

“…Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!” (:21).

Job het met hierdie woorde erken dat die aarde en die volheid daarvan in die Hand van God is. En Job het erken dat Hy die volste reg het om daarmee te maak soos Hy in sy alwysheid bepaal en dat geen mens die reg het om Hom te bevraagteken nie.

“… wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U?” (Job 9:12).

Hy het deurgaans in gedagte gehou dat God die Gewer van alle goeie gawes is en dat Hy aan ons ryklik verleen om daarvan te geniet, maar nie vir een oomblik aan ons enigiets verskuldig is nie.

“Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, …” (Jak. 1:17).

Ons vra onsself dalk vandag af of hierdie die werk van goddelose, slegte mense is en wonder waarom God diesulkes nie verteer nie?   Ons kan seker soos die vriende van Job op die kantlyn sit en stel dat mense vir hul ongeregtighede gestraf sal word? Ons wonder dalk of hierdie swaarkry nie deel is van ‘n straf wat God oor ons as ‘n volk voltrek omdat ons aan Hom ontrou en ongehoorsaam geword het nie?

“En Ek sal oor julle besoeking doen volgens die vrug van julle handelinge, spreek die HERE; en Ek sal ’n vuur aansteek in sy bos, en dit sal alles verteer wat rondom hom lê.” (Jer. 21:14).

Die antwoorde op hierdie vrae sal ons vind in die Woord van God waaruit ons ook onderrig word oor die hantering van sulke gebeure.

Geliefdes, ons leer nie alleen uit die lewe van Job waar God in tye van beproewing verheerlik is nie. Mag ons ook die lering van God deur die welbekende gebed van die profeet, Hábakuk, ter harte neem. Hierdie man wat te midde van die moeilike toestande waarin sy volk hulself bevind het ook die Naam van God verheerlik het. In hierdie moeilike en beproewende tye was God nie vir hom ‘n vyand nie. Hy het God nie verwyt nie. Hy het God nie bevraagteken nie. Hy het God se regverdigheid nie in twyfel getrek nie. Hy het sy blydskap in God gevind. Hy het sy krag in God gevind en hy het sy vertroue in God gestel! Mag ons hierdie geloofshelde se voorbeeld navolg!

“Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie —nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. …”(Háb. 3:17-19).

Amen.

Opsoek na inligting?

  •  Gelofteland het 'n hulpfonds gestig vir die boere wat groot verliese in die onlangse brande in die Vrystaat gely het.  Ons wil die totaal daarvan nou oorbetaal maar sukkel om met die regte mense kontak te maak. Indien van ons lesers ons van inligting kan voorsien sal ons dit hoog op prys stel. Kontak ons asb by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 817 gaste aanlyn