NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As die HERE behae het in die weë van 'n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou – Spreuke 16. Hierdie woorde geld ook vir 'n hele volk; en as ons volk nie vrede met ons vyande het nie soos dit vandag die geval is, dan het die HERE mos nie behae in die weë van die Afrikanervolk nie!

VRYHEID IN DIE HEILIGE GEES

Hannes Ollewagen

2 Kor. 3:1-18

“Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.” (:17&18).

Vryheid – inderdaad ‘n baie bekoorlike gedagte vir die meeste mense. Ons smag tog almal daarna om vry te wees. Ja, ons wil nie voorgeskryf word nie. Ons wil kom en gaan soos ons wil. Ons wil vryelik ons wil kan uitoefen.

Dit is tog ironies dat menige mens wat so hard na vryheid soek in ander mense met listige planne se net val. Hulle bevind hul onwetend later op ‘n weg waarop hulle blindelings hul leier navolg terwyl hulle in die proses bedrieg word om te glo dat dit ook hul eie wil is. Ek dink maar aan dwaalleraars wat soveel mense langs hierdie weg gevang het – hierdie mense wat dit geweldig bekoorlik vind om te hoor dat hulle vry is om na willekeur te leef. Daar word aan hulle verkondig dat Christus se sterwe aan die kruis alle mense van alle sonde skoongewas het en dat die mens daarom na hartelus kan leef. Die mens word volgens hierdie dwaling mislei om te glo dat alle sonde sondermeer vergewe word. Ja, selfs sonder ware berou daaroor en ook sonder om vergifnis te vra. Hierdie dwaling laat mense glo dat hulle vry is, maar in der waarheid is dit ‘n uiters effektiewe manier om mense juis aan Satan te verkneg. En die Woord van God waarsku ons in geen onduidelike taal teen hierdie dwaalgeeste nie!

 “Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; …” (2 Pet. 2:19).

Die Woord van die Here is baie, baie duidelik oor die vryheid in Christus wat verkondig word. Hierdie vryheid is om verlos te word, ja om vry te raak van die bande van Satan wat ons in sy strikke vang om sy wil te doen.

“STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.” (Gal. 5:1).

Wanneer ons aan die satan gehoorsaam is en aan God ongehoorsaam, word ons onder die harde juk van diensbaarheid van die satan gebring. Satan verkneg die ongeredde mens tot ‘n slaaf van ongeregtigheid. Die Woord stel dit tog so duidelik in 2 Petrus 2:19 dat wanneer iets of iemand jou in sy mag gekry het, het jy ‘n slaaf daarvan geword.

“…want waar ’n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword.”

En dit word vir ons in Romeine 6:16 verder benadruk.

“Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie – òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid.”

Adam het as eersgeskape mens nie weerstand kon bied teen die verleiding van die satan nie. Satan het hom oorreed om aan God ongehoorsaam te wees en eerder agter die satan se verleiding aan te loop. Hy het Adam oorreed om eerder aan hom as aan God diensbaar te wees. Elke ander geskape mens ná Adam het in hierdie selfde strik getrap. Daar is sommige wat deur hul verdorwenheid so verhard is dat hul geen begeerte meer het om uit hul slawerny verlos te word nie. Maar dan is daar die mense wat in barensnood is en smag na ‘n verlossing uit slawerny om in Christus vry te wees.

Die feit dat geen mens sedert Adam nog oor die vermoë beskik het om nooit tot Satan se verleiding toe te gee nie is vir ons ‘n bewys van die groot mag waaroor hy beskik. Ons kan ook stel dat geen mens oor die mag beskik om Satan te oorwin nie. God sy dank vir die gawe van onse Here Jesus Christus wat oor die Bose kom triomfeer het! Hy wat die eerste was wat in volmaaktheid aan God gehoorsaam kon bly. Hy wat die eerste was wat elke versoeking van die satan teen Hom kon weerstaan. Ja, Hy wat deur niks méér bekoor is as om die wil van God onse Vader te doen nie. Hy kan ons deur sy Heilige Gees uit die net van diensbaarheid aan die satan bevry. Hy kan deur die krag van sy Heilige Gees die mag van Satan verbreek! Hy kan deur sy Heilige Gees ons toerus om die verleiding en bekoring van Satan te weerstaan en om sodoende van die satan se jukke van slawerny vry te raak.

Geliefdes, laat daar by ons geen twyfel bestaan oor die vryheid in Christus waarvan die Woord ons leer nie. Hierdie is nie ‘n oppervlakkig vryheid wat as verskoning aangewend kan word om na elke begeerlikheid van die vlees te handel nie.

“Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, …” (Gal. 5:13).

Die vryheid in Christus is inteendeel die vryheid om nie aan elke begeerlikheid van die vlees toe te gee nie, maar om in die krag van die Heilige Gees aan God, eerder as aan die begeerlikhede van die vlees, diensbaar te wees. Hulle wat sê dat Christus ons “vrygemaak het om na hartelus te leef en bo al ons eie geluk in die lewe te soek” sal die volgende vraag beswaarlik eerlik kan beantwoord: “Hoeveel maal het Christus Jesus na die begeerlikhede van die vlees gehandel?” Het Hy selfs net één maal toegegee aan enige vleeslike begeertes wat in stryd is met God se wil? Die antwoord hierop is eenvoudig – NIE EEN MAAL NIE!

Geliefdes, mag die Here opnuut in my en u hart die begeerte na ware vryheid laat opwel. Ek praat van ‘n begeerte om God se wil te doen en aan Hom gehoorsaam te wees wat elke ander begeerte in ons hart sal oorskadu. Ja, mag Hy hierdie begeerte in ons wek en ons deur sy Heilige Gees hierin ondersteun sodat ons vir die sonde dood sal wees en lewend vir Hom in Christus Jesus onse Here!

“So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.” (Rom. 6:11).

Indien ons na eie oorleg wandel, sal ons struikel en gevang word. Maar as ons deur die Gees van God wandel sal ons vry wees, want waar die Gees van God is, is daar vryheid.

“Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;” (Gal. 5:16).

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1527 gaste aanlyn