NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

En Ek sal hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart – Jeremia 24:7

VLYT IS ‘N KOSBARE SKAT

Hannes Ollewagen

Spreuke 12:1-28

“Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is ‘n kosbare skat vir ‘n mens.” (:27).

Ons weet tog almal dat iets wat kosbaar is nie sommer algemeen beskikbaar is nie. Ja, ons erken dit tog in die bekende gesegde – “Goeie goed is skaars.” En hoe seldsaam is hierdie kosbare skat, vlyt, nie in ons dae nie? Dink maar hoe moeisaam die meeste mense hulle werk doen. In die meeste gevalle sal mense net genoeg doen om hul uit die moeilikheid te hou. Dit is absoluut die uitsondering waar ‘n persoon werklik met ywer, ja vlytig, hul taak verrig.

Die kommunistiese regime in wie se hande ons gedompel is, het met welslae daarin geslaag om ook ‘n groot hoeveelheid van ons volksgenote tot papbroeke en luiaards te verander. Dit is vir ‘n kommunistiese regering belangrik om so ‘n groot as moontlike mag oor die burgery te verkry. Dit is tog soveel makliker wanneer jou burgers van jou afhanklik is vir allerhande toelae en uitgifte vir hul daaglikse bestaan, nie waar nie? En die boosheid van so ‘n sisteem is vir ons duidelik sigbaar daarin dat ‘n verordening wat deur God ingestel is teëgegaan word sodat hierdie mense hul eie posisie kan verstewig en hul eie ideologieë kan verwesenlik. Hulle hou God vir geen oomblik in erkentenis in hul optrede en doelstellings nie.

Wanneer ons kyk na die Skeppingsverhaal, sien ons dat God die mens met ‘n bepaalde doel geskape het. Hy het nie die mens geskape om leeg te lê nie. Hy het nie die mens geskape sodat die hele skepping aan hom diensbaar kan wees nie. God het die mens geskape om oor die skepping te heers. Ja, Hy het die mens geskape om die aarde te bewoon en te bewerk.

“Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.” (Gén. 2:15).

Dit is ‘n verordening van God. En hy wat hierin versuim, is aan God ongehoorsaam.

Wanneer ons verder na God se Woord kyk, sal ons ook in Génesis 3 op nog ‘n verordening afkom wat deur God daargestel is. En dit is die verordening dat die mens hard sal moet werk en met moeite ‘n bestaan sal maak.

“…vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.” (Gén. 3:17).

“In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, …” (Gén. 3:19).

Hieraan sal ons niks kan verander nie geliefdes, omdat hierdie verordeninge deur God ingestel is. Ons moet ons hieraan onderwerp. Maar ons sien tog hoedat talle mense poog om hul nie hieraan te onderwerp nie. Hulle soek na allerhande slim planne om maklik en sonder moeite hul brood te eet.

“Kyk, net dit het ek uitgevind: dat God die mens reg gemaak het, maar hulle het baie slim planne gesoek.” (Pred. 7:29).

Dit is wanneer hulle in die strik van die duiwel val om aan allerhande listige planne te dink eerder as om hul aan die ordening soos deur God bepaal te onderwerp. En dit ten spyte van God se pragtige vermaning hierteen in die woorde van Efésiërs 4:28

“Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het.”

Die ware kind van God wat homself volkome aan God onderwerp, besef dat God hierdie taak om hier op aarde hard te werk aan die mens opgelê het. En in plaas daarvan om God te probeer teëgaan, sal die kind van God daarna streef om op ‘n voor-God-welbehaaglike wyse te leef en te arbei. Hy sal daarna streef om op ‘n verantwoordelike en vlytige manier na daardie dinge wat God onder sy hande gestel het om te sien. Hy sal daarna streef om ‘n goeie en getroue dienskneg van sy Heer te wees. Ja, vir hierdie kind van God is werk ‘n absolute voorreg eerder as ‘n straf wat hom opgelê is.

Die Woord van God stel dit vir ons duidelik dat God nie ‘n behae het in ‘n luiaard nie. Dit is tog duidelik uit die byna onverdraagsame stellings teen luiheid wat ons onder andere in 1 Thes. 3:10 vind.

“Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.”

En selfs onse Here Jesus Christus se woorde uit Matt. 25:26 getuig van God se afsku aan luiheid.

“Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, …”.

U sal dalk vir my wou vra waarom ons sou arbei indien alles hiervan tog net tydelik en verganklik is? Sou ons arbei en vir ons skatte hier vergader waar mot en roes eindelik sal verniel en verteer? U sien, geliefdes, wanneer ons met die regte gesindheid werk, arbei en ywer is ons arbeid nie tevergeefs nie. Ja, wanneer ons werk en ywer met ons lede tot beskikking gestel van God sal ons arbei vir ons skat wat onverganklik is en by Hom vir die ewigheid bewaar sal word. Hy is immers die Een wat aan ons elkeen bepaalde gawes geskenk het waarmee ons aan Hom diensbaar behoort te wees. En wanneer Hy aan ons die gawes geskenk het en hier benede die taak opgelê het, laat ons Hom met blymoedigheid en vlyt dien daar waarin Hy ons geroep het, geliefdes! Ja, ons sal dalk veel meer baat wanneer ons nie dien met die verwagting van wat ons van Hom kan ontvang nie, maar met die gesindheid van wat ons in nederigheid en opregtheid aan Hom kan bied. Dit is met hierdie gesindheid wat ons dalk net daardie allerkosbare skat, “vlyt”, van Hom ontvang.

Amen.

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1245 gaste aanlyn