NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jesus het alles vir ons kom doen op aarde; selfs sy uitroep: "My God, my God, waarom het U My verlaat?" het beteken dat ons as Christene nooit weer daardie vraag hoef te vra nie!

MY HARTSBEGEERTE...

... ‘N REIN HART!

Hannes Ollewagen

Ps. 51:1-21

“Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.” (:4).

Daar is ‘n Sjinese gesegde wat lui – “’n Gesonde man het baie begeertes, maar ‘n siek man het net een.” En elkeen van ons wat al op ‘n siekbed neergevel was, sal van die akkurate beskrywing kan getuig. Wanneer ‘n mens daar op ‘n siekbed lê, uitgeput en moedeloos, is jou enigste begeerte om maar net gesond te kan word.

Dit is tog ook ironies hoe maklik ‘n mens weer kan vergeet met watter groot verlange jy na gesondheid gesmag het nadat jy van ‘n siekbed herstel het. En dit is nie lank nie of hierdie een groot begeerte word weer vervang met allerhande begeertes waarvan die hart vol is. Hierdie selfde ironie is ook in ons mense se geloofslewens te bespeur. Ons word menigmaal deur ‘n oorweldigende hartsbegeerte tot sonde gelok en nadat hierdie begeerte bevredig is, is ons gees ongesteld. Ons is siek en neergevel in ons gees en begeer om weer ons verhouding met ons Skepper te kan herstel. Dit is asof ek nooit in my lewe weer enigiets anders sal begeer as om net God se vergifnis te ontvang nie. En ons onvermoë om ons verhouding met God te herstel laat ons net so magteloos as die onvermoë om onsself op ‘n siekbed te kan genees. Ons wil dan soos Dawid in diepe afhanklikheid na God uitroep:

“Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.” (Ps. 51:12).

Ons lees in hoofstuk 51 van die Psalms met hoeveel erns Dawid na God se vergifnis gesoek het. Ons lees van die oorweldigende en sterk verlange wat hy na God se vergifnis gehad het. Sy verhouding met God was vir hom te kosbaar om maar net met sy lewe aan te gaan en voor te gee asof hy geen oortreding begaan het nie. Hy het geweet dat hy deur sy sonde vir God teleurgestel en bedroef het. Hy het geweet dat hy deur sy sonde God oneer aangedoen en Hom beledig het. En hy was werklik spyt en jammer hieroor! Dawid het God geken en geweet dat Hy ‘n groot afkeur van sonde het.

“U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie aanskou nie - …” (Háb. 1:13).

Dawid het ook geweet dat God ‘n groot welbehae in ‘n man het wat ‘n rein lewe probeer handhaaf.

“Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.” (Mat. 5:8).

Die leer van onse Here Jesus Christus onderstreep vir ons hierdie kosbare begeerte van Dawid – die begeerte na ‘n rein hart, ‘n rein lewe. Die Here Jesus Christus bid vir sy dissipels dit wat Dawid van God gebid het – om gereinig te word. Ja, Hy vra dat God hulle sal heilig.

“Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.” (Joh. 17:17).

En dan leer die Here Jesus vir Sy dissipels dat ons deur sy Woord geheilig, ja, gereinig word.

“Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.” (Joh. 15:3).

Die Woord van God is die water waarmee ons lewenskleed wat ons met sonde bevlek het weer skoon gewas word.

“Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.” (Eség. 36:25).

Die onreinheid van ‘n mens is nie so ‘n netelige kwessie as wat menige dwaalleraars dit afmaak om te wees nie. As God met ‘n onreine ewe tevrede is as met ‘n reine, waarom tref onse Here Jesus Christus self ‘n baie, baie duidelik onderskeid tussen rein en onrein mense?

“Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.” (Joh. 13:10).

En as ‘n onreine dan in die seëning van God kan deel ewe goed as ‘n reine, maak ons God dan tot leuenaar wanneer Hy in Heb. 12:14 tot ons spreek?

“Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;”

Hierdie waarheid wat in Matt. 5:8 ook so duidelik as in Ps. 24:3-5 onderstreep word:

“Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil.”

Geliefdes, laat ons God nie aanhang en dien vir dit wat Hy ons kan gee en vir ons doen nie, want dit is nie opregte liefde nie. Dit is ook nie opregte Godsdiens nie, maar afgodery! Laat ons daarna streef om God lief te hê vir wie Hy is. En laat ons daarna streef om Hom lief te hê met ‘n opregte en rein hart en sodoende welbehaaglik voor Hom leef.

“Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.” (2 Tim. 2:22).

Mag ons begeerte na ‘n rein hart, na ‘n God-vererende lewe wat Hom behaag sterker as enige ander begeerte in ons lewe word!

Amen.

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1120 gaste aanlyn