NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ouderdom maak jou of slim of dom.  As jy slim is, weet jy hoe om reg oud te word.  As jy dom is, sien jy die ouderdom as ‘n straf.

OM SY NAAM TE VERHEERLIK

Hannes Ollewagen

2 Sam. 12:1-31

“Maar omdat u die vyande van die HERE deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe.” (:14).

Die profeet Natan stel dit duidelik aan Dawid dat God sy berou oor sy misdaad raakgesien het. En hy stel dit ook aan Dawid dat God hom sy oortreding vergewe het. Desnieteenstaande stel God dit pertinent dat Hy vir Dawid ‘n swaar straf gaan oplê. God sou hierdie kind van Dawid met die dood tref a.g.v. die oneer wat hy God se heilige Naam aangedoen het. Natan stel dit ook pertinent aan Dawid dat die kind sou sterf omdat die vyande van die Here deur Dawid se optrede aanleiding gegee is om teen God te laster. Hierdie reaksie van God se kant stel dit vir ons duidelik hoe belangrik die heiligheid en eer van God se Naam vir Hom is. Dit word immers ook vir ons ewe duidelik in God se wet gestel.

 

“Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.” (Exodus 20:7).

Die hedendaagse prediking versuim om die mens van God se heiligheid te leer en daaraan te herinner. En ook dat hierdie heiligheid van God vir Hom ontsaglik belangrik is.

“En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, spreek die Here HERE, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.” (Eseg. 36:23).

Tewens, God word deesdae eerder deur valse prediking gereduseer tot die gelykheid van ‘n mens asof Hy ons “pêl” is – Iemand vir wie alles aanvaarbaar is en wat gelukkig is solank as wat ons gelukkig is. En dit word gedoen sodat die mens sy gewete kan sus wanneer hy in ongebondenheid aan al sy hart se begeertes toegee.

“Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer – hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.”

God se optrede teenoor Dawid stel dit duidelik dat God nie ‘n haarbreedte van sy heiligheid sal prysgee nie. Hy het nie eers t.w.v. sy dierbare koning Dawid vir wie Hy baie lief was hiervan afstand gedoen nie.

“… van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van ĺsai, gevind, ‘n man na my hart, …” (Hand. 13:22).

Ja, dink maar aan die talle strawwe en onheile wat God oor sy uitverkore volk, Israel, laat kom het wanneer hulle aan Hom ontrou was en sy Naam ontheilig het. Luister gerus na die woorde uit Jesaja 48:11 wat vir ons beklemtoon hoe belangrik die heiligheid van God se Naam vir Hom is!

“Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen – want ag, hoe is my Naam ontheilig! – en Ek sal my eer aan geen ander gee nie.”

Die Here Jesus Christus het tydens sy lewe hier op aarde ook aan ons geleer hoe belangrik die heiligheid van God se Naam is. Sy dissipels het by geleentheid na Hom gekom met die versoek dat Hy hulle sou leer bid. En wat is interessant genoeg heel, heel bo aan die lys in hierdie gebed wat Jesus aan sy dissipels leer? “Laat u Naam geheilig word.”

Geliefdes, Dawid het God se heilige Naam nie ontheilig deur dit as ‘n vloekwoord te misbruik nie. Dawid het deur sy sondige optrede God se heilige Naam onteer en dit was vir God nie vir een oomblik aanneemlik nie. Hoe dikwels doen ek en u nie dieselfde nie, maar omdat die tyd waarin ons leef so boos geword het, besef ons dit dalk al minder en minder.

Ons is vinnig om te vra hoe God kan toesien hoedat ons hier in ons Vaderland alles verloor wat vir ons lief en dierbaar is. Ons besittings, taal, kultuur en selfs geliefdes word gesteel, geplunder, vernietig, verniel en vermoor. En dit voel dan asof God maar net sit en toekyk. . . Maar hoe lyk die ander kant van die muntstuk? Alles wat vir Hom lief en dierbaar is, sy Sabatte, heilige insettinge soos die huwelik en talle ander insettinge en verordeninge word geplunder, vernietig en verniel. Sy heilige Naam word ontheilig. En sit ons nie maar net en toekyk nie? Inteendeel, die meerderheid van ons volksgenote werk ywerig saam aan die vernietiging van hierdie dinge wat vir God kosbaar is en in die ontheiliging van sy heilig Naam, maar ons verwag om ongestraf te bly?

Ek wil u vanoggend opnuut daartoe maan om oor u lewe te besin en uself af te vra tot hoe ‘n mate u deur u optrede God se heilige Naam verheerlik en tot hoe ‘n mate u hierdie heilige Naam oneer aandoen. Laat ons nie net bid – “Vader, laat u Naam geheilig word” nie, maar ook leef met ‘n strewe om God se heilige Naam te verheerlik!

Amen.

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1144 gaste aanlyn