NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bid sonder ophou, bid weer en weer - Hy sal op sy tyd aandui dat sy ore nie vir ons gebede doof was nie, hoewel dit in die oë van mense lyk asof Hy dit in die wind slaan.

WANDEL WAARDIG VOOR GOD

Hannes Ollewagen

1 Thes. 2:1-16

“Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo, hoe ons, soos julle weet, net soos ‘n vader sy kinders, elkeen van julle vermaan en bemoedig het en betuig het dat julle waardiglik moet wandel voor God wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid roep.” (:10-12).

Geliefdes, roep vanoggend saam met my u lewenswandel van die afgelope week in u gedagtes op. Dink ‘n bietjie aan dit waarmee u besig was van die begin van hierdie week tot vanoggend. En dink spesifiek hoe u met hierdie dinge besig was. Hoe waardig het u in die afgelope week met God gewandel? As dit u laaste week op aarde was en u binne die volgende uur voor die Regterstoel van Christus moes verskyn – sou u lewe dieselfde gelyk het of sou u baie dinge baie anders gedoen het?

 

Ek en u vergeet tog so maklik dat die oë van die Here alles sien wat hier op aarde gebeur.

“En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.” (Heb. 4:13).

En nie alleen sien Hy alles waarmee ons besig is nie, maar Hy is selfs ook met elke gedagte en die gesindheid waarmee ons elke handeling uitvoer, bekend.

“Maar U, o HERE, ken my; U sien my en toets my hart by U. …” (Jer. 12:3).

U sal sekerlik met my saamstem dat ons handelinge, ons gedagtes, ja geheel ons lewens veel anders daar sou uitsien indien ons deurgaans daarvan bewus sou wees dat God kennis neem van dit waarmee ons besig is.

Wanneer ons kyk na mense uit die Woord wat waardig voor God gewandel het en wat deur God diep en innig bemin was, sal ons merk dat dit mense was wat intens bewus was dat hul lewens geheel voor God sigbaar was. Luister maar na Abraham se getuienis in hierdie verband uit Gén. 24:40:

”…Die HERE voor wie se aangesig ek gewandel het, …”.

En hulle het ‘n ingesteldheid gehad om hulle lewens volgens God se welbehae te leef.   Hulle het ‘n begeerte gekoester om op ‘n waardige wyse voor God se aangesig te wandel.

Dit is nie alleen die wêreldling van ons tyd wat op ‘n onwaardige wyse voor God leef nie. Ons moet ongelukkig ook in alle eerlikheid erken dat talle kerkgangers vandag op ‘n wyse leef wat voor God nie aanneemlik is nie. En hierdie toestand word vererger deur sogenaamde kerke wat eerder vermaaklikheid sentrums geword het as ‘n heilige plek van aanbidding. ‘n Plek waarheen daar met ontsag opgegaan word om na die heilige woorde van God te luister.

“Gee ag op jou voet as jy na die huis van God gaan, want om nader te kom en te hoor, is beter as dat dwase ‘n slagoffer bring; want hulle het geen verstand nie, sodat hulle kwaad doen.” (Pred. 4:17).

Mense gaan eerder na ‘n sentrum waar hulle die hele oggend kan sit en in die gehoor gestreel word as om te gaan na die huis van God waar hulle deur die suiwere bediening van God se Woord vermaan, onderrig en tereggewys kan word.

“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” (2 Tim. 3:16&17).

Mense word nie meer geleer hoe om voor God op ‘n waardige wyse te leef nie, maar eerder dat hulle in totale onwaardigheid leef! En daar is liefde, vergifnis en verdraagsaamheid teenoor alles en almal behalwe teenoor diegene wat hul monde durf oopmaak om die ongeregtigheid te bestraf en aan te spreek!

U dink dalk om vandag vir my te vra of ek die verdorwe mensdom mag oordeel? My antwoord aan u is onomwonde – Absoluut nie. Daar is net Een wat uiteindelik mag oordeel en dit is die regverdige Regter, Jesus Christus. Hy wat deur God as Regter aangestel is. Dit word tog vir ons duidelik geleer in die woorde van:

Handelinge 11:42:”En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode.”

Ek sal self ook met al my gebreke en tekortkominge voor Hom moet verskyn. Maar geliefdes, ek verstaan darem genoeg om te weet dat daar ‘n baie, baie groot verskil tussen oordeel en vermaning is. God laat my nie toe om te oordeel nie, maar Hy lê wel die verpligting op my as ‘n gelowige om ander te vermaan en te waarsku sodat hulle nie eendag veroordeel mag word nie!

Ek wil daarom in hierdie oggend u ook as ‘n medegelowige vermaan - bedink vir ‘n oomblik opnuut u lewe voor God. Vra uself die vraag in elke faset van u lewe af of u daarin waardig voor God wandel?   Die wyse waarop u u man of vrou hanteer – is dit waardig voor God? Die wyse waarop u u kinders opvoed – is dit waardig voor God? Die wyse waarop u u onderneming bestuur of u werk doen – is dit waardig voor God? Die wyse waarop u u finansies bestuur en waarop u u fondse spandeer – is dit waardig voor God? Die grappies wat u maak, die Whatsapp-boodskappies wat u met ander deel, die video’s of films waarna u kyk, die boeke wat u lees, is dit waardig voor God?

Dank God in hierdie dag indien ek en u ons koppe in skaamte laat sak wanneer ons ons lewens voor God in oënskou neem. Dit beteken dat ons nog nie deur die verleiding van hierdie wêreld tot so ‘n mate verhard is om Hom te weerstaan nie. Ons het nog die geleentheid om ons met die nuwe mens te beklee wat voor God op ‘n waardige wyse kan wandel. Die mens wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 762 gaste aanlyn