NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mense is al te geneig om te hoor net wat hulle wil hoor.  Niks is vir die saak van die Here so skadelik soos die flou stem van ʼn sieklike Christendom nie.  Daarom moet ons versigtig wees wat ons hoor.

VRA ONS NA DIE HERE SE RAAD?

Hannes Ollewagen

       Jos. 9:1-27

“En Josua het met hulle vrede gemaak en met hulle ’n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die vergadering het hulle dit met ’n eed beloof. Maar aan die einde van drie dae, nadat die verbond met hulle gesluit was, hoor die volk dat hulle in hul nabyheid en tussen hulle in woon. Die kinders van Israel het naamlik weggetrek en op die derde dag by hulle stede gekom; en hulle stede was: Gíbeon en Kefíra en Béërot en Kirjat-Jeárim. Maar die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die HERE, die God van Israel; die hele vergadering het toe teen die owerstes gemurmureer.” (:15-18).

Die gebeurtenis wat voor ons oë in die gelese gedeelte afspeel, lyk vir ons geweldig onregverdig. Hier kom ‘n afvaardiging vreemdelinge na Josua en lê hulle saak voor hom neer. Josua en die owerstes neem op grond van die inligting tot hulle beskikking ‘n besluit – ‘n besluit wat groot ongelukkigheid onder die hele vergadering van Israel sou veroorsaak. Ek en u sou maklik kon sê dat Josua en die owerstes eers die Here moes raadpleeg alvorens hulle die besluit geneem het, nie waar nie?

 

Ek en u kan maklik Josua en die owerstes van Israel se fout uit die gelese gedeelte raaksien. Maar hoe skuldig is onsself nie aan presies dieselfde misstap nie? Hoe dikwels raadpleeg ek en u as gelowiges die Here in opregtheid alvorens ons besluite neem? Hy maan ons om Hom vir hulp en raad te nader!

“Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.” (Spr. 3:6).

God wil as ons liefdevolle hemelse Vader vir ons raad en rigting in hierdie lewe gee.

“Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.Wees nie soos ’n perd, soos ’n muilesel wat geen verstand het nie, wat ’n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie.” (Ps. 32:8&9).

Die werklikheid vir die meeste mense is egter dat ons God eers wil opsoek wanneer ons die vrug van ons verkeerde besluite begin pluk. Ons wil dan by die Here murmureer oor die slegte toestand waarin ons onsself bevind. ‘n Baie praktiese voorbeeld sou wees wanneer twee jongmense mekaar ontmoet en besluit om ewige trou aan mekaar te beloof. Kyk maar hoeveel jongmense ook soos in die gelese gedeelte daardie besluit neem volgens die inligting wat die ander party op daardie stadium aanbied. En dit kan soms baie selektief wees. ‘n Rukkie later moet ‘n mens hoor – “ja, maar die persoon was nie so voordat ons getrou het nie. Ek het hierdie of daardie nie van die persoon geweet nie.” Ons kan wel die kosbare les uit die gelese gedeelte leer dat dit niks verander het aan dit wat Josua en die owerstes beloof het nie. Hulle moes hul woord gestand doen.

Dit gebeur ook dat ons wel ‘n saak aan die Here voorlê, maar nie met ‘n opregte hart nie. Wanneer ek sê dat dit nie met ‘n opregte hart is nie, bedoel ek dat ons die Here bloot van die saak wil inlig. Ek het diep in my hart alreeds klaar die besluit geneem, maar ek weet darem dat ek eers hieroor moet bid - net om myself gerus te stel. Maar ongeag die antwoord of leiding van die Here sal ek steeds my eie koers inslaan. En ons maak presies dieselfde foute as die kinders van Israel van ouds, maar ons verwag ‘n ander uitkoms. Het die Here die gebeurtenisse uit hulle lewens nie juis vir ons in sy heilige Woord behoue laat bly sodat ons daaruit kan leer nie? Ek wil as ‘n kosbare les u herinner aan die oorblyfsel van Israel wat ná die ballingskap vir Jeremia gevra het om God te raadpleeg oor wat hulle te doen staan. God se raad aan hulle deur die mond van Jeremia was dat hulle rustig en met ‘n stil vertroue op Hom in die land sou bly.

“As julle rustig in hierdie land bly, sal Ek julle bou en nie afbreek nie, en julle plant en nie uitruk nie; want Ek het berou oor die onheil wat Ek julle aangedoen het.” (Jer. 42:10).

Maar hulle het reeds vooraf besluit dat hulle na Egipte sou aftrek om onder die koning van Egipte te probeer skuiling vind. Hulle wou bloot God se goedkeuring van hul plan hoor. En toe hulle dit nie kry nie het hulle steeds hul eie raad gevolg.

“...en hulle het na Egipteland getrek; want hulle het nie geluister na die stem van die HERE nie. …” (Jer. 43:7).

Ons besef dit dalk nie aldag nie, maar ons verwond God se vaderhart wanneer ons Hom nie vertrou nie. Ons doen Hom oneer aan. Ons gee eintlik deur ons optrede te kenne dat ons aan God se vermoë, krag en almag twyfel. Nog erger, ons gee te kenne dat ons God se karakter van liefde en omgee asook die feit dat Hy ons heil begeer in twyfel trek. En wat ‘n belediging is dit nie vir só ‘n heilige, barmhartige en liefdevolle God wat ek en u dien nie! Verdien Hy nie ons eerbied nie?

“’n Seun eer die vader, en ’n kneg sy heer. As Ek dan ’n Vader is, waar is my eer? En as Ek ’n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare … “ (Mal. 1:6).

Mag die woorde van vandag se boodskap ons opnuut daaraan herinner dat ons lewens en ons toekoms nie in ons eie hande is nie. En dat ons weg nie aan onsself toebehoort nie.

“ Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ’n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.” (Jer. 10:23).

En mag dit ons aanspoor om onsself daarop toe te spits om die genadige en liefdevolle leiding van ons hemelse Vader in opregtheid te soek en gehoorsaam na te volg, want Hy het daarin ‘n welbehae.

“Mem. Deur die HERE word die gange van ’n man bevestig, en Hy het ’n welbehae in sy weg.” (Ps. 37:23).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 757 gaste aanlyn