NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geld kan medisyne koop maar nie gesondheid nie; dit kan 'n huis koop maar nie 'n tuiste nie; dit kan geselskap koop maar nie vriendskap nie; dit kan vermaak koop maar nie geluk nie; dit kan kos koop maar nie 'n aptyt nie; dit kan 'n bed koop maar nie 'n goeie nagrus nie; dit kan 'n kruis koop maar nie 'n Verlosser nie; dit kan 'n goeie lewe koop maar nie die ewige lewe nie.

‘n HEILIGE LEWENSWANDEL

Hannes Ollewagen

1 Thes. 4:1-12

“Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.” (:7&8).

Daar is deesdae soveel mense wat voorgee dat hulle oor die gawe beskik om die uitsonderlike wil van God te verstaan. En hulle hoor glo gereeld die stem van God. “Die HERE het vir my gesê . . . “ is ‘n stelling wat sonder die nodige respek en agting gebruik word. Ek dink byvoorbeeld aan ‘n baie bekende man in Suid-Afrika wat so ‘n paar jaar gelede blykbaar op God se stem reageer en gepoog het om 1 miljoen mense vir ‘n gebedsbyeenskoms in Bloemfontein byeen te roep. Hy het openlik verklaar dat hierdie byeenkoms die toekoms van Suid-Afrika ingrypend ten goede sou verander. Daar is nie by hierdie byeenkoms die moeite gedoen om ongelowige leiers in die samelewing tot orde te roep en aan te spreek oor hul ongehoorsaamheid aan God nie. Nee, daar is veel eerder saam met hierdie ongelowige mense gebid asof dit God sou behaag!

Ons kyk vandag terug en moet eintlik vir meneer Buchan vra of God dan nou onmagtig was om dit te doen wat Hy kwansuis aan Buchan openbaar het dat Hy sou doen? Of is dit eerder dat hy sonder opdrag van God opgetree het?

“En as jy in jou hart sê: Hoe sal ons die woord weet wat die HERE nie gespreek het nie? —as die profeet in die Naam van die HERE spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die HERE nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie.” (Deut. 18:21-22).

Hierdie vrae moet gestel word, want die feit is duidelik dat omstandighede ná sy byeenkoms alles behalwe verbeter het. Dalk is dit omdat daar toe nie 1 miljoen mense opgedaag het soos wat meneer Buchan openlik verklaar het daar sou wees nie?

Dit is ook kenmerkend van mense wat in vermetelheid hulself as dienaars van God voorhou, nie in waarheid nie maar om die heiligmaking van ‘n mens voor God op die agtergrond van hul teologie te plaas. Daar sal gedurig klem gelê word op die wil van God dat dit met die mens goed moet gaan. Daar sal gedurig klem gelê word op hierdie en daardie sake as die wil van God. Maar die wil van God wat in geen onduidelike taal in 1 Thess. 4:3 geopenbaar word, sal nie voorrang geniet nie.

“Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; …”

Hierdie woorde strook met die onveranderlike karakter van God wat alreeds die belangrikheid van die mens se heiligmaking in die volk Israel se tyd onderstreep het. Hy het vir Homself dienaars onder sy volk aangestel wat hulle moes onderrig en leer om heilig vir hulle God te wees.

“Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; …” (Lev. 11:44).

U sal vir my sê: “Maar Hannes, dit is onmoontlik vir ‘n mens om heilig te wees. Ons is met heeltemal te veel swakheid in die vlees in stryd.” Ek sal met u saam stem dat dit vir enige mens totaal onmoontlik is om uit homself of haarself heilig te word. Dit verander egter niks aan die wil van God om ons te heilig nie. Inteendeel, ons heiligmaking is vir Hom só belangrik dat Hy bereid was om sy eie geliefde Seun, Jesus Christus, ter wille van ons heiligmaking te offer!

“Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely.” (Heb. 13:12).

“Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.” (Heb. 10:10).

Dit is deur die gehoorsaamheid van onse Here Jesus Christus dat ons die gawe van sy Heilige Gees kan ontvang wat ons in ons heiligmaking bystaan. Dit is die Gees van God wat die werk in ons harte doen wat vir ons onmoontlik is!

“En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.” (1 Kor. 6:11).

U sal nou vir my vra – “Maar as die Heilige Gees my heilig maak en nie ekself nie het ek dan mos geen verantwoordelikheid nie? Ek kan niks tot hierdie saak bydra nie?” Nee, geliefdes! Dit is die stelling van iemand wat nie enige verantwoordelikheid vir sy eie sieleheil wil neem nie. Hy wil alles op God afskuif – as iets skeefloop, is dit God se skuld! Ons eie menslike krag sal nie voldoende wees om staande te bly in hierdie stryd van die vlees teen die gees nie. Dit beteken egter nie dat ons geen van ons eie menslike kragte in hierdie stryd hoef in te span nie. Dit beteken nie dat ons rustig agteroor kan sit en wag dat God alles moet doen nie! Ons moet met aanwending van alle ywer daarna streef om God in alles te gehoorsaam. Ons moet met aanwending van alle ywer daarna streef om die kwaad te weerstaan en teen die verleiding van die sonde weerstand te bied.

“Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.” (Heb. 12:4).

Ons moet met alles binne ons daarteen waak om nie die Heilige Gees van God binne ons te bedroef nie, want dit is juis Hy wat ons staande hou.

“En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.” (Efés. 4:30).

Die Heilige Gees van God leef binne die gelowige kind van God om ons op die pad van heiligmaking voort te lei. Die Heilige Gees van God oortuig ons van sonde. Hy praat nie ons sonde goed nie. Hy maak nie ons sonde as ‘n nietigheid of kleinigheid voor God af nie. Hy openbaar dit soms in die afskuwelike vorm wat dit is aan ons al tref dit dalk diep in ons hart. Die Heilige Gees van God spreek ons aan wanneer ons God bedroef en teleurstel.

“...en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:” (Joh. 16:8).

Die gelowige kind van God word deur die Heilige Gees van God van sy sonde en ongeregtigheid oortuig. En sodoende kan hierdie kind van God begin om ten bloede toe te probeer om weerstand teen die sonde in sy lewe te bied. Hierdie kind van God ervaar ook die wonderlike liefdewerk van die Heilige Gees van God wat vir ons intree by God wanneer ons nie weet hoe om ons saak voor God te stel nie.

“En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.” (Rom. 8:26).

Ons as gelowige kinders van God het die verantwoordelikheid om onder die leiding van die Heilige Gees van God die heiligmaking na te streef. Laat ons nie so kortsigtig wees om net op God te hoop vir wonderlike beloftes van voorspoed in die vlees en hier op aarde nie. Maar laat ons die oë gevestig hou op ons Leidsman en Voleinder van ons geloof, Jesus Christus. En laat ons met reikhalsende verwagting uitsien na ons ontmoeting met God terwyl ons die orige tyd in die vlees ons toespit om op die belofte van ‘n ewige lewe in God se heerlikheid te fokus. Ons behoort onsself te herinner om - terwyl ons wag op die belofte van God van ‘n ewige lewe saam met Hom - onsself besig te hou in ons heiligmaking in die vrees van God.

“TERWYL ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.” (2 Kor. 7:11).

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 628 gaste aanlyn