NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mense vra respekbetoning van ander, maar ons kan dit nie eis nie want respek word verdien deur jou voorbeeld aan ander. Daar is net een rede waarom jy die regte voorbeeld kan stel en respek afdwing: deur gehoorsaam te wees aan die Heilige Gees.

IS ONS OOK BEKOMMERD?

Hannes Ollewagen

Ps. 38:1-23

“Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.” (:19).

Ek wonder hoeveel van u vandag met kommer in u hart sit? Daar is seker nie ‘n enkele volwassene wat nie die betekenis van bekommernis verstaan nie. Die vraag vandag is egter meer spesifiek: Waaroor is u vandag so uiters bekommerd?

Ek is seker daar is vandag duisendtalle mense wat bekommerd is oor die moontlikheid dat hulle hul werk kwyt is. Ek is ook seker dat daar vandag duisendtalle mense is wat oor hul finansies bekommerd is. En ek is seker dat daar vandag duisendtalle mense is wat oor hul kinders bekommerd is. Daar is seker ook duisendtalle mense wat hulle oor hul veiligheid bekommer. Ek is egter onseker of daar mense in hul derduisende is wat hul vandag oor hul sonde bekommer. En hierdie gebrek aan kommer is nie omdat daar soveel heilige en sondelose mense op aarde is nie, maar omdat dit hulle nie hinder om in hul sondigheid voort te leef nie.

Ek herinner u graag aan ‘n besoek wat Jesus Christus by mense afgelê het. Martha was besig om te werskaf ten einde te verseker dat almal se behoeftes in die vlees versorg word. Sy moet darem seker maak dat alles in haar huis goed vertoon. Dit is mos lekker om mense te beïndruk. Sy was boonop ongelukkig omdat Maria haar nie hierin bygestaan het nie. Maria was besorgd oor haar sieleheil terwyl Martha oor die verganklike dinge verontrus en besorgd was. En Jesus het vir Martha hierop gewys. “Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.” (Luk. 10:41&42).

Die mens van ons tyd is ook besorgd en verontrus oor baie dinge en laat die goeie deel by hulle verbygaan. Die meeste mense is meer bekommerd om hul aansien in mense (die wêreld) se oë te behou as om by God in aansien te wees. Dink maar hoedat talle mense met oneerlikheid hul rykdom vermeerder. En ten spyte daarvan dat dit openbare inligting is dat hierdie rykdom oneerlik verwerf is, geniet hulle steeds groot aansien in die wêreld! Hulle is immers ryk en in die wêreld se oë is hierdie rykdom bekoorlik! Dit lei ook daartoe dat talle ander mense só behep raak in hul strewe na rykdom dat hulle die kosbare gawe van ewige verlossing van hul siele uit die verderf nie aanneem nie. Nee, hulle is nie bekommerd oor die ewige verderf van hulle siele nie, want hulle is te besorg en verontrus oor die dinge van die wêreld!

“Die koninkryk van die hemele is soos ’n koning wat ’n bruilof vir sy seun berei het en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie. Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof. Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ’n ander na sy handelsaak. Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.” (Matt. 22:2,-5 & 8).

Hierdie woorde uit Jesus se gelykenis oor die genooides wat hul plek aan die bruilofsmaal kwyt is, herinner my so baie aan wat ek oor die afgelope twee dekades van my eie lewe beleef het. Die mens is toenemend besig met sy eie idees en strewes en het al minder tyd om aan God en sy Woord af te staan. Dit is nie asof die ure in ‘n dag oor die laaste twee dekades skielik minder geword het nie. Die naakte waarheid is dat God net soveel minder belangrik in mense se lewens geword het dat hulle Hom nie meer waardig genoeg ag om “hulle kosbare tyd” aan Hom af te staan nie. Dit is belangriker om op die Sabbatdag NOG ‘n dag se ekstra inkomste te verdien as om hierdie dag aan God te wy. God voorsien mos nie genoegsaam vir my in die ses dae van die week wat Hy vir die mens gegee het om te arbei nie. En die rede waarom u dink dat u nie u verpligtinge sal kan nakom indien u onderneming nie sewe dae van die week handeldryf nie is omdat u nie tyd maak om God te leer ken vir Wie Hy werklik is nie! U verkies om eerder u vertroue op uself te stel as om God se voorsienigheid te vertrou!

Ons verkies om nie die tyd aan God af te staan wat hy van ons eis nie. Ons sal self besluit wanneer dit vir ons geleë is om Hom op te kommandeer. Ons sal, soos en wanneer nodig, gebedsbyeenkomste uitroep en Hom dan om hulp smeek wanneer ons in nood of ellende verkeer. Ons sal Hom opsoek wanneer ons bekommernisse vir ons te veel raak. Hy sal moet opdaag wanneer ons gebied, nieteenstaande die feit dat ons nie op een van sy versoeke en uitnodigings positief reageer nie. Ons sal tot Hom nader met ons hope bekommernisse oor ons finansies en ons veiligheid, ons gesondheid, ons geluk. Maar ons sal nie luister wanneer Hy tot ons spreek oor sy bekommernis oor ons siele nie!

“Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom.” (Heb. 2:16).

Dink u nie as iets belangrik genoeg is dat God Hom daaroor bekommer dat ons dalk daarop moet ag gee nie?

Hoeveel van ons was al oor ons sondigheid, oor ons ongeregtighede bekommerd soos wat ons oor verganklike dinge bekommerd was? Hoeveel van ons het al nagte rondgerol, geworstel en by die Here gepleit, aangedring, om ons van ons ongeregtighede te bevry en te red soos wat ons aanhoudend voor Hom sal pleit om ons uit finansiële nood, gevaar en dergelike dinge te red? Het enige van ons al gevoel asof ons lewe in duie sal stort indien ons nog ‘n dag verder met ons ongeregtigheid moet saamleef en nie daarvan verlos word nie?

Dawid was oor sy sonde bekommerd. Dawid was bekommerd dat God sy Aangesig vir hom weens sy ongeregtighede sou verberg!

“Hoe lank sal U, o HERE, Uself vir altyd verberg, sal u grimmigheid brand soos ’n vuur?” (Ps. 89:47).

En vir Dawid was die gedagte om van God se Aangesig verwyder te wees ‘n groot rede tot kommer! Dawid was so bekommerd hieroor dat hy gedurig na ‘n oplossing hiervoor gesoek het. Sy ontdekking was natuurlik dat hyself by onvermoë is om homself van sy ongeregtighede te verlos. Maar Dawid het ook geweet dat hy, soos elke verloste, deur God van hierdie bekommernis bevry kan word.

Diegene wat hulle nie oor hul ongeregtigheid bekommer nie sal nooit daarvan bevry word nie. Hulle sal dit as hul lot, as hul menslikheid, hul geskapenheid aanvaar. Daarenteen kan diegene wat hulle oor hul ongeregtighede voor God bekommer saam met die Psalmdigter in die woorde van Ps. 130:7&8 hul troos vind.

“ Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.”

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 832 gaste aanlyn