NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons Vader in die hemel, ons begeer dat u wil sal geskied, nie net in die hemel nie maar ook op die aarde, en veral hier in Suid-Afrika, die land wat U aan u volk gegee het om in te woon en te vermeerder – nie om verdruk en uitgemoor te word nie. Gee dat ons mense mekaar sal liefhê, beskerm en kalmeer – nie beveg, beskinder en opponeer nie. Laat elkeen van u kinders asseblief Psalm 14:2 ter harte neem: "Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra."" Dink watter krag ons volk sal hê as God baie sulkes vind!

DAAR IS VREES, EN DAN IS DAAR VREES

Hannes Ollewagen

Matt. 8:23-27

“En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.” (:26).

Ek staan in verwondering oor die wêreld se totale histerie rondom die COVID19 virus. Die oorweldigende vrees wat mense beetpak wanneer hulle met die gedagte van die dood gekonfronteer word. En tot watter opofferings mense bereid sou wees om die realiteit van die dood te probeer ontwyk.

Daar is allerhande teorieë rondom hierdie virus. Hoe dit ook al sy, ons kan verwag dat dit, of dalk eerder die swak hantering hiervan, ‘n aansienlike impak op die samelewing gaan hê. Tewens, dit het alreeds ‘n dramatiese impak op die samelewing. Kinders word verhoed om skool te gaan. Besighede word verhoed om handel te dryf. Mense word belet om eredienste by die kerk by te woon. En u weet van die talle ander beletsels. En al hierdie ontwrigting veroorsaak uit die aard van die saak onsekerheid by mense.

Ons moet as gelowige kinders van God nie toelaat dat die satan ons met sy kragtige wapen van vrees neerslaan nie. Daar is talle gedeeltes in die Woord van die Here waar sy kinders beveel word om nie te vrees nie. Dit word nie net as ‘n mooi woord van vertroosting en bemoediging aan ons gegee nie, maar as ‘n bevel!

“Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.” (Jos. 1:9).

Ons doen die Here oneer aan wanneer ons toelaat dat vrees ons oorweldig. Wanneer vrees ons oorweldig, lewer dit getuienis dat ons in God se almag en krag twyfel. Tewens, dit stel dat ons ook die waarheid en egtheid van sy Woorde in twyfel trek, want ons wonder of Hy regtig sy woord, sy beloftes sal gestand doen. En is dit reg dat sy kinders Hom só beledig?

U sal seker nou vir my wil sê: “Maar dit is menslik om te vrees.” Dit is inderdaad menslik om te vrees. Dit is ook menslik, vleeslik om sonde te doen. Dit beteken nie omdat iets “menslik” is dat dit vir God reg is of vir God welgevallig is nie. En is ‘n gelowige nie juis veronderstel om daartoe ingestel te wees om die swakheid van die vlees deur die krag van God se Gees te oorwin nie?

“Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” (2 Tim. 1:7).

Dit is goed en wel om te weet dat dit in God se oë verkeerd is om te vrees. Maar nou is die vraag : “Hoe raak ek van hierdie vrees in my hart ontslae?” Wel, ek sou voorstel dat ons vuur met vuur beveg. Glo dit of nie, maar daar is tog plek vir vrees in u lewe! Hierdie vrees waarvan ek praat, is egter ‘n vrees vir God.

“…Vergader die volk vir My, en Ek sal hulle my woorde laat hoor, dat hulle kan leer om My te vrees al die dae wat hulle op die aarde lewe, en dit aan hulle kinders kan leer.” (Deut. 4:10).

Dit is juis hierdie opregte, diepe vrees vir God in ‘n mens se hart wat die sondige, vernietigende, verterende vrees in die vlees sal verdryf en oorweldig. Dit is juis omdat hierdie vrees vir God in die “moderne mens” se hart afwesig is dat hulle so maklik deur die wapen van vrees in die satan se hand neergeslaan word.

Ons het in hierdie tyd die geleentheid om deur ons lewens wat in God geanker is, aan die wêreld getuienis te lewer dat die vrees in ons harte anders is as die vrees in ongelowiges se harte. Die vrees in ‘n ongelowige se hart is vol ontsetting, angs en ‘n verterende bekommernis. Daarenteen bring die opregte vrees vir God in ‘n gelowige se hart vir hom vrede en die rustigheid dat hy in die krag van sy God staande sal bly. Alhoewel die gelowige weet dat hyself magteloos in sy toestand is, is hy versekerd dat God altyd in beheer is. Hy glo en vertrou dat God altyd sy beloftes kán en sál gestand doen. En daarom bring God se woorde uit Jesaja 41:10 vir ‘n gelowige ‘n vrede wat alle verstand te bowe gaan.

“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.”

Ek wil nie vanoggend vir een oomblik sê dat ons met ‘n soetsappige godsdienstigheid die realiteit van probleme en uitdagings in ons tyd moet ontken nie. En dit gaan ook nie help om te probeer om te maak asof ons dit nie raak sien nie. Dit is gewoon oneerlike Godsdiens. Moses het nie gemaak asof hy nie die Egiptiese leërmag op hulle sien afstorm het nie. Dawid het nie gemaak asof Goliat nie bestaan nie. Daniël het nie gemaak asof daar geen leeu in die leeukuil saam met hom was nie. Al hierdie helde het hulle tyd se uitdagings in die oë gestaar. Maar nie een van hulle het voor hierdie uitdagings en bedreigings die knie vir ‘n sekonde gebuig nie. Nee, omdat hulle gereeld hulle knieë voor God gebuig het kon hulle rotsvas staan, versekerd dat die woorde van God nie leë beloftes is nie. Hierdie mense het, omdat hulle God waarlik gevrees het, geen onheil gevrees nie. Hierdie mense het nie op hulle eie krag gesteun nie, maar gerus in hul vertroue op God se krag.

“…Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.” (Ps. 121:1&2).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 894 gaste aanlyn